Johannes 17
Jesus bid vir die dissipels
1 Jesus het dit alles vir die tdissipels gesê, en daarna het Hy opgekyk na die hemel en gebid. Hy het gebid: “Vader, die ttyd het nou gekom. Nou moet U vir die mense wys dat Ek ook God is. Dan kan Ek ook weer vir die mense wys dat U God is. 2 U het gesê Ek regeer oor al die mense. Daarom kan Ek die tewige lewe gee vir die mense wat U vir My gegee het.
3 As hulle die ewige lewe het, dan beteken dit hulle ken U, die enigste ware God, en hulle ken My, Jesus Christus, U het My na die wêreld gestuur.
4 “Toe Ek op die aarde was, het Ek vir die mense gewys dat U God is, want U het vir My werk gegee om te doen, en Ek het die werk klaar gedoen.
5 Vader, nou moet U My na U toe neem. Dit sal vir die mense wys dat Ek ook God is. U moet vir hulle wys dat Ek by U was en dat Ek ook God was voordat die wêreld daar was.
6 “U het party van die mense in die wêreld vir My gegee, en Ek het vir hulle vertel van U. Hulle was u mense. U het hulle vir My gegee, en hulle het gedoen wat U gesê het hulle moet doen. 7 Hulle weet nou dat alles wat U vir My gegee het, van U kom.
8 Wat U vir My gesê het, het Ek vir hulle gesê. Hulle het dit gehoor en hulle het geweet dit is waar dat Ek van U kom. Ja, hulle het geglo dat U My na die wêreld gestuur het.
9 “Ek bid vir die mense wat U vir My gegee het, Ek bid nie vir die mense van die wêreld nie. Ja, Ek bid vir die mense wat U vir My gegee het, want hulle behoort aan U. 10 Alles en almal wat aan My behoort, behoort ook aan U. Alles en almal wat aan U behoort, behoort ook aan My. Hulle wys dat Ek God is.
11 Ek sal nie meer lank op die aarde wees nie, maar hulle sal op die aarde wees, en Ek kom na U toe.
“tHeilige Vader, U het u Naam vir My gegee. Daarom vra Ek dat U hulle moet beskerm met u Naam. Dan kan hulle saamwerk soos Ek en U saamwerk. 12 Toe Ek by hulle was, het Ek u Naam gebruik om hulle te beskerm, die Naam wat U vir My gegee het. Ek het hulle opgepas en hulle het nie tverlore gegaan nie. Net een van hulle het verlore gegaan, en hy móés verlore gaan. So het dit waar geword wat in die Ou Testament geskryf is.
13 Nou gaan Ek na U toe. Ek bid al hierdie dinge terwyl Ek nog op die aarde is, want Ek wil die mense bly maak wat U vir My gegee het. Ek wil hulle regtig baie bly maak.
14 “Ek het vir hulle vertel wat U vir My gesê het, en die mense van die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie aan die wêreld behoort nie. Ek behoort ook nie aan die wêreld nie. 15 Ek vra nie dat U hulle moet wegneem uit die wêreld nie. Ek vra dat U hulle moet beskerm teen tdie duiwel.
16 Hulle behoort nie aan die wêreld nie, soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie.
17 “Wat U sê, is die waarheid. Gebruik die waarheid om hulle aan U te twy. 18 U het My na die mense van die wêreld gestuur. So het Ek die mense wat U vir My gegee het, ook na die mense van die wêreld gestuur.
19 Ek twy Myself aan U, Ek word ’n toffer sodat die mense kan lewe wat U vir My gegee het. Dan kan U die waarheid gebruik om hulle aan U te wy.
20 “Ek bid nie net vir hierdie mense nie. Ek bid ook vir die ander mense wat in My sal glo omdat hierdie mense vir hulle sal vertel van My. 21 Vader, Ek bid dat hulle almal sal saamwerk. Dan sal hulle by Ons wees soos U by My is en soos Ek by U is. Dan sal die mense van die wêreld glo dat U My na die wêreld gestuur het. 22 U het gesê Ek is God, en so het Ek ook vir hulle die ewige lewe gegee. Daarom kan hulle saamwerk, soos Ons saamwerk.
23 Ek sal by hulle wees en U sal by My wees. Dan sal hulle waarlik saamwerk en die mense van die wêreld sal weet U het My na die wêreld gestuur. Hulle sal ook weet U is lief vir die mense wat U vir My gegee het, U is lief vir hulle, soos U lief is vir My.
24 “Vader, Ek gaan nou na die hemel. Ek wil graag hê die mense wat U vir My gegee het, moet ook daar saam met My wees. Dan kan hulle sien Ek is God. U het vir My hierdie teer gegee, want U was lief vir My, ook voordat die wêreld daar was. 25 tRegverdige Vader, die mense van die wêreld ken U nie, maar Ek ken U, en die mense wat U vir My gegee het, weet U het My na die wêreld gestuur. 26 Ek het vir hulle vertel van U en Ek sal vir hulle nog meer vertel van U. Dan sal u liefde in hulle harte wees, die liefde wat U vir My het, en Ek sal by hulle wees.”
John 17
Jesus Prays for Himself
1 After Jesus said this, he looked toward heaven and prayed. He said,
"Father, the time has come. Bring glory to your Son. Then your Son will bring glory to you.2 You gave him authority over all people. He gives eternal life to all those you have given him.
3 "And what is eternal life? It is knowing you, the only true God, and Jesus Christ, whom you have sent.4 I have brought you glory on earth. I have finished the work you gave me to do.5 So now, Father, give glory to me in heaven where your throne is. Give me the glory I had with you before the world began.
Jesus Prays for His Disciples
6 "I have shown you to the disciples you gave me out of the world. They were yours. You gave them to me. And they have obeyed your word.7 Now they know that everything you have given me comes from you.8 I gave them the words you gave me. And they accepted them. They knew for certain that I came from you. They believed that you sent me.
9 "I pray for them. I am not praying for the world. I am praying for those you have given me, because they are yours.10 All I have is yours, and all you have is mine. Glory has come to me because of my disciples.
11 "I will not remain in the world any longer. But they are still in the world, and I am coming to you. Holy Father, keep them safe by the power of your name. It is the name you gave me. Keep them safe so they can be one, just as you and I are one.
12 "While I was with them, I guarded them. I kept them safe through the name you gave me. None of them has been lost, except the one who was sentenced to be destroyed. It happened so that Scripture would come true.
13 "I am coming to you now. But I say these things while I am still in the world. I say them so that those you gave me can have all my joy inside them.14 I have given them your word. The world has hated them. This is because they are not part of the world any more than I am.15 I do not pray that you will take them out of the world. I pray that you will keep them safe from the evil one.
16 "They do not belong to the world, just as I do not belong to it.17 Use the truth to make them holy. Your word is truth.18 You sent me into the world. In the same way, I have sent them into the world.19 I make myself holy for them so that they too can be made holy in a true sense.
Jesus Prays for All Believers
20 "I do not pray only for them. I pray also for those who will believe in me because of their message.21 Father, I pray that all of them will be one, just as you are in me and I am in you. I want them also to be in us. Then the world will believe that you have sent me.
22 "I have given them the glory you gave me. I did this so they would be one, just as we are one.23 I will be in them, just as you are in me. I want them to be brought together perfectly as one. This will let the world know that you sent me. It will also show the world that you have loved those you gave me, just as you have loved me.
24 "Father, I want those you have given me to be with me where I am. I want them to see my glory, the glory you have given me. You gave it to me because you loved me before the world was created.
25 "Father, you are holy. The world does not know you, but I know you. Those you have given me know you have sent me.26 I have shown you to them. And I will continue to show you to them. Then the love you have for me will be in them. I myself will be in them."