JOHANNES 10
Die gelykenis van die goeie herder.
1 VOORWAAR, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ’n ander kant af inklim, hy is ’n dief en ’n rower.
2 Maar hy wat by die deur ingaan, is ’n herder van die skape.
3 Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.
4 En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.
5 Hulle sal ’n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.
6 Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel; tmaar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie.
7 Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape.
8 Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie.
9 Ek is tdie deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en tweiding vind.
10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
11 Ek is tdie goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.
12 Maar die huurling en hy wat nie ’n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en tlaat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar.
13 En die huurling vlug, omdat hy ’n huurling is en tniks vir die skape omgee nie.
14 Ek is die goeie herder, en tEk ken my eie en word deur my eie geken.
15 tNet soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en tEk lê my lewe af vir die skape.
16 Ek het tnog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. tEk moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.
17 tDaarom het die Vader My lief, tomdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem.
18 Niemand neem dit van My af nie, tmaar Ek lê dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te lê en tEk het mag om dit weer te neem. Hierdie tgebod het Ek van my Vader ontvang.
19 Daar het ttoe weer verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde.
20 En baie van hulle het gesê: tHy is van die duiwel besete en tis kranksinnig; wat luister julle na Hom?
21 Ander het gesê: Hierdie woorde is nie van ’n besetene nie; ’n duiwel kan tog nie tdie oë van blindes open nie.Op die fees van die tempelwyding verklaar Jesus op ’n vraag van die Jode dat Hy die Messías, die Seun van God, is. Hulle wil Hom stenig. Hy gaan oor die Jordaan.
22 EN dit was die fees van die tempelwyding in Jerusalem, en dit was winter.
23 En Jesus het in die tempel gewandel tin die pilaargang van Salomo.
24 En die Jode het Hom omring en vir Hom gesê: Hoe lank hou U ons in onsekerheid? As U die Christus is, sê dit vir ons ronduit.
25 Jesus antwoord hulle: Ek het dit vir julle gesê, en julle glo nie. tDie werke wat Ek doen in die Naam van my Vader, dié getuig van My.
26 Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie, soos Ek vir julle gesê het.
27 tMy skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.
29 My vader twat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.
30 tEk en die Vader is een.
31 Die Jode thet toe weer klippe opgetel om Hom te stenig.
32 Jesus antwoord hulle: Baie goeie werke het Ek julle getoon van my Vader. Oor watter een van dié werke stenig julle My?
33 Die Jode antwoord Hom en sê: Dit is nie oor ’n goeie werk dat ons U stenig nie, maar oor tgodslastering, en omdat U wat ’n mens is, tUself God maak.
34 Jesus antwoord hulle: Is daar nie in tjulle wet geskrywe: tEk het gesê, julle is gode nie?
35 As dit húlle gode noem tot wie die woord van God gekom het, en die Skrif nie gebreek kan word nie,
36 sê julle vir Hom wat die Vader tgeheilig en in die wêreld gestuur het: U spreek godslasterlik — tomdat Ek gesê het: Ek is tdie Seun van God?
37 As Ek nie die werke van my Vader doen nie, moet julle My nie glo nie;
38 maar as Ek dit doen, tal glo julle My nie, glo die werke, dat julle kan erken en glo dat tdie Vader in My is, en Ek in Hom.
39 Toe het hulle weer probeer om Hom gevange te neem, en Hy het uit hulle hand ontkom.
40 En Hy het weer oor die Jordaan gegaan na die plek twaar Johannes eers gedoop het; en Hy het daar gebly.
41 En baie het na Hom gekom en gesê: Johannes het wel geen teken gedoen nie, maar talles wat Johannes van Hom gesê het, was waar.
42 En tbaie het daar in Hom geglo.
John 10
1 “Most certainly, I tell you, one who doesn’t enter by the door into the sheep fold, but climbs up some other way, the same is a thief and a robber.2 But one who enters in by the door is the shepherd of the sheep.3 The gatekeeper opens the gate for him, and the sheep listen to his voice. He calls his own sheep by name, and leads them out.4 Whenever he brings out his own sheep, he goes before them, and the sheep follow him, for they know his voice.5 They will by no means follow a stranger, but will flee from him; for they don’t know the voice of strangers.”
6 Jesus spoke this parable to them, but they didn’t understand what he was telling them.
7 Jesus therefore said to them again, “Most certainly, I tell you, I am the sheep’s door.8 All who came before me are thieves and robbers, but the sheep didn’t listen to them.9 I am the door. If anyone enters in by me, he will be saved, and will go in and go out, and will find pasture.10 The thief only comes to steal, kill, and destroy. I came that they may have life, and may have it abundantly.11 I am the good shepherd.t The good shepherd lays down his life for the sheep.12 He who is a hired hand, and not a shepherd, who doesn’t own the sheep, sees the wolf coming, leaves the sheep, and flees. The wolf snatches the sheep, and scatters them.13 The hired hand flees because he is a hired hand, and doesn’t care for the sheep.14 I am the good shepherd. I know my own, and I’m known by my own;15 even as the Father knows me, and I know the Father. I lay down my life for the sheep.16 I have other sheep, which are not of this fold.t I must bring them also, and they will hear my voice. They will become one flock with one shepherd.17 Therefore the Father loves me, because I lay down my life,t that I may take it again.
18 No one takes it away from me, but I lay it down by myself. I have power to lay it down, and I have power to take it again. I received this commandment from my Father.”
19 Therefore a division arose again among the Jews because of these words.20 Many of them said, “He has a demon, and is insane! Why do you listen to him?”
21 Others said, “These are not the sayings of one possessed by a demon. It isn’t possible for a demon to open the eyes of the blind, is it?”t
22 It was the Feast of the Dedicationt at Jerusalem.23 It was winter, and Jesus was walking in the temple, in Solomon’s porch.
24 The Jews therefore came around him and said to him, “How long will you hold us in suspense? If you are the Christ, tell us plainly.”
25 Jesus answered them, “I told you, and you don’t believe. The works that I do in my Father’s name, these testify about me.26 But you don’t believe, because you are not of my sheep, as I told you.27 My sheep hear my voice, and I know them, and they follow me.28 I give eternal life to them. They will never perish, and no one will snatch them out of my hand.29 My Father, who has given them to me, is greater than all. No one is able to snatch them out of my Father’s hand.
30 I and the Father are one.”
31 Therefore Jews took up stones again to stone him.
32 Jesus answered them, “I have shown you many good works from my Father. For which of those works do you stone me?”
33 The Jews answered him, “We don’t stone you for a good work, but for blasphemy: because you, being a man, make yourself God.”
34 Jesus answered them, “Isn’t it written in your law, ‘I said, you are gods?’t35 If he called them gods, to whom the word of God came (and the Scripture can’t be broken),36 do you say of him whom the Father sanctified and sent into the world, ‘You blaspheme,’ because I said, ‘I am the Son of God?’37 If I don’t do the works of my Father, don’t believe me.
38 But if I do them, though you don’t believe me, believe the works; that you may know and believe that the Father is in me, and I in the Father.”
39 They sought again to seize him, and he went out of their hand.40 He went away again beyond the Jordan into the place where John was baptizing at first, and there he stayed.41 Many came to him. They said, “John indeed did no sign, but everything that John said about this man is true.”
42 Many believed in him there.