JOHANNES 3
Jesus onderrig Nikodémus aangaande die wedergeboorte.
1 EN daar was ’n man uit die Fariseërs met die naam van tNikodémus, t’n owerste van die Jode.
2 Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ’n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan thierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie.
3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie tweer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ’n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ’n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?
5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit twater en tGees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
6 tWat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
7 Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.
8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.
9 Nikodémus antwoord en sê vir Hom: tHoe kan hierdie dinge gebeur?
10 Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?
11 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en tons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.
12 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?
13 En tniemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe tHy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
14 En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word,
15 sodat telkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar tdie ewige lewe kan hê.
16 Want tso lief het God die wêreld gehad, dat Hy tsy eniggebore Seun tgegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
17 Want tGod het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, tmaar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
18 tHy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
19 En dit is die oordeel: tdat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die tduisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.
20 Want telkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.
21 Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.Nog ’n getuienis van Johannes die Doper.
22 HIERNA het Jesus en sy dissipels na die land van Judéa gegaan, en Hy het daar met hulle vertoef en tgedoop.
23 En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop.
24 Want tJohannes was nog nie in die gevangenis gewerp nie.
25 Daar het toe van die kant van die dissipels van Johannes ’n redenasie met die Jode ontstaan oor tdie reiniging.
26 En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, Hy wat saam met u toorkant die Jordaan was, tvan wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe.
27 Johannes antwoord en sê: ’n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie.
28 Julle is self my getuies dat ek gesê het: tEk is nie die Christus nie; maar tdat ek voor Hom uitgestuur is.
29 Hy wat die bruid het, is tdie bruidegom; maar tdie vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome.
30 tHy moet meer word, maar ek minder.
31 tHy wat van bo kom, is bo almal; thy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.
32 En wat Hy tgesien en tgehoor het, dit getuig Hy; en tniemand neem sy getuienis aan nie.
33 Wie sy getuienis aangeneem het, thet sy seël daarop gesit dat tGod waaragtig is.
34 Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie.
35 tDie Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.
36 tHy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.
John 3
1 Now there was a man of the Pharisees named Nicodemus, a ruler of the Jews.
2 The same came to him by night, and said to him, “Rabbi, we know that you are a teacher come from God, for no one can do these signs that you do, unless God is with him.”
3 Jesus answered him, “Most certainly, I tell you, unless one is born anew,t he can’t see the Kingdom of God.”
4 Nicodemus said to him, “How can a man be born when he is old? Can he enter a second time into his mother’s womb, and be born?”
5 Jesus answered, “Most certainly I tell you, unless one is born of water and spirit, he can’t enter into the Kingdom of God!6 That which is born of the flesh is flesh. That which is born of the Spirit is spirit.7 Don’t marvel that I said to you, ‘You must be born anew.’
8 The windt blows where it wants to, and you hear its sound, but don’t know where it comes from and where it is going. So is everyone who is born of the Spirit.”
9 Nicodemus answered him, “How can these things be?”
10 Jesus answered him, “Are you the teacher of Israel, and don’t understand these things?11 Most certainly I tell you, we speak that which we know, and testify of that which we have seen, and you don’t receive our witness.12 If I told you earthly things and you don’t believe, how will you believe if I tell you heavenly things?13 No one has ascended into heaven, but he who descended out of heaven, the Son of Man, who is in heaven.14 As Moses lifted up the serpent in the wilderness, even so must the Son of Man be lifted up,15 that whoever believes in him should not perish, but have eternal life.16 For God so loved the world, that he gave his one and only Son, that whoever believes in him should not perish, but have eternal life.17 For God didn’t send his Son into the world to judge the world, but that the world should be saved through him.18 He who believes in him is not judged. He who doesn’t believe has been judged already, because he has not believed in the name of the one and only Son of God.19 This is the judgment, that the light has come into the world, and men loved the darkness rather than the light; for their works were evil.20 For everyone who does evil hates the light, and doesn’t come to the light, lest his works would be exposed.
21 But he who does the truth comes to the light, that his works may be revealed, that they have been done in God.”
22 After these things, Jesus came with his disciples into the land of Judea. He stayed there with them, and baptized.23 John also was baptizing in Enon near Salim, because there was much water there. They came, and were baptized.24 For John was not yet thrown into prison.25 There arose therefore a questioning on the part of John’s disciples with some Jews about purification.
26 They came to John, and said to him, “Rabbi, he who was with you beyond the Jordan, to whom you have testified, behold, the same baptizes, and everyone is coming to him.”
27 John answered, “A man can receive nothing, unless it has been given him from heaven.28 You yourselves testify that I said, ‘I am not the Christ,’ but, ‘I have been sent before him.’29 He who has the bride is the bridegroom; but the friend of the bridegroom, who stands and hears him, rejoices greatly because of the bridegroom’s voice. This, my joy, therefore is made full.30 He must increase, but I must decrease.31 He who comes from above is above all. He who is from the earth belongs to the earth, and speaks of the earth. He who comes from heaven is above all.32 What he has seen and heard, of that he testifies; and no one receives his witness.33 He who has received his witness has set his seal to this, that God is true.34 For he whom God has sent speaks the words of God; for God gives the Spirit without measure.35 The Father loves the Son, and has given all things into his hand.
36 One who believes in the Son has eternal life, but one who disobeyst the Son won’t see life, but the wrath of God remains on him.”