previous next

Johannes 14

Jesus neem mense na die Vader toe

1 Jesus het ook vir die tdissipels gesê: “Julle moenie bekommerd wees nie! Julle moet in God glo en julle moet in My glo. 2 Daar is baie plek om te woon in my Vader se huis. Ek praat die waarheid wanneer Ek sê Ek gaan na my Vader se huis om julle plek gereed te maak. 3 Wanneer Ek gegaan het en julle plekke gereedgemaak het, dan sal Ek terugkom. Dan sal Ek julle saam met My neem sodat julle kan wees waar Ek is.

4 Ek weet julle ken die pad na die plek waarnatoe Ek gaan.”

5 Tomas het vir Hom gesê: “Here, ons weet nie waarnatoe U gaan nie. Daarom ken ons ook nie die pad daarnatoe nie.”
6 Jesus sê toe vir Tomas: “Ek is die pad, Ek is die waarheid, Ek is die lewe. Niemand kan by die Vader kom as hy nie in My glo nie.

7 Julle ken My, daarom sal julle ook my Vader ken. Ja, julle ken Hom nou. Julle het Hom gesien.”

8 Filippus het vir Jesus gesê: “Here, U moet asseblief vir ons die Vader wys. Dan sal ons tevrede wees.”
9 Jesus het vir hom gesê: “Filippus, Ek was ’n lang tyd saam met julle. Ken jy My nie? Jy moet onthou: Wanneer iemand My gesien het, dan het hy die Vader gesien. Hoekom vra jy Ek moet vir julle die Vader wys? 10 Glo jy nie Ek is by die Vader en die Vader is by My nie? Die woorde wat Ek sê, kom nie van Myself nie. Dit kom van die Vader wat by My is. Ja, Hy is besig om sy werk te doen. 11 Julle moet My glo wanneer Ek sê Ek is by die Vader en die Vader is by My. As julle nie wil glo wat Ek sê nie, dan moet julle glo omdat julle gesien het wat Ek doen. 12 Ek sê vir julle, en dit is seker: Mense wat in My glo, sal dieselfde dinge doen wat Ek gedoen het. Ja, hulle sal meer doen, want Ek gaan nou na die Vader toe. 13 Wanneer julle vir My iets vra omdat julle aan My behoort, dan sal Ek dit doen. So sal Ek, die Seun, wys dat die Vader God is.

14 Ja, as julle vir My iets vra omdat julle aan My behoort, dan sal Ek dit vir julle doen.”

Die Vader sal die Heilige Gees stuur


15 Jesus het ook vir die tdissipels gesê: “As julle lief is vir My, dan sal julle doen wat Ek vir julle sê. 16 Ek sal vir die Vader vra en Hy sal vir julle ’n ander Helper gee. Die Helper is die Heilige Gees. Die Gees sal altyd by julle bly. 17 Hy is die Gees wat vir julle sal wys wat die waarheid is. Die mense wat aan die wêreld behoort, kan die Gees nie ontvang nie, want hulle sien Hom nie en hulle ken Hom nie. Maar julle ken die Heilige Gees, want Hy bly by julle en Hy is in julle. 18 Ek los julle nie alleen soos kinders wat nie ’n pa en ma het nie. Ek kom weer terug na julle toe. 19 Ná ’n kort tydjie sal die mense wat aan die wêreld behoort, My nie meer sien nie, maar julle sal My sien. En omdat Ek altyd lewe, sal julle ook lewe. 20 Dan sal julle weet Ek is by die Vader en julle is by My en Ek is by julle.

21 As julle weet wat Ek wil hê julle moet doen, en julle doen dit, dan wys julle dat julle lief is vir My. As julle lief is vir My, dan sal my Vader ook lief wees vir julle. Dan sal Ek ook lief wees vir julle en Ek sal vir julle wys wie Ek is.”

22 Toe sê Judas vir Hom: “Here, ons verstaan dit nie: Hoe sal U net vir óns wys wie U is, maar nie vir die mense van die wêreld nie?”
Dit was nie Judas Iskariot nie, dit was ’n ander dissipel, sy naam was ook Judas.
23 Jesus het vir hom gesê: “As mense lief is vir My, dan sal hulle doen wat Ek vir hulle sê, en my Vader sal lief wees vir hulle. Dan sal Ek en die Vader na hulle toe kom en by hulle bly. 24 Maar mense wat nie lief is vir My nie, doen nie wat Ek vir hulle sê nie. Julle moet onthou, die dinge wat Ek vir julle sê, kom nie van My nie. Dit kom van die Vader wat My na die wêreld gestuur het. 25 Ek het hierdie dinge vir julle gesê terwyl Ek nog by julle was. 26 Later, wanneer Ek weggegaan het, sal die Vader vir julle ’n Helper stuur om by julle te wees omdat Ek nie meer by julle is nie. Die Helper is die Heilige Gees. Hy sal vir julle alles leer. Ja, Hy sal julle laat onthou wat Ek vir julle gesê het.

27 Nou gaan Ek weg en Ek laat vrede by julle bly. Ja, Ek gee my vrede vir julle. Maar Ek gee nie vrede soos die mense van die wêreld vrede gee nie. Julle moenie bang en ontsteld wees nie.
28 “Julle het gehoor Ek vir julle sê Ek gaan weg, en Ek kom weer terug na julle toe. As julle lief is vir My, dan sal julle bly wees dat Ek teruggaan na die Vader, want Hy is belangriker as Ek. 29 Ek het nou vir julle alles vertel voordat dit gebeur, sodat julle in My sal glo wanneer dit gebeur. 30 Ek sal nie meer baie met julle praat nie, want die tSatan, die leier van die mense van die wêreld, kom. Hy is nie sterker as Ek nie, 31 maar Ek wil graag hê die mense van die wêreld moet weet dat Ek lief is vir die Vader. Daarom doen Ek alles wat die Vader vir My gesê het. Julle moet nou opstaan, want ons moet gaan.”

John 14

Jesus Comforts His Disciples

1 "Do not let your hearts be troubled. Trust in God. Trust in me also.
2 "There are many rooms in my Father's house. If this were not true, I would have told you. I am going there to prepare a place for you.3 If I go and do that, I will come back. And I will take you to be with me. Then you will also be where I am.
4 "You know the way to the place where I am going."

Jesus Is the Way to the Father

5 Thomas said to him, "Lord, we don't know where you are going. So how can we know the way?"
6 Jesus answered, "I am the way and the truth and the life. No one comes to the Father except through me.7 If you really knew me, you would know my Father also. From now on, you do know him. And you have seen him."
8 Philip said, "Lord, show us the Father. That will be enough for us."
9 Jesus answered, "Don't you know me, Philip? I have been among you such a long time! Anyone who has seen me has seen the Father. So how can you say, 'Show us the Father'?
10 "Don't you believe that I am in the Father? Don't you believe that the Father is in me? The words I say to you are not just my own. The Father lives in me. He is the One who is doing his work.11 Believe me when I say I am in the Father. Also believe that the Father is in me. Or at least believe what the miracles show about me.
12 "What I'm about to tell you is true. Anyone who has faith in me will do what I have been doing. In fact, he will do even greater things. That is because I am going to the Father.
13 "And I will do anything you ask in my name. Then the Son will bring glory to the Father.14 You may ask me for anything in my name. I will do it.

The Father Will Send the Holy Spirit

15 "If you love me, you will obey what I command.16 I will ask the Father. And he will give you another Friend to help you and to be with you forever.17 The Friend is the Spirit of truth. The world can't accept him. That is because the world does not see him or know him. But you know him. He lives with you, and he will be in you.
18 "I will not leave you like children who don't have parents. I will come to you.
19 "Before long, the world will not see me anymore. But you will see me. Because I live, you will live also.20 On that day you will realize that I am in my Father. You will know that you are in me, and I am in you.
21 "Anyone who has my commands and obeys them loves me. My Father will love the one who loves me. I too will love him. And I will show myself to him."
22 Then Judas spoke. "Lord," he said, "why do you plan to show yourself only to us? Why not also to the world?" The Judas who spoke those words was not Judas Iscariot.
23 Jesus replied, "Anyone who loves me will obey my teaching. My Father will love him. We will come to him and make our home with him.24 Anyone who does not love me will not obey my teaching. The words you hear me say are not my own. They belong to the Father who sent me.
25 "I have spoken all these things while I am still with you.26 But the Father will send the Friend in my name to help you. The Friend is the Holy Spirit. He will teach you all things. He will remind you of everything I have said to you.
27 "I leave my peace with you. I give my peace to you. I do not give it to you as the world does. Do not let your hearts be troubled. And do not be afraid.
28 "You heard me say, 'I am going away. And I am coming back to you.' If you loved me, you would be glad I am going to the Father. The Father is greater than I am.29 I have told you now before it happens. Then when it does happen, you will believe.
30 "I will not speak with you much longer. The prince of this world is coming. He has no power over me.31 But the world must learn that I love the Father. They must also learn that I do exactly what my Father has commanded me to do.
"Come now. Let us leave.