Hebreërs 5
1 Laat ons oor hoëpriesters nadink. 'n Hoëpriester word uit mense gekies en aangestel om ander mense se sake by God te behartig. Dit gaan oor godsdienstige dinge wat God raak: die hoëpriester moet allerhande offers vir God gee sodat God nie die mense straf vir al die verkeerde dinge wat hulle doen nie.
2 Omdat die hoëpriester self 'n swak mens is, sal hy simpatie hê met mense wat verkeerde dinge doen of wat nie weet wat reg is nie.3 Daarom moet hy eers vir al die verkeerde dinge wat hy self gedoen het met 'n offer vir God om verskoning vra voordat hy dieselfde vir die ander mense kan doen.4 Iemand kan nie self besluit dat hy 'n hoëpriester wil wees nie. Nee, God roep 'n mens om daardie werk te doen, soos Hy Aäron geroep het.5 Jesus het ook nie vir Homself die belangrike werk van hoëpriester gevat nie. God het vir Hom gesê: "Jy is my Seun en Ek is jou Vader van vandag af,"6 of soos God op 'n ander plek sê: "Jy sal vir altyd 'n priester wees; Jy sal 'n priester wees soos Melgisedek dit was."
7 Toe Jesus destyds op aarde was, het Hy God baie mooi gevra om Hom uit die dood te red. Hy het baie ernstig met trane in sy oë daarvoor gebid, omdat Hy geweet het dat God dit kan doen. En God het dit gedoen omdat Jesus Homself met soveel oortuiging in God se hand geplaas en Hom gehoorsaam het.8 Al was Jesus sy Seun, het Hy ervaar wat dit beteken om regtig gehoorsaam te wees deurdat Hy na God bly luister het, al het dit met Hom hoe swaar gegaan.9 Nadat Hy gewys het dat Hy aan God en net aan Hom gehoorsaam is en nooit iets doen waarvan God nie hou nie, kon Hy die ewige lewe uitdeel aan almal wat na Hom wou luister.10 God het Hom dan ook aangestel as 'n Hoëpriester, net soos Melgisedek 'n hoëpriester was.
11 Ek kan nog baie hieroor sê, maar dit is vir my moeilik om dit behoorlik by julle tuis te bring, omdat julle nie eintlik wil luister nie.12 Om die waarheid te sê, behoort julle eintlik self al mense te gewees het wat ander van die dieper dinge van die godsdiens kon vertel. Maar kyk net na julle: 'n mens moet julle weer van die begin af al die basiese dinge oor God en sy boodskap leer.13 Op geestelike gebied is julle soos regte babatjies wat net melk drink en geen vaste kos kan eet nie. En iemand wat dit doen, is nog 'n babatjie in die geloof. Hy weet nog nie eens mooi wat die verskil tussen reg en verkeerd is nie.14 Vaste kos is bedoel vir grootmense, ook op geestelike vlak. Hulle het al in die lewe geleer om te weet wat goed en wat sleg is.
Hebrews 5
1 For every high priest is taken from among the peoplet and appointedt to represent them before God,t to offer both gifts and sacrifices for sins.2 He is able to deal compassionately with those who are ignorant and erring, since he also is subject to weakness,3 and for this reason he is obligated to make sin offerings for himself as well as for the people.4 And no one assumes this honors on his own initiative,t but only when called to it by God,t as in fact Aaron was.5 So also Christ did not glorify himself in becoming high priest, but the one who glorified him was God,t who said to him, “You are my Son! Today I have fathered you,”ts6 as also in another place Godt says, “You are a priest forever in the order of Melchizedek.”s7 During his earthly lifet Christt offeredt both requests and supplications, with loud cries and tears, to the one who was able to save him from death and he was heard because of his devotion.8 Although he was a son, he learned obedience through the things he suffered.s9 And by being perfected in this way, he became the source of eternal salvation to all who obey him,
10 and he was designatedt by God as high priest in the order of Melchizedek.s
The Need to Move on to Maturity
11 On this topic we have much to sayt and it is difficult to explain, since you have become sluggisht in hearing.12 For though you should in fact be teachers by this time,t you need someone to teach you the beginning elements of God’s utterances.t You have gone back to needingt milk, nots solid food.13 For everyone who lives on milk is inexperienced in the message of righteousness, because he is an infant.
14 But solid food is for the mature, whose perceptions are trained by practice to discern both good and evil.