JAKOBUS 1
Opskrif en seëngroet.
1 tJAKOBUS, ’n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, taan die twaalf stamme twat in die verstrooiing is: Groete!Die beproewinge en versoekinge.
2 AG dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,
3 omdat julle weet tdat die beproewing van julle geloof tlydsaamheid bewerk.
4 Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle tvolmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.
5 En as iemand van julle wysheid kortkom, tlaat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.
6 Maar thy moet in die geloof bid, tsonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos t’n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
7 Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie —
8 tso ’n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.
9 Maar laat die broeder wat gering is, troem in sy hoogheid,
10 en die ryke tin sy geringheid, want tsoos ’n blom van die gras sal hy verbygaan.
11 Want die son gaan op met sy hitte en tlaat die gras verdor, en sy blom val af, en die sierlikheid van sy gedaante vergaan; so sal die ryke ook in sy weë verwelk.
12 tSalig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy tdie kroon van die lewe ontvang twat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
13 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.
14 Maar elkeen word versoek as hy deur tsy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
15 Daarna, tas die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, tbring dit die dood voort.
16 Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.
17 tElke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van tdie Vader van die ligte, tby wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.
18 Volgens sy wil thet Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, tsodat ons as teerstelinge van sy skepsele kan wees.Daders van die woord.
19 SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet tgou wees om te hoor, tstadig om te praat, tstadig om toornig te word.
20 Want die toorn van ’n man bewerk nie die geregtigheid voor God nie.
21 Daarom, tdoen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, twat in staat is om julle siele te red.
22 En tword daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.
23 Want tas iemand ’n hoorder van die woord is en nie ’n dader nie, dié is soos ’n man wat sy natuurlike gesig in ’n tspieël sien;
24 want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.
25 Maar hy wat diep insien in die volmaakte twet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ’n vergeetagtige hoorder is nie, maar ’n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.
26 As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en tsy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.
27 Reine en onbesmette godsdiens voor tGod en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en tjou vlekkeloos te bewaar van die wêreld.
James 1
1 James, a servant of God and of the Lord Jesus Christ, to the twelve tribes which are in the Dispersion: Greetings.2 Count it all joy, my brotherst, when you fall into various temptations,3 knowing that the testing of your faith produces endurance.4 Let endurance have its perfect work, that you may be perfect and complete, lacking in nothing.5 But if any of you lacks wisdom, let him ask of God, who gives to all liberally and without reproach; and it will be given to him.6 But let him ask in faith, without any doubting, for he who doubts is like a wave of the sea, driven by the wind and tossed.7 For let that man not think that he will receive anything from the Lord.
8 He is a double-minded man, unstable in all his ways.
9 But let the brother in humble circumstances glory in his high position;10 and the rich, in that he is made humble, because like the flower in the grass, he will pass away.
11 For the sun arises with the scorching wind, and withers the grass, and the flower in it falls, and the beauty of its appearance perishes. So also will the rich man fade away in his pursuits.
12 Blessed is the man who endures temptation, for when he has been approved, he will receive the crown of life, which the Lord promised to those who love him.13 Let no man say when he is tempted, “I am tempted by God,” for God can’t be tempted by evil, and he himself tempts no one.14 But each one is tempted, when he is drawn away by his own lust, and enticed.15 Then the lust, when it has conceived, bears sin; and the sin, when it is full grown, brings forth death.16 Don’t be deceived, my beloved brothers.17 Every good gift and every perfect gift is from above, coming down from the Father of lights, with whom can be no variation, nor turning shadow.
18 Of his own will he brought us forth by the word of truth, that we should be a kind of first fruits of his creatures.
19 So, then, my beloved brothers, let every man be swift to hear, slow to speak, and slow to anger;20 for the anger of man doesn’t produce the righteousness of God.21 Therefore, putting away all filthiness and overflowing of wickedness, receive with humility the implanted word, which is able to save your soulst.22 But be doers of the word, and not only hearers, deluding your own selves.23 For if anyone is a hearer of the word and not a doer, he is like a man looking at his natural face in a mirror;24 for he sees himself, and goes away, and immediately forgets what kind of man he was.
25 But he who looks into the perfect law of freedom, and continues, not being a hearer who forgets, but a doer of the work, this man will be blessed in what he does.
26 If anyone among you thinks himself to be religious while he doesn’t bridle his tongue, but deceives his heart, this man’s religion is worthless.
27 Pure religion and undefiled before our God and Father is this: to visit the fatherless and widows in their affliction, and to keep oneself unstained by the world.