previous next

JOHANNES 15

Laaste onderwys aan die dissipels (vervolg). Innige vereniging van Jesus en sy dissipels.

1 EK is tdie ware wynstok, en my Vader is die landbouer.

2  tElke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.

3  tJulle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.

4  tBly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.

5 Ek is die wynstok, tjulle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

6 As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, ten hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.

7 As julle in My bly en my woorde in julle, tsal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.

8 Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.

9 Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My.

10 As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.

11 Dit het Ek vir julle gesê, dat tmy blydskap in julle kan bly en tjulle blydskap volkome kan word.

12 Dít is my gebod, tdat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.

13  tGroter liefde het niemand as dit nie, tdat iemand sy lewe vir sy vriende gee.

14 Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.

15 Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, taan julle bekend gemaak het.

16 Julle het My nie uitverkies nie, maar tEk het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat twat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.

17 Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.

18 As tdie wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.

19  tAs julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. tMaar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle.

20 Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: t’n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar.

21 Maar al hierdie dinge sal hulle aan julle doen tter wille van my Naam, tomdat hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie.

22 As Ek nie gekom en met hulle gespreek het nie, tsou hulle geen sonde hê nie; maar nou het hulle geen verskoning vir hul sonde nie.

23 Wie my haat, haat ook my Vader.

24 As Ek nie die werke onder hulle gedoen het twat niemand anders gedoen het nie, sou hulle geen sonde hê nie. Maar nou het hulle dit gesien, en tog het hulle My sowel as my Vader gehaat.

25 Maar die woord wat in thulle wet geskrywe is, moet vervul word: tHulle het My sonder oorsaak gehaat.

26 Maar as tdie Trooster gekom het twat Ek vir julle van die Vader sal stuur, tdie Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.
27 En julle getuig ook, omdat julle tvan die begin af met My is.

John 15

1 “I am the true vine, and my Father is the farmer.2 Every branch in me that doesn’t bear fruit, he takes away. Every branch that bears fruit, he prunes, that it may bear more fruit.3 You are already pruned clean because of the word which I have spoken to you.4 Remain in me, and I in you. As the branch can’t bear fruit by itself, unless it remains in the vine, so neither can you, unless you remain in me.5 I am the vine. You are the branches. He who remains in me, and I in him, the same bears much fruit, for apart from me you can do nothing.6 If a man doesn’t remain in me, he is thrown out as a branch, and is withered; and they gather them, throw them into the fire, and they are burned.

7 If you remain in me, and my words remain in you, you will ask whatever you desire, and it will be done for you.
8 “In this is my Father glorified, that you bear much fruit; and so you will be my disciples.9 Even as the Father has loved me, I also have loved you. Remain in my love.10 If you keep my commandments, you will remain in my love; even as I have kept my Father’s commandments, and remain in his love.

11 I have spoken these things to you, that my joy may remain in you, and that your joy may be made full.
12 “This is my commandment, that you love one another, even as I have loved you.13 Greater love has no one than this, that someone lay down his life for his friends.14 You are my friends, if you do whatever I command you.15 No longer do I call you servants, for the servant doesn’t know what his lord does. But I have called you friends, for everything that I heard from my Father, I have made known to you.

16 You didn’t choose me, but I chose you, and appointed you, that you should go and bear fruit, and that your fruit should remain; that whatever you will ask of the Father in my name, he may give it to you.
17 “I command these things to you, that you may love one another.18 If the world hates you, you know that it has hated me before it hated you.19 If you were of the world, the world would love its own. But because you are not of the world, since I chose you out of the world, therefore the world hates you.20 Remember the word that I said to you: ‘A servant is not greater than his lord.’t If they persecuted me, they will also persecute you. If they kept my word, they will keep yours also.21 But all these things will they do to you for my name’s sake, because they don’t know him who sent me.22 If I had not come and spoken to them, they would not have had sin; but now they have no excuse for their sin.23 He who hates me, hates my Father also.24 If I hadn’t done among them the works which no one else did, they wouldn’t have had sin. But now have they seen and also hated both me and my Father.

25 But this happened so that the word may be fulfilled which was written in their law, ‘They hated me without a cause.’t
26 “When the Counselort has come, whom I will send to you from the Father, the Spirit of truth, who proceeds from the Father, he will testify about me.

27 You will also testify, because you have been with me from the beginning.