previous next

Johannes 16

1 “Ek het dit alles vir julle gesê sodat julle nie moet ophou glo nie. 2 Die mense sal julle wegjaag uit die tsinagoges. Daar sal ’n tyd kom wanneer die mense julle sal doodmaak en dan sal hulle dink hulle dien God. 3 Hulle sal dit doen, want hulle ken nie die Vader nie en ook nie vir My nie.

4 Ek sê dit alles vir julle, want wanneer die tyd kom en hulle doen dit, dan wil Ek hê julle moet onthou Ek het gesê dit sal gebeur.”

Die Heilige Gees sal die dissipels help


Jesus het ook vir die tdissipels gesê: “Ek het nie al hierdie dinge in die begin vir julle gesê nie, want Ek was by julle. 5 Nou gaan Ek terug na die Vader wat My na die wêreld gestuur het, maar nie een van julle vra vir My waarnatoe Ek gaan nie. 6 Julle het baie hartseer geword omdat Ek al hierdie dinge vir julle gesê het. 7 Maar Ek vertel vir julle die waarheid: Dit is goed vir julle dat Ek weggaan. As Ek nie weggaan nie, dan sal die Helper, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie. As Ek weggaan, dan sal Ek Hom na julle toe stuur. 8 Wanneer die Helper kom, dan sal Hy vir die mense van die wêreld bewys dat hulle verkeerd dink oor sonde, en oor wie reg is voor God, en oor die toordeel van God. 9 Hulle dink verkeerd oor sonde, want hulle glo nie in My nie. 10 Hulle dink verkeerd oor wie reg is voor God, want Ek gaan na die Vader toe en julle sal My nie meer sien nie.

11 Hulle dink verkeerd oor die oordeel van God, want God het klaar die tSatan, die leier van die mense van die wêreld, ge-oordeel.
12 “Daar is nog baie ander dinge wat Ek vir julle wil sê, maar dit is te moeilik vir julle om nou te verstaan. 13 Wanneer die Helper kom, die Heilige Gees wat vir julle sal wys wat die waarheid is, dan sal Hy vir julle alles vertel van die waarheid. Hy sal nie self dink wat Hy vir julle moet vertel nie. Nee, Hy sal vir julle vertel wat Hy by My en by die Vader hoor. Hy sal julle help om die dinge te verstaan wat nog met julle sal gebeur. 14 Die Helper sal wys dat Ek God is, want alles wat Hy vir julle sal sê, kom van My.

15 Alles wat aan die Vader behoort, behoort ook aan My. Dit is hoekom Ek sê alles wat die Heilige Gees vir julle sal sê, kom van My.”

Die dissipels sal nie meer hartseer wees nie


16 Jesus het ook vir die tdissipels gesê: “Dit sal nie meer lank wees nie, dan sal julle My nie sien nie. Daarna sal dit ook nie lank wees nie, dan sal julle My weer sien.”
17 Party van Jesus se dissipels het vir mekaar gesê: “Ons verstaan nie wat Jesus sê nie. Hy sê dit sal nie meer lank wees nie, dan sal ons Hom nie sien nie, en daarna sal dit nie lank wees nie, dan sal ons Hom weer sien. Wat beteken dit wanneer Hy sê Hy gaan na die Vader toe?

18 Hy sê ‘nie lank nie.’ Wat beteken dit? Ons verstaan dit nie.”
19 Jesus het geweet wat hulle vir Hom wil vra. Hy het toe vir hulle gevra: “Vra julle vir mekaar wat dit beteken dat dit nie lank sal wees nie, dan sal julle My nie sien nie en dat dit daarna nie lank sal wees nie, dan sal julle My weer sien? 20 Ek sê vir julle, en dit is seker: Julle sal huil en treur, maar die mense van die wêreld sal bly wees. Julle sal eers hartseer wees, maar later sal julle nie meer hartseer wees nie, julle sal bly wees. 21 Wanneer ’n vrou ’n kind kry, dan het sy pyn, want dit is die tyd wanneer haar baba moet kom. Maar wanneer die baba klaar gebore is, dan dink sy nie meer aan die pyn nie, want sy is bly dat sy ma geword het.

22 Julle het ook nou pyn, maar wanneer Ek julle weer sien, dan sal julle bly wees. Dan sal niemand julle weer ongelukkig kan maak nie.
23 “Daardie dag sal julle nie meer vir My iets vra nie. Ek sê vir julle, en dit is seker: Daardie dag kan julle vir die Vader enige iets vra omdat julle aan My behoort, en Hy sal dit vir julle gee. 24 Julle mag enige iets vra omdat julle aan My behoort. Tot nou toe het julle nog niks gevra nie. Julle moet vra, en julle sal kry. Dan sal julle regtig baie bly wees. 25 Voorheen het Ek tvoorbeelde gebruik wanneer Ek iets vir julle verduidelik het, maar daar sal ’n ttyd kom wanneer Ek nie meer voorbeelde sal gebruik nie. Dan sal Ek vir julle reguit van die Vader vertel. 26 Daardie dag sal julle self vir die Vader dinge vra, omdat julle aan My behoort. Ek sal dit nie vir die Vader vra nie, dit sal nie nodig wees nie. 27 Die Vader self is lief vir julle, want julle is lief vir My en julle glo dat Ek van God kom.

28 Ek het weggegaan van die Vader en Ek het na die mense van die wêreld toe gekom. Nou gaan Ek weer weg van die mense van die wêreld, Ek gaan terug na die Vader toe.”
29 Die dissipels het vir Jesus gesê: “Nou praat U reguit. U gebruik nie voorbeelde nie.

30 Nou weet ons dat U alles weet. Dit is nie nodig dat ons vir U vrae moet vra nie. Ons glo nou dat U van God kom.”
31 Jesus het vir hulle gesê: “Julle sê julle glo nou, 32 maar daar kom ’n tyd wanneer julle sal swaarkry. Daardie tyd is klaar hier. Die mense sal julle jaag na al die kante toe en julle sal na julle huise vlug. Julle sal My alleen los, maar Ek sal nie regtig alleen wees nie, want die Vader is by My. 33 Ek sê dit alles vir julle sodat julle vrede kan hê omdat julle aan My behoort. Die mense van die wêreld sal julle laat swaarkry, maar julle moenie moedeloos word nie. Ek het die wêreld klaar oorwin.”

John 16

1 "I have told you all of this so that you will not go down the wrong path.2 You will be thrown out of the synagogue. In fact, a time is coming when those who kill you will think they are doing God a favor.3 They will do things like that because they do not know the Father or me.
4 "Why have I told you this? So that when the time comes, you will remember that I warned you. I didn't tell you this at first because I was with you.

What the Holy Spirit Will Do

5 "Now I am going to the One who sent me. But none of you asks me, 'Where are you going?'6 Because I have said these things, you are filled with sadness.
7 "But what I'm about to tell you is true. It is for your good that I am going away. Unless I go away, the Friend will not come to help you. But if I go, I will send him to you.8 When he comes, he will prove that the world's people are guilty. He will prove their guilt concerning sin and godliness and judgment.
9 "The world is guilty as far as sin is concerned. That is because people do not believe in me.10 The world is guilty as far as godliness is concerned. That is because I am going to the Father, where you can't see me anymore.11 The world is guilty as far as judgment is concerned. That is because the devil, the prince of this world, has already been judged.
12 "I have much more to say to you. It is more than you can handle right now.13 But when the Spirit of truth comes, he will guide you into all truth. He will not speak on his own. He will speak only what he hears. And he will tell you what is still going to happen.
14 "He will bring me glory by receiving something from me and showing it to you.15 Everything that belongs to the Father is mine. That is why I said the Holy Spirit will receive something from me and show it to you.
16 "In a little while, you will no longer see me. Then after a little while, you will see me."

The Disciples' Sadness Will Turn Into Joy

17 Some of his disciples spoke to one another. They said, "What does he mean by saying, 'In a little while, you will no longer see me. Then after a little while, you will see me'? And what does he mean by saying, 'I am going to the Father'?"18 They kept asking, "What does he mean by 'a little while'? We don't understand what he is saying."
19 Jesus saw that they wanted to ask him about those things. So he said to them, "Are you asking one another what I meant? Didn't you understand when I said, 'In a little while, you will no longer see me. Then after a little while, you will see me'?20 What I'm about to tell you is true. You will cry and be full of sorrow while the world is full of joy. You will be sad, but your sadness will turn into joy.
21 "A woman giving birth to a baby has pain. This is because her time to give birth has come. But when her baby is born, she forgets the pain. She forgets because she is so happy that a baby has been born into the world.
22 "That's the way it is with you. Now it's your time to be sad. But I will see you again. Then you will be full of joy. And no one will take your joy away.
23 "When that day comes, you will no longer ask me for anything. What I'm about to tell you is true. My Father will give you anything you ask for in my name.24 Until now you have not asked for anything in my name. Ask, and you will receive what you ask for. Then your joy will be complete.
25 "I have not been speaking to you plainly. But a time is coming when I will speak clearly. Then I will tell you plainly about my Father.26 When that day comes, you will ask for things in my name. I am not saying I will ask the Father instead of you asking him.27 No, the Father himself loves you because you have loved me. He also loves you because you have believed that I came from God.
28 "I came from the Father and entered the world. Now I am leaving the world and going back to the Father."
29 Then Jesus' disciples said, "Now you are speaking plainly. You are using examples that are clear.30 Now we can see that you know everything. You don't even need anyone to ask you questions. This makes us believe that you came from God."
31 "At last you believe!" Jesus said.32 "But a time is coming when you will be scattered and go to your own homes. In fact, that time is already here. You will leave me all alone. But I am not really alone. My Father is with me.
33 "I have told you these things, so that you can have peace because of me. In this world you will have trouble. But cheer up! I have won the battle over the world."