JOHANNES 6
Meer as vyfduisend mense kry genoeg kos
1 Hierna het Jesus na die oorkant van die Meer van Galilea vertrek, wat ook die Meer van Tiberias genoem word.2 'n Baie groot skare mense het Hom bly volg omdat hulle die wondertekens gesien het wat Hy gedoen het toe Hy die siekes genees het.3 Jesus het toe die berg uitgeklim en met sy dissipels op 'n plek daar gaan sit.
4 Die Pasga was naby, dit is 'n fees van die Jode.
5 Toe Jesus opkyk, sien Hy dat 'n baie groot skare mense na Hom toe aangestap kom. Hy sê daarop vir Filippus: "Waar moet ons brood gaan koop sodat die mense iets te ete kry?"
6 Jesus het dit net gesê om hom te toets, want Hy het self geweet wat Hy sou doen.
7 Filippus het Hom geantwoord: "Dit sal 'n klein fortuin kos om aan elkeen van hulle net 'n stukkie kos te gee."
8 Een van sy dissipels, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê vir Jesus:
9 "Hier is 'n seuntjie wat vyf garsbrode en twee vissies het, maar wat is dit vir só baie mense?"
10 Jesus het daarop reageer: "Reël dat die mense gaan sit." Daar was baie gras op die plek en die mense het gaan sit. Die mans was ongeveer 5 000.
11 Jesus het toe die brode geneem, 'n dankgebed gedoen en dit aan die mense wat daar gesit het, uitgedeel en ook soveel van die vissies as wat hulle wou hê.
12 Nadat die skare mense versadig was, sê Jesus vir sy dissipels: "Maak die oorskietstukke bymekaar sodat daar niks vermors word nie."
13 Hulle het dit toe bymekaargemaak en twaalf mandjies vol gemaak met oorskietstukke van die vyf garsbrode wat oorgebly het nadat die mense klaar geëet het.
14 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: "Hierdie man is regtig die profeet, die Een wat na die wêreld toe sou kom."
15 Jesus het egter agtergekom dat hulle op die punt staan om Hom te gryp om Hom koning te maak. Hy het toe weer die berg uitgeklim, net Hy alleen.
Jesus loop op die water
16 Toe dit skemeraand geword het, het Jesus se dissipels na die meer toe gegaan,17 in 'n boot geklim en na die oorkant van die meer, na Kapernaum toe begin vaar. Dit was al goed donker, maar Jesus het nog nie by hulle aangesluit nie.18 En die meer self het onstuimig gedein as gevolg van 'n sterk wind wat gewaai het.19 Toe hulle ongeveer vyf of ses kilometer weg geroei het, sien hulle Jesus op die water loop tot baie naby aan die boot, en hulle het vreesbevange geword.20 Jesus sê egter vir hulle: "Dit is Ek, hou op bang wees."
21 Hulle was gretig om Hom in die skuit te neem en die boot het onmiddellik by die oewer aangekom waarheen hulle gevaar het.
Jesus is die brood wat lewe gee
22 Die volgende dag het die skare wat oorkant die meer gestaan het, gesien dat daar net een bootjie is. Hulle het geweet dat Jesus nie saam met sy dissipels in die boot geklim het nie, maar dat sy dissipels alleen weggevaar het.23 Daar het toe ook ander bootjies van Tiberias af aangekom, naby die plek waar die mense die brood geëet het nadat daarvoor gedank is.24 Toe die skare sien dat Jesus nie daar is nie en sy dissipels ook nie, het hulle self in bootjies geklim en na Kapernaum toe oorgevaar op soek na Jesus.
25 Toe hulle Hom oorkant die meer aantref, vra hulle vir Hom: "Rabbi, wanneer het u hier aangekom?"
26 Jesus het hulle geantwoord: "Ek verseker julle, julle soek My op, nie omdat julle die wondertekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het.
27 Julle moenie werk vir die kos wat vergaan nie, maar vir dié blywende kos wat lei tot die ewige lewe. Dit sal Ek, die Seun van die Mens, aan julle voorsien, want God die Vader het My daartoe bestem."
28 Hulle het toe vir Hom gesê: "Wat moet ons doen om God se wil uit te voer?"
29 Jesus het hulle geantwoord: "Dít is God se opdrag aan julle: Glo in Hom wat die Vader gestuur het."
30 Hulle sê vir Hom: "Watter wonderteken doen u dan sodat ons kan sien en tot geloof in u kan kom? Wat besonders doen u vir ons?
31 Ons voorvaders het tog manna in die woestyn geëet soos daar geskryf staan: 'Brood uit die hemel het Hy aan hulle gegee om te eet.'"
32 Jesus het hulle daarop geantwoord: "Ek verseker julle, dis nie Moses wat aan julle die brood uit die hemel gegee het nie, maar my Vader. En dit is Hy wat nou aan julle die ware brood uit die hemel gee.
33 "Die brood van God is Hy wat uit die hemel kom en aan die mensheid lewe gee."
34 Hulle het toe vir Hom gesê: "Meneer, gee altyd vir ons hierdie brood."
35 Jesus sê vir hulle: "Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger word nie; en wie op My vertrou, sal nooit weer dors kry nie.36 Ek het mos vir julle gesê dat julle My wel sien, en tog nie glo nie.37 Elkeen wat die Vader aan My gee, sal na My toe kom; en Ek sal dié persoon wat na My toe kom, nooit verstoot nie.38 Ek het van die hemel af gekom, nie om mý wil uit te voer nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.
39 Dít is die wil van Hom wat My gestuur het: dat Ek van dié wat Hy My gegee het, nie 'n enkele een verlore sal laat gaan nie, maar elkeen op die laaste dag sal laat opstaan.
40 "Dit is die wil van my Vader dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe besit; en Ek sal hom op die laaste dag opwek."
41 Die Jode het gemor omdat Jesus gesê het: "Ek is die brood wat uit die hemel gekom het."
42 Hulle het gesê: "Is hierdie man nie Jesus, die seun van Josef nie? Ken ons nie sy pa en ma nie? Hoe kan hy nou beweer dat hy vanuit die hemel afgekom het?"
43 Jesus het reageer en vir hulle gesê: "Moenie onder mekaar protesteer nie.44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe laat kom nie; en Ek sal daardie persoon op die laaste dag opwek.45 In die profete staan daar geskryf: 'Hulle sal almal deur God onderrig word.' Elkeen wat na die Vader geluister en van Hom geleer het, kom na My toe.
46 Nie dat iemand al die Vader gesien het nie, behalwe Hy wat van die Vader af gekom het - Hý het die Vader gesien.
47 "Ek verseker julle, wie aanhou glo, het reeds die ewige lewe.48 Ek is die brood wat lewe gee.49 Julle voorvaders het in die woestyn manna geëet en tog gesterf.50 Hierdie is die brood wat uit die hemel gekom het sodat iemand daarvan kan eet en nie sterf nie.
51 Ek is die brood wat lewe gee, wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy vir altyd lewe. En die brood wat Ek beskikbaar sal stel, is my liggaam. Dit doen Ek ter wille daarvan dat die wêreld kan lewe."
52 Die Jode het toe heftig onder mekaar begin stry en gesê: "Hoe kan hierdie man sy liggaam aan ons gee om te eet?"
53 Jesus het toe teenoor hulle reageer: "Ek verseker julle, as julle nie die liggaam van die Seun van die Mens eet en sy bloed drink nie, het julle nie deel aan die lewe nie.54 Wie my liggaam eet en my bloed drink, besit die ewige lewe, en Ek sal hom op die laaste dag opwek.55 My liggaam is egte voedsel en my bloed is egte drank.
56 Wie my liggaam eet en my bloed drink, beleef 'n innige verhouding met My en Ek met hom.
57 "Soos die lewende Vader My gestuur het en Ek deur die Vader lewe, só sal hy wat My eet, ook as gevolg van My lewe.
58 "Hierdie brood wat uit die hemel gekom het, is nie soos die voorvaders wat die manna geëet en gesterf het nie. Wie hierdie brood eet, sal vir altyd lewe."
59 Jesus het hierdie dinge gesê terwyl Hy besig was om in die sinagoge van Kapernaum onderrig te gee.
Baie van Jesus se dissipels sien nie meer kans om Hom te volg nie
60 Toe baie van Jesus se dissipels dit hoor, het hulle gesê: "Hierdie boodskap is te kras, wie kan daarna luister?"
61 Jesus het besef dat sy dissipels hieroor mor en Hy het vir hulle gesê: "Gee dit julle aanstoot?62 Wat dan as julle vir My, die Seun van die Mens, sien opvaar na waar Ek vroeër was?63 Dit is die Gees wat lewend maak; die liggaam baat jou niks. Die woorde wat Ek aan julle gerig het, is Gees en lewe.64 En tog is daar sommige onder julle wat nie glo nie." (Jesus het van die heel begin af geweet wie dit is wat nie glo nie en wie dit is wat Hom gaan verraai.)
65 Daarop het Hy gesê: "Daarom het Ek aan julle gesê dat niemand in staat is om na My toe te kom as dit nie aan so 'n persoon gegun word deur die Vader nie."
66 Hieroor het baie van Jesus se dissipels teruggegaan na hulle vroeëre lewe en nie meer saam met Hom die pad geloop nie.
67 Toe sê Jesus vir die twaalf: "Wil júlle nie ook weggaan nie?"
68 Simon Petrus het Hom geantwoord: "Here, na wie toe sal ons weggaan? U het die woorde wat ewige lewe gee.
69 Ons is daarvan oortuig en weet dat U die Heilige van God is."
70 Jesus het daarop teenoor hulle reageer: "Het Ek dan nie self julle twaalf uitgesoek nie? Maar een van julle is 'n duiwel!"
71 Jesus het gepraat van Judas, die seun van Simon Iskariot, want hy sou Hom uitlewer, hy wat een van die twaalf was.
JOHN 6
Feeding Five Thousand
(Matthew 14.13-21; Mark 6.30-44; Luke 9.10-17)
1 Jesus crossed Lake Galilee, which was also known as Lake Tiberias. 2 A large crowd had seen him work miracles to heal the sick, and those people went with him.
3-4 It was almost time for the Jewish festival of Passover, and Jesus went up on a mountain with his disciples and sat down.t
5 When Jesus saw the large crowd coming toward him, he asked Philip, “Where will we get enough food to feed all these people?”
6 He said this to test Philip, since he already knew what he was going to do.
7 Philip answered, “Don't you know that it would take almost a year's wagest just to buy only a little bread for each of these people?”
8 Andrew, the brother of Simon Peter, was one of the disciples. He spoke up and said,
9 “There is a boy here who has five small loavest of barley bread and two fish. But what good is that with all these people?”
10 The ground was covered with grass, and Jesus told his disciples to tell everyone to sit down. About 5,000 men were in the crowd.
11 Jesus took the bread in his hands and gave thanks to God. Then he passed the bread to the people, and he did the same with the fish, until everyone had plenty to eat.
12 The people ate all they wanted, and Jesus told his disciples to gather up the leftovers, so that nothing would be wasted.
13 The disciples gathered them up and filled twelve large baskets with what was left over from the five barley loaves.
14 After the people had seen Jesus work this miracle, t they began saying, “This must be the Prophett who is to come into the world!”
15 Jesus realized that they would try to force him to be their king. So he went up on a mountain, where he could be alone.Jesus Walks on the Water
(Matthew 14.22-27; Mark 6.45-52)
16 That evening, Jesus' disciples went down to the lake. 17 They got into a boat and started across for Capernaum. Later that evening Jesus had still not come to them,
18 and a strong wind was making the water rough.
19 When the disciples had rowed for five or six kilometers , they saw Jesus walking on the water. He kept coming closer to the boat, and they were terrified. 20 But he said, “I am Jesus!t Don't be afraid!”
21 The disciples wanted to take him into the boat, but suddenly the boat reached the shore where they were headed.The Bread That Gives Life
22 The people who had stayed on the east side of the lake knew that only one boat had been there. They also knew that Jesus had not left in it with his disciples. But the next day 23 some boats from Tiberias sailed near the place where the crowd had eaten the bread for which the Lord had given thanks. 24 They saw that Jesus and his disciples had left. Then they got into the boats and went to Capernaum to look for Jesus.
25 They found him on the west side of the lake and asked, “Rabbi, when did you get here?”
26 Jesus answered, “I tell you for certain that you are not looking for me because you saw the miracles, t but because you ate all the food you wanted.
27 t Don't work for food that spoils. Work for food that gives eternal life. The Son of Man will give you this food, because God the Father has given him the right to do so.”
28 “What exactly does God want us to do?” the people asked.
29 Jesus answered, “God wants you to have faith in the one he sent.”
30 They replied, “What miracle will you work, so that we can have faith in you? What will you do?
31 t For example, when our ancestors were in the desert, they were given mannat to eat. It happened just as the Scriptures say, ‘God gave them bread from heaven to eat.’ ”
32 Jesus then told them, “I tell you for certain that Moses wasn't the one who gave you bread from heaven. My Father is the one who gives you the true bread from heaven.
33 And the bread that God gives is the one who came down from heaven to give life to the world.”
34 The people said, “Sir, give us this bread and don't ever stop!”
35 Jesus replied:
I am the bread that gives life! No one who comes to me will ever be hungry. No one who has faith in me will ever be thirsty. 36 I have told you already that you have seen me and still do not have faith in me.
37 Everything and everyone that the Father has given me will come to me, and I won't turn any of them away.
38 I didn't come from heaven to do what I want! I came to do what the Father wants me to do. He sent me, 39 and he wants to make certain that none of the ones he has given me will be lost. Instead, he wants me to raise them to life on the last day.t
40 My Father wants everyone who sees the Son to have faith in him and to have eternal life. Then I will raise them to life on the last day.
41 The people started grumbling because Jesus had said he was the bread that had come down from heaven.
42 They were asking each other, “Isn't he Jesus, the son of Joseph? Don't we know his father and mother? How can he say that he has come down from heaven?”
43 Jesus told them:
Stop grumbling! 44 No one can come to me, unless the Father who sent me makes them want to come. But if they do come, I will raise them to life on the last day.
45 t One of the prophets wrote, “God will teach all of them.” And so everyone who listens to the Father and learns from him will come to me.
46 The only one who has seen the Father is the one who has come from him. No one else has ever seen the Father.
47 I tell you for certain that everyone who has faith in me has eternal life.
48 I am the bread that gives life! 49 Your ancestors ate mannat in the desert, and later they died. 50 But the bread from heaven has come down, so that no one who eats it will ever die.
51 I am that bread from heaven! Everyone who eats it will live forever. My flesh is the life-giving bread I give to the people of this world.
52 They started arguing with each other and asked, “How can he give us his flesh to eat?”
53 Jesus answered:
I tell you for certain that you won't live unless you eat the flesh and drink the blood of the Son of Man. 54 But if you do eat my flesh and drink my blood, you will have eternal life, and I will raise you to life on the last day. 55 My flesh is the true food, and my blood is the true drink.
56 If you eat my flesh and drink my blood, you are one with me, and I am one with you.
57 The living Father sent me, and I have life because of him. Now everyone who eats my flesh will live because of me.
58 The bread that comes down from heaven isn't like what your ancestors ate. They died, but whoever eats this bread will live forever.
59 Jesus was teaching in a synagogue in Capernaum when he said these things.The Words of Eternal Life
60 Many of Jesus' disciples heard him and said, “This is too hard for anyone to understand.”
61 Jesus knew that his disciples were grumbling. So he asked, “Does this bother you? 62 What if you should see the Son of Man go up to heaven where he came from? 63 t The Spirit is the one who gives life! Human strength can do nothing. The words that I have spoken to you are from that life-giving Spirit.
64 But some of you refuse to have faith in me.” Jesus said this, because from the beginning he knew who would have faith in him. He also knew which one would betray him.
65 Then Jesus said, “You cannot come to me, unless the Father makes you want to come. That is why I have told these things to all of you.”
66 Because of what Jesus said, many of his disciples turned their backs on him and stopped following him. 67 Jesus then asked his twelve disciples if they also were going to leave him. 68 t Simon Peter answered, “Lord, there is no one else that we can go to! Your words give eternal life.
69 We have faith in you, and we are sure that you are God's Holy One.”
70 Jesus told his disciples, “I chose all twelve of you, but one of you is a demon!” 71 Jesus was talking about Judas, the son of Simon Iscariot.t He would later betray Jesus, even though he was one of the twelve disciples.