Jakobus 2
1 Christene, niemand is of kan so belangrik wees soos ons Here Jesus Christus nie. Moenie nou sê julle is hierdie Here s'n en dan omdraai en gaan kruip voor mense met baie geld of status nie. Laat ek verduidelik wat ek bedoel.2 Veronderstel twee mans kom by julle aan terwyl julle kerk hou. Die een man het geld soos bossies. Dit kan jy sommer aan sy klere sien. Hy is ook een van die belangrikste mense in die dorp. Die ander man is egter arm. Sy klere is oud en stukkend. Niemand in die dorp steur hulle aan hom nie. Nou kom die twee saam daar by julle aan.3 Vir die ryk, belangrike man sê julle: "Kom sit hier op die beste en lekkerste plek." Vir die arm, onbelangrike man sê julle: "Sit sommer hier op die grond of kry maar vir jou 'n ander plekkie." Wat dink julle het julle dan gedoen?
4 Het julle dan nie eintlik gesê dat party mense (oor wat hulle besit of wie hulle is) belangriker as ander is nie? Dis tog verkeerd! As julle party beter as ander behandel omdat hulle vir julle ryker of belangriker lyk, tree julle nie soos Jesus op nie. Dan doen julle presies wat 'n klomp slegte mense sou doen.
5 Luister mooi na wat ek sê. Vir wie het God gekies om sy goeie vriende te wees? Vir wie het God sy kinders gemaak sodat alles wat aan Hom behoort ook hulle s'n kan word? Hy het dit alles mos beloof aan mense wat vir Hom lief is. Hy het dit aan diegene gedoen wat in die oë van mense onbelangrik lyk; mense op wie ander neersien.6 Maar julle behandel juis hierdie arm, onbelangrike mense sleg. Dink weer mooi daaroor na. Wie is die rykes voor wie julle so kruip? Is dit nie hulle wat nie omgee om op julle te trap en julle soos vloerlappe te behandel nie?7 Is dit nie dieselfde mense wat vir julle so maklik voor almal van allerhande lelike dinge beskuldig nie? Is dit nie ook hulle wat omdraai en Hom beledig wat vir julle so belangrik is nie?
8 As julle die wet van die Koning hou, naamlik: "Jy moet jou naaste so liefhê soos jouself," tree julle op soos God dit wil hê.9 As julle egter party mense begin voortrek en beter behandel as ander omdat hulle menslik gesproke belangrik lyk, doen julle nie wat God van julle vra nie. Volgens die wet van die Koning is julle dan niks beter as tronkvoëls wat nie wil luister na sy wet nie.10 Dit help nie dat 'n mens die meeste van God se wette presies hou, maar jou aan een van hulle nie steur nie. Al is dit net daardie één wat jy nie wil doen nie, is dit so goed of jy die rug draai vir alles wat God van jou vra.11 Dieselfde God wat gesê het: "Moenie 'n verhouding met iemand anders buite jou huwelik aangaan nie," het ook gesê: "Moenie iemand doodmaak nie." Al bly jy hoe getrou aan jou huweliksmaat, maar jy maak iemand dood, het jy God se wet gebreek. Dan is jy 'n wetbreker.
12 Praat en tree op soos mense wat baie ernstig is om presies te doen wat God van hulle vra. Julle weet mos dat God julle dade by die finale oordeel volgens sy wet gaan toets. Die wet help 'n mens om die grypende kloue van die kwaad te systap.13 Iemand wat ander mense sonder werklike liefde en gevoel behandel, sal dieselfde liefdeloosheid en gevoelloosheid by die finale oordeel ervaar.
As iemand egter liefdevol en sensitief teenoor ander optree, beteken dit dat daar by die oordeel niks teen so 'n persoon gesê sal word nie.
14 Liewe broers en susters, dink julle dit gaan help as iemand oral rondvertel dat hy glo, maar glad nie soos 'n gelowige optree nie? Die blote gepratery oor geloof is tog nie genoeg om so 'n mens se saak met God reg te maak nie. Luister na die volgende storie en dan sal julle verstaan wat ek bedoel.15 Sê nou daar is in die gemeente 'n mede-Christen, man of vrou, wat nie klere het om aan te trek of kos het om te eet nie.16 Een van julle sê vir die arme man of vrou: "Ek sien dit gaan sleg met jou, maar ek wens regtig dat dit sommer gou beter sal gaan. Ek hoop jy kry iets om aan te trek en kos om te eet." Nadat hy dit gesê het, draai hy net daar om en doen nie 'n steek verder om te help met wat die arme man of vrou nodig het nie. Wat het al hierdie woorde nou miskien gehelp? Net mooi niks nie.17 So is dit ook met jou verhouding met God. Om te sê jy is vriende met God, maar jy doen niks vir Hom nie, sê eintlik dat die vriendskap tussen jou en God morsdood is.
18 Iemand sou kon sê: "Jy het 'n geloofsverhouding met God, maar ek doen weer wat God vra." Maar sê dit presies dieselfde? Dink daaroor na. Kan jy vir my bewys dat jy in die regte verhouding met God staan sonder dat jy enigiets vir Hom doen? Ek twyfel. Maar, ek is in alle geval seker dat ek vir jou sal kan bewys dat met alles wat ek vir God doen, ek in 'n goeie verhouding met Hom staan.
19 Jy is oortuig daarvan dat daar net een God is. Dit is ook so. Maar dié soort geloof red 'n mens nie noodwendig nie - die duiwels is ook oortuig dat God bestaan en al wat dit aan hulle doen, is dat hulle aan die bewe raak wanneer hulle dit besef.
20 Ai, hoe onnosel is die persoon wat nie wil besef dat geloof in God sonder dat daar ook vir Hom geleef word, nutteloos is nie.21 Neem nou maar vir Abraham, ons geestelike vader. Hy het bo alle twyfel bewys dat sy verhouding met God reg is toe hy sy seun Isak op die altaar wou offer soos God van hom gevra het. Hy het nie net gepraat nie, maar gedoen ook.22 By hom kan ons mooi sien hoe die verhouding met God en die gehoorsame lewe vir God eintlik saamwerk. Dit is soos twee kante van dieselfde munt. Eers as iemand vir God lewe, is sy verhouding met God soos dit behoort te wees.23 Die Bybel sê mos: "Abraham het in God geglo. Juis daarom het God besluit dat Abraham se verhouding met Hom reg is." Die bewys daarvan was toe Abraham vir Isak gaan offer het. Hy is van toe af 'n vriend van God genoem.
24 Julle sien dus hoe belangrik dit is om te doen wat God vra. As dit om die regte verhouding met Hom gaan, is dit nie genoeg om slegs te weet dat God daar is en Hom te aanvaar nie.25 Dink nou maar aan Ragab. Sy was mos daardie straatvrou van Jerigo. Was dit nie juis haar optrede - toe sy die spioene van Israel versorg en in 'n veilige rigting weggestuur het - wat gewys het dat haar verhouding met die Here reg is nie?
26 'n Liggaam sonder lewe daarin is dood. Geloof, sonder dat die persoon ook die wil van die Here doen, is net so dood.
James 2
Prejudice and the Law of Love
1 My brothers and sisters,t do not show prejudicet if you possess faitht in our glorious Lord Jesus Christ.t2 For if someonet comes into your assemblyt wearing a gold ring and fine clothing, and a poor person enters in filthy clothes,3 do you pay attention to the one who is finely dressed and say,t “You sit here in a good place,”t and to the poor person, “You stand over there,” or “Sit on the floor”?t4 If so, have you not made distinctionst among yourselves and become judges with evil motives?t5 Listen, my dear brothers and sisters!t Did not God choose the poor in the world to be rich in faith and heirs of the kingdom that he promised to those who love him?6 But you have dishonored the poor!t Are not the rich oppressing you and dragging you into the courts?7 Do they not blaspheme the good name of the one you belong to?t8 But if you fulfill the royal law as expressed in this scripture,t “You shall love your neighbor as yourself,”s you are doing well.9 But if you show prejudice, you are committing sin and are convicted by the law as violators.t10 For the one who obeys the whole law but failst in one point has become guilty of all of it.t11 For he who said, “Do not commit adultery,”s also said, “Do not murder.”s Now if you do not commit adultery but do commit murder, you have become a violator of the law.12 Speak and act as those who will be judged by a law that gives freedom.t
13 For judgment is merciless for the one who has shown no mercy. But mercy triumphs overt judgment.
Faith and Works Together
14 What good is it, my brothers and sisters,t if someone claims to have faith but does not have works? Can this kind of faitht save him?s15 If a brother or sistert is poorly clothed and lacks daily food,16 and one of you says to them, “Go in peace, keep warm and eat well,” but you do not give them what the body needs,t what good is it?17 So also faith, if it does not have works, is dead being by itself.18 But someone will say, “You have faith and I have works.”t Show me your faith without works and I will show you faith byt my works.
19 You believe that God is one; well and good.t Even the demons believe that – and tremble with fear.t
20 But would you like evidence,t you empty fellow,t that faith without works is useless?s21 Was not Abraham our father justified by works when he offered Isaac his son on the altar?22 You see that his faith was working together with his works and his faith was perfected by works.23 And the scripture was fulfilled that says, “Now Abraham believed God and it was counted to him for righteousness,”s and he was called God’s friend.s24 You see that a person is justified by works and not by faith alone.25 And similarly, was not Rahab the prostitute also justified by works when she welcomed the messengers and sent them out by another way?
26 For just as the body without the spirit is dead, so also faith without works is dead.