previous next

JOHANNES 3

Nikodemus besoek Jesus in die nag

1 Daar was 'n man uit die geledere van die Fariseërs met die naam Nikodemus, 'n leier onder die Jode.

2 Hy het een nag na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: "Rabbi, ons weet dat u as leraar van God af gekom het. Niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen as God nie met hom is nie."

3 Jesus het daarop reageer: "Ek verseker jou, as iemand nie van bo gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie."

4 Nikodemus vra toe: "Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n bejaarde is? Hy kan tog nie vir 'n tweede keer in sy ma se skoot gaan en gebore word nie?"
5 Jesus het geantwoord: "Ek verseker jou, as iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy so nimmer as te nooit in die koninkryk van God ingaan nie.6 Wat uit 'n menslike liggaam gebore is, is menslik, en wat uit die Gees gebore is, is gees.7 Moenie verwonderd wees dat Ek vir jou gesê het julle moet van bo gebore word nie.

8 Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy suising, maar jy weet nie waarvandaan hy kom en waarheen hy op pad is nie. Só is dit met elkeen wat uit die Gees gebore is."

9 Nikodemus reageer toe en vra Hom: "Hoe is dit moontlik dat hierdie dinge gebeur?"
10 Jesus antwoord hom: "Jy is die leermeester van Israel en jy is nie vertroud met hierdie dinge nie?11 Ek verseker jou, ons praat waaroor ons kennis het, en ons getuig oor wat ons gesien het, en ten spyte daarvan aanvaar julle tog nie ons getuienis nie.12 As Ek julle oor die alledaagse dinge ingelig het, en julle My nie glo nie, hoe sal julle ooit glo as Ek julle van die hemelse dinge vertel?13 Niemand het nog na die hemel toe opgevaar nie behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, en dit is Ek, die Seun van die Mens.14 Net soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, só moet die Seun van die Mens verhoog word

15 sodat elkeen wat in Hom glo die ewige lewe kan hê.
16 "God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

17 God het immers nie die Seun na die mensewêreld toe gestuur om die mense te veroordeel nie, maar sodat die mense deur Hom verlos kan word.
18 "Die persoon wat aanhou glo in Hom, word nie veroordeel nie. Die een wat egter nie aanhou glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie tot geloof gekom het in die enigste Seun van God nie.19 Dít is die beslissende vonnis: die lig het na die mensewêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was boos.20 Elkeen wat doen wat sleg is, haat die lig en kom nie na die lig toe nie sodat sy dade nie bekend word nie.

21 Elkeen wat egter die waarheid beoefen, kom na die lig toe sodat dit sigbaar word dat sy dade vanuit 'n noue verhouding met God gedoen is."

Johannes die Doper getuig dat hy nie self die Messias is nie

22 Hierna het Jesus en sy dissipels na die Judea-gebied vertrek. Hy het daar saam met die dissipels oorgebly en mense gedoop.23 Johannes was ook besig om by Enon, in die omgewing van Salim, te doop omdat daar genoeg water was. Die mense het daarheen gestroom en is gedoop.

24 Op daardie tydstip was Johannes nog nie in die tronk gegooi nie.
25 Daar het toe 'n meningsverskil oor reinigingsgebruike ontstaan tussen Johannes se dissipels en 'n Joodse man.

26 Hulle het na Johannes toe gekom en vir hom gesê: "Rabbi, die man wat aan die oorkant van die Jordaanrivier saam met u was, oor wie u getuig het, Hy doop ook en almal stroom na Hom toe."
27 Johannes het daarop reageer: "'n Mens is nie in staat om iets te ontvang as dit nie vanuit die hemel aan hom gegee is nie.28 Julle self is my getuies dat ek gesê het: 'Ek is nie die Messias nie. Ek is maar net voor Hom uit gestuur.'29 Dit is die bruidegom aan wie die bruid behoort; die vriend van die bruidegom gaan staan en luister of hy kom, en hy is sommer baie bly wanneer hy die stem van die bruidegom hoor. Daarom loop ek nou oor van blydskap.

30 Hy moet in belangrikheid toeneem en ek moet afneem.
31 "Hy wat van bo kom, troon bo almal uit. Hy wat uit die aarde ontspring het, is deel van die aarde en praat as deel van die aarde. Hy wat uit die hemel kom, troon bo almal uit.32 Wat Hy gesien en gehoor het, daaroor getuig Hy, maar niemand aanvaar sy getuienis nie.33 Wie sy getuienis aanvaar het, het daardeur verseël dat God regtig God is.34 Hóm het God gestuur om die woorde van God mee te deel, want God gee Hom sy Gees sonder om dit af te meet.35 Die Vader het die Seun lief en Hy het Hom gesag oor alles gegee.

36 Wie aanhou glo in die Seun, het nou reeds die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie ervaar nie, maar die oordeel van God rus op hom."

JOHN 3

Jesus and Nicodemus

1 There was a man named Nicodemus who was a Pharisee and a Jewish leader.

2 One night he went to Jesus and said, “Rabbi, we know that God has sent you to teach us. You could not work these miracles, unless God were with you.”

3 Jesus replied, “I tell you for certain that you must be born from abovet before you can see God's kingdom!”

4 Nicodemus asked, “How can a grown man ever be born a second time?”

5 Jesus answered:
I tell you for certain that before you can get into God's kingdom, you must be born not only by water, but by the Spirit.
6 Humans give life to their children. Yet only God's Spirit can change you into a child of God. 7 Don't be surprised when I say that you must be born from above.

8 Only God's Spirit gives new life. The Spirit is like the wind that blows wherever it wants to. You can hear the wind, but you don't know where it comes from or where it is going.

9 “How can this be?” Nicodemus asked.

10 Jesus replied:
How can you be a teacher of Israel and not know these things?
11 I tell you for certain we know what we are talking about because we have seen it ourselves. But none of you will accept what we say.

12 t If you don't believe when I talk to you about things on earth, how can you possibly believe if I talk to you about things in heaven?
13  t No one has gone up to heaven except the Son of Man, who came down from there. 14 t And the Son of Man must be lifted up, just as the metal snake was lifted up by Moses in the desert.t

15 Then everyone who has faith in the Son of Man will have eternal life.
16 God loved the people of this world so much that he gave his only Son, so that everyone who has faith in him will have eternal life and never really die. 17 God did not send his Son into the world to condemn its people. He sent him to save them!

18 No one who has faith in God's Son will be condemned. But everyone who doesn't have faith in him has already been condemned for not having faith in God's only Son.
19 The light has come into the world, and people who do evil things are judged guilty because they love the dark more than the light. 20 People who do evil hate the light and won't come to the light, because it clearly shows what they have done.

21 But everyone who lives by the truth will come to the light, because they want others to know that God is really the one doing what they do.

Jesus and John the Baptist


22 Later, Jesus and his disciples went to Judea, where he stayed with them for a while and was baptizing people.

23-24  t John had not yet been put in jail. He was at Aenon near Salim, where there was a lot of water, and people were coming there for John to baptize them.
25 John's followers got into an argument with a Jewish mant about a ceremony of washing.t

26 They went to John and said, “Rabbi, you spoke about a man when you were with him east of the Jordan. He is now baptizing people, and everyone is going to him.”

27 John replied:
No one can do anything unless God in heaven allows it.

28 t You surely remember how I told you that I am not the Messiah. I am only the one sent ahead of him.
29 At a wedding the groom is the one who gets married. The best man is glad just to be there and to hear the groom's voice. That's why I am so glad.

30 Jesus must become more important, while I become less important.

The One Who Comes //from Heaven


31 God's Son comes from heaven and is above all others. Everyone who comes from the earth belongs to the earth and speaks about earthly things. The one who comes from heaven is above all others. 32 He speaks about what he has seen and heard, and yet no one believes him. 33 But everyone who does believe him has shown that God is truthful.

34 The Son was sent to speak God's message, and he has been given the full power of God's Spirit.
35  t The Father loves the Son and has given him everything. 36 Everyone who has faith in the Son has eternal life. But no one who rejects him will ever share in that life, and God will be angry with them forever.