Johannes 16
1 "Ek vertel hierdie dinge vir julle sodat julle reg kan wees vir die moeilike tye wat kom.2 Praat van gevaarlike tye - die Jode sal julle uit hulle byeenkomste jaag en julle verbied om weer daar te kom. En dit is nie al nie! In 'n stadium sal hulle julle selfs doodmaak en dan mekaar gelukwens met die groot guns wat hulle vir God gedoen het.3 Hulle sal hulle met sulke dinge besig hou omdat hulle nie weet wie Ek is nie en nog minder wie my Vader is.4 Wees gewaarsku. Moenie julle onkant laat vang wanneer hierdie dinge gebeur nie, want julle weet nou daarvan. Kry julle reg. Ek vertel julle nou eers daarvan, want dit was nie nodig om dit vroeër vir julle te sê nie. Ek was mos die hele tyd by julle."
5 "Maar Ek is op pad weg, na my Vader toe wat My gestuur het. En sowaar, nie een van julle vra eens: 'Waarheen gaan U?' nie.
6 "Dit lyk My julle is te hartseer oor alles wat Ek vir julle gesê het.7 Moenie hartseer wees nie. Glo My, dit gaan glad nie so sleg wees wanneer Ek weggaan nie. Inteendeel, julle gaan daarby baat vind. Dink net, as Ek nie teruggaan nie, sal die spesiale Helper nie na julle toe kom nie. As Ek egter weggaan, sal Ek Hom na julle toe stuur.8 En wanneer Hy kom, sal Hy sorg dat die wêreld drie dinge waterpas in die oë moet kyk. Dit het te doen met hulle sonde en God se oordeel oor hulle.
9 "In die eerste plek sal hulle nie daarvan kan loskom dat hulle sonde gedoen het nie. Hulle wou mos nie in My glo nie.
10 "In die tweede plek sal hulle besef dat die reg aan my kant is. Ek gaan na my Vader toe. Julle sal My nie meer met die blote oog kan sien nie.
11 "In die derde plek sal niemand die finale oordeel van God kan keer nie. Die duiwel, wat hier op aarde probeer baasspeel, het hom al klaar in God se straf vasgeloop.
12 "O, Ek het soveel dinge om nog vir julle te sê, maar dit is nie nou die regte tyd nie. Julle is nog nie ryp daarvoor nie.13 Maar as die Heilige Gees eers hier is, sal Hy julle hand vat en julle met die paaie van die waarheid langs lei. Hy is immers die Gees wat die waarheid ken. Hy sal nie sommer 'n klomp los dinge uit sy eie vir julle vertel nie. Hy sal met julle praat oor wat Hy gehoor het. Verder sal Hy julle ook voorberei vir alles wat nog vir julle voorlê. Die Gees sal voortbou op wat Ek gesê en gedoen het.14 Hy sal maak dat mense sal agterkom hoe belangrik Ek is.15 Ek wil nie onnodig my eie beuel blaas nie, maar wat aan my Vader behoort, is ook Myne. Daarom kan Ek sê dat die Gees verder sal verkondig wat Ek gedoen en gesê het.
16 "Die tyd kom nou vinnig nader dat julle My nie meer sal sien nie. Maar dit gaan nie vir lank wees nie. Na 'n rukkie sal julle My weer sien."
17 Sy dissipels bespiegel toe onder mekaar: "Waarvan praat Hy? Wat is al hierdie praatjies van nou sien en dan weer nie sien nie, of dat Hy na sy Vader toe gaan?18 En wat bedoel Hy met die 'tyd wat nader kom'? Ons wens ons het geweet, want ons verstaan nie wat hier aangaan nie."
19 Jesus het agtergekom dat hulle brand om te hoor wat Hy hieroor te sê het. "Wonder julle oor wat Ek vir julle gesê het?20 Laat Ek julle so 'n bietjie meer vertel. Dan sal julle beter verstaan. Julle gaan eers baie hartseer wees; so hartseer dat die trane oor julle wange gaan loop. Dan gaan die ongelowiges hande klap van blydskap. Maar julle gaan nie lank hartseer bly nie. Elke stukkie hartseer sal in 'n stuk blydskap en vreugde verander.21 Weet julle hoe dit gaan wees? Dit sal wees soos 'n vrou wat 'n baba kry. Terwyl sy besig is om die baba te kry, is dit baie seer. Maar as die baba eers eenmaal daar is, is sy die ene glimlag en blydskap oor haar kind. Sy dink nie eens weer aan al die pyn nie.22 Net so is dit met julle. Julle voel nou baie hartseer omdat Ek weggaan. Maar na 'n rukkie sal julle My weer sien.23 Dan sal daar geen keer wees aan julle blydskap nie. Niemand sal julle meer hartseer kan maak nie. Wanneer dit eers gebeur, sal van al julle vrae nie een meer oorbly nie. Luister mooi. Julle sal ander dinge begin vra. Wat julle ook al van my Vader vra om my saak in hierdie wêreld te bevorder, sal God vir julle gee.24 Tot nou toe het julle nog nooit so iets gevra nie. Neem vrymoedigheid en vra! Julle blydskap sal geen einde hê nie."
25 "Ek gebruik heelwat beelde om alles te verduidelik. Oor 'n ruk sal dit nie eens meer nodig wees nie. Ek sal sommer reguit vir julle kan sê wat Ek bedoel wanneer Ek oor my Vader praat.26 Julle sal dan ook reguit met die Vader kan praat omdat julle my vriende is. Ek sal dan nie meer nodig hê om allerhande dinge vir julle by die Vader te vra nie.27 Hy voel oor julle net soos Ek oor julle voel. Hy het julle lief. Hy voel so oor julle omdat julle my goeie vriende is. Julle het aanvaar dat Ek van God af kom. Dit is wat gebeur het:28 Ek het van my Vader af na julle mense toe gekom. Nou gaan Ek van julle af terug na my Vader toe."
29 "Nou praat U reguit, op die man af, sonder allerhande beelde," sê sy volgelinge.30 "Ons besef al hoe meer hoeveel U weet. Ja-nee, wat daar te wete is, weet U. U hoef nie by ander mense te gaan aanklop nie. Watter beter bewys is daar dat U regtig van God af kom? Ons is in alle geval seker daarvan."
31 Jesus sê toe: "Is julle regtig so seker van julle saak?32 Oppas, die tyd kom nou vir My nader - wag, dit is eintlik nou al hier. Julle sal van skrik alles los en weghardloop. Sonder om links of regs te kyk sal julle net maak dat julle by die huis kom. En die ergste is, julle gaan My net so alleen los. Maar heeltemal alleen sal Ek nooit wees nie. My Vader is en bly altyd by My.33 Ek vertel hierdie dinge vir julle met 'n goeie rede. As my vriende kan julle maar rustig wees oor alles. Die ongelowiges sal alles wel vir julle probeer moeilik maak. Moenie dat hulle julle ontstel nie. Troos julle daaraan: Ek het bewys dat Ek sterker is as enigiets of enigiemand in hierdie wêreld. Ek en niemand anders nie is die regte Wenner."
John 16
1 “I have told you all these things so that you will not fall away.ts2 They will put you out oft the synagogue,s yet a timet is coming when the one who kills you will think he is offering service to God.s3 Theyt will do these things because they have not known the Father or me.s
4 But I have told you these thingst so that when their timet comes, you will remember that I told you about them.t
“I did not tell you these things from the beginning because I was with you.s5 But now I am going to the one who sent me,s and not one of you is asking me, ‘Where are you going?’s6 Instead your hearts are filled with sadnesst because I have said these things to you.7 But I tell you the truth, it is to your advantage that I am going away. For if I do not go away, the Advocatet will not come to you, but if I go, I will send him to you.8 And when het comes, he will prove the world wrongt concerning sin andt righteousness andt judgment –9 concerning sin, becauset they do not believe in me;s10 concerning righteousness,t becauset I am going to the Father and you will see me no longer;
11 and concerning judgment,s becauset the ruler of this worlds has been condemned.t
12 “I have many more things to say to you,s but you cannot beart them now.13 But when he,t the Spirit of truth, comes, he will guidet you into all truth.s For he will not speak on his own authority,t but will speak whatever he hears, and will tell yout what is to come.t14 Het will glorify me,t because he will receivet from me what is minet and will tell it to you.t15 Everything that the Father has is mine; that is why I said the Spiritt will receive from me what is minet and will tell it to you.t
16 In a little while yout will see me no longer; again after a little while, yout will see me.”s
17 Then some of his disciples said to one another, “What is the meaning of what he is saying,t ‘In a little while yout will not see me; again after a little while, yout will see me,’ and, ‘because I am going to the Father’?”s
18 So they kept on repeating,t “What is the meaning of what he says,t ‘In a little while’?t We do not understandt what he is talking about.”t
19 Jesus could seets that they wanted to ask him about these things,t sot he said to them, “Are you askingt each other about this – that I said, ‘In a little while yout will not see me; again after a little while, yout will see me’?20 I tell you the solemn truth,t you will weept and wail,t but the world will rejoice; you will be sad,t but your sadness will turn intot joy.21 When a woman gives birth, she has distresss because her timet has come, but when her child is born, she no longer remembers the suffering because of her joy that a human beingt has been born into the world.s22 So also you have sorrowt now, but I will see you again, and your hearts will rejoice, and no one will take your joy away from you.s23 At that timet you will ask me nothing. I tell you the solemn truth,t whatever you ask the Father in my name he will give you.s
24 Until now you have not asked for anything in my name. Ask and you will receive it,t so that your joy may be complete.
25 “I have told you these things in obscure figures of speech;t a timet is coming when I will no longer speak to you in obscure figures, but will tell yout plainlyt about the Father.26 At that timet you will ask in my name, and I do not sayt that I will ask the Father on your behalf.27 For the Father himself loves you, because you have loved me and have believed that I came from God.s
28 I came from the Father and entered into the world, but in turn,t I am leaving the world and going back to the Father.”s
29 His disciples said, “Look, now you are speaking plainlyt and not in obscure figures of speech!ts
30 Now we know that you know everythingt and do not need anyonet to ask you anything.t Because of thist we believe that you have come from God.”
31 Jesus replied,t “Do you now believe?32 Look, a timet is coming – and has come – when you will be scattered, each one to his own home,t and I will be left alone.s Yett I am not alone, because my Fathert is with me.
33 I have told you these things so that in me you may have peace. In the world you have trouble and suffering,t but take couraget – I have conquered the world.”ts