JOHANNES 1
Die Woord ... self God!
1 Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan.
Die Woord was by God,
en die Woord was self God.
2 Hy was reeds in die begin
by God.
3 Alles het deur Hom ontstaan,
en sonder Hom het nie een ding
wat bestaan,
ontstaan nie.
4 In Hom was daar lewe,
en dié lewe het gedien as die lig
vir die mense.
5 Die lig skyn in die duisternis,
ja - die duisternis het dit nie
uitgedoof nie!
6 Daar was 'n man, gestuur deur God, met die naam Johannes.7 Hy het gekom met die doel om 'n getuienis te lewer, om van die lig te getuig sodat alle mense op grond van sy getuienis sou glo.
8 Hy was nie self die lig nie, maar het net kom getuig oor die lig.
9 Hy wat die betroubare lig is, wat elke mens verlig, was op pad na die mensewêreld.
10 Maar toe Hy wel in die wêreld was - dié wêreld wat deur Hom ontstaan het - het die mensdom Hom tog nie erken nie.
11 Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aanvaar nie.12 Aan almal wat Hom egter aanvaar het, dié wat in sy Naam glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.
13 Hulle is nie deur 'n natuurlike proses gebore nie, en ook nie na aanleiding van die wilsbesluit van 'n man nie. Hulle is uit God gebore.
14 En die Woord het mens geword en by ons kom woon. Ons het sy heerlikheid duidelik gesien, 'n heerlikheid soos dié van die enigste Seun van die Vader, vol liefdevolle goedheid en waarheid.
15 Johannes getuig oor Hom en roep uit: "Hy is die Een wat ek bedoel het toe ek gesê het: 'Hy wat ná my kom, het reeds voor my bestaan omdat Hy groter is as ek.'"
16 Uit sy volheid het ons almal 'n oorvloed genade ontvang.
17 Die wet is deur middel van Moses gegee; die genade en waarheid het deur Jesus Christus gekom.
18 Niemand het God nog ooit gesien nie. Sy enigste Seun wat self ook God en baie na aan die Vader is, het Hom aan ons kom bekendmaak.
Johannes die Doper: 'n stem wat roep in die woestyn
19 Dit is die getuienis van Johannes toe die Joodse leiers uit Jerusalem priesters en Leviete na hom gestuur het om hom uit te vra: "Wie is jy nou eintlik?"
20 Toe het Johannes getuig en dit nie ontken nie, maar voluit bely: "Ék is nie die Messias nie."
21 En hulle antwoord hom toe: "Nou wie is jy dan? Is jy Elia?"
"Nee, ek is nie," sê Johannes.
"Is jy dan die profeet?"
"Beslis nie!" het hy geantwoord.
22 Hulle het toe vir hom gesê: "Wie is jy dan? Ons moet 'n antwoord kan gee aan hulle wat ons gestuur het. Wat het jy dan oor jouself te sê?"
23 Sy reaksie was:
"Ek is 'n stem
wat roep
in die woestyn:
'Maak die pad van die Here
reguit.'"
Só het die profeet Jesaja mos reeds gesê.
24 Dié wat gestuur is, het uit die geledere van die Fariseërs gekom.
25 Hulle het toe verder by hom navraag gedoen: "Waarom doop jy dan as jy nie die Messias of Elia of die profeet is nie?"
26 Johannes se reaksie was: "Ek doop met water, maar hier tussen julle staan daar Iemand wat julle nie nou ken nie.27 Dit is Hy wat ná my kom. Ek is nie eers werd om die riempies van sy sandale los te maak nie."
28 Hierdie gebeure het afgespeel in Betanië, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop.
Die Lam van God uitgewys
29 Die volgende dag sien Johannes dat Jesus na hom toe aangestap kom. Hy sê toe: "Kyk, dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.30 Dit is Hý van wie ek gesê het: 'Ná my kom Iemand wat voor my reeds bestaan het. Hy is baie belangriker as ek.'
31 Ek was self ook nie daarvan bewus dat dit Hy is nie. Daarom het ek gekom, en doop ek met water om Hom aan Israel voor te stel."
32 Johannes het ook nog verder getuig: "Ek het duidelik gesien dat die Gees soos 'n duif uit die hemel neerkom en op Hom gaan sit.33 Ek het regtig nie geweet dat dit Hy was nie, maar God wat my gestuur het om met water te doop, het vir my gesê: 'Die Een op wie jy die Gees sien neerdaal en bly sit, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.'
34 Ek het dit self sien afspeel voor my oë, en daarom getuig ek dat Hy werklik die Seun van God is."
Twee dissipels van Johannes die Doper word Jesus se eerste dissipels
35 Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan, saam met twee van sy dissipels.36 Toe Jesus by hulle verbyloop, het Johannes betekenisvol na Hom gekyk en gesê: "Kyk, dáár is die Lam van God!"37 Sy twee dissipels het Johannes dit hoor sê en Jesus dadelik begin volg.38 Jesus het omgedraai en gesien hulle volg Hom. Hy sê toe vir hulle: "Wat soek julle?"
Hulle het Hom geantwoord: "Rabbi" - as dit vertaal word, beteken dit 'leermeester' - "waar gaan U tuis?"
39 Hy antwoord hulle: "Kom kyk self en julle sal sien." Hulle het toe gegaan en gesien waar Hy tuis was. Dit was omtrent vieruur die middag. Hulle het toe die res van daardie dag by Hom gebly.
40 Andreas, Simon Petrus se broer, was een van die twee dissipels wat dit van Johannes gehoor en Jesus gevolg het.
41 Hy kry toe eers sy eie broer Simon, en sê vir hom: "Ons het die Messias (wat as dit vertaal word 'Gesalfde' beteken) gekry."
42 Hy het Simon na Jesus toe geneem. Jesus het betekenisvol na hom gekyk en gesê: "Jy is Simon, die seun van Johannes; jy sal van nou af Sefas (wat as 'Petrus'vertaal word) genoem word."
43 Die volgende dag wou Jesus na Galilea toe vertrek. Hy loop eers vir Filippus raak en sê vir hom: "Volg my!"
44 Filippus het van Betsaida af gekom, Andreas en Petrus se tuisdorp.
45 Op sy beurt loop Filippus vir Natanael raak en sê vir hom: "Ons het die persoon gevind oor wie Moses in die wet en die profete geskryf het. Dit is Jesus, die seun van Josef, wat van Nasaret af kom."
46 Natanael se reaksie was: "Hoe kan daar uit Nasaret iets goeds kom?"
"Kom kyk self," het Filippus hom uitgenooi.
47 Toe Jesus Natanael sien aangestap kom, sê Hy oor hom: "Kyk daar - 'n opregte Israeliet, 'n man van suiwer inbors."
48 Natanael reageer toe vraend: "Van waar ken U my?"
"Voordat Filippus jou geroep het," antwoord Jesus hom, "toe jy nog onder die vyeboom gesit het, het Ek jou al gesien."
49 Toe reageer Natanael: "Rabbi, U is die Seun van God; U is die Koning van Israel!"
50 Jesus se antwoord aan hom was: "Glo jy omdat Ek vir jou gesê het dat Ek jou onder die vyeboom sien sit het? Jy sal nog groter dinge as dit sien."
51 Jesus het ook vir hom gesê: "Ek verseker julle: julle gaan die hemel wyd oop sien en julle sal die engele van God sien op- en afklim na My, die Seun van die Mens, toe."
JOHN 1
The Word of Life
1 In the beginning was the one
who is called the Word.
The Word was with God
and was truly God.
2 From the very beginning
the Word was with God.
3 And with this Word,
God created all things.
Nothing was made
without the Word.
Everything that was created
4 received its life from him,
and his life gave light
to everyone.
5 The light keeps shining
in the dark,
and darkness has never
put it out.t
6 t God sent a man named John,
7 who came to tell
about the light
and to lead all people
to have faith.
8 John wasn't this light.
He came only to tell
about the light.
9 The true light that shines
on everyone
was coming into the world.
10 The Word was in the world,
but no one knew him,
though God had made the world
with his Word.
11 He came into his own world,
but his own nation
did not welcome him.
12 Yet some people accepted him
and put their faith in him.
So he gave them the right
to be the children of God.
13 They were not God's children
by nature or because
of any human desires.
God himself was the one
who made them his children.
14 The Word became
a human being
and lived here with us.
We saw his true glory,
the glory of the only Son
of the Father.
From him the complete gifts
of undeserved grace and truth
have come down to us.
15 John spoke about him and shouted, “This is the one I told you would come! He is greater than I am, because he was alive before I was born.”
16 Because of all that the Son is, we have been given one blessing after another.t 17 The Law was given by Moses, but Jesus Christ brought us undeserved kindness and truth.
18 No one has ever seen God. The only Son, who is truly God and is closest to the Father, has shown us what God is like.John the Baptist Tells //about Jesus
(Matthew 3.1-12; Mark 1.1-8; Luke 3.15-17)
19-20 The religious authorities in Jerusalem sent priests and temple helpers to ask John who he was. He told them plainly, “I am not the Messiah.”
21 t Then when they asked him if he were Elijah, he said, “No, I am not!” And when they asked if he were the Prophet, t he also said “No!”
22 Finally, they said, “Who are you then? We have to give an answer to the ones who sent us. Tell us who you are!”
23 t John answered in the words of the prophet Isaiah, “I am only someone shouting in the desert, ‘Get the road ready for the Lord!’ ”
24 Some Pharisees had also been sent to John.
25 They asked him, “Why are you baptizing people, if you are not the Messiah or Elijah or the Prophet?”
26 John told them, “I use water to baptize people. But here with you is someone you don't know. 27 Even though I came first, I am not good enough to untie his sandals.”
28 John said this as he was baptizing east of the Jordan River in Bethany.tThe Lamb of God
29 The next day, John saw Jesus coming toward him and said:
Here is the Lamb of God who takes away the sin of the world! 30 He is the one I told you about when I said, “Someone else will come, who is greater than I am, because he was alive before I was born.”
31 I didn't know who he was. But I came to baptize you with water, so that everyone in Israel would see him.
32 I was there and saw the Spirit come down on him like a dove from heaven. And the Spirit stayed on him. 33 Before this I didn't know who he was. But the one who sent me to baptize with water had told me, “You will see the Spirit come down and stay on someone. Then you will know that he is the one who will baptize with the Holy Spirit.”
34 I saw this happen, and I tell you that he is the Son of God.The First Disciples of Jesus
35 The next day, John was there again, and two of his followers were with him. 36 When he saw Jesus walking by, he said, “Here is the Lamb of God!”
37 John's two followers heard him, and they went with Jesus.
38 When Jesus turned and saw them, he asked, “What do you want?”
They answered, “Rabbi, where do you live?” The Hebrew word “Rabbi” means “Teacher.”
39 Jesus replied, “Come and see!” It was already about four o'clock in the afternoon when they went with him and saw where he lived. So they stayed on for the rest of the day.
40 One of the two men who had heard John and had gone with Jesus was Andrew, the brother of Simon Peter.
41 The first thing Andrew did was to find his brother and tell him, “We have found the Messiah!” The Hebrew word “Messiah” means the same as the Greek word “Christ.”
42 Andrew brought his brother to Jesus. And when Jesus saw him, he said, “Simon son of John, you will be called Cephas.” This name can be translated as “Peter.”tJesus Chooses Philip //and Nathanael
43-44 The next day Jesus decided to go to Galilee. There he met Philip, who was from Bethsaida, the hometown of Andrew and Peter. Jesus said to Philip, “Follow me.”
45 Philip then found Nathanael and said, “We have found the one that Moses and the Prophetst wrote about. He is Jesus, the son of Joseph from Nazareth.”
46 Nathanael asked, “Can anything good come from Nazareth?”
Philip answered, “Come and see.”
47 When Jesus saw Nathanael coming toward him, he said, “Here is a true descendant of our ancestor Israel. And he isn't deceitful.”t
48 “How do you know me?” Nathanael asked.
Jesus answered, “Before Philip called you, I saw you under the fig tree.”
49 Nathanael said, “Rabbi, you are the Son of God and the King of Israel!”
50 Jesus answered, “Did you believe me just because I said that I saw you under the fig tree? You will see something even greater. 51 t I tell you for certain you will see heaven open and God's angels going up and coming down on the Son of Man.”t