previous next

Johannes 10

Die Goeie Herder

1 Jesus het vir die tFariseërs gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: ’n Dief of ’n skelm kom nie in by die hek van die skaapkraal nie. Hy kom in by ’n ander plek. 2 Die skaapwagter, die therder, kom in by die hek. 3 Die man by die hek maak die hek vir die wagter oop. Die skape hoor die herder se stem. Hy roep elke skaap se naam en dan bring hy hulle uit die kraal uit. 4 Wanneer hy al sy eie skape uit die kraal gebring het, dan loop hy voor die skape. Die skape gaan saam met die herder, want hulle ken sy stem.

5 Die skape sal nie saam met iemand gaan as hulle hom nie ken nie. Hulle sal weghardloop van hom, want hulle ken nie ander mense se stemme nie.”

6 Jesus wou vir die Fariseërs iets verduidelik toe Hy oor die herder gepraat het. Maar hulle het nie verstaan wat Hy vir hulle wou sê nie.

Jesus is die Goeie Herder


7 Jesus het ook gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Ek is die hek vir die skape. 8 Die mense wat gekom het voordat Ek gekom het, het net ingebreek en gesteel. Maar die skape het nie na hulle geluister nie. 9 Ek is die hek vir die skape. God sal die mense red wat in My glo. Hulle sal soos skape wees wat ingaan en uitgaan by ’n hek en wat gras kry om te eet. 10 ’n Dief kom net om die skape te steel en te slag en dood te maak. Ek is nie so nie. Ek het gekom sodat die skape kan lewe, sodat hulle regtig kan lewe. 11 Ek is die tGoeie Herder. Die Goeie Herder sal sterf sodat sy skape kan lewe. 12 Iemand wat geld kry om die skape op te pas, sal nie doen wat die Goeie Herder doen nie. Iemand wat geld kry om die skape op te pas, is nie regtig ’n therder nie, en dit is nie sy skape nie. Wanneer hy sien ’n wolf kom, dan los hy die skape en hy hardloop weg. Dan vat die wolf die skape weg en hy jaag hulle na al die kante toe.

13 Ja, iemand wat geld kry om die skape op te pas, is nie regtig bekommerd oor die skape nie.
14 “Ek is die Goeie Herder. Ek ken my skape en my skape ken My, 15 soos die Vader My ken en soos Ek die Vader ken. Ek sal sterf sodat my skape kan lewe. 16 Ek het ook ander skape wat nie in hierdie kraal is nie. Ek moet ook voor hulle loop. Hulle sal ook na my stem luister. Al my skape sal eendag in een trop wees en Ek sal die hele trop se herder wees. 17 Die Vader is lief vir My, want Ek sal sterf sodat my skape kan lewe. Ek sal sterf sodat Ek weer kan lewe.

18 Dit is nie iemand anders wat besluit dat Ek moet sterf nie. Nee, Ek het self besluit dat Ek sal sterf. Ek kan self besluit dat Ek sal sterf en weer begin lewe. Dit is wat my Vader gesê het Ek moet doen.”
19 Toe die Jode hoor wat Jesus alles sê, het hulle baie met mekaar gestry.

20 Party Jode het gesê: “Dit is ’n tduiwel wat hom so laat praat. Hy is mal, julle moenie luister na hom nie!”

21 Ander Jode het gesê: “Nee, wanneer ’n duiwel iemand laat praat, dan sal hy nie praat soos Jesus praat nie. ’n Duiwel kan ook nie blinde mense laat sien nie.”

Die Jode wil Jesus nie aanvaar nie


22 Dit was tyd vir die tFees van die Tempelwyding in Jerusalem. Dit was winter en 23 Jesus het in die ttempel geloop in die tPilaargang van Salomo.

24 Party Jode het rondom Jesus kom staan. Hulle het vir Hom gesê: “Hoe lank moet ons nog wag en onseker wees? As jy tdie Christus is, dan moet jy dit vir ons reguit sê.”
25 Jesus het vir hulle gesê: “Ek het dit klaar vir julle gesê, maar julle glo My nie. Ek doen die dinge wat my Vader gesê het Ek moet doen. Daardie dinge wys wie Ek is. 26 Julle glo My nie, want julle is nie my skape nie. 27 My skape luister na my stem. Ek ken my skape, en hulle volg My. 28 Ek gee vir hulle die tewige lewe. Hulle sal nooit tverlore gaan nie. Niemand sal hulle wegvat uit my hand nie. 29 Die mense wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van al die mense. Daarom kan niemand hulle wegvat uit die Vader se hand nie.

30 Ek en die Vader doen dieselfde dinge, Ons is Een.”
31 Die Jode het toe weer klippe opgetel om Jesus dood te gooi.

32 Jesus het vir hulle gesê: “Die Vader het gesê Ek moet baie dinge doen, goeie dinge, en Ek het dit gedoen. Julle moet vir My sê oor watter goeie ding wil julle My doodgooi met klippe.”

33 Die Jode het vir Jesus gesê: “Ons wil jou nie met klippe doodgooi omdat jy ’n goeie ding gedoen het nie. Ons wil jou doodgooi omdat jy verkeerde dinge sê teen God. Jy is ’n mens, maar jy maak of jy God is.”

34 Jesus het vir hulle gesê: “In die Ou Testament is geskryf:
tGod het gesê: Julle is gode.
35 “Dit beteken: Die Ou Testament sê mense met wie God praat, is gode. Ons mag dit nie verander nie. 36 God het My gekies om ’n spesiale werk te doen. Hy het My na die wêreld gestuur. Hoekom sê julle Ek praat verkeerd teen God wanneer Ek sê Ek is die Seun van God? 37 Die Vader het vir My gesê wat Ek moet doen. As Ek dit nie doen nie, dan moet julle nie in My glo nie.

38 Maar as Ek die dinge doen wat die Vader vir My gesê het, dan moet julle glo wat Ek doen, ook as julle nie in My wil glo nie. Dan sal julle regtig weet die Vader is by My en Ek is by die Vader.”
39 Toe het die Jode weer probeer om Jesus te vang, maar hulle kon nie, want Hy het weggegaan. 40 Jesus het weer oor die Jordaan-rivier gegaan, na die plek waar Johannes voorheen die mense gedoop het. Jesus het daar gebly.

41 Baie mense het na Jesus toe gegaan. Hulle het gesê: “Johannes het nooit ’n twonderteken gedoen nie, maar alles wat hy oor Jesus gesê het, is waar.”
42 Baie mense het daar in Jesus begin glo.

John 10

The Shepherd and the Flock

1 "What I'm about to tell you is true. What if someone does not enter the sheep pen through the gate but climbs in another way? That person is a thief and a robber.2 The one who enters through the gate is the shepherd of the sheep.3 The gatekeeper opens the gate for him. The sheep listen to his voice. He calls his own sheep by name and leads them out.4 When he has brought all of his own sheep out, he goes on ahead of them. His sheep follow him because they know his voice.5 But they will never follow a stranger. In fact, they will run away from him. They don't recognize a stranger's voice."
6 Jesus used this story. But the Jews who were there didn't understand what he was telling them.
7 So Jesus said again, "What I'm about to tell you is true. I am like a gate for the sheep.8 All those who ever came before me were thieves and robbers. But the sheep did not listen to them.9 I'm like a gate. Anyone who enters through me will be saved. He will come in and go out. And he will find plenty of food.10 The thief comes only to steal and kill and destroy. I have come so they can have life. I want them to have it in the fullest possible way.
11 "I am the good shepherd. The good shepherd gives his life for the sheep.12 The hired man is not the shepherd who owns the sheep. So when the hired man sees the wolf coming, he leaves the sheep and runs away. Then the wolf attacks the flock and scatters it.13 The man runs away because he is a hired man. He does not care about the sheep.
14 "I am the good shepherd. I know my sheep, and my sheep know me.15 They know me just as the Father knows me and I know the Father. And I give my life for the sheep.
16 "I have other sheep that do not belong to this sheep pen. I must bring them in too. They also will listen to my voice. Then there will be one flock and one shepherd.
17 "The reason my Father loves me is that I give up my life. But I will take it back again.18 No one takes it from me. I give it up myself. I have the authority to give it up. And I have the authority to take it back again. I received this command from my Father."
19 After Jesus spoke these words, the Jews again could not agree with each other.20 Many of them said, "He is controlled by a demon. He has gone crazy! Why should we listen to him?"
21 But others said, "A person controlled by a demon does not say things like this. Can a demon open the eyes of someone who is blind?"

The Jews Do Not Believe

22 Then came the Feast of Hanukkah at Jerusalem. It was winter.23 Jesus was in the temple area walking in Solomon's Porch.24 The Jews gathered around him. They said, "How long will you keep us waiting? If you are the Christ, tell us plainly."
25 Jesus answered, "I did tell you. But you do not believe. The kinds of things I do in my Father's name speak for me.26 But you do not believe, because you are not my sheep.
27 "My sheep listen to my voice. I know them, and they follow me.28 I give them eternal life, and they will never die. No one can steal them out of my hand.29 My Father, who has given them to me, is greater than anyone. No one can steal them out of my Father's hand.30 I and the Father are one."
31 Again the Jews picked up stones to kill him.
32 But Jesus said to them, "I have shown you many miracles from the Father. Which one of these are you throwing stones at me for?"
33 "We are not throwing stones at you for any of these," replied the Jews. "We are stoning you for saying a very evil thing. You are only a man. But you claim to be God."
34 Jesus answered them, "Didn't God say in your Law, 'I have said you are gods'? (Psalm 82:6)35 We know that Scripture is always true. God spoke to some people and called them 'gods.'36 If that is true, what about the One the Father set apart as his very own and sent into the world? Why do you charge me with saying a very evil thing? Is it because I said, 'I am God's Son'?
37 "Don't believe me unless I do what my Father does.38 But what if I do it? Even if you don't believe me, believe the miracles. Then you will know and understand that the Father is in me and I am in the Father."
39 Again they tried to arrest him. But he escaped from them.
40 Then Jesus went back across the Jordan River. He went to the place where John had been baptizing in the early days. There he stayed.41 Many people came to him. They said, "John never did a miraculous sign. But everything he said about this man was true."42 And in that place many believed in Jesus.