previous next

Johannes 1

1 Die Woord, deur wie ons God leer ken, was reg aan die begin reeds daar. Die Woord was by God en die Woord was God.
2 Voor enigiets nog gemaak was, was Jesus al by God. Hy het alles in die skepping gemaak. Niks het op 'n ander manier ontstaan nie.3 Hy het alles gemaak.
4 Jesus het ook lewe aan die skepping gegee. Omdat Jesus mense lewe gegee het, kon hulle die regte besluite neem, soos iemand wat 'n lig het om in die donker mee te loop.5 Mense wat reg lewe, het soos 'n helder lig in die donker, sondige wêreld ingeskyn. Hierdie donker wêreld wou niks met hulle te doen hê nie, maar kon hulle ook nie keer nie.
6 Johannes het ook op die toneel verskyn. God het hom gestuur om vir almal te kom vertel van Jesus wat soos 'n helder lig in die donker kom skyn het.7 Sy sterk boodskap oor die Lig moes mense oortuig om in die Lig te glo.8 Hy self was nie die Lig nie. Hy het maar net aan die mense kom vertel waar om die Lig te kry.
9 Jesus, die ware, Goddelike Lig, was op pad na die wêreld toe. Hierdie Lig se strale sou op die mense in hierdie wêreld val.10 Daar onder die gewone mense van hierdie wêreld sou die Lig kom skyn. Hy self het mos die wêreld gemaak.11 Eienaardig genoeg het die mense van die wêreld Hom nie herken toe Hy gekom het nie. Om die waarheid te sê, Hy het onder sy eie mense beweeg en opgetree, maar hulle het Hom selfs nie erken nie en wou nie glo wie Hy regtig is nie.
12 Daar was egter uitsonderings. Daar was mense wat Hom met oop arms ontvang het. Hulle het Hom en dit waarvoor Hy staan ten volle in geloof aanvaar. Omdat hulle so op Hom vertrou, het Jesus alles vir hulle gedoen wat nodig was om God se kinders te word.13 God self het daarvoor gesorg dat hulle as sy kinders gebore word. En dit is iets heeltemal anders as om die kind van 'n gewone aardse pa te wees wat bloot besluit het dat hy 'n kind wil hê.
14 Jesus het toe as mens aarde toe gekom. 'n Mens kan sê Hy het onder ons kom huis opsit. Ons het gesien hoe belangrik en wonderlik Hy is. Net die unieke Seun van die Vader is so groot en belangrik. Hy was soos 'n fontein van die goeie dinge wat God vir ons so onverdiend wil gee. By Hom kon ons ontdek wat regtig waar en eg is.
15 Daarom vertel Johannes dit vir almal wat hy kan: "Jesus is die Een van wie ek gepraat het. Hy verskyn wel na my op die toneel, maar Hy is baie belangriker as ek. Voor ek nog gebore was, het Hy alreeds bestaan."16 Hy het 'n oorvloed van geskenke van God af wat Hy vir ons wil gee. Daar is geen keer aan al die goeie dinge wat God vir ons gee nie, al verdien ons dit nie.
17 God het die wet deur Moses gegee. Jesus het egter vir ons die wonderlike goedheid van God af gebring. By Hom kon ons leer wat die waarheid is.
18 Niemand het God nog ooit gesien nie. Die unieke Seun, self God, is baie naby aan sy Vader. Daarom kan Hy ons vertel wie sy Vader is. Hy kan ons leer wat ons van God moet weet.
19  Die Jode uit Jerusalem het 'n afvaardiging priesters en Leviete wat in die tempel gewerk het na Johannes toe gestuur. Hulle moes kom uitvind wie Johannes presies was. Daar gekom, vra hulle hom: "Wie is jy?"
20 Johannes het met groot sekerheid en oortuiging gereageer. "Ek is nie die Messias nie," het hy openlik en beslis gesê.
21 So het die ondervraging aangegaan: "Wie is jy? Is jy dalk Elia wat teruggekom het?"
"Nee! Ek is nie!"
"Is jy die spesiale boodskapper van God wat sou kom?"
"Nee."
22 Ten einde raad sê die afvaardiging toe maar vir hom: "Asseblief tog, sê vir ons wie jy is. Ons kan nie sonder 'n antwoord teruggaan na die mense toe wat ons gestuur het nie. As jy nou self voor hulle kon staan en vir hulle moes sê wie jy is, wat sou jy gesê het?"
23 "Ek gaan julle antwoord met die woorde van die profeet Jesaja," sê Johannes toe.
"Ek is 'n boodskapper wat in hierdie droë en onherbergsame plek uitroep: 'Maak 'n pad gelyk en reguit vir die Here, want Hy is aan die kom.'"
24 Die ondervraers het aan die godsdienstige party van die Fariseërs behoort.25 Hierop het hulle Johannes onder kruisverhoor geneem. "Jy sê jy is nie die Messias nie. Jy sê jy is ook nie Elia of die verwagte boodskapper van God nie. Nou waarom doop jy dan soveel mense asof jy die een of ander belangrike godsdienstige persoon is?"
26 "Ek doop met water," sê Johannes toe, "maar daar tussen julle in die skare staan Iemand anders. Julle weet nog net nie van Hom nie.27 Nee, Hy gaan eers ná my op die toneel verskyn. Maar Hy is so belangrik in vergelyking met my dat ek nie eens soos 'n slaaf werd is om sy skoenrieme los te maak nie."
28 Die mense het in Betanië, oorkant die Jordaan, met Johannes gaan praat omdat hy die mense daar gedoop het.
29 Die volgende dag het dit toe gebeur. Jesus het na Johannes toe gekom.
"Kyk mooi! Daar is die Offerlam van God!" het Johannes uitgeroep. "Hy gaan die mag van die sonde in die wêreld finaal breek.
30 Dit is van Hom wat ek gepraat het. Ek het mos gesê dat daar Iemand ná my gaan kom, maar dat Hy baie belangriker is as ek. Immers, voor ek nog gebore was, was Hy al daar. Julle het gevra hoekom ek doop.31 Wel, ek self het nie eens mooi geweet wie Hy presies is nie. Daarom doop ek met water, want so sal God se mense Hom kan herken."
32 Dit is nie al wat Johannes te sê gehad het nie, maar hy het met oortuiging die volgende vertel: "Die Gees het voor my oë soos 'n duif uit die hemel afgekom en op Jesus neergesak en op Hom gebly.33 Wel, soos ek gesê het, ek self het nie eens geweet wie hierdie belangrike Persoon sou wees nie. God wat my gestuur het om met water te doop, het egter vir my gesê: 'Dit is jou teken: die Gees sal voor jou oë neersak op die Een wat mense met die Heilige Gees gaan doop.'34 Presies so het dit gebeur. Daarom sal ek voor enige hof getuig: hierdie man, ja Hy, is die Seun van God!"
35  Die volgende dag was Johannes weer op sy pos. Twee van sy volgelinge was saam met hom daar.36 Jesus stap toe daar verby. Johannes het Hom gesien en gesê: "Kyk mooi! Hy is die Offerlam van God!"
37 Die twee volgelinge van Johannes het hom dit hoor sê en is agter Jesus aan.38 Jesus kyk toe om."Wie soek julle?" vra Hy vir hulle.
"Rabbi, waar bly U?" vra hulle. (Terloops, "rabbi" beteken "onderwyser".)
39 "Kom saam en kom kyk," nooi Jesus hulle toe uit. So het dit gekom dat hulle saam is om te gaan kyk waar Hy bly. Dit was egter al laatmiddag en die son het begin water trek, met die gevolg dat die twee kuiergaste toe sommer die nag daar oorgebly het.
40 Een van die twee wat op Johannes se getuienis agter Jesus aan is, was Andreas.41 Hy het daar en dan vir Simon, dit is sy broer, gaan soek.42 Toe hy hom kry, sê hy vir hom: "Ons het die Messias gekry." (Die Griekse woord vir "Messias" is "Christus".) Simon is toe agter Andreas aan na Jesus toe. Daar gekom, sien Jesus vir Simon en sê: "Jy is Simon uit die familie van Johannes. Hier tussen ons sal jy Sefas wees." ("Sefas" is 'n ander woord vir "Petrus".)
43 Die volgende dag was Jesus van plan om na Galilea toe te gaan. Hy loop toe vir Filippus raak. "Kom saam met My," nooi Jesus hom uit.44 Filippus het uit Betsaida gekom waar Andreas en Petrus ook gebly het.
45 Die nuus oor Jesus het vinnig versprei. Filippus het vir Natanael gekry en hom weer vertel: "Ons het die Een gekry oor wie Moses geskryf het. Jy weet mos, dit is die Een oor wie die profete ook so geskryf het. Dit is Jesus, die seun van Josef wat in Nasaret bly."
46 "Jy speel seker. Kan daar uit Nasaret enigiets kom wat die moeite werd is?" was Natanael se reaksie.
"Kom kyk self," het Filippus egter volgehou.
47 Terwyl Natanael nog in Jesus se rigting op pad was, het Jesus al gesê: "Kyk, hier is 'n ware, egte Israeliet. Hy is eerlik en opreg. Hy het glad niks om weg te steek nie."
48 "Van waar af ken U my dan?" vra Natanael.
"Jy was nog daar onder 'n vyeboom toe het Ek jou al raakgesien, nog voordat Filippus met jou gepraat het."
49 "Rabbi, U is die Seun van God! U is die Koning van Israel!" het dit oor Natanael se lippe gerol.
50 Jesus sê toe vir hom: "Jy glo en vertrou My omdat Ek maar net vir jou gesê het dat Ek jou onder die vyeboom gesien het. Eintlik het jy nog niks gesien nie! Wag maar, daar kom nog baie groter ervarings as dit.
51 "Luister nou mooi na wat Ek sê: Julle sal God se woonplek in die hemel sien oopgaan. Voor julle oë sal die engele van God van die Seun van die mens af opgaan daarheen en dan terugkom na Hom toe."

John 1

The Prologue to the Gospel

1 In the beginnings was the Word, and the Word was with God,t and the Word was fully God.ts2 The Wordt was with God in the beginning.3 All things were createdt by him, and apart from him not one thing was createdt that has been created.st4 In him was life,ts and the life was the light of mankind.t

5 And the light shines onts in the darkness,s butt the darkness has not mastered it.t
6 A man came, sent from God, whose name was John.s7 He came as a witnessts to testifyt about the light, so that everyonet might believe through him.8 He himself was not the light, but he came to testifyt about the light.9 The true light, who gives light to everyone,t was coming into the world.ts10 He was in the world, and the world was createdt by him, butt the world did not recognizet him.11 He came to what was his own,t butt his own peoplet did not receive him.s12 But to all who have received him – those who believe in his namet – he has given the right to become God’s children

13 – children not bornt by human parentst or by human desiret or a husband’st decision,t but by God.
14 Nowt the Word became flesht and took up residencets among us. Wet saw his glory – the glory of the one and only,t full of grace and truth, who came from the Father.15 Johns testifiedt about him and shouted out,t “This one was the one about whom I said, ‘He who comes after me is greater than I am,t because he existed before me.’”16 For we have all received from his fullness one gracious gift after another.ts17 For the law was given through Moses, butt grace and truth came about through Jesus Christ.

18 No one has ever seen God. The only one,st himself God, who is in closest fellowship witht the Father, has made Godt known.s

The Testimony of John the Baptist

19 Nowt this wast John’ss testimonyts when the Jewish leaderst sents priests and Levites from Jerusalems to ask him, “Who are you?”s20 He confessed – he did not deny but confessed – “I am not the Christ!”ts21 So they asked him, “Then who are you?t Are you Elijah?” He said, “I am not!”s “Are you the Prophet?”s He answered, “No!”

22 Then they said to him, “Who are you? Tell ust so that we can give an answer to those who sent us. What do you say about yourself?”
23 Johnt said, “I am the voice of one shouting in the wilderness, ‘Make straightsthe way for the Lord,’s as Isaiah the prophet said.”24 (Now they had been sent from the Pharisees.s)s

25 So they asked John,t “Why then are you baptizing if you are not the Christ,ts nor Elijah, nor the Prophet?”
26 John answered them,t “I baptize with water. Among you stands one whom you do not recognize,t27 who is coming after me. I am not worthyts to untie the strapt of his sandal!”

28 These things happened in Bethanys across the Jordan Rivert where John was baptizing.
29 On the next day Johnt saw Jesus coming toward him and said, “Look, the Lamb of Gods who takes away the sin of the world!30 This is the one about whom I said, ‘After me comes a man who is greater than I am,t because he existed before me.’

31 I did not recognizet him, but I came baptizing with water so that he could be revealed to Israel.”s
32 Thent John testified,t “I saw the Spirit descending like a doves from heaven,t and it remained on him.s33 And I did not recognize him, but the one who sent me to baptize with water said to me, ‘The one on whom you see the Spirit descending and remaining – this is the one who baptizes with the Holy Spirit.’

34 I have both seen and testified that this man is the Chosen One of God.”s
35 Again the next day Johns was standing theret with two of his disciples.36 Gazing at Jesus as he walked by, he said, “Look, the Lamb of God!”s37 When John’st two disciples heard him say this,t they followed Jesus.s38 Jesus turned around and saw them following and said to them, “What do you want?”t So they said to him, “Rabbi” (which is translated Teacher),s “where are you staying?”

39 Jesust answered,t “Come and you will see.” So they came and saw where he was staying, and they stayed with him that day. Now it was about four o’clock in the afternoon.ts

Andrew’s Declaration

40 Andrew, the brother of Simon Peter, was one of the two disciples who heard what John saidt and followed Jesus.t41 He firsts found his own brother Simon and told him, “We have found the Messiah!”s (which is translated Christ).ts

42 Andrew brought Simont to Jesus. Jesus looked at him and said, “You are Simon, the son of John.s You will be called Cephas” (which is translated Peter).s

The Calling of More Disciples

43 On the next day Jesust wanted to set out for Galilee.s Het found Philip and saidt to him, “Follow me.”44 (Now Philip was from Bethsaida,s the town oft Andrew and Peter.)45 Philip found Nathanaels and told him, “We have found the one Moses wrote about in the law, and the prophets alsot wrote about – Jesus of Nazareth, the son of Joseph.”

46 Nathanaelt replied,t “Can anything good come out of Nazareth?”ss Philip replied,t “Come and see.”
47 Jesus saw Nathanael coming toward him and exclaimed,t “Look, a true Israelite in whom there is no deceit!”ts48 Nathanael asked him, “How do you know me?” Jesus replied,t “Before Philip called you, when you were under the fig tree,s I saw you.”49 Nathanael answered him, “Rabbi, you are the Son of God; you are the kingt of Israel!”s50 Jesus said to him,t “Because I told you that I saw you under the fig tree, do you believe? You will see greater things than these.”s

51 He continued,t “I tell all of you the solemn trutht – you will see heaven opened and the angels of God ascending and descending on the Son of Man.”s

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.