Johannes 17
1 So het Jesus met sy dissipels gepraat. Daarna het Hy sy oë toegemaak en gebid: "Vader, dis tyd! Laat die wêreld nou sien hoe belangrik u Seun regtig is. Op dié manier sal hulle ook agterkom hoe belangrik U is.2 U het mos vir My volle beheer gegee oor elke mens. Maar U het ook sekere mense spesiaal op my pad gebring. Vir hulle het Ek die lewe gegee wat ewig duur.3 So moet 'n mens hierdie ewige lewe verstaan. Dit behels dat jy 'n lid word van die familie van die enigste ware God. Jesus Christus, vir wie God gestuur het om mens te wees, is ook lid van dié familie. In die familie van God leer 'n mens God en Jesus baie goed ken, met alles wat dit vir jou beteken.4 Mense kan sien hoe groot en belangrik U is, Vader, deur te kyk na wat Ek doen. Ek het alles presies gedoen soos U gevra het. Nou is Ek klaar daarmee.5 Vader, laat My asseblief weer in belangrikheid staan waar Ek hoort, by U. Daardie belangrike plek by U was Myne nog voor die aarde daar was.
6 "Ek het vir die mense duidelik kom uitspel wie U is. Ek praat van die mense wat eintlik nog van altyd af u s'n was. U het hulle nou vir My gegee om na te kyk. Hulle is baie ernstig oor wat U vir hulle wil sê. Hulle besef ook baie goed dat U en Ek in 'n span saamwerk en Ek weet wat U alles vir My gegee het.7 Toe Ek met hulle praat, het hulle dadelik geweet dat dit u boodskap is wat hulle hoor.8 Daarom het hulle dit aangegryp. Daar was toe geen twyfel meer by hulle dat Ek van U af kom nie. Hulle weet dat U My na hulle toe gestuur het."
9 "Ek bid vir hulle! Ek bid vir elkeen wat U vir My gegee het om na te kyk. Hulle behoort immers aan U. Oor hulle wil Ek nou met U praat en nie oor al die ander mense in die wêreld nie. Ons is mos soos een groot familie.10 Hulle lê My net so na aan die hart as vir U en U gee net soveel om vir hulle as Ek. Hulle sal vir mense vertel hoe belangrik Ek is.11 Ek gaan mos nou nie meer langer fisiek hier op die aarde bly nie. Ek is op pad terug na U toe, maar hulle gaan fisiek hier op die aarde agterbly. Vader, daar is niemand soos U nie.12 Daarom vra Ek U, kyk asseblief na hierdie mense wat Ek tot nou toe versorg het. U het die gesag om hulle te beskerm. Die gevolg sal wees dat hulle soos een man sal saamwerk, net soos U en Ek saamwerk. Toe Ek by hulle was, het Ek mooi gekyk na die mense wat U aan My gegee het om na te kyk. Ek het hulle soos goud opgepas. Nie een van hulle het die spoor byster geraak nie. (Ek praat natuurlik nie van Judas wat hand om die lyf met Satan loop nie. Dat hy sou afdwaal, het die Skrif lankal gesê.)13 Ek is nou op pad terug na U toe. Daarom gesels Ek met my volgelinge oor al hierdie dinge terwyl Ek nog by hulle is. Dan kan hulle saam met My bly wees oor alles wat gebeur.14 Ek het hulle alles vertel wat U wou gehad het hulle moet weet. Die ongelowige mense hou natuurlik niks van hulle nie. Gelowiges is mos nie soos ongelowiges nie. Hulle is anders as die sondige mense van hierdie wêreld, net soos Ek anders is.15-16 Ek vra nie dat U hulle van die sondige mense af weghou nie. Net so min as wat Ek my wil ophou met die dinge van die sondige mense, sal hulle dit wil doen. Hulle is nie soos die sondige mense nie. Wat Ek wel vra, is dat U hulle uit die grypende kloue van die duiwel en al sy boosheid sal hou.17 Laat hulle besef dat hulle spesiaal aan U behoort omdat hulle in niks anders as die waarheid belangstel nie.
"Hulle weet wat die waarheid is, want hulle ken u boodskap.18 Daarom stuur Ek hulle na die sondige mense in die wêreld toe met daardie boodskap.
"Ek stuur hulle met dieselfde doel en opdrag as waarmee U My gestuur het.19 Ek wy My nou geheel en al aan U toe sodat hulle daarby kan baat vind. Hulle sal dan ook geheel en al aan U toegewy wees omdat hulle hulle bes probeer vir wat waar en eg is."
20 "Ek bid nie net vir hierdie volgelinge van My nie. Ek stuur hulle mos om met mense oor My te gaan praat. Van daardie mense sal my volgelinge se boodskap aanvaar en hulle aan my kant kom skaar.21 Vir hulle bid Ek ook! Vader, gee dat hulle in lojaliteit teenoor mekaar soos een man sal saamstaan. Vader, U weet hoe heg en intiem ons verhouding met Mekaar is. Ons belange, denke en dade is totaal een. Gee asseblief dat hulle verhouding onder mekaar en veral met Ons net so heg en intiem sal wees. As die mense in hierdie wêreld sien hoe die gelowiges saamstaan en saamwerk, sal hulle oë daarvoor begin oopgaan dat U My na hulle toe gestuur het.22 Ek sal vir hierdie volgelinge van My dieselfde status gee as wat U vir My gegee het. Dit sal hulle in 'n span saamsnoer net soos Ons in 'n span saamwerk. My verhouding met hulle sal My op 'n baie hegte manier deel maak van die eenheid wat onder hulle bestaan.23 Ek sal so lojaal teenoor hulle wees as wat U teenoor My is. Dit alles beteken dat hulle foutloos, ja, volmaak, in hierdie eenheid saamgesnoer sal wees. Gevolglik sal die mense besef dat U My gestuur het. Hulle sal sien dat U my volgelinge net so liefhet soos U My liefhet.
24 "Vader, Ek wil so graag my volgelinge hier by My hê. Hulle moet wees waar Ek is. U het mos gesê dat Ek na hulle moet kyk. Laat hulle tog sien watter wonderlike en belangrike status U My gegee het. U het dit gedoen omdat U My liefgehad het nog voordat die aarde gemaak is.25 Vader, U doen wat reg en regverdig is. Die ongelowige mense weet nie wie U is nie en steur hulle ook nie aan U nie. Dit is so anders as Ek wat U goed ken. My volgelinge weet dat U My na hulle toe gestuur het.26 Ek het hulle mooi vertel wie en hoe U presies is, en Ek is nog nie klaar nie; Ek sal nog verder met hulle daaroor praat. Dan sal hulle iets van u liefde begryp. Hulle sal verstaan hoe lief U My het en wat dit beteken. Dit alles sal deel word van hulle lewe soos Ek deel van hulle lewe is."
John 17
Jesus Prays for the Father to Glorify Him
1 When Jesus had finished saying these things, he looked upwardts to heavent and said, “Father, the timets has come. Glorify your Son, so that yourst Son may glorify you –2 just as you have given him authority over all humanity,t so that he may give eternal life to everyone you have given him.t3 Now thist is eternal lifes – that they know you, the only true God, and Jesus Christ,t whom you sent.4 I glorified you on earth by completingts the work you gave me to do.t
5 And now, Father, glorify me at your sidet with the glory I had with you before the world was created.ts
Jesus Prays for the Disciples
6 “I have revealedt your name to the ment you gave me out of the world. They belonged to you,t and you gave them to me, and they have obeyedt your word.7 Now they understandt that everythingt you have given me comes from you,8 because I have given them the words you have given me. Theyt acceptedt themt and reallyt understandt that I came from you, and they believed that you sent me.9 I am prayingt on behalf of them. I am not prayingt on behalf of the world, but on behalf of those you have given me, because they belong to you.t10 Everythingt I have belongs to you,t and everything you have belongs to me,t and I have been glorified by them.ts11 It am no longer in the world, butt they are in the world, and I am coming to you. Holy Father, keep them safet in your namet that you have given me, so that they may be one just as we are one.t12 When I was with them I kept them safet and watched over themt in your namet that you have given me. Not onet of them was lost except the one destined for destruction,tst so that the scripture could be fulfilled.s13 But now I am coming to you, and I am saying these things in the world, so they may experiencet my joy completedt in themselves.14 I have given them your word,t and the world has hated them, because they do not belong to the world,t just as I do not belong to the world.t15 I am not asking you to take them out of the world, but that you keep them safet from the evil one.t16 They do not belong to the worldt just as I do not belong to the world.t17 Set them apartts in the truth; your word is truth.18 Just as you sent me into the world, so I sent them into the world.s
19 And I set myself apartts on their behalf,t so that they too may be truly set apart.t
Jesus Prays for Believers Everywhere
20 “I am not prayingt only on their behalf, but also on behalf of those who believet in me through their testimony,t21 that they will all be one, just as you, Father, are in me and I am in you. I prayt that they will be in us, so that the world will believe that you sent me.22 The gloryt you gave to me I have given to them, that they may be one just as we are one –
23 I in them and you in me – that they may be completely one,t so that the world will know that you sent me, and you have loved them just as you have loved me.
24 “Father, I want those you have given me to be with me where I am,t so that they can see my glory that you gave me because you loved me before the creation of the worldt.25 Righteous Father, even if the world does not know you, I know you, and these ment know that you sent me.
26 I made known your name to them, and I will continue to make it known,t so that the love you have loved me with may be in them, and I may be in them.”