previous next

JOHANNES 15

Die voorwaarde vir vrug dra

1 "Ek is die ware druiwestok en my Vader is die tuinier.2 Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af. Elkeen wat egter vrugte oplewer, snoei Hy sodat dit nog meer vrugte kan dra.3 Julle is reeds skoon gesnoei deur die boodskap wat Ek met julle gedeel het.

4 Julle moet aan My verbonde bly soos Ek aan julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as dit nie aan die druiwestok verbind bly nie, en só julle ook nie as julle nie aan My verbonde bly nie.
5 "Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.6 Wie nie aan My verbind bly nie, word weggegooi soos 'n loot en verdroog. Hulle maak gewoonlik sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur en dit verbrand.7 As julle aan My verbind bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.

8 Dit is juis hierin dat my Vader verheerlik word, dat julle baie vrugte oplewer en my dissipels is.
9 "Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet aan my liefde verbonde bly.10 As julle my opdragte gehoorsaam, sal julle aan my liefde verbonde bly, net soos Ek ook die opdragte van my Vader gehoorsaam het en aan sy liefde verbonde gebly het.11 Dit het Ek vir julle gesê sodat julle my blydskap mag ervaar en julle blydskap volkome kan wees.12 Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefgehad het.13 Niemand het 'n groter liefde as hierdie nie: dat iemand sy lewe opoffer ter wille van sy vriende.14 Julle is my vriende as julle doen wat Ek aan julle opdra.15 Ek noem julle nie meer slawe nie, want 'n slaaf weet nie wat sy eienaar doen nie. Julle noem ek lankal vriende, omdat Ek alles wat Ek by my Vader gehoor het, aan julle verduidelik het.16 Dit is nie julle wat My uitgekies het nie, maar Ek wat julle uitgekies het om julle in staat te stel om te gaan vrugte dra, vrugte wat sal hou. Só sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra.

17 Ek gee aan julle dié opdrag: julle moet mekaar liefhê."

Die wêreld haat gelowiges

18 "As die wêreld julle haat, weet net dat hy My voor julle reeds gehaat het.

19 As julle uit die wêreld ontstaan het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie uit die wêreld ontstaan het nie, maar Ek julle uitgekies het uit die wêreld - daarom haat die wêreld julle.
20 "Onthou wat Ek vir julle gesê het: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. Aangesien hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. Aangesien hulle my boodskap ter harte geneem het, sal hulle julle s'n ook ter harte neem.21 Hulle sal al daardie dinge aan julle doen ter wille van my Naam, omdat hulle Hom wat My gestuur het nie ken nie.22 As Ek nie gekom het en met hulle gepraat het nie, sou hulle nie skuld gehad het nie, maar nou het hulle nie 'n verskoning vir hulle sonde nie.23 Die een wat My haat, haat ook die Vader.

24 As Ek nie onder hulle die werke gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle nie skuldig gewees het nie. Maar nou het hulle dit reeds gesien en tog het hulle My en my Vader gehaat.

25 "Die uitspraak wat in hulle wet opgeskryf is, moet vervul word: 'Hulle het My sonder rede gehaat.'
26 "Wanneer die Raadgewer kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader af uitgaan, sal Hy oor My in die openbaar getuienis aflê.

27 Julle moet ook aanhou getuig omdat julle reg van die begin af saam met My is."

JOHN 15

Jesus Is the True Vine

1 Jesus said to his disciples:
I am the true vine, and my Father is the gardener.
2 He cuts away every branch of mine that doesn't produce fruit. But he trims clean every branch that does produce fruit, so that it will produce even more fruit.

3 You are already clean because of what I have said to you.
4 Stay joined to me, and I will stay joined to you. Just as a branch cannot produce fruit unless it stays joined to the vine, you cannot produce fruit unless you stay joined to me. 5 I am the vine, and you are the branches. If you stay joined to me, and I stay joined to you, then you will produce lots of fruit. But you cannot do anything without me.

6 If you don't stay joined to me, you will be thrown away. You will be like dry branches that are gathered up and burned in a fire.
7 Stay joined to me and let my teachings become part of you. Then you can pray for whatever you want, and your prayer will be answered. 8 When you become fruitful disciples of mine, my Father will be honored. 9 I have loved you, just as my Father has loved me. So remain faithful to my love for you.

10 If you obey me, I will keep loving you, just as my Father keeps loving me, because I have obeyed him.
11 I have told you this to make you as completely happy as I am. 12 t Now I tell you to love each other, as I have loved you. 13 The greatest way to show love for friends is to die for them. 14 And you are my friends, if you obey me.

15 Servants don't know what their master is doing, and so I don't speak to you as my servants. I speak to you as my friends, and I have told you everything my Father has told me.
16 You did not choose me. I chose you and sent you out to produce fruit, the kind of fruit that will last. Then my Father will give you whatever you ask for in my name.t

17 So I command you to love each other.

The World's Hatred


18 If the people of this worldt hate you, just remember that they hated me first. 19 If you belonged to the world, its people would love you. But you don't belong to the world. I have chosen you to leave the world behind, and this is why its people hate you.

20 t Remember how I told you that servants are not greater than their master. So if people mistreat me, they will mistreat you. If they do what I say, they will do what you say.
21 People will do to you exactly what they did to me. They will do it because you belong to me, and they don't know the one who sent me.

22 If I had not come and spoken to them, they would not be guilty of sin. But now they have no excuse for their sin.
23 Everyone who hates me also hates my Father. 24 I have done things no one else has ever done. If they had not seen me do these things, they would not be guilty. But they did see me do these things, and they still hate me and my Father too.

25 t This is why the Scriptures are true when they say, “People hated me for no reason.”
26 I will send you the Spirit who comes from the Father and shows what is true. The Spirit will helpt you and will tell you about me. 27 Then you will also tell others about me, because you have been with me from the beginning.