previous next

JOHANNES 10

Skape wat die stem van die Goeie Herder ken, volg Hom

1 "Ek verseker julle, iemand wat nie deur die hek in die skaapkraal ingaan nie, maar van die ander kant af oorklim, is 'n dief en 'n rower.2 Iemand wat egter deur die hek toegang verkry, is die herder van die skape.3 Vir hom maak die hekwagter oop, en die skape luister na sy stem. Hy roep sy eie skape op hulle name en lei hulle uit.4 Wanneer hy al sy eie skape na buite gelei het, loop hy voor hulle uit, en die skape hou aan om hom te volg omdat hulle sy stem ken.

5 'n Vreemdeling sal hulle glad nie volg nie, maar van hom af wegvlug omdat hulle nie die vreemdeling se stem herken nie."

6 Hierdie beeld het Jesus vir hulle vertel. Hulle kon egter nie insien wat Hy vir hulle wou sê nie.
7 Toe het Jesus weer 'n keer gesê: "Ek verseker julle, Ek is die deur vir die skape.8 Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie op hulle reageer nie.9 Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy beslis verlos word. Hy sal ingaan en uitgaan en groen weiding kry.

10 Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het.
11 "Ek is die Goeie Herder. Die Goeie Herder offer sy lewe op vir die skape.12 'n Kontrakwerker is hoegenaamd nie 'n herder nie, want dit is nie sy eie skape nie. As hy 'n wolf sien aankom, los hy die skape net daar en vlug weg en die wolf vang die skape en verwilder hulle.13 Hy is 'n tipiese kontrakwerker en gee niks vir die skape om nie.14 Ek is die Goeie Herder. Ek ken my skape en hulle herken My,15 net soos die Vader My ken en Ek ook die Vader ken. En Ek gee my lewe vir die skape.

16 Ek besit ook nog ander skape wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook versorg. Hulle sal na my stem luister en hulle sal een trop wees met een herder.
17 "Om hierdie rede het die Vader My lief omdat Ek my lewe gee om dit weer op te neem.

18 Niemand ontneem My my lewe nie, maar Ek offer dit uit my eie op. Ek het die volmag om dit op te offer en Ek het die volmag om dit weer op te neem. Dit is die opdrag wat Ek van die Vader ontvang het."
19 Daar het toe nog meer verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde van Jesus.20 Baie uit hulle geledere het gesê: "Hy is in die mag van 'n bose gees en hy is mal. Waarom luister julle nog na hom?"

21 Ander het gesê: "Hierdie woorde is nie dié van iemand wat in die mag van 'n bose gees is nie. 'n Bose gees kan tog nie blindes se oë oopmaak nie?"

Jesus verduidelik dat Hy en sy Vader één is

22 Op daardie tydstip was dit die Fees van die Tempelwyding in Jerusalem. Dit was winter.23 Jesus het rondgestap in die tempelgebied, in die pilaargang van Salomo.

24 Die Joodse leiers het toe 'n kring om Jesus gevorm en vir Hom gesê: "Hoe lank gaan jy ons nog aan 'n lyntjie hou? As jy die Messias is, sê dit vir ons padlangs."
25 Jesus het hulle geantwoord: "Ek het dit vir julle gesê, maar julle glo My nie. My optrede is in die Naam van my Vader; hierdie dinge bevestig wie Ek is. Maar julle glo nie26 omdat julle nie van my skape is nie.27 My skape luister na my stem; Ek ken hulle en hulle volg My.28 Ek sal ook die ewige lewe aan hulle gee, en hulle sal so nimmer as te nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand steel nie.29 My Vader, wat hulle aan My gegee het, is magtiger as almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader steel nie.

30 Ek en die Vader is één."
31 Die Jode het weer klippe opgetel om Hom te stenig.

32 Jesus het hulle geantwoord: "Ek het julle soveel goeie werke gewys wat van die Vader af kom. Op grond van watter een van hulle wil julle My nou stenig?"

33 Die Jode het Hom geantwoord: "Dis nie oor die een of ander besondere daad dat ons jou wil stenig nie, maar oor laster. Jy wat 'n mens is, doen jouself voor as God."
34 Jesus het hulle nog 'n keer geantwoord: "Is dit nie in julle wet opgeteken dat God gesê het: 'Julle is gode' nie?35 As daardie mense wat God se boodskap ontvang het, gode genoem word - en die Skrif kan nie verbreek word nie -36 hoe sê julle dan dat Hy wat deur die Vader afgesonder en na die wêreld toe gestuur is, laster omdat Hy gesê het: 'Ek is die Seun van God'?37 As Ek nie die werke van my Vader doen nie, moet julle ophou om in My te glo.

38 Maar as Ek dit doen en julle sou nie in Mý glo nie, glo dan die werke sodat julle kan begryp en weet dat die Vader in My en Ek in die Vader is."

39 Hulle het weer 'n nuwe poging aangewend om Jesus te arresteer, maar Hy het hulle ontduik.
40 Hy het weer teruggegaan na die omgewing oorkant die Jordaan waar Johannes aanvanklik gedoop het, en daar oorgebly.41 Baie mense het na Jesus toe gekom en gesê: "Johannes het geen wonderteken gedoen nie, maar al die dinge wat Johannes oor hierdie man gesê het, was die waarheid."

42 En baie mense het op daardie plek in Jesus begin glo.

JOHN 10

A Story about Sheep

1 Jesus said:
I tell you for certain only thieves and robbers climb over the fence instead of going in through the gate to the sheep pen.

2-3 But the gatekeeper opens the gate for the shepherd, and he goes in through it. The sheep know their shepherd's voice. He calls each of them by name and leads them out.
4 When he has led out all of his sheep, he walks in front of them, and they follow, because they know his voice.

5 The sheep will not follow strangers. They don't recognize a stranger's voice, and they run away.

6 Jesus told the people this story. But they did not understand what he was talking about.

Jesus Is the Good Shepherd


7 Jesus said:
I tell you for certain that I am the gate for the sheep.
8 Everyone who came before me was a thief or a robber, and the sheep did not listen to any of them.

9 I am the gate. All who come in through me will be saved. Through me they will come and go and find pasture.
10 A thief comes only to rob, kill, and destroy. I came so everyone would have life, and have it fully. 11 t I am the good shepherd, and the good shepherd gives up his life for his sheep. 12 Hired workers are not like the shepherd. They don't own the sheep, and when they see a wolf coming, they run off and leave the sheep. Then the wolf attacks and scatters the flock.

13 Hired workers run away because they don't care about the sheep.
14  t I am the good shepherd. I know my sheep, and they know me. 15 t Just as the Father knows me, I know the Father, and I give up my life for my sheep.

16 I have other sheep that are not in this sheep pen. I must also bring them together, when they hear my voice. Then there will be one flock of sheep and one shepherd.
17 The Father loves me, because I give up my life, so I may receive it back again.

18 No one takes my life from me. I give it up willingly! I have the power to give it up and the power to receive it back again, just as my Father commanded me to do.
19 The people took sides because of what Jesus had told them.

20 Many of them said, “He has a demon in him! He is crazy! Why listen to him?”

21 But others said, “How could anyone with a demon in him say these things? No one like this could give sight to a blind person!”

Jesus Is Rejected


22  t That winter, Jesus was in Jerusalem for the Temple Festival. 23 One day he was walking in the part of the temple known as Solomon's Porch, t

24 and the people gathered all around him. They said, “How long are you going to keep us guessing? If you are the Messiah, tell us plainly!”

25 Jesus answered:
I have told you, and you refused to believe me. The things I do by my Father's authority show who I am.
26 But since you are not my sheep, you don't believe me. 27 My sheep know my voice, and I know them. They follow me, 28 and I give them eternal life, so that they will never be lost. No one can snatch them out of my hand. 29 t My Father gave them to me, and he is greater than all others.t No one can snatch them from his hands,

30 and I am one with the Father.
31 Once again the people picked up stones in order to kill Jesus.

32 But he said, “I have shown you many good things my Father sent me to do. Which one are you going to stone me for?”

33 They answered, “We are not stoning you because of any good thing you did. We are stoning you because you did a terrible thing. You are just a man, and here you are claiming to be God!”

34  t Jesus replied:
In your Scriptures doesn't God say, “You are gods”?
35 You can't argue with the Scriptures, and God spoke to those people and called them gods. 36 So why do you accuse me of a terrible sin for saying that I am the Son of God? After all, it is the Father who prepared me for this work. He is also the one who sent me into the world. 37 If I don't do as my Father does, you should not believe me.

38 But if I do what my Father does, you should believe because of that, even if you don't have faith in me. Then you will know for certain that the Father is one with me, and I am one with the Father.
39 Again they wanted to arrest Jesus. But he escaped 40 t and crossed the Jordan to the place where John had earlier been baptizing. While Jesus was there, 41 many people came to him. They were saying, “John didn't work any miracles, but everything he said about Jesus is true.” 42 A lot of those people also put their faith in Jesus.