Jakobus 3
Die tong
1 My vriende, julle moenie almal probeer om vir ander mense te leer nie. Julle weet dat God swaarder sal toordeel oor ons wat vir ander mense leer. 2 Ons almal doen baie maal iets wat verkeerd is. As iemand nooit iets verkeerd sê nie, dan lewe so ’n mens soos God wil hê. Dan kan hy ook sy hele lewe bestuur soos ’n mens ’n perd stuur met ’n tstang. 3 As ons ’n stang in ’n perd se bek sit sodat hy moet doen wat ons wil hê, dan kan ons die hele perd stuur met die stang. 4 Dit is dieselfde met seilskepe: Seilskepe is baie groot, en die sterk winde laat hulle seil op die water. Maar die kaptein gebruik net ’n baie klein troer om die skip te stuur waarnatoe hy wil gaan.
5 Dit is dieselfde met die tong: Die tong is ’n klein deeltjie van die liggaam, maar hy spog dat hy groot dinge kan doen. ’n Klein vuurvlammetjie kan ’n groot bos aan die brand steek!
6 Die tong is soos ’n vuur wat brand. Die tong is een van die dele van die liggaam, maar dit is ook soos ’n hele wêreld vol verkeerde dinge. Dit maak die hele liggaam vuil. Dit steek ’n mens se hele lewe aan die brand, van die begin tot die einde, en die tong se vuur kom reguit van die hel. 7 Want ’n mens kan al die verskillende soorte wilde diere en voëls mak maak, ook diere wat kruip en seediere. Die mense hét hulle al klaar mak gemaak. 8 Maar niemand kan die tong mak maak en oor hom regeer nie. Die tong sê slegte dinge en niemand kan dit stilmaak nie. Die tong is so gevaarlik soos gif wat mense kan doodmaak. 9 Ons prys die Here en Vader met die tong, maar met dieselfde tong vloek ons mense, en God het daardie mense gemaak om te regeer in sy plek. 10 Ons prys die Here en ons tvervloek mense met dieselfde mond. My vriende, dit moenie so wees nie. 11 Julle weet dat daar nie uit dieselfde fontein soet water én bitter water kom nie.
12 My vriende, ’n vyeboom kan nie olywe dra nie en ’n twingerdstok kan ook nie vye dra nie, dit is seker. Dit is dieselfde: Daar kan nie soet water kom uit ’n fontein wanneer sy water sout is nie.Hemelse wysheid en aardse wysheid
13 Wanneer een van julle dink dat hy twysheid het en tverstandig is, dan moet hy wys dat hy verstandig is. Hy moet reg lewe en hy moet doen wat die Here wil hê, hy moet tnederig wees soos ’n twyse mens moet wees. 14 Maar as julle baie jaloers is en as julle altyd alles vir julleself wil hê, dan moet julle nie spog en sê dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie. 15 Daardie wysheid kom nie van God nie. Dit is die wysheid van mense wat net oor die dinge van hierdie wêreld dink, dit is nie tgeestelik nie, dit kom van tdie duiwel. 16 Want wanneer mense jaloers is en altyd alles vir hulleself wil hê, dan maak hulle probleme en hulle doen al die slegte dinge. 17 Nee, die wysheid wat God gee, is trein. Daardie wysheid maak vrede tussen mense, dit is vriendelik en dit luister na die dinge wat ander mense vra. Wysheid is goed vir mense, dit is soos ’n boom wat goeie vrugte dra. Wysheid dink nie dat een mens belangriker is as ’n ander mens nie, dit is nie tskynheilig nie. 18 Mense wat reg doen, maak vrede tussen mense, en hulle lewe self ook in vrede.
James 3
Control What You Say
1 My brothers and sisters, most of you shouldn't want to be teachers. You know that those of us who teach will be held more accountable.
2 All of us get tripped up in many ways. Suppose someone is never wrong in what he says. Then he is a perfect man. He is able to keep his whole body under control.
3 We put a bit in the mouth of a horse to make it obey us. We can control the whole animal with it.4 And how about ships? They are very big. They are driven along by strong winds. But they are steered by a very small rudder. It makes them go where the captain wants to go.
5 In the same way, the tongue is a small part of the body. But it brags a lot. Think about how a small spark can set a big forest on fire.
6 The tongue also is a fire. The tongue is the most evil part of the body. It pollutes the whole person. It sets a person's whole way of life on fire. And the tongue is set on fire by hell.
7 People have controlled all kinds of animals, birds, reptiles and creatures of the sea. They still control them.8 But no one can control the tongue. It is an evil thing that never rests. It is full of deadly poison.
9 With our tongues we praise our Lord and Father. With our tongues we call down curses on people. We do it even though they have been created to be like God.10 Praise and cursing come out of the same mouth. My brothers and sisters, it shouldn't be that way.
11 Can fresh water and salt water flow out of the same spring?12 My brothers and sisters, can a fig tree bear olives? Can a grapevine bear figs? Of course not. And a saltwater spring can't produce fresh water either.
Two Kinds of Wisdom
13 Are any of you wise and understanding? You should show it by living a good life. Wise people aren't proud when they do good works.
14 But suppose your hearts are jealous and bitter. Suppose you are concerned only about getting ahead. Don't brag about it. Don't say no to the truth.15 Wisdom like that doesn't come down from heaven. It belongs to the earth. It doesn't come from the Holy Spirit. It comes from the devil.
16 Are you jealous? Are you concerned only about getting ahead? Then your life will be a mess. You will be doing all kinds of evil things.
17 But the wisdom that comes from heaven is pure. That's the most important thing about it. And that's not all. It also loves peace. It thinks about others. It obeys. It is full of mercy and good fruit. It is fair. It doesn't pretend to be what it is not.
18 Those who make peace should plant peace like a seed. If they do, it will produce a crop of right living.