previous next

Johannes 3

Jesus en Nikodemus

1 Daar was ’n tFariseër, Nikodemus. Hy was ’n leier van die Jode.

2 Hy het in die nag na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “tRabbi, ons weet God het U gestuur om vir die mense te leer hoe om Hom te dien. Die twondertekens wat U doen, kan ’n mens net doen as God hom help.”

3 Jesus het hom geantwoord: “Ek sê vir jou, en dit is seker: ’n Mens moet eers weer gebore word, dan sal hy weet God is sy Koning.”

4 Nikodemus sê toe vir Hom: “Maar hoe kan ’n mens gebore word as hy klaar groot is? ’n Mens kan nie ’n tweede maal in sy ma ingaan en weer gebore word nie.”
5 Jesus het vir hom gesê: “Ek sê vir jou, en dit is seker: Iemand moet eers uit water en uit Gees gebore word, dan sal hy weet God is sy Koning. 6 Wanneer iemand gebore word uit ’n mens, dan is hy ’n mens. Maar wanneer iemand gebore word uit die Heilige Gees, dan is hy ’n mens wat ’n gees het wat waarlik lewe. 7 Moenie verbaas wees dat Ek vir jou sê julle moet weer gebore word nie.

8 Die wind waai waar hy wil. Jy kan die wind hoor, maar jy weet nie van waar dit kom en waarnatoe dit gaan nie. So is dit ook wanneer iemand uit die Gees gebore word.”

9 Nikodemus het vir Jesus gevra: “Hoe gebeur dit?”
10 Jesus het gesê: “Jy is iemand wat vir die mense van Israel leer om God te dien. Hoekom verstaan jy dit nie? 11 Ek sê vir jou, en dit is seker: Ek en die mense wat aan My behoort, praat van dinge waarvan ons weet. Ons vertel van dinge wat ons self gesien het, maar julle glo niks wat ons vertel nie. 12 Ek het met jou gepraat oor iets wat op die aarde gebeur, en jy het dit nie geglo nie. Sal julle dan glo wanneer Ek vir julle vertel van die dinge wat in die hemel gebeur? Nee, julle sal dit ook nie glo nie. 13 Onthou, niemand het van die aarde na die hemel gegaan nie, net Ek het dit gedoen, Ek, die tSeun van die mens, wat uit die hemel na die aarde gekom het. 14 tMoses het die slang hoog aan ’n paal gehang in die woestyn. So moet die mense ook vir My, die Seun van die mens, hoog aan ’n tkruis hang.

15 Dan sal elkeen wat in My glo, die tewige lewe hê.”

Elkeen wat in Jesus glo, sal nie verlore gaan nie


16 God is lief vir die mense, daarom het Hy sy Seun gegee. Daar is niemand soos die Seun nie. Elkeen wat in Hom glo, sal nie tverlore gaan nie, maar sal die tewige lewe hê. 17 God het sy Seun na die mense toe gestuur, maar nie om die mense te straf nie. Nee, God het Hom gestuur om hulle te red. 18 Niemand anders is soos die Seun nie. As iemand in die Seun glo, dan straf God hom nie. Maar God straf nou elkeen wat nie in die Seun van God glo nie. 19 So skei God die mense van mekaar. Die lig het na die wêreld gekom, maar die mense was lief vir die donker, nie vir die lig nie. Hoekom? Hulle was lief vir die donker omdat hulle slegte dinge doen. 20 Iemand wat slegte dinge doen, hou nie van die lig nie. Hy kom nie na die lig toe nie, want hy wil nie hê die mense moet sien wat hy doen nie.

21 Maar iemand wat lewe soos God wil hê, kom na die lig, want hy wil hê die mense moet sien dat hy gehoorsaam is aan God.

Johannes die Doper praat weer oor Jesus


22 Daarna het Jesus en sy tdissipels na die provinsie Judea gegaan. Hy het ’n kort tydjie daar saam met sy dissipels gebly en Hy het mense gedoop. 23 Johannes was ook besig om mense te doop by Enon naby die stad Salim, want daar was baie water. Die mense het daarnatoe gekom, en hy het hulle gedoop. 24 Johannes was toe nog nie in die tronk nie. 25 ’n Paar van Johannes se dissipels het met ’n Jood begin stry oor hoe ’n mens trein kan word.

26 Hulle het na Johannes toe gegaan en hulle het vir hom gesê: “tRabbi, daar was ’n Man by jou anderkant die Jordaan-rivier. Jy het vir die mense vertel van Hom. Daardie Man doop nou mense, en almal gaan na Hom toe.”
27 Toe sê Johannes: “Dit is God wat so besluit het. 28 Julle het gehoor ek het voorheen gesê ek is nie tdie Christus nie. God het my vóór die Christus gestuur. 29 Onthou, die bruidegom is die een wat die bruid kry. Die bruidegom se vriend wat staan en wag, is baie bly wanneer hy hoor die bruidegom kom. Daarom is ek nou so bly.

30 Daardie Man moet meer en meer belangrik word, maar ek moet minder belangrik word.”

Jesus is baie belangrik


31 Jesus kom uit die hemel en daarom is Hy belangriker as al die mense. Iemand wat van die aarde kom, is van die aarde, en hy praat oor die dinge op die aarde. Iemand wat van die hemel kom, is belangriker as almal. 32 Hy vertel van die dinge wat Hy gesien en gehoor het, maar niemand wil glo wat Hy vertel nie. 33 Iemand wat glo wat Hy vertel, wys hy glo dat God regtig God is. 34 God het die Seun gestuur. Die Seun sê vir die mense wat God vir Hom gesê het, want God gee sy hele Gees vir Hom. 35 Die Vader is lief vir die Seun en Hy het alles vir die Seun gegee, sodat die Seun oor alles en almal kan regeer. 36 Elkeen wat in die Seun glo, het die tewige lewe. Maar elkeen wat ongehoorsaam is aan die Seun, sal nie die lewe kry nie. God sal aanhou om hom te straf.

John 3

Jesus Teaches Nicodemus

1 There was a Pharisee named Nicodemus. He was one of the Jewish rulers.2 He came to Jesus at night and said, "Rabbi, we know you are a teacher who has come from God. We know that God is with you. If he weren't, you couldn't do the miraculous signs you are doing."
3 Jesus replied, "What I'm about to tell you is true. No one can see God's kingdom without being born again."
4 "How can I be born when I am old?" Nicodemus asked. "I can't go back inside my mother! I can't be born a second time!"
5 Jesus answered, "What I'm about to tell you is true. No one can enter God's kingdom without being born through water and the Holy Spirit.6 People give birth to people. But the Spirit gives birth to spirit.7 You should not be surprised when I say, 'You must all be born again.'
8 "The wind blows where it wants to. You hear the sound it makes. But you can't tell where it comes from or where it is going. It is the same with everyone who is born through the Spirit."
9 "How can this be?" Nicodemus asked.
10 "You are Israel's teacher," said Jesus. "Don't you understand these things?
11 "What I'm about to tell you is true. We speak about what we know. We give witness to what we have seen. But still you people do not accept our witness.12 I have spoken to you about earthly things, and you do not believe. So how will you believe if I speak about heavenly things?
13 "No one has ever gone into heaven except the One who came from heaven. He is the Son of Man.14 Moses lifted up the snake in the desert. The Son of Man must be lifted up also.15 Then everyone who believes in him can live with God forever.
16 "God loved the world so much that he gave his one and only Son. Anyone who believes in him will not die but will have eternal life.
17 "God did not send his Son into the world to judge the world. He sent his Son to save the world through him.18 Anyone who believes in him is not judged. But anyone who does not believe is judged already. He has not believed in the name of God's one and only Son.
19 "Here is the judgment. Light has come into the world, but people loved darkness instead of light. They loved darkness because what they did was evil.
20 "Everyone who does evil things hates the light. They will not come into the light. They are afraid that what they do will be seen.21 But anyone who lives by the truth comes into the light. He does this so that it will be easy to see that what he has done is with God's help."

John the Baptist Gives Witness About Jesus

22 After this, Jesus and his disciples went out into the countryside of Judea. There he spent some time with them. And he baptized people there.
23 John was also baptizing. He was at Aenon near Salim, where there was plenty of water. People were coming all the time to be baptized.24 That was before John was put in prison.
25 Some of John's disciples and a certain Jew began to argue. They argued about special washings to make people "clean."26 They came to John and said to him, "Rabbi, that man who was with you on the other side of the Jordan River is baptizing people. He is the one you gave witness about. Everyone is going to him."
27 John replied, "A person can receive only what God gives him from heaven.28 You yourselves are witnesses that I said, 'I am not the Christ. I was sent ahead of him.'29 The bride belongs to the groom. The friend who helps the groom waits and listens for him. He is full of joy when he hears the groom's voice. That joy is mine, and it is now complete.30 He must become more important. I must become less important.
31 "The One who comes from above is above everything. The one who is from the earth belongs to the earth and speaks like someone from the earth. The One who comes from heaven is above everything.32 He gives witness to what he has seen and heard. But no one accepts what he says.33 Anyone who has accepted it has said, 'Yes. God is truthful.'34 The One whom God has sent speaks God's words. God gives the Holy Spirit without limit.
35 "The Father loves the Son and has put everything into his hands.36 Anyone who believes in the Son has eternal life. Anyone who says no to the Son will not have life. God's anger remains on him."