JOHANNES 2
Jesus verander water in wyn op die bruilof in Kana.
1 EN op tdie derde dag was daar ’n bruilof te tKana in Galiléa, en die moeder van Jesus was daar.
2 En Jesus en tsy dissipels was ook na die bruilof genooi.
3 En toe daar wyn kortkom, sê die moeder van Jesus vir Hom: Hulle het geen wyn nie.
4 Jesus sê vir haar: tVrou, wat het Ek met u te doen? tMy uur het nog nie gekom nie.
5 Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.
6 En daar het volgens tdie reinigingsgebruike van die Jode ses klipkanne gestaan, wat elkeen twee of drie ankers hou.
7 Jesus sê vir hulle: Maak die kanne vol water En hulle het hul tot bo toe volgemaak.
8 En Hy sê aan hulle: Skep nou uit en bring dit vir die hoofdienaar En hulle het dit gebring.
9 En toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het — en hy het nie geweet waarvandaan dit was nie, maar die dienaars wat die water geskep het, het geweet — roep die hoofdienaar die bruidegom
10 en sê vir hom: Elke mens sit eers die goeie wyn op en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegste; maar u het die goeie wyn tot nou toe bewaar.
11 Hierdie eerste een van sy tekens het Jesus te Kana in Galiléa gedoen; en Hy het tsy heerlikheid geopenbaar, en sy dissipels het in Hom geglo.
12 Daarna het Hy na Kapérnaüm afgegaan, Hy en sy moeder en tsy broers en sy dissipels, en hulle het daar nie baie dae gebly nie.Jesus reinig die tempel.
(Mt. 21:12 vv. en ooreenk. pl.)
13 EN tdie pasga van die Jode was naby, en Jesus het topgegaan na Jerusalem.
14 tEn Hy het in die tempel gevind die wat beeste en skape en duiwe verkoop, en die geldwisselaars wat daar sit.
15 En Hy het ’n sweep van toutjies gemaak en almal uit die tempel uitgedrywe, ook die skape en die beeste, en die kleingeld van die wisselaars het Hy uitgegooi en hulle tafels omgekeer.
16 En vir die duiweverkopers het Hy gesê: Neem daardie dinge hier weg; moenie tdie huis van my Vader ’n handelshuis maak nie.
17 En sy dissipels het onthou dat daar geskrywe is: tDie ywer vir u huis het my verteer.
18 Toe antwoord die Jode en sê vir Hom: tWatter teken toon U aan ons, dat U hierdie dinge doen?
19 Jesus antwoord en sê vir hulle: Breek thierdie tempel af, en in drie dae tsal Ek dit oprig.
20 En die Jode sê: Ses-en-veertig jaar lank is aan hierdie tempel gebou, en U, sal U dit in drie dae oprig?
21 Maar Hy het oor tdie tempel van sy liggaam gespreek.
22 En toe Hy opgestaan het uit die dode, het tsy dissipels onthou dat Hy dit vir hulle gesê het; en hulle het tdie Skrif geglo en die woord wat Jesus gespreek het.
23 En toe Hy in Jerusalem was op die pasga gedurende die fees, het baie in sy Naam geglo, omdat hulle tdie tekens gesien het wat Hy doen.
24 Maar Jesus self het Hom aan hulle nie toevertrou nie, omdat Hy almal geken het
25 en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; want tHy self het geweet wat in die mens is.
John 2
1 The third day, there was a marriage in Cana of Galilee. Jesus’ mother was there.2 Jesus also was invited, with his disciples, to the marriage.
3 When the wine ran out, Jesus’ mother said to him, “They have no wine.”
4 Jesus said to her, “Woman, what does that have to do with you and me? My hour has not yet come.”
5 His mother said to the servants, “Whatever he says to you, do it.”6 Now there were six water pots of stone set there after the Jews’ way of purifying, containing two or three metretest apiece.7 Jesus said to them, “Fill the water pots with water.” They filled them up to the brim.8 He said to them, “Now draw some out, and take it to the ruler of the feast.” So they took it.9 When the ruler of the feast tasted the water now become wine, and didn’t know where it came from (but the servants who had drawn the water knew), the ruler of the feast called the bridegroom,10 and said to him, “Everyone serves the good wine first, and when the guests have drunk freely, then that which is worse. You have kept the good wine until now!”
11 This beginning of his signs Jesus did in Cana of Galilee, and revealed his glory; and his disciples believed in him.
12 After this, he went down to Capernaum, he, and his mother, his brothers, and his disciples; and they stayed there a few days.13 The Passover of the Jews was at hand, and Jesus went up to Jerusalem.14 He found in the temple those who sold oxen, sheep, and doves, and the changers of money sitting.15 He made a whip of cords, and threw all out of the temple, both the sheep and the oxen; and he poured out the changers’ money, and overthrew their tables.16 To those who sold the doves, he said, “Take these things out of here! Don’t make my Father’s house a marketplace!”
17 His disciples remembered that it was written, “Zeal for your house will eat me up.”t
18 The Jews therefore answered him, “What sign do you show us, seeing that you do these things?”
19 Jesus answered them, “Destroy this temple, and in three days I will raise it up.”
20 The Jews therefore said, “It took forty-six years to build this temple! Will you raise it up in three days?”21 But he spoke of the temple of his body.
22 When therefore he was raised from the dead, his disciples remembered that he said this, and they believed the Scripture, and the word which Jesus had said.
23 Now when he was in Jerusalem at the Passover, during the feast, many believed in his name, observing his signs which he did.24 But Jesus didn’t trust himself to them, because he knew everyone,
25 and because he didn’t need for anyone to testify concerning man; for he himself knew what was in man.