previous next

JAKOBUS 1

1 Hierdie brief kom van Jakobus, 'n dienskneg van God en die Here Jesus Christus.
Ek skryf aan die Joodse Christene wat oor die wêreld versprei is. Groete!

Wees bly oor julle beproewings en bid tot God vir wysheid

2 My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees.3 Julle weet mos: Wanneer 'n mens se geloof 'n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard.

4 Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie.
5 Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie.6 Maar, as 'n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.7 So iemand kan mos nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.

8 Hy is iemand wat nie tot 'n besluit kan kom nie; op so iemand kan jy nie peil trek nie.

'n Nuwe visie op armoede en rykdom

9 Gelowiges wat nie status in die samelewing het nie, moet trots wees op die status wat God aan hulle gee.10 Gelowiges wat ryk is, moet bly wees oor hulle nederige status voor God. Want hulle rykdom sal soos die veld se blomme net 'n rukkie hou.

11 Julle weet mos: Die warm son kom met gloeiende hitte op en verskroei die veld. Die blomme val af, en die veld se prag is weg. So sal die rykes ook met alles wat hulle bymekaargemaak het, vergaan.

Volharding in beproewing loop uit op die lewe

12 Gelukkig is die mens wat in beproewing volhard! As die toets sy geloof as eg bewys, sal hy die lewe as oorwinningskroon ontvang. God het hierdie lewe belowe aan hulle wat Hom liefhet.

Beproewing kom van God, maar nie verleiding nie

13 Wanneer iemand iets verkeerds wil doen, moet hy nie sê: "God verlei my" nie. Ons weet mos God kan nie verlei word om verkeerd te doen nie, en Hý verlei ook niemand nie.14 Ons eie sondige begeertes beproef ons, sleep ons saam en verlei ons.

15 As ons sondige begeertes eers bevrug geraak het, is sonde die babatjie wat gebore word. En as hierdie babatjie kans kry om volwasse te word, gee dit geboorte aan die dood.
16 Moet dus nie mislei word nie, my geliefde broers en susters.

17 Van Bo af kom net goeie, ja, volmaakte gawes. Hulle kom van die Vader wat die hemelligte geskep het. Anders as die hemelligte, staan Hy onbeweeglik vas. Selfs sy skaduwee verskuif nie soos hulle s'n nie.

18 Omdat God só besluit het, het Hy ons deur sy woord wat waar is, as sy kinders verwek en gebore laat word. Só het dit gekom dat ons die keur van sy hele skepping is.

Julle hóór moet uitloop op dóén

19 My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.20 As jy kwaad is, kan jy nie doen wat God wil hê nie.

21 Raak daarom ontslae van die vuilheid en boosheid wat so welig in julle tier, en aanvaar nederig die woord wat God in julle geplant het. Hierdie woord het die mag om julle te red.

22 Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit nie net aanhoor nie; dan bedrieg julle julleself.
23 Julle sal saamstem: As jy altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is dit so goed of jy kyk na jou gesig in die spieël sonder om iets aan jou voorkoms te doen.24 Jy bekyk jouself, gee pad, en vergeet wat jy gesien het.

25 As jy jou egter verdiep in God se volmaakte wet - dié wet wat 'n mens vrymaak - en jy dóén wat die wet sê en jy vergeet nie wat jy gehoor het nie, dan kan jy God se seën verwag op wat jy doen.
26 As jy dink jy is godsdienstig, maar jy hou nie jou tong in toom nie, bedrieg jy jouself. Jou godsdiens is niks werd nie.

27 Suiwer en onbevlekte godsdiens voor God ons Vader is dat ons weeskinders en weduwees in hulle swaarkry versorg, en dat ons nie toelaat dat die wêreld ons besmet nie.

JAMES 1

1  t From James, a servant of God and of our Lord Jesus Christ.
Greetings to the twelve tribes scattered all over the world.t

Faith and Wisdom


2  t My friends, be glad, even if you have a lot of trouble. 3 You know you learn to endure by having your faith tested.

4 But you must learn to endure everything, so you will be completely mature and not lacking in anything.
5  t If any of you need wisdom, you should ask God, and it will be given to you. God is generous and won't correct you for asking. 6 But when you ask for something, you must have faith and not doubt. Anyone who doubts is like an ocean wave tossed around in a storm.

7-8 If you are that kind of person, you can't make up your mind, and you surely can't be trusted. So don't expect the Lord to give you anything at all.

Poor People and //Rich People


9 Any of God's people who are poor should be glad he thinks so highly of them. 10 t But any who are rich should be glad when God makes them humble. Rich people will disappear like wild flowers

11 scorched by the burning heat of the sun. The flowers lose their blossoms, and their beauty is destroyed. This is how the rich will disappear, as they go about their business.

Trials and Temptations


12  t God will bless you, if you don't give up when your faith is being tested. He will reward you with a glorious life, t just as he rewards everyone who loves him.
13  t Don't blame God when you are tempted! God cannot be tempted by evil, and he doesn't use evil to tempt others. 14 We are tempted by our own desires that drag us off and trap us.

15 Our desires make us sin, and when sin is finished with us, it leaves us dead.
16 Don't be fooled, my dear friends. 17 Every good and perfect gift comes down from the Father who created all the lights in the heavens. He is always the same and never makes dark shadows by changing.

18 He wanted us to be his own special people, t and so he sent the true message to give us new birth.

Hearing and Obeying


19  t My dear friends, you should be quick to listen and slow to speak or to get angry. 20 If you are angry, you cannot do any of the good things God wants done.

21 You must stop doing anything immoral or evil. Instead be humble and accept the message planted in you to save you.
22 Obey God's message! Don't fool yourselves by just listening to it. 23 If you hear the message and don't obey it, you are like people who stare at themselves in a mirror 24 and forget what they look like as soon as they leave.

25 But you must never stop looking at the perfect law that sets you free. God will bless you in everything you do, if you listen and obey, and don't just hear and forget.
26 If you think you are being religious, but can't control your tongue, you are fooling yourself, and your religion is useless. 27 Religion that pleases God the Father must be pure and spotless. You must help needy orphans and widows and not let this world make you evil.