previous next

Johannes 10

1 "Luister nou mooi. Ek gaan vir julle 'n voorbeeld gee om julle te help om beter te verstaan wat Ek wil sê. Julle weet mos hoe dit met 'n skaapboerdery gaan. As iemand skelm in die kraal probeer inkom en nie die hek gebruik nie, wil hy net kom kwaaddoen. Net 'n dief doen dit!2 Die herder sal die hek gebruik om in die kraal in te gaan.
3 "Die wag by die hek sal dit dadelik vir hom oopmaak. In die kraal sal hy sy skape bymekaarmaak. Hy sal hulle op hulle name roep en hulle sal kom. Dan sal hy hulle uit die kraal lei.
4 "Hy sal voor hulle uitstap weiveld toe en hulle sal agternakom, want hulle ken sy stem.5 Hulle sal egter nie agter vreemdelinge aanloop nie. Hulle sal eerder weghardloop, want hulle ken nie die vreemdeling se stem nie."
6 Hoewel Jesus hierdie eenvoudige voorbeeld gebruik het, het die Joodse leiers nog steeds nie gesnap wat Hy bedoel nie.
7  "Laat Ek dit nog eenvoudiger stel. Julle kan My met die hek van die skaapkraal vergelyk. Sê My, wat is die enigste regte manier om in die kraal in te kom? Natuurlik deur die hek.
"En die enigste regte manier om na God toe te kom? Natuurlik deur My!
8 "Al die ander wat voor My gekom het, het mense op die verkeerde pad gelei. Hulle is soos diewe wat mense net wou kul. Hulle het kamma redding kom aanbied, maar God se kinders het nie na hulle geluister nie.9 Ek is vir julle soos 'n hek vir die skape. Ek is die hek deur wie julle na die weivelde van vrede en vriendskap met God kan stap. Deur My kry julle alles wat julle geestelik nodig het. Enigiemand wat sê dat julle op 'n ander manier by God kan uitkom, gaan julle net op 'n pynlike pad sit; die pad hel toe!10 Ek is hier om vir julle die kans te gee om altyd by God te wees. By Hom sal julle die lewe voluit kan geniet. En dit is lekkerder as enigiets anders, glo My!"
11  "Ek is vir Christene wat 'n herder vir sy skape is. Wat Ek bedoel, is dit: die herder is bereid om alles te gee ter wille van sy skape, ook sy lewe. Hy sal liewer self doodgaan as dat hy sal toelaat dat sy skape iets oorkom.
12 "Iemand wat gehuur word om die skape op te pas, tree nie soos 'n herder op nie. Die skape behoort mos nie aan hom nie. Daarom gee hy nie regtig om vir die skape nie. As 'n leeu byvoorbeeld op die skape afstorm, sal die gehuurde man net maak dat hy so vinnig moontlik wegkom. Hy sal nie eens probeer om die skape te help nie. Die leeu sal al die tyd in die wêreld hê om onder die skape te baljaar.13 Wat met die skape gebeur, maak nie eintlik vir die gehuurde man saak nie.
14 "Ek is vir almal wat My volg soos die beste herder van wie hulle kan droom. Daar is 'n sterk verhouding tussen My en elke gelowige. Ons ken mekaar.15 Soos my Vader My ken en Ek Hom ken, so ken Ek en elke gelowige mekaar. Omdat ons vir mekaar omgee, sal Ék liewer sterf as om toe te laat dat my volgelinge iets oorkom.16 Die mense wat julle hier sien, is nie die enigstes wat My volg nie. Daar is baie ander ook, wat van ander plekke af kom. Ek sal ook vir hulle die beste herder wees waarvan hulle kan droom. Uiteindelik sal my volgelinge soos een groot skaaptrop wees met My as hulle enigste herder.17 My Vader het My lief, en met goeie rede ook. Ek is uit vrye wil bereid om doodgemaak te word. Die doel daarmee is om te wys dat Ek self weer uit die dood kan opstaan.18 Niemand sal My sommer kan kom doodmaak nie. Uit my eie sal Ek hulle toelaat om dit te doen. So sal Ek bewys hoe sterk Ek is. Ek kan, as Ek wil, sterf. En Ek kan, as Ek wil, ook weer lewendig word. My Vader het gesê dat Ek dit moet kom doen. Ek moet eers toelaat dat mense My doodmaak en dan moet Ek weer lewendig word."
19  Hieroor het die Jode kwaai aan die stry gegaan.20 "Hy het die spoor heeltemal byster geraak. Vir wat mors julle nog julle tyd om na hom te luister?" het party kopskuddend gesê.21 "Nee, julle maak 'n groot fout," kom dit weer van 'n ander. "Iemand wat die spoor byster geraak het, kan nie só praat nie. En buitendien, het julle al van 'n versteurde man gehoor wat iemand wat sy hele lewe blind was, kon laat sien? Toe, wat sê julle nou?"
22 Dit was weer tyd vir die fees waarin daar teruggedink is aan die tyd toe die tempel ingewy is. Elke jaar in die winter het die Jode met 'n groot fees teruggedink aan die inwyding van hulle tempel.23 Jesus het juis toe deur die Salomosaal in die tempel gestap.24 Die Jode het om Hom saamgedrom. "Moet ons asseblief nie langer so aan die raai hou nie. Toe, sê vir ons, is jy die Een vir wie God gestuur het om ons te red? Praat reguit met ons!"
25 Jesus sê toe: "Maar dit is wat Ek nog die hele tyd vir julle sê. Dit is julle wat nie wil glo wat julle hoor nie. En dis nie al nie. Kyk wat doen Ek alles. Dit moet seker ook iets vir julle sê. Julle moet tog daaruit kan agterkom dat God deur My werk.26 Maar niks wat Ek doen of sê, maak enige indruk op julle nie. En laat Ek vir julle sê hoekom nie. Ek gaan weer die voorbeeld van die herder en die skape gebruik. Julle is nie van my skape nie.27 My skape sal my boodskap herken. Ek ken hulle en hulle volg My.28 Vir hulle gee Ek die lewe wat nooit sal ophou nie. So sal hulle vir altyd saam met God wees. Hulle hoef nooit vir die hel bang te wees nie. Ek sal hulle versorg en beskerm. Niemand sal hulle uit my versorgende hand kan ruk nie. Daarvoor sal Ek self sorg.29 Hierdie skape het my Vader self vir My gegee. Hulle is die belangrikste van almal. My Vader self sal ook na hulle kyk. En God sal nie toelaat dat enigiemand hulle uit sy versorgende hand kom ruk nie.
30 "Ek en die Vader dink en doen dieselfde dinge. Ja, Ons is een."
31  Die Joodse leiers het niks daarvan gehou nie. Hulle wou Jesus sommer daar en dan met klippe doodgooi.32 Jesus was egter te vinnig vir hulle. "Wag 'n bietjie," sê Hy. "Ek het baie mense gehelp en goeie dinge gedoen. My Vader wou hê Ek moes dit doen. Watter een van die dinge wat Ek gedoen het, het julle so kwaad gemaak dat julle My nou met klippe wil doodgooi? Sê My."
33 Die Jode het nie op hulle laat wag nie. "Moenie woorde in ons mond lê nie! Dit gaan nie daaroor dat jy mense gehelp het nie. Wat ons briesend maak, is dat jy God beledig. Jy, wat 'n gewone mens is, stel jouself sommer as God aan. Waar het jy dít nou al gehoor?"
34 "Sê julle Skrif nie iewers: 'Ek, God, het gesê: Julle is gode' nie?" vra Jesus toe.35 "God self noem die mense 'gode' wat na sy boodskap geluister het. En die Bybel jok mos nie.36 Nou goed, as dit so is, waarom gaan julle so te kere asof Ek God so beledig? Immers, die Vader self het My spesiaal toegerus en My na die mense in die wêreld toe gestuur. Hier het Ek net kom sê: 'Ek is God se Seun,' en julle sê sommer Ek beledig God.37 Wel, as dit wat Ek doen God ongelukkig maak, ja, nie is wat Hy graag wil hê nie, dan kan julle dit sê. Maar julle weet dit is nie so nie.38 As julle dink dat wat Ek sê nie waar is nie, kyk dan na wat Ek doen. Julle sal agterkom dat Ek presies doen wat God in so 'n situasie sou doen. Ons tree soos 'n onverbeterlike span saam op."
39 Die Joodse leiers sit toe weer aan die polisie om Jesus te vang. Voor hulle hulle egter kom kry, was Jesus al weer weg.40 Die mense het Hom opgespoor by die plek waar Johannes begin doop het (oos van die Jordaan). Hy is 'n rukkie lank soontoe.41 Die mense wou Hom net nie met rus laat nie. Hulle het gesê: "Johannes het nou wel nie wonders gedoen nie, maar alles wat hy van Jesus gesê het, kan 'n mens maar glo."42 Baie mense het juis daar Christene geword.

John 10

Jesus as the Good Shepherd

1 “I tell you the solemn truth,t the one who does not enter the sheepfolds by the door,t but climbs in some other way, is a thief and a robber.2 The one who enters by the door is the shepherd of the sheep.3 The doorkeeperts opens the doort for him,t and the sheep hear his voice. Het calls his own sheep by name and leads them out.s4 When he has brought all his own sheept out, he goes ahead of them, and the sheep follow him because they recognizet his voice.5 They will never follow a stranger,t but will run away from him, because they do not recognizet the stranger’s voice.”t

6 Jesus told them this parable,s but theyt did not understandt what he was saying to them.
7 So Jesus said to them again, “I tell you the solemn truth,t I am the door for the sheep.t8 All who came before me weret thieves and robbers, but the sheep did not listen to them.t9 I am the door. If anyone enters through me, he will be saved, and will come in and go out,t and find pasture.s

10 The thief comes only to steal and killt and destroy; I have come so that they may have life, and may have it abundantly.t
11 “I am the goodt shepherd. The good shepherd lays down his lifets for the sheep.12 The hired hand,s who is not a shepherd and does not own sheep, sees the wolf coming and abandonst the sheep and runs away.t So the wolf attackst the sheep and scatters them.

13 Because he is a hired hand and is not concerned about the sheep,t he runs away.s
14 “I am the good shepherd. It know my ownt and my own know me –15 just as the Father knows me and I know the Father – and I lay down my lifet fort the sheep.16 I havet other sheep that do not come fromt this sheepfold.s I must bring them too, and they will listen to my voice,t so thatt there will be one flock andt one shepherd.17 This is why the Father loves met – because I lay down my life,t so that I may take it back again.

18 No one takes it away from me, but I lay it downt of my own free will.t I have the authorityt to lay it down, and I have the authorityt to take it back again. This commandmentt I received from my Father.”
19 Another sharp division took place among the Jewish peoplet because of these words.20 Many of them were saying, “He is possessed by a demon and has lost his mind!t Why do you listen to him?”

21 Others said, “These are not the wordst of someone possessed by a demon. A demon cannot cause the blind to see,t can it?”t

Jesus at the Feast of Dedication

22 Then came the feast of the Dedicationts in Jerusalem.s23 It was winter,s and Jesus was walking in the temple areat in Solomon’s Portico.ts24 The Jewish leaderst surrounded him and asked,t “How long will you keep us in suspense?t If you are the Christ,ts tell us plainly.”t25 Jesus replied,t “I told you and you do not believe. The deedst I do in my Father’s name testify about me.26 But you refuse to believe because you are not my sheep.27 My sheep listen to my voice, and I know them, and they follow me.28 I givet them eternal life, and they will never perish;t no one will snatcht them from my hand.29 My Father, who has given them to me, is greater than all,t and no one can snatcht them from my Father’s hand.

30 The Father and It are one.”t
31 The Jewish leaderst picked up rocks again to stone him to death.32 Jesus said to them,t “I have shown you many good deedst from the Father. For which one of them are you going to stone me?”

33 The Jewish leaderst replied,t “We are not going to stone you for a good deedt but for blasphemy,s becauset you, a man, are claiming to be God.”t
34 Jesus answered,t “Is it not written in your law, ‘I said, you are gods’?s35 If those people to whom the word of God came were called ‘gods’ (and the scripture cannot be broken),s36 do you say about the one whom the Father set apartt and sent into the world, ‘You are blaspheming,’ because I said, ‘I am the Son of God’?37 If I do not performt the deedst of my Father, do not believe me.38 But if I do them, even if you do not believe me, believe the deeds,ts so that you may come to knowt and understand that I am in the Father and the Father is in me.”

39 Thens they attemptedt again to seize him, but he escaped their clutches.ts
40 Jesust went back across the Jordan Rivert again to the place where Johns had been baptizing at an earlier time,ts and he stayed there.41 Manyt came to him and began to say, “Johns performedt no miraculous sign, but everything John said about this mant was true!”

42 And many believed in Jesust there.

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.