JOHANNES 14
1 LAAT tjulle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.
2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.
3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, tkom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
4 En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle.
5 tThomas sê vir Hom: Here, tons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken?
6 Jesus antwoord hom: Ek is tdie weg en tdie waarheid en tdie lewe; niemand kom na die Vader tbehalwe deur My nie.
7 As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.
8 Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.
9 Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? tHy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?
10 Glo jy nie dat tEk in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, tspreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
11 Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; tof anders, glo My ter wille van die werke self.
12 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.
13 tEn wat julle ook al tin my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.
14 As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.
15 tAs julle My liefhet, bewaar my gebooie.
16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ’n ander tTrooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:
17 die tGees van die waarheid twat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
18 Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.
19 Nog ’n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle tsien My, tomdat Ek lewe en julle sal lewe.
20 tIn dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle.
21 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
22 tJudas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie?
23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.
24 Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het.
25 Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle bly;
26 maar tdie Trooster, die Heilige Gees, wat tdie Vader in my Naam sal stuur, tHy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
27 tVrede laat Ek vir julle na, tmy vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.
28 Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg en Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het: tEk gaan na my Vader, omdat tmy Vader groter is as Ek.
29 En nou het Ek dit aan julle gesê voordat dit gebeur, sodat julle kan glo wanneer dit gebeur.
30 Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want tdie owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie.
31 Maar dat die wêreld kan weet dat Ek die Vader liefhet en doen net soos die tVader My beveel het — staan op, laat ons hiervandaan weggaan.
John 14
1 “Don’t let your heart be troubled. Believe in God. Believe also in me.2 In my Father’s house are many homes. If it weren’t so, I would have told you. I am going to prepare a place for you.3 If I go and prepare a place for you, I will come again, and will receive you to myself; that where I am, you may be there also.
4 Where I go, you know, and you know the way.”
5 Thomas said to him, “Lord, we don’t know where you are going. How can we know the way?”
6 Jesus said to him, “I am the way, the truth, and the life. No one comes to the Father, except through me.
7 If you had known me, you would have known my Father also. From now on, you know him, and have seen him.”
8 Philip said to him, “Lord, show us the Father, and that will be enough for us.”
9 Jesus said to him, “Have I been with you such a long time, and do you not know me, Philip? He who has seen me has seen the Father. How do you say, ‘Show us the Father?’10 Don’t you believe that I am in the Father, and the Father in me? The words that I tell you, I speak not from myself; but the Father who lives in me does his works.11 Believe me that I am in the Father, and the Father in me; or else believe me for the very works’ sake.12 Most certainly I tell you, he who believes in me, the works that I do, he will do also; and he will do greater works than these, because I am going to my Father.13 Whatever you will ask in my name, that will I do, that the Father may be glorified in the Son.14 If you will ask anything in my name, I will do it.15 If you love me, keep my commandments.16 I will pray to the Father, and he will give you another Counselor,t that he may be with you forever,—17 the Spirit of truth, whom the world can’t receive; forit doesn’t see him, neither knows him. You know him, for he lives with you, and will be in you.18 I will not leave you orphans. I will come to you.19 Yet a little while, and the world will see me no more; but you will see me. Because I live, you will live also.20 In that day you will know that I am in my Father, and you in me, and I in you.
21 One who has my commandments, and keeps them, that person is one who loves me. One who loves me will be loved by my Father, and I will love him, and will reveal myself to him.”
22 Judas (not Iscariot) said to him, “Lord, what has happened that you are about to reveal yourself to us, and not to the world?”
23 Jesus answered him, “If a man loves me, he will keep my word. My Father will love him, and we will come to him, and make our home with him.24 He who doesn’t love me doesn’t keep my words. The word which you hear isn’t mine, but the Father’s who sent me.25 I have said these things to you, while still living with you.26 But the Counselor, the Holy Spirit, whom the Father will send in my name, he will teach you all things, and will remind you of all that I said to you.27 Peace I leave with you. My peace I give to you; not as the world gives, give I to you. Don’t let your heart be troubled, neither let it be fearful.28 You heard how I told you, ‘I go away, and I come to you.’ If you loved me, you would have rejoiced, because I said ‘I am going to my Father;’ for the Father is greater than I.29 Now I have told you before it happens so that, when it happens, you may believe.30 I will no more speak much with you, for the prince of the world comes, and he has nothing in me.
31 But that the world may know that I love the Father, and as the Father commanded me, even so I do. Arise, let us go from here.