HEBREËRS 6
1 DAAROM moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering tuit dooie werke en van die geloof in God,
2 tvan die leer van die doop en tvan die handoplegging en van die opstanding van die dode en tvan die ewige oordeel.
3 En dit sal ons doen as God dit toelaat.
4 Want tdit is onmoontlik om die wat eenmaal tverlig geword het en tdie hemelse gawe gesmaak en die tHeilige Gees deelagtig geword het,
5 en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van tdie toekomstige wêreld,
6 en afvallig geword het — om dié weer ttot bekering te vernuwe, tomdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.
7 Want die grond twat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, Ps. 65:10,11het deel aan die seën van God.
8 Maar tas dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking — die einde daarvan is verbranding.
9 Maar, geliefdes, ons is aangaande julle van beter dinge oortuig, dinge wat saamhang met die saligheid, al spreek ons ook so.
10 tWant God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat tjulle die heiliges gedien het en nog dien.
11 Maar ons verlang dat elkeen van julle dieselfde ywer mag toon om te kom tot die volkome sekerheid van tdie hoop tot die einde toe;
12 sodat julle nie ttraag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van tdie belofte is.
13 Want toe God aan Abraham die belofte gegee het, het Hy, omdat Hy by geen meerdere kon sweer nie, tby Homself gesweer
14 en gesê: tVoorwaar, Ek sal jou ryklik seën en jou grootliks vermeerder.
15 En so het hy die belofte verkry nadat hy geduldig gewag het.
16 Want mense sweer by een wat meer is, en tdie eed van bevestiging is vir hulle die einde van alle teëspraak.
17 Daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan tdie erfgename van die belofte tdie onveranderlikheid van sy raad wou toon, dit met ’n eed gewaarborg;
18 sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit tonmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê;
19 en ons het dit as ’n anker van die siel wat veilig en vas is en tingaan tot binnekant tdie voorhangsel
20 waar Jesus as tvoorloper vir ons ingegaan het, Hy wat tvolgens die orde van Melgisédek t’n hoëpriester geword het vir ewig.
Hebrews 6
1 Therefore leaving the teaching of the first principles of Christ, let us press on to perfection—not laying again a foundation of repentance from dead works, of faith toward God,2 of the teaching of baptisms, of laying on of hands, of resurrection of the dead, and of eternal judgment.3 This will we do, if God permits.4 For concerning those who were once enlightened and tasted of the heavenly gift, and were made partakers of the Holy Spirit,5 and tasted the good word of God, and the powers of the age to come,6 and then fell away, it is impossible to renew them again to repentance; seeing they crucify the Son of God for themselves again, and put him to open shame.7 For the land which has drunk the rain that comes often on it, and brings forth a crop suitable for them for whose sake it is also tilled, receives blessing from God;
8 but if it bears thorns and thistles, it is rejected and near being cursed, whose end is to be burned.
9 But, beloved, we are persuaded of better things for you, and things that accompany salvation, even though we speak like this.10 For God is not unrighteous, so as to forget your work and the labor of love which you showed toward his name, in that you served the saints, and still do serve them.11 We desire that each one of you may show the same diligence to the fullness of hope even to the end,12 that you won’t be sluggish, but imitators of those who through faith and patience inherited the promises.13 For when God made a promise to Abraham, since he could swear by none greater, he swore by himself,14 saying, “Surely blessing I will bless you, and multiplying I will multiply you.”t15 Thus, having patiently endured, he obtained the promise.16 For men indeed swear by a greater one, and in every dispute of theirs the oath is final for confirmation.17 In this way God, being determined to show more abundantly to the heirs of the promise the immutability of his counsel, interposed with an oath;18 that by two immutable things, in which it is impossible for God to lie, we may have a strong encouragement, who have fled for refuge to take hold of the hope set before us.19 This hope we have as an anchor of the soul, a hope both sure and steadfast and entering into that which is within the veil;
20 where as a forerunner Jesus entered for us, having become a high priest forever after the order of Melchizedek.