previous next

HEBREËRS 5

1 'n Hoofpriester is iemand wat uit die mense geneem en vir die mense aangewys word om priesterdiens voor God te verrig. Hy lê dié mense se gawes voor God en bring ook offers vir hulle sondes.2 Hy kan empatie hê met die onkundiges en dwalendes omdat hy self aan swakheid onderhewig is.3 Hy is daarom verplig om nie net vir die volk nie, maar ook vir sy eie sondes offers te bring.

4 En niemand kan 'n hoofpriester word bloot omdat hy graag daardie ereposisie wil hê nie. Hy moet deur God daartoe geroep word - net soos in die geval van Aäron.
5 Net so het Christus ook nie vir Homself die waardigheid van hoofpriester toegeëien nie. Nee, Hy is aangewys deur die Een wat vir Hom gesê het:
"Jy is my Seun.
Vandag het Ek
jou Vader geword."
6 En op 'n ander plek het God vir Hom gesê:
"Jy is priester vir ewig
volgens die priesterorde
van Melgisedek."
7 Terwyl Jesus hier op aarde was, het Hy hard uitgeroep en met trane by God gesmeek en gepleit, want God sou Hom van die dood kon red. God het Hom verhoor deurdat Hy die angs vir die dood van Hom weggeneem het.8 Selfs al was Hy die Seun, het Hy gehoorsaamheid geleer deur wat Hy gely het.

9 Op hierdie manier het Hy volmaaktheid bereik sodat Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige verlossing geword.

10 So het God Hom dan amptelik verklaar as Hoofpriester volgens die priesterorde van Melgisedek.

Julle moet geestelik volwasse word en volhard

11 Aangaande Jesus ons Hoofpriester het ons nog baie om vir julle te sê. Dis egter moeilik om dit aan julle te verduidelik omdat julle so traag is om te leer.

12 As 'n mens dink aan hoe lank julle reeds gelowiges is, moes julle eintlik al self onderrig in die geloof gegee het. En nou het 'n mens werklikwaar weer nodig om julle die mees elementêre aspekte van die woord van God te leer!
Julle is soos babatjies wat nog net melk kan drink en nie vaste kos kan inneem nie.
13 Mense wat nog van melk leef, kan nie werklik saampraat oor die suiwer leer nie. Hulle is dan nog maar net kinders.

14 Vaste kos is bedoel vir grootmense - vir hulle wat in die skool van die lewe ingeoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei.

HEBREWS 5

1 Every high priest is appointed to help others by offering gifts and sacrifices to God because of their sins. 2 A high priest has weaknesses of his own, and he feels sorry for foolish and sinful people. 3 t This is why he must offer sacrifices for his own sins and for the sins of others.

4 t But no one can have the honor of being a high priest simply by wanting to be one. Only God can choose a priest, and God is the one who chose Aaron.

5  t This is how it was with Christ. He became a high priest, but not just because he wanted the honor of being one. It was God who told him,
“You are my Son, because today
I have become your Father!”

6  t In another place, God says,
“You are a priest forever
just like Melchizedek.”t
7  t God had the power to save Jesus from death. And while Jesus was on earth, he begged God with loud crying and tears to save him. He truly worshiped God, and God listened to his prayers. 8 Jesus is God's own Son, but still he had to suffer before he could learn what it really means to obey God. 9 Suffering made Jesus perfect, and now he can save forever all who obey him.

10 This is because God chose him to be a high priest like Melchizedek.

Warning against Turning Away


11 Much more could be said about this subject. But it is hard to explain, and all of you are slow to understand. 12 t By now you should have been teachers, but once again you need to be taught the simplest things about what God has said. You need milk instead of solid food. 13 People who live on milk are like babies who don't really know what is right. 14 Solid food is for mature people who have been trained to know right from wrong.