previous next

Johannes 6

Jesus gee vir baie mense kos

(Ook Matt 14:13-14,16-21; Mark 6:32-34,37-44; Luk 9:10-11,13-17)

1 Jesus het na die ander kant van die See van Galilea gegaan. Die mense het dit ook die See van Tiberias genoem. 2 Baie mense het saam met Jesus gegaan, want hulle het die twondertekens gesien toe Hy siek mense gesond gemaak het. 3 Jesus het teen die berg opgegaan en Hy en sy tdissipels het daar gaan sit. 4 Die Joodse tPaasfees was naby.

5 Jesus het gesien baie mense kom na Hom toe. Toe sê Hy vir Filippus: “Waar gaan ons brood koop vir al hierdie mense om te eet?”
6 Jesus het dit gesê omdat Hy wou kyk wat Filippus gaan doen. Jesus het klaar geweet wat Hy gaan doen.

7 Filippus het vir Jesus gesê: “As ons 200 tsilwer geldstukke het, sal dit te min wees om vir elkeen van hierdie mense ’n stukkie brood te koop.”
8 Simon Petrus se broer, Andreas, was een van Jesus se dissipels. Hy het vir Jesus gesê:

9 “Hier is ’n seuntjie wat vyf tgarsbrode en twee visse het, maar dit is te min vir so baie mense.”

10 Jesus het vir die dissipels gesê: “Julle moet vir die mense sê hulle moet gaan sit.”
Daar was genoeg gras waarop die mense kon sit. Daar was baie mense. Die mans was omtrent 5 000.
11 Toe het Jesus die brood geneem. Hy het gebid en vir God dankie gesê vir die brood. Jesus het die brood gegee vir die mense wat daar sit. Hy het ook vir hulle van die vis gegee. Daar was baie kos, die mense kon genoeg eet.

12 Toe die mense genoeg geëet het, sê Jesus vir sy dissipels: “Julle moet al die stukkies kos optel wat oorgebly het. Ons moet dit nie mors nie.”
13 Die dissipels het die stukkies bymekaargemaak. Daar het twaalf mandjies vol oorgebly nadat die mense van die vyf garsbrode geëet het.

14 Die mense het gesien dat Jesus ’n wonderteken gedoen het. Hulle sê toe: “Nou weet ons Hy is tdie Profeet wat na die wêreld toe kom.”

15 Die mense wou Jesus gryp en Hom koning maak. Maar toe Jesus dit sien, het Hy weer weggegaan na die berg. Hy het alleen gegaan.

Jesus loop op die see

(Ook Matt 14:22-27; Mark 6:45-52)


16 Dit het aand geword, en Jesus se tdissipels het na die see gegaan. 17 Hulle het in ’n boot geklim en hulle het probeer om oor die see na die stad Kapernaum te gaan. Later was dit donker en Jesus het nog nie na hulle toe gekom nie. 18 Die branders op die see was wild, want daar het ’n sterk wind gewaai. 19 Toe die dissipels omtrent t25 of 30 stadioi geroei het, sien hulle vir Jesus. Hy het op die see geloop en Hy het naby die boot gekom. Die dissipels het bang geword,

20 maar Jesus het vir hulle gesê: “Dit is Ek! Julle moenie bang wees nie.”

21 Toe wou die dissipels hê Jesus moet in die boot klim. Dadelik daarna het hulle met die boot by die plek aangekom waarnatoe hulle wou gaan.

Die mense soek vir Jesus


22 Die volgende dag het die mense wat nog anderkant die see was, gesien daar is net een bootjie. Hulle het geweet Jesus het nie saam met sy tdissipels in die boot geklim nie, die dissipels het alleen weggegaan. 23 Daar het ook ander bootjies van die stad Tiberias aangekom naby die plek waar die mense die brood geëet het nadat die Here Jesus gebid en vir God dankie gesê het.

24 Die mense het gesien Jesus en sy dissipels is nie daar nie. Hulle het toe in die bootjies geklim en hulle het na die stad Kapernaum gegaan om vir Jesus te soek.

Jesus is die brood wat geestelike lewe gee


25 Toe die mense vir Jesus daar in Kapernaum kry, vra hulle vir Hom: “tRabbi, wanneer het U hiernatoe gekom?”
26 Jesus het vir hulle gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Julle soek My, maar nie omdat julle die twondertekens gesien het wat Ek doen nie. Julle soek My omdat julle so lekker brood geëet het.

27 Julle moenie net werk om kos te kry nie, kos wat sleg word. Julle moet alles doen om die kos te kry wat goed bly tot in die tewige lewe. Ek, die tSeun van die mens, sal vir julle daardie soort kos gee. Ek kan dit doen, want God die Vader het gesê Ek mag dit doen.”

28 Toe vra die mense vir Jesus: “Wat moet ons doen as ons wil doen wat God wil hê?”

29 Jesus het vir hulle gesê: “As julle wil doen wat God wil hê, dan moet julle in My glo, want God het My na die wêreld gestuur.”
30 Toe sê die mense vir Jesus: “Watter wonderteken sal jy doen sodat ons dit kan sien en in jou kan glo? Wat sal jy doen?

31 Ons tvoorvaders het tmanna in die woestyn geëet. In die Ou Testament is geskryf:
tHy het vir hulle brood gegee
om te eet,
die brood wat uit
die hemel kom.”
32 Jesus het vir die mense gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Julle dink dit is Moses wat vir julle die brood gegee het wat uit die hemel gekom het. Nee, dit is my Vader wat nou vir julle die regte brood gee wat uit die hemel kom.

33 Die brood wat God gee, is Iemand wat uit die hemel kom om vir die mense van die wêreld die ware lewe te gee.”

34 Die mense het vir Jesus gevra: “Meneer, jy moet altyd vir ons van hierdie brood gee.”
35 Jesus het vir hulle gesê: “Ek is die brood wat die lewe gee. Almal wat na My toe kom, sal nooit tgeestelik honger word nie. Almal wat in My glo, sal nooit geestelik dors word nie. 36 Maar Ek het klaar vir julle gesê dat julle sien wat Ek doen, maar julle glo nie in My nie. 37 Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My toe kom. Ek sal iemand wat na My toe kom, nooit wegjaag nie. 38 Ek het uit die hemel gekom, nie om self te besluit wat Ek wil doen nie, maar om te doen wat die Vader wil hê Ek moet doen, die Vader wat My gestuur het. 39 Die Vader wat My gestuur het, wil hê Ek moenie een van die mense wat Hy vir My gegee het, laat tverlore gaan nie. Hy wil hê Ek moet hulle op die tlaaste dag weer laat lewe.

40 My Vader wil hê elkeen wat My sien en wat glo in My, die Seun, moet die ewige lewe kry. Ek sal hulle almal op die laaste dag weer laat lewe.”
41 Die Jode was baie ontevrede en hulle het oor Jesus begin kla. Hulle het nie daarvan gehou dat Jesus gesê het Hy is die brood wat uit die hemel kom nie.

42 Die Jode het vir mekaar gesê: “Jesus is die seun van Josef, ons ken sy pa en sy ma. Hy kan nie sê dat hy uit die hemel kom nie.”
43 Jesus het vir hulle gesê: “Julle moet ophou kla. 44 My Vader het My na die wêreld gestuur. As die Vader iemand nie trek nie, dan kan daardie persoon nie na My toe kom nie, en Ek sal hom op die laaste dag weer laat lewe.

45 Een van die tprofete in die Ou Testament het geskryf:
tHulle sal almal
God se leerlinge wees.
“Dit beteken dat elkeen wat na die Vader luister en wat by Hom leer, na My toe kom.
46 Dit beteken nie dat iemand anders ook die Vader gesien het nie. Net Ek het die Vader gesien, Ek wat van God kom. 47 Ek sê vir julle, en dit is seker: Elkeen wat in My glo, sal altyd lewe. 48 Ek is die brood wat die ewige lewe gee. 49 Julle voorvaders het manna geëet in die woestyn, maar hulle het later gesterf. 50 Maar die brood wat uit die hemel kom, is anders. Elkeen wat van hierdie brood eet, sal nooit sterf nie.

51 Ek is die brood wat self lewe en wat ook lewe gee. Ek kom uit die hemel. As iemand van hierdie brood eet, dan sal hy altyd lewe. Die brood wat Ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die mense van die wêreld altyd kan lewe.”

52 Die Jode het toe baie met mekaar gestry en gesê: “Hoe kan Jesus vir ons sy liggaam gee om te eet?”
53 Jesus het vir hulle gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Ek is die Seun van die mens. As julle nie die liggaam van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, dan sal julle nie altyd lewe nie. 54 Iemand wat tmy liggaam eet en my bloed drink, sal altyd lewe. Ek sal hom op die laaste dag weer laat lewe. 55 Dit sal gebeur, want my liggaam en my bloed is die ware kos. 56 Wanneer iemand my liggaam eet en my bloed drink, dan is Ek by hom en hy is by My. 57 Die Vader lewe. Hy het My gestuur en Hy laat My lewe. So laat Ek ook almal lewe wat tmy liggaam eet.

58 Julle moet verstaan dat die brood wat uit die hemel gekom het, heeltemal anders is as die manna wat julle voorvaders in die woestyn geëet het. Hulle het nie aangehou lewe nie, hulle het gesterf, maar iemand wat hierdie brood uit die hemel eet, sal altyd lewe.”

59 Jesus het al hierdie dinge oor die brood wat uit die hemel kom, vir die mense geleer in die tsinagoge in Kapernaum.

Jesus se woorde laat mense altyd lewe

(Ook Matt 16:16; Mark 8:29; Luk 9:20)


60 Baie van Jesus se tdissipels het gehoor wat Hy sê oor die brood uit die hemel. Hulle sê toe: “Die dinge wat Jesus sê, is baie moeilik om te verstaan. Ons wil dit nie hoor nie.”
61 Niemand het dit vir Jesus gesê nie, maar Hy het geweet dat sy dissipels kla. Hy het vir hulle gevra: “Hou julle nie van die dinge wat Ek sê nie? 62 Wat sal julle sê wanneer julle sien dat Ek, die tSeun van die mens, teruggaan na die hemel waar Ek voorheen was? 63 Dit is die Heilige Gees wat vir julle waarlik weer laat lewe. Julle kan dit nie self doen nie. Wanneer Ek met julle praat, dan kom die Gees na julle toe en Hy laat julle waarlik lewe.

64 Maar party van julle glo nie in My nie.”
Jesus het van die begin af geweet wie nie in Hom sal glo nie. Hy het ook van die begin af geweet wie Hom sal tverraai.

65 Jesus het ook vir hulle gesê: “Dit is hoekom Ek vir julle gesê het niemand kan self na My toe kom nie. Die Vader bring hom na My toe.”
66 Hieroor het baie van Jesus se dissipels teruggegaan. Hulle wou nie langer saam met Jesus gaan nie.

67 Toe vra Jesus vir die twaalf dissipels: “En julle, wil julle ook weggaan?”
68 Simon Petrus het vir Jesus gesê: “Nee, Here, daar is niemand na wie toe ons kan gaan nie. Die dinge wat U sê, laat mense altyd lewe.

69 Ons glo en weet dat U die tHeilige is wat van God kom.”

70 Jesus het vir hulle gesê: “Ek het twaalf van julle gekies om dissipels te wees, maar een van julle is ’n tduiwel!”
71 Jesus het gepraat van Judas, die seun van Simon Iskariot. Judas was een van Jesus se dissipels, maar hy het later vir Jesus verraai.

John 6

Jesus Feeds the Five Thousand

1 Some time after this, Jesus crossed over to the other side of the Sea of Galilee. It is also called the Sea of Tiberias.2 A large crowd of people followed him. They had seen the miraculous signs he had done on those who were sick.
3 Then Jesus went up on a mountainside. There he sat down with his disciples.4 The Jewish Passover Feast was near.
5 Jesus looked up and saw a large crowd coming toward him. So he said to Philip, "Where can we buy bread for these people to eat?"6 He asked this only to put Philip to the test. He already knew what he was going to do.
7 Philip answered him, "Eight months' pay would not buy enough bread for each one to have a bite!"
8 Another of his disciples spoke up. It was Andrew, Simon Peter's brother.9 He said, "Here is a boy with five small loaves of barley bread. He also has two small fish. But how far will that go in such a large crowd?"
10 Jesus said, "Have the people sit down." There was plenty of grass in that place, and they sat down. The number of men among them was about 5,000.
11 Then Jesus took the loaves and gave thanks. He handed out the bread to those who were seated. He gave them as much as they wanted. And he did the same with the fish.
12 When all of them had enough to eat, Jesus spoke to his disciples. "Gather the leftover pieces," he said. "Don't waste anything."
13 So they gathered what was left over from the five barley loaves. They filled 12 baskets with the pieces left by those who had eaten.
14 The people saw the miraculous sign that Jesus did. Then they began to say, "This must be the Prophet who is supposed to come into the world."15 But Jesus knew that they planned to come and force him to be their king. So he went away again to a mountain by himself.

Jesus Walks on the Water

16 When evening came, Jesus' disciples went down to the Sea of Galilee.17 There they got into a boat and headed across the lake toward Capernaum. By now it was dark. Jesus had not yet joined them.
18 A strong wind was blowing, and the water became rough.19 They rowed three or three and a half miles. Then they saw Jesus coming toward the boat. He was walking on the water. They were terrified.
20 But he said to them, "It is I. Don't be afraid."
21 Then they agreed to take him into the boat. Right away the boat reached the shore where they were heading.
22 The next day the crowd that had stayed on the other side of the lake realized something. They saw that only one boat had been there. They knew that Jesus had not gotten into it with his disciples. And they knew that the disciples had gone away alone.
23 Then some boats from Tiberias landed. It was near the place where the people had eaten the bread after the Lord gave thanks.24 The crowd realized that Jesus and his disciples were not there. So they got into boats and went to Capernaum to look for Jesus.

Jesus Is the Bread of Life

25 They found him on the other side of the lake. They asked him, "Rabbi, when did you get here?"
26 Jesus answered, "What I'm about to tell you is true. You are not looking for me because you saw miraculous signs. You are looking for me because you ate the loaves until you were full.27 Do not work for food that spoils. Work for food that lasts forever. That is the food the Son of Man will give you. God the Father has put his seal of approval on him."
28 Then they asked him, "What does God want from us? What works does he want us to do?"
29 Jesus answered, "God's work is to believe in the One he has sent."
30 So they asked him, "What miraculous sign will you give us? What will you do so we can see it and believe you?31 Long ago our people ate the manna in the desert. It is written in Scripture, 'The Lord gave them bread from heaven to eat.' " (Exodus 16:4; Nehemiah 9:15; Psalm 78:24,25)
32 Jesus said to them, "What I'm about to tell you is true. It is not Moses who has given you the bread from heaven. It is my Father who gives you the true bread from heaven.33 The bread of God is the One who comes down from heaven. He gives life to the world."
34 "Sir," they said, "give us this bread from now on."
35 Then Jesus said, "I am the bread of life. No one who comes to me will ever go hungry. And no one who believes in me will ever be thirsty.
36 "But it is just as I told you. You have seen me, and you still do not believe.37 Everyone the Father gives me will come to me. I will never send away anyone who comes to me.
38 "I have not come down from heaven to do what I want to do. I have come to do what the One who sent me wants me to do.39 The One who sent me doesn't want me to lose anyone he has given me. He wants me to raise them up on the last day.40 My Father wants all who look to the Son and believe in him to have eternal life. I will raise them up on the last day."
41 Then the Jews began to complain about Jesus. That was because he said, "I am the bread that came down from heaven."42 They said, "Isn't this Jesus, the son of Joseph? Don't we know his father and mother? How can he now say, 'I came down from heaven'?"
43 "Stop complaining among yourselves," Jesus answered.44 "No one can come to me unless the Father who sent me brings him. Then I will raise him up on the last day.
45 "It is written in the Prophets, 'God will teach all of them.' (Isaiah 54:13) Everyone who listens to the Father and learns from him comes to me.
46 "No one has seen the Father except the One who has come from God. Only he has seen the Father.47 What I'm about to tell you is true. Everyone who believes has life forever.
48 "I am the bread of life.49 Long ago your people ate the manna in the desert, and they still died.50 But here is the bread that comes down from heaven. A person can eat it and not die.51 I am the living bread that came down from heaven. Everyone who eats some of this bread will live forever. The bread is my body. I will give it for the life of the world."
52 Then the Jews began to argue sharply among themselves. They said, "How can this man give us his body to eat?"
53 Jesus said to them, "What I'm about to tell you is true. You must eat the Son of Man's body and drink his blood. If you don't, you have no life in you.54 Anyone who eats my body and drinks my blood has eternal life. I will raise him up on the last day.
55 "My body is real food. My blood is real drink.56 Anyone who eats my body and drinks my blood remains in me. And I remain in him.
57 "The living Father sent me, and I live because of him. In the same way, those who feed on me will live because of me.58 This is the bread that came down from heaven. Long ago your people ate manna and died. But those who feed on this bread will live forever."
59 He said this while he was teaching in the synagogue in Capernaum.

Many Disciples Leave Jesus

60 Jesus' disciples heard this. Many of them said, "This is a hard teaching. Who can accept it?"
61 Jesus was aware that his disciples were complaining about his teaching. So he said to them, "Does this upset you?62 What if you see the Son of Man go up to where he was before?63 The Holy Spirit gives life. The body means nothing at all. The words I have spoken to you are from the Spirit. They give life.64 But there are some of you who do not believe."
Jesus had known from the beginning which of them did not believe. And he had known who was going to hand him over to his enemies.
65 So he continued speaking. He said, "This is why I told you that no one can come to me unless the Father helps him."
66 From this time on, many of his disciples turned back. They no longer followed him.
67 "You don't want to leave also, do you?" Jesus asked the Twelve.
68 Simon Peter answered him, "Lord, who can we go to? You have the words of eternal life.69 We believe and know that you are the Holy One of God."
70 Then Jesus replied, "Didn't I choose you, the 12 disciples? But one of you is a devil!"71 He meant Judas, the son of Simon Iscariot. Judas was one of the Twelve. But later he was going to hand Jesus over to his enemies.