previous next

HEBREËRS 12

Met die oog vasgenael op Jesus sal ons nie uitsak nie

1 Met so 'n magtige skare toeskouers rondom ons om ons in die wedloop van die geloof dop te hou - kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik 'n houvas op 'n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê,2 ons oë vasgenael op Jesus, die Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop. Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur. Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die kruisdood nie laat afskrik nie. En nou sit Hy op die ereplek langs God op die troon!

3 Dink aan Hom wat soveel vyandigheid van sondaarmense deurstaan het. Dan sal julle nie uitsak en tou opgooi nie.

Onthou: swaarkry is deel van God se opvoedingsprogram

4 Julle het in die geveg teen die sonde nog nie tot die dood toe teenstand gebied nie.5 Julle het ook vergeet van die woord van aanmoediging wat tot julle as kinders van God gerig word:
"My kind, jy moet dit nie geringskat
as die Here jou dissiplineer nie.
Moenie ontmoedig word as Hy
jou aanspreek nie.
6 Die Here dissiplineer juis
die mense vir wie Hy lief is;
Hy tug elkeen
wat Hy as sy kind aanneem."
7 Wanneer God julle as sy kinders dissiplineer, verduur dit dan as deel van sy opvoedingsprogram. Watter kind word nie gedissiplineer nie?

8 As God julle nie dissiplineer soos Hy met al sy kinders doen nie, is julle nie regtig sy kinders nie, maar buite-egtelik.
9 Ons aardse vaders het ons gedissiplineer, en ons het hulle daarvoor gerespekteer. Sal ons ons dan nie nog veel eerder aan ons geestelike Vader onderwerp, en só waarlik lewe nie?10 Ons vaders het ons vir 'n kort tydjie gedissiplineer soos hulle dit goedgevind het, maar God doen dit beslis tot ons beswil, met die doel om ons te laat deel in sy heiligheid.

11 Elke vorm van tug lyk vir ons op die oomblik meer na 'n rede vir trane as vir blydskap, maar later sal dit vir hulle wat daardeur gedissiplineer is, 'n vredevolle oes oplewer van 'n lewe volgens die wil van God.
12 Versterk daarom daardie hande wat slap geword het en die knieë wat knak,

13 en maak julle hardloopbane reguit. Dan sal die lam ledemate nie ingee nie, maar eerder beter word.

Maak erns met God se roepstem

14 Doen julle bes om in vrede met almal te lewe en beywer julle om 'n toegewyde lewe te voer, want daarsonder sal julle nie eendag in die Here se teenwoordigheid kan kom nie.
15 Wees baie versigtig dat niemand van julle uitsak en God se genade verspeel nie. Moenie dat daar onder julle 'n loot van bitterheid opskiet wat moeilikheid veroorsaak en baie aansteek nie.16 Sorg dat niemand onder julle seksueel sondig of goddeloos optree soos Esau wat sy eersgeboortereg vir 'n skamele ete verkwansel het nie.

17 Julle weet hoe hy later, toe hy die seën wou hê, weggewys is. Dit was te laat vir egte berou. Selfs sy trane kon dit nie meer moontlik maak nie.
18 Anders as die Israeliete by Sinaiberg het julle nie by 'n fisiese berg aangekom met brandende vuur, donderwolke, donkerte, stormwind,19 trompetgeskal en 'n stem wat praat nie - met die gevolg dat dié wat dit gehoor het, gesmeek het dat God nie verder met hulle moes praat nie.20 God se opdrag dat selfs 'n dier wat die berg met sy poot aanraak, doodgegooi moes word, kon hulle nie hanteer nie.

21 Ja, so angswekkend was die aanskoue van alles dat Moses uitgeroep het: "Ek is absoluut verskrik, ek bewe van angs!"
22 Nee, julle het aangekom by Sionsberg, by die stad van die lewende God! Julle het aangekom by die hemelse Jerusalem, by die miljoene engele wat juigend feestelik bymekaar is,23 en by die gemeente van God se kinders wie se name in die hemel opgeskryf staan. Julle het gekom by God, die Regter oor almal, en by die geeste van die verlostes wat nou volkomenheid bereik het.

24 Ja, julle het aangekom by Jesus, die Middelaar van 'n nuwe verbond en by die verbondsbloed wat gesprinkel is en wat van iets beters getuig - so anders as die bloed van Abel wat om vergelding geroep het.
25 Pas op dat julle Hom wat met julle praat, nie ignoreer nie. As die Israeliete nie ongestraf kon wegkom toe hulle Hom wat sy stem op aarde laat hoor het, afgewys het nie, hoeveel minder sal ons kan wegkom as ons die stem uit die hemel afwys!26 Destyds het God se stem van Sinaiberg af die aarde geskud. Maar nou kondig Hy aan: "Nog een keer sal Ek nie net die aarde laat bewe nie, maar ook die hemel."

27 Die "nog een keer" wys daarop dat die geskape dinge, wat reeds aan die wankel is, plek sal maak vir die onwankelbare, ewige dinge.
28 Daarom moet ons wat bevoorreg is om hierdie onwankelbare koninkryk te ontvang, dankbaar wees, en ons dankbaarheid daarin laat blyk dat ons God gelukkig maak deur Hom met eerbied en ontsag te dien.

29 Want daar staan ook: "Ons God is 'n verterende vuur."

HEBREWS 12

A Large Crowd of Witnesses

1  t Such a large crowd of witnesses is all around us! So we must get rid of everything that slows us down, especially the sin that just won't let go. And we must be determined to run the race that is ahead of us. 2 t We must keep our eyes on Jesus, who leads us and makes our faith complete. He endured the shame of being nailed to a cross, because he knew later on he would be glad he did. Now he is seated at the right sidet of God's throne!

3 So keep your mind on Jesus, who put up with many insults from sinners. Then you won't get discouraged and give up.
4 None of you have yet been hurtt in your battle against sin.

5 t But you have forgotten that the Scriptures say to God's children,
“When the Lord punishes you,
don't make light of it,
and when he corrects you,
don't be discouraged.

6 The Lord corrects the people
he loves
and disciplines those
he calls his own.”
7 Be patient when you are being corrected! This is how God treats his children. Don't all parents correct their children? 8 God corrects all his children, and if he doesn't correct you, then you don't really belong to him.

9 Our earthly fathers correct us, and we still respect them. Isn't it even better to be given true life by letting our spiritual Father correct us?
10 Our human fathers correct us for a short time, and they do it as they think best. But God corrects us for our own good, because he wants us to be holy, as he is.

11 It is never fun to be corrected. In fact, at the time it is always painful. But if we learn to obey by being corrected, we will do right and live at peace.
12  t Now stand up straight! Stop your knees from shaking

13 t and walk a straight path. Then lame people will be healed, instead of getting worse.

Warning against Turning from God


14 Try to live at peace with everyone! Live a clean life. If you don't, you will never see the Lord. 15 t Make sure no one misses out on God's wonderful kindness. Don't let anyone become bitter and cause trouble for the rest of you. 16 t Watch out for immoral and ungodly people like Esau, who sold his future blessingt for only one meal.

17 t You know how he later wanted it back. But there was nothing he could do to change things, even though he begged his father and cried.
18  t You have not come to a place like Mount Sinait that can be seen and touched. There is no flaming fire or dark cloud or storm 19 or trumpet sound. The people of Israel heard a voice speak. But they begged it to stop, 20 t because they could not obey its commands. They were even told to kill any animal that touched the mountain.

21 The sight was so frightening that Moses said he shook with fear.
22 You have now come to Mount Zion and to the heavenly Jerusalem. This is the city of the living God, where thousands and thousands of angels have come to celebrate. 23 Here you will find all of God's dearest children, t whose names are written in heaven. And you will find God himself, who judges everyone. Here also are the spirits of those good people who have been made perfect.

24 t And Jesus is here! He is the one who makes God's new agreement with us, and his sprinkled blood says much better things than the blood of Abel.t
25  t Make sure you obey the one who speaks to you. The people did not escape, when they refused to obey the one who spoke to them at Mount Sinai. Do you think you can possibly escape, if you refuse to obey the one who speaks to you from heaven?

26 t When God spoke the first time, his voice shook only the earth. This time he has promised to shake the earth once again, and heaven too.
27 The words “once again” mean that these created things will someday be shaken and removed. Then what cannot be shaken will last. 28 We should be grateful we were given a kingdom that cannot be shaken. And in this kingdom we please God by worshiping him and by showing him great honor and respect. 29 t Our God is like a destructive fire!