Johannes 6
1 Daarna het Jesus die Meer van Galilea (ook bekend as die Meer van Tiberias) oorgesteek.2 Die mense het Hom nie gelos nie en het om Hom saamgedrom. Hulle het die wonderlike tekens gesien wat Hy gedoen het, soos die siekes wat Hy gesond gemaak het.3 Hulle het agter Jesus aan teen die berg op geloop, tot waar Hy met sy volgelinge gaan sit het.
4 Die paasfees was naby. Dit was 'n belangrike fees vir die Jode.5 Jesus het na die groot klomp mense gekyk wat saam met Hom gekom het. Party was nog besig om teen die berg op te stap na Hom toe. Hy vra toe vir Filippus: "Is daar 'n winkel hier naby waar ons brood kan koop vir al hierdie mense?"6 Hy het dit vir Filippus gevra om te kyk wat Filippus sou sê. Hy het egter al klaar geweet hoe Hy die probleem sou oplos.7 "Al werk ek agt maande aanmekaar, sal ek nie eens genoeg geld hê om vir al hierdie mense iets te gee om te eet nie," sê Filippus.
8 Andreas, die broer van Simon Petrus, wat ook 'n getroue volgeling van Jesus was, sê toe vir Hom:9 "Wel, hier is darem 'n kind met so 'n ietsie. Hy het vyf klein garsbroodjies en twee vissies. Maar ek moet sê, ek weet nie hoe dit ons eintlik gaan help nie."
10 Jesus sê toe: "Sê vir die mense om vir hulle 'n plek te kry om te sit." Daar was gras waar die mense hulle toe lekker tuis gemaak het. Net die mans alleen was omtrent 5 000. Daar was baie mense.11 Jesus het toe die garsbroodjies by die seuntjie gevat en vir God dankie gesê vir die kos. Hy het die broodjies toe onder die mense begin uitdeel. Hy het dieselfde met die vis gedoen. En die mense het geëet, soveel as wat hulle wou.
12 Toe die mense genoeg gehad het om te eet, sê Jesus vir sy volgelinge: "Ek sien daar het heelwat kos oorgebly. Gaan maak dit bymekaar sodat niks gemors word nie."13 Die dissipels het dit gedoen en twaalf mandjies nodig gehad om die brood wat oorgebly het in te sit. Dit alles het met die vyf broodjies van die seuntjie begin.14 Die mense het dit gesit en bekyk. Hulle het besef dat hulle hier 'n teken gesien het van hoe spesiaal Jesus regtig is. Hulle sê toe vir mekaar: "Hy is definitief daardie Boodskapper van God, julle weet mos, daardie spesiale Een wat na die wêreld toe moes kom."
15 Die mense wou Jesus toe met alle geweld koning maak. Jesus het dit egter besef en toe verder teen die berg uitgeklim, net Hy alleen.
16 Teen die aand het sy dissipels weer teruggestap see toe. Dit was al donker en steeds was daar geen teken van Jesus nie. Hulle het toe maar17 in 'n skuit geklim en na Kapernaum toe begin vaar. Kapernaum was aan die oorkant van die meer. Daar kom toe 'n sterk wind op.18 Die water het baie onstuimig geword. Die dissipels het bly roei.19 Na so vyf of ses kilometer sien hulle skielik vir Jesus. Hy het sommer daar naby die skuit op die water geloop. Hulle het hulle wit geskrik.20 Jesus kalmeer hulle toe: "Toemaar, dit is net Ek. Moenie bang wees nie."21 Hulle help Hom toe in die skuit in. Dit was nie ver van die plek af waar hulle wou vasmeer nie.
22 Toe dit die volgende dag lig word, het die mense besef dat daar net een skuitjie weggevaar het en Jesus was beslis nie daarin nie. Sy dissipels is alleen, sonder Hom, daar weg.23 Intussen het daar ook ander skuitjies uit Tiberias daar aangekom.24 Toe die mense begin besef dat Jesus net so min soos sy dissipels nog in daardie omgewing was, stroom hulle na die skuitjies toe. Hulle sit toe af in die rigting van Kapernaum, op soek na Jesus.25 Daar kry hulle Hom toe ook. Hulle vra Hom toe: "Meneer, wanneer het u hier aangekom?"
26 Jesus sê toe: "Hoekom doen julle al die moeite om My so te volg? Dit is definitief nie omdat julle God in my dade raakgesien het nie. Nee, julle doen dit maar net omdat Ek vir julle kos gegee en julle lekker geëet het. Ai, alles net vir 'n ete!27 Moenie al julle energie verspil om gewone kos in die hande te probeer kry nie. Gewone kos eet julle vandag en môre is julle weer van voor af honger. Doen liewer moeite vir daardie kos wat julle vir altyd aan die lewe sal hou. As julle dit eet, sal julle nooit weer honger word nie. Die Seun van die mens sal daardie kos vir julle kan gee. God die Vader self staan mos agter alles wat sy Seun doen."
28 Hulle vra Hom toe: "Help ons: Wat moet ons doen om God tevrede te stel?"29 Jesus sê toe vir hulle: "Wil julle weet wat God wil hê julle moet doen? Hy wil hê dat julle sy Seun wat Hy na julle toe gestuur het, met oop arms sal aanvaar en julle aan sy kant sal skaar."
30 "Nou toe, wys ons wat u kan doen," sê hulle. "Die Seun van God moet mos wonderlike dinge kan doen. Laat ons sien wat u kan doen om ons te oortuig dat God aan u kant is. Wys ons wie u is. Dan eers sal ons glo wat u sê.31 Neem byvoorbeeld die wonderlike ding wat met ons voorouers gebeur het. In die woestyn het Moses vir hulle manna gegee om te eet. Daar staan geskryf: 'Hy het aan hulle brood uit die hemel gegee om te eet.'"
32 Jesus antwoord hulle: "Daardie woorde sê nie dat dit Moses was wat die brood uit die hemel gegee het nie. Dit is eintlik my Vader wat die brood uit die hemel vir julle gee. En dit is nie sommer gewone brood nie; dit is die ware brood.33 En weet julle wat is die ware brood? Dit is sy Seun wat uit die hemel kom en die ewige lewe vir mense gee."
34 Gretig sê hulle: "Gee ons asseblief van daardie brood, sommer nou en vir altyd!"
35 Jesus antwoord hulle: "Ek is die brood van die lewe; Ek gee die ewige lewe vir mense. As iemand na My toe kom en vat wat Ek hom gee, sal hy geestelik heeltemal versadig word. As hy My vertrou, sal hy nooit weer geestelik dors kry nie.
36 Ek noem dit omdat julle gesien het wat Ek doen, maar tog wil julle nie glo wat Ek vir julle sê nie.37 Die mense wat na My toe kom, is die mense wat God by My wil hê. As iemand eers eenmaal na My toe gekom het, kan Hy volledig op My staatmaak.38 Ek het mos van die hemel af gekom om te kom doen wat my Vader beplan het.39 Laat Ek julle vertel wat my Vader se plan is: Hy wil nie hê dat een enkele mens wat aan Hom en My behoort, iets oorkom nie. Ek moet hulle almal op die laaste dag liggaamlik uit die dood laat opstaan.40 Sy wens is dat elkeen wat raaksien wie die Seun is en Hom met sy hele hart aanvaar, die lewe sal kry wat nooit sal ophou nie. Ek sal daardie persoon op die laaste dag liggaamlik uit die dood laat opstaan."
41 Die Jode het toe onderlangs begin mompel omdat Jesus gesê het dat Hy die brood is wat uit die hemel gekom het.42 "Is Josef nie sy pa nie? Ja-nee, ons ken sy pa en ma goed. Ons weet mos waar hy vandaan kom. Hoe kan hy nou hier vir ons kom staan en vertel dat hy uit die hemel gekom het?"
43 "Vir wat staan julle so onder mekaar en mompel?" vra Jesus toe.44 "Spaar julleself die moeite! My Vader wat My gestuur het, trek mense na My toe wat by My hoort. Dit is die mense wat Ek op die dag van die wederkoms uit die dood sal laat opstaan. Julle moet dus nie die idee kry dat julle op julle eie sonder my Vader deel sal word van God se familie nie.45 Een van die boodskappers van God het juis dít bedoel toe hy geskryf het: 'Hulle almal sal leerlinge van God self wees.' Elkeen wat dus soos 'n goeie leerling mooi luister na wat die Vader sê, sal weet dat hy na My toe moet kom.46 Daarmee sê Ek nie dat iemand anders die Vader al persoonlik gesien het nie, behalwe die Seun. Hy was by die Vader en het van Hom af gekom. Hy het eerstehandse kennis van die Vader.47 Luister daarom mooi na wat Ek vir julle sê: die ewige lewe behoort aan daardie persoon wat 'n persoonlike volgeling en vriend van My is.48 Want Ek is die brood wat lewe gee.49 Julle voorouers het in die woestyn van die manna geëet. Dit het hulle maar tydelik gehelp, want hulle almal is uiteindelik dood.50 Die brood wat uit die hemel kom, is anders. As iemand daarvan eet, sal hy nooit doodgaan nie. Dit sal sy geestelike behoeftes vir altyd stil.51 Ek is daardie brood uit die hemel wat leef, maar ook lewe gee. As iemand dus van hierdie brood eet, sal hy tot in ewigheid leef. Die brood wat Ek gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die mense in die wêreld ook die ewige lewe kan hê."
52 Dit het die Jode onder mekaar aan die stry gesit: "Hoe kan hy sy eie liggaam vir ons te ete gee?"53 Maar Jesus het dit net nog sterker gestel: "Julle kan net die ware lewe in julle hê as julle die liggaam van die Seun van die mens eet en sy bloed drink.54 Ek herhaal, wie my liggaam eet en my bloed drink, het die lewe wat nooit sal ophou nie. Met die wederkoms sal Ek hom liggaamlik laat opstaan. Weet julle wat stil 'n mens se geestelike honger en dors?55 Dít: my liggaam is die ware geestelike voedsel en my bloed die ware geestelike drank.56 Dit werk so: as iemand my liggaam eet en my bloed drink, ontstaan daar 'n geestelike eenheid tussen ons. Vir so 'n persoon word Ek die fokus van sy lewe en Ek is ook altyd by hom.57 Die Vader, wat My gestuur het, het die lewe. Hy het aan My die lewe gegee en daarom lewe Ek. Net so sal Ek dieselfde goddelike lewe aan die persoon gee wat My 'eet'.58 Daarom kan Ek sê: hierdie brood wat uit die hemel gekom het, verskil heeltemal van die brood wat julle voorouers geëet het. Hulle almal is dood, maar wie van hierdie hemelse brood eet, sal so lank lewe as wat God daar is, en dit is vir ewig."
59 Hierdie leersame gesprek het in Kapernaum plaasgevind waar die Jode bymekaargekom het.
60 Toe hulle dit hoor, het baie van Jesus se volgelinge onder mekaar gepraat: "Het julle dit gehoor? 'n Mens praat mos nie so nie! Wie kan daarna luister?"61 Hulle kon hierdie gebrom nie vir Jesus wegsteek nie. Hy sê toe vir hulle: "Voel julle dit is te erg?62 Hoe gaan julle voel as julle My sien teruggaan hemel toe waar Ek oorspronklik vandaan kom?63 Dit moet so wees. Wanneer Ek teruggaan, kom gee die Gees vir mense die ewige lewe. 'n Mens kan dit tog nie doen nie. Ek is egter 'n uitsondering. Die Gees werk nou reeds deur my woorde en daarom kan julle die ewige lewe kry as julle luister na wat Ek vir julle sê.64 Maar daar is 'n klomp van julle wat dit ongelukkig nie wil glo nie." (Jesus het van die begin af geweet watter mense glo en watter nie. Hy het ook geweet dat Judas teen Hom sou draai.)65 Teen hierdie agtergrond sê Hy toe: "Nou verstaan julle miskien ook waarom Ek sê dat niemand 'n Christen kan word as die Vader dit nie vir hom moontlik maak nie."
66 Na dié gesprek het baie van Jesus se volgelinge nie meer in Hom belanggestel nie. Hulle het omgedraai en toe op die ou manier met hulle lewe aangegaan.
67 Jesus vra toe vir sy twaalf getrouste volgelinge: "En julle? Het julle nie ook lus om alles maar op te gee en ook weg te gaan nie?"
68 Simon Petrus antwoord: "Here, na wie anders sal ons gaan? Daar is niemand soos U nie! U vertel dan vir ons hoe om die ewige lewe te kry.69 Ons weet tog dat God U spesiaal uitgesonder het om dit te doen. Daarvan is ons doodseker."
70 Jesus sê toe: "Jy praat so. Een van julle wat hier staan, is 'n duiwel, al het Ek hom self gevra om my volgeling te word."71 (Jesus het van Judas, uit die familie van Simon Iskariot, gepraat. Hy was een van Jesus se twaalf intiemste volgelinge. Hy sou Jesus egter later verraderlik aan sy vyande uitlewer.)
John 6
The Feeding of the Five Thousand
1 After thist Jesus went away to the other side of the Sea of Galilee (also called the Sea of Tiberias).s2 A large crowd was following him because they were observing the miraculous signs he was performing on the sick.3 So Jesus went on up the mountainsides and sat down there with his disciples.4 (Now the Jewish feast of the Passovers was near.)s5 Then Jesus, when he looked upt and saw that a large crowd was coming to him, said to Philip, “Where can we buy bread so that these people may eat?”6 (Now Jesust said this to test him, for he knew what he was going to do.)s7 Philip replied,t “Two hundred silver coins wortht of bread would not be enough for them, for each one to get a little.”8 One of Jesus’ disciples,t Andrew, Simon Peter’s brother, said to him,
9 “Here is a boy who has five barley loaves and two fish, but what goodt are these for so many people?”
10 Jesus said, “Havet the people sit down.” (Now there was a lot of grass in that place.)s So the ment sat down, about five thousand in number.11 Then Jesus took the loaves, and when he had given thanks, he distributed the bread to those who were seated. He then did the same with the fish,t as much as they wanted.12 When they were all satisfied, Jesust said to his disciples, “Gather up the broken pieces that are left over, so that nothing is wasted.”
13 So they gathered them up and filled twelve baskets with broken pieces from the five barley loavess left over by the people who had eaten.
14 Now when the people saw the miraculous sign that Jesust performed, they began to say to one another, “This is certainly the Prophetswho is to come into the world.”s
15 Then Jesus, because he knew they were going to come and seize him by force to make him king, withdrew again up the mountainside alone.s
Walking on Water
16 Now when evening came, his disciples went down to the lake,t17 got into a boat, and started to cross the laket to Capernaum.s (It had already become dark, and Jesus had not yet come to them.)s18 By now a strong wind was blowing and the sea was getting rough.19 Then, when they had rowed about three or four miles,ts they caught sight of Jesus walking on the lake,t approaching the boat, and they were frightened.20 But he said to them, “It is I. Do not be afraid.”
21 Then they wanted to take him into the boat, and immediately the boat came to the land where they had been heading.
22 The next day the crowd that remained on the other side of the laket realized that only one small boatst had been there, and that Jesus had not boardedt it with his disciples, but that his disciples had gone away alone.23 But some boats from Tiberiass came to shoret near the place where they had eaten the bread after the Lord had given thanks.ss
24 So when the crowd realized that neither Jesus nor his disciples were there, they got into the boatst and came to Capernaums looking for Jesus.
Jesus’ Discourse About the Bread of Life
25 When they found him on the other side of the lake,t they said to him, “Rabbi, when did you get here?”s26 Jesus replied,t “I tell you the solemn truth,t you are looking for me not because you saw miraculous signs, but because you ate all the loaves of bread you wanted.t
27 Do not work for the food that disappears,ts but for the food that remains to eternal life – the foodt which the Son of Man will give to you. For God the Father has put his seal of approval on him.”t
28 So then they said to him, “What must we do to accomplish the deedst God requires?”t29 Jesus replied,t “This is the deedt God requirest – to believe in the one whom het sent.”30 So they said to him, “Then what miraculous sign will you perform, so that we may see it and believe you? What will you do?
31 Our ancestorst ate the manna in the wilderness, just as it is written, ‘He gave them bread from heaven to eat.’”s
32 Then Jesus told them, “I tell you the solemn truth,t it is not Moses who has given you the bread from heaven, but my Father is giving you the true bread from heaven.33 For the bread of God is the one whot comes down from heaven and gives life to the world.”
34 So they said to him, “Sir,t give us this bread all the time!”
35 Jesus said to them, “I am the bread of life. The one who comes to me will never go hungry, and the one who believes in me will never be thirsty.ts36 But I told yout that you have seen mes and still do not believe.37 Everyone whom the Father gives me will come to me, and the one who comes to me I will never send away.t38 For I have come down from heaven not to do my own will but the will of the one who sent me.39 Now this is the will of the one who sent me – that I should not lose one person of every one he has given me, but raise them all upt at the last day.
40 For this is the will of my Father – for everyone who looks on the Son and believes in him to have eternal life, and I will raise him upt at the last day.”s
41 Then the Jews who were hostile to Jesust began complaining about him because he said, “I am the bread that came down from heaven,”42 and they said, “Isn’t this Jesus the son of Joseph, whose father and mother we know? How can he now say, ‘I have come down from heaven’?”43 Jesus replied,t “Do not complain about me to one another.t44 No one can come to me unless the Father who sent me draws him,ts and I will raise him up at the last day.45 It is written in the prophets, ‘And they will all be taught by God.’s Everyone who hears and learns from the Fathert comes to me.46 (Not that anyone has seen the Father except the one who is from God – het has seen the Father.)s47 I tell you the solemn truth,t the one who believess has eternal life.t48 I am the bread of life.t49 Your ancestorst ate the manna in the wilderness, and they died.50 Thist is the bread that has come down from heaven, so that a persont may eat from it and not die.
51 I am the living bread that came down from heaven. If anyone eats from this bread he will live forever. The breadt that I will give for the life of the world is my flesh.”
52 Then the Jews who were hostile to Jesust began to argue with one another,t “How can this mant give us his flesh to eat?”53 Jesus said to them, “I tell you the solemn truth,t unless you eat the flesh of the Son of Man and drink his blood,s you have no lifet in yourselves.54 The one who eatst my flesh and drinks my blood has eternal life, and I will raise him up on the last day.s55 For my flesh is truet food, and my blood is truet drink.56 The one who eatst my flesh and drinks my blood resides in me, and I in him.s57 Just as the living Father sent me, and I live because of the Father, so the one who consumest me will live because of me.
58 Thist is the bread that came down from heaven; it is not like the bread your ancestorst ate, but then later died.t The one who eatst this bread will live forever.”
Many Followers Depart
59 Jesust said these things while he was teaching in the synagogues in Capernaum.s60 Then many of his disciples, when they heard these things,t said, “This is a difficultt saying!t Who can understand it?”t61 When Jesus was awaret that his disciples were complainingt about this, he said to them, “Does this cause you to be offended?ts62 Then what if you see the Son of Man ascending where he was before?t63 The Spirit is the one who gives life; human nature is of no help!t The words that I have spoken to you are spirit and are life.t64 But there are some of you who do not believe.” (For Jesus had already known from the beginning who those were who did not believe, and who it was who would betray him.)s
65 So Jesus added,t “Because of this I told you that no one can come to me unless the Father has allowed him to come.”t
Peter’s Confession
66 After this many of his disciples quit following himt and did not accompany himt any longer.67 So Jesus said to the twelve, “You don’t want to go away too, do you?”t68 Simon Peter answered him, “Lord, to whom would we go? You have the words of eternal life.69 Wet have come to believe and to knows that you are the Holy One of God!”ss70 Jesus replied,t “Didn’t I choose you, the twelve, and yet one of you is the devil?”t
71 (Now he said this about Judas son of Simon Iscariot,s for Judas,t one of the twelve, was going to betray him.)s