Johannes 3
1 Een nag het Nikodemus Jesus kom opsoek. Hy was 'n belangrike leier in die Joodse gemeenskap en 'n lid van die party van die Fariseërs.2 Hy knoop toe met Jesus 'n gesprek aan: "Meneer, ons is oortuig daarvan dat God u gebruik om ander mense te leer. Weet u waarom sê ek so? As God iemand nie bystaan nie, sal hy eenvoudig nie die dinge kan doen wat u regkry nie."
3 Jesus antwoord hom toe: "Weet jy, Ek wil nou vir jou iets belangriks sê. As iemand nie nog 'n keer gebore word nie, sal hy sowaar nie deel word van die ryk waar God Koning is nie."
4 "Hoe is dit moontlik om as jy al groot en oud is, nog 'n keer gebore te word?" vra Nikodemus Hom. "'n Mens kan mos nie 'n tweede maal in jou ma terugklim om weer 'n keer gebore te word nie."
5 "Luister baie mooi wat Ek vir jou sê," kom dit van Jesus. "Die pad na die ryk waar God Koning is, is toe vir elkeen wat nie gebore word uit lewende water en die Heilige Gees nie.6 Immers, 'n kind wat uit 'n mens gebore word, is maar net 'n mens. Wie egter uit die Gees gebore word, begin geestelik lewe.
7 "Daarom moet jy nie vol allerhande vraagtekens wees oor my woorde dat julle nog 'n keer gebore moet word nie. Leer uit die natuur.8 Hoewel jy die wind hoor waai, kan jy dit tog nie beheer of stuur nie. Dit waai waar dit wil. Jy weet nie eens presies waar dit vandaan kom of waarheen dit uiteindelik waai nie. Maar nogtans waai dit. Presies dit is waar van die manier waarop die Gees werk. Elke persoon wat uit die Gees gebore word, ervaar dit ook so."
9 "Hoe op aarde kan dit wees?" vra Nikodemus.
10 Jesus gaan toe voort: "Hoe is dit moontlik dat jy nie hierdie dinge verstaan nie? Jy is dan self 'n onderwyser wat die Israeliete oor godsdienstige dinge touwys moet maak."
11 "Luister baie mooi. Ons praat nie oor dinge wat vir ons vreemd of onbekend is of waarvan ons niks weet nie. Nee, wanneer ons nou met soveel sekerheid hieroor praat, is dit omdat ons dit self gesien het. Nogtans aanvaar julle nie wat Ek vir julle sê nie.12 Nou ja, as julle nie wil luister wanneer Ek praat oor dinge wat hier onder ons gebeur nie, hoe sal julle My dan nog glo wanneer Ek vir julle van die dieper geestelike dinge vertel?
13 "Immers, daar is niemand wat al opgevaar het die hemel in nie, behalwe Een. Dit is juis Hy wat uit die hemel afgekom het: die Seun van die mens.14 Soos Moses destyds in die woestyn die slang hoog bo-op 'n houtpaal gesit het, so moet die Seun van die mens ook hoog teen 'n kruis opgelig word,15 sodat elkeen wat Hom gelowig aanvaar en vertrou, vir ewig en altyd kan leef.
16 "God het bewys hoe lief Hy die wêreld het. Hy het sy unieke Seun na die wêreld toe gestuur sodat elkeen wat in hierdie Seun glo, nie verlore sal gaan nie, maar vir altyd saam met God kan leef.17 God het nie die Seun na hierdie wêreld toe gestuur om net vir almal te kom sê hoe sleg hulle is nie. Nee, Hy het Hom gestuur sodat mense wat sleg was weer by God kon uitkom.18 Dit is soos 'n hofsaak. Elkeen wat dus in geloof vir Hom 'ja' sê, is deur God vrygespreek. Aan die ander kant weerklink die oordeelswoorde nou reeds oor dié wat die Seun nie gelowig aanvaar nie: 'Julle is skuldig, want julle draai julle rug vir die unieke Seun van God!'
19 "Hoe die dinge in die hofsaak werk, kan so verduidelik word: Jesus het as die Goddelike Lig in hierdie wêreld kom skyn. Die mense het egter meer daarvan gehou om in die donker te leef as in die lig. En daar was 'n goeie rede voor: hulle dade en optrede was net 'n onheilige en slegte gekonkel. Daarom doen hulle die dinge in die donker, want hulle is bang dat almal gaan sien hoe sleg hulle dade regtig is.20 Daarom hou mense wat sulke slegte dinge doen, niks van die lig nie en hardloop daarvoor weg.21 As dit wat iemand doen, egter goed en sinvol is soos God dit bedoel het om te wees, hardloop hy juis na die lig toe. Hy het mos niks om weg te steek nie. Almal sal duidelik kan sien uit die dinge wat hy doen, dat hy iemand is wat aan God se kant staan en aan wie se kant God ook is."
22 Jesus en sy volgelinge is daarna na die platteland van Judea toe en het daar so 'n rukkie uitgespan. Hulle het ook mense gedoop.
23 Johannes was weer in Enon naby Salim besig om te doop, want daar was baie water. Mense het gedurig daar opgedaag om gedoop te word.24 (Dit was nog voordat Johannes in die tronk gegooi is.)
25 Die volgelinge van Johannes en 'n Jood het juis aan die stry geraak oor hoe 'n mens jou vir God skoon en rein kan maak.26 Hulle is toe na Johannes self toe. "Meneer," sê hulle, "jy onthou mos nog daardie Persoon wat daar oorkant die Jordaan by jou was. Ons praat van daardie Een oor wie jy met soveel oortuiging gepraat het. Wel, weet jy wat. Hy het ook nou begin doop, en die ergste is, al die mense stroom na Hom toe."
27 "Die mens kry nie bloot net iets nie," begin Johannes toe. "Alles wat hy het, word deur God aan hom gegee.28 Julle weet mos ek het gesê ek is nie die Christus nie. Ek is maar net soos 'n boodskapper voor Hom uitgestuur.
29 "Laat ek vir julle 'n voorbeeld gee: die bruid is net bedoel vir die bruidegom en oor húlle gaan die troue. Die vriend van die bruidegom, die strooijonker, help maar net. As hy die bruidegom self hoor praat, maak dit hom baie bly. So is dit tussen my en Jesus ook. Daarom ken my blydskap nou nie einde nie.30 Hy moet al hoe meer in die kalklig staan terwyl ek stadigaan van die toneel moet verdwyn. So moet en sal dit wees!"
31 "Jesus wat van bo af kom, staan kop en skouers bo almal uit. Iemand wat sommer as 'n mens hier op aarde gebore is, bly maar aards. Hy kan ook maar net oor aardse dinge praat. Sulke mense kan nie naastenby vergelyk word met die Een wat van bo uit die hemel kom nie. Hy is in 'n klas van sy eie.32 Hy praat met sekerheid oor wat Hy in die hemel gesien en gehoor het. Tog steur niemand hulle aan dit wat Hy met soveel oortuiging sê nie.
33 "Wie egter luister na wat Hy sê, bevestig daarmee dat God waar is en dat die waarheid van God af kom.34 God het Hom gestuur om sy boodskap vir ons te bring. Die Seun kan dit doen, want God het die Gees aan Hom gegee sonder voorwaarde of beperking.35 Die Vader het sy Seun lief en het alles aan Hom gegee. Daarom het die Seun beheer oor alles.
36 "Iemand wat dus deur geloof 'n vriend van die Seun word, sal vir ewig en altyd sy vriend bly.
"Maar iemand wat die Seun die rug toekeer en nie na Hom wil luister nie, sal nooit so 'n vriendskap ken nie. Hy sal wel iets anders leer ken: die woede en straf van God!"
John 3
Conversation with Nicodemus
1 Now a certain man, a Pharisees named Nicodemus, who was a member of the Jewish ruling council,t2 came to Jesust at nightts and said to him, “Rabbi, we know that you are a teacher who has come from God. For no one could perform the miraculous signss that you do unless God is with him.”3 Jesus replied,t “I tell you the solemn truth,t unless a person is born from above,ts he cannot see the kingdom of God.”s
4 Nicodemus said to him, “How can a man be born when he is old? He cannot enter his mother’s womb and be born a second time, can he?”t
5 Jesus answered, “I tell you the solemn truth,t unless a person is born of water and spirit,ts he cannot enter the kingdom of God.6 What is born of the flesh is flesh,s and what is born of the Spirit is spirit.7 Do not be amazed that I said to you, ‘You must allt be born from above.’t
8 The windt blows wherever it will, and you hear the sound it makes, but do not know where it comes from and where it is going. So it is with everyone who is born of the Spirit.”s
9 Nicodemus replied,t “How can these things be?”s10 Jesus answered,t “Are you the teacher of Israel and yet you don’t understand these things?s11 I tell you the solemn truth,t we speak about what we know and testify about what we have seen, butt you peoplet do not accept our testimony.s12 If I have told you peoplet about earthly things and you don’t believe, how will you believe if I tell you about heavenly things?s13 No onet has ascendeds into heaven except the one who descended from heaven – the Son of Man.ss14 Just ast Moses lifted up the serpentsin the wilderness,s so must the Son of Man be lifted up,s
15 so that everyone who believes in him may have eternal life.”ts
16 For this is the wayts God loved the world: He gave his one and onlyt Son, so that everyone who believes in him will not perisht but have eternal life.s17 For God did not send his Son into the world to condemn the world,s but that the world should be saved through him.18 The one who believes in him is not condemned.t The one who does not believe has been condemnedt already, because he has not believed in the name of the one and onlyt Son of God.19 Now this is the basis for judging:t that the light has come into the world and peoplet loved the darkness rather than the light, because their deeds were evil.20 For everyone who does evil deeds hates the light and does not come to the light, so that their deeds will not be exposed.
21 But the one who practices the truth comes to the light, so that it may be plainly evident that his deeds have been done in God.s
Further Testimony About Jesus by John the Baptist
22 After this,t Jesus and his disciples came into Judean territory, and there he spent time with them and was baptizing.23 Johns was also baptizing at Aenon near Salim,t because water was plentiful there, and people were comingt to himt and being baptized.
24 (For John had not yet been thrown into prison.)s
25 Now a dispute came about between some of John’s disciples and a certain Jewst concerning ceremonial washing.ts
26 So they came to John and said to him, “Rabbi, the one who was with you on the other side of the Jordan River,t about whom you testified – see, he is baptizing, and everyone is flocking to him!”
27 John replied,t “No one can receive anything unless it has been given to him from heaven.28 You yourselves can testify that I said, ‘I am not the Christ,’ts but rather, ‘I have been sent before him.’29 The one who has the bride is the bridegroom. The friend of the bridegroom, who stands by and listens for him, rejoices greatlyt when he hears the bridegroom’s voice. This then is my joy, and it is complete.t
30 He must become more important while I become less important.”s
31 The one who comes from above is superior to all.t The one who is from the earth belongs to the earth and speaks about earthly things.t The one who comes from heavens is superior to all.st32 He testifies about what he has seen and heard, but no one accepts his testimony.33 The one who has accepted his testimony has confirmed clearly that God is truthful.t34 For the one whom God has sentt speaks the words of God, for he does not give the Spirit sparingly.t35 The Father loves the Son and has placed all things under his authority.t
36 The one who believes in the Son has eternal life. The one who rejectst the Son will not see life, but God’s wratht remainst on him.