Johannes 8
1 maar Jesus het na die Olyf-berg gegaan. 2 Vroeg die volgende oggend het Hy weer na die ttempel gegaan. Al die mense het na Jesus toe gekom. Hy het gaan sit en Hy het vir hulle geleer. 3 Iemand het gesien ’n vrou pleeg tegbreuk. Hy het dit vir die tskrifgeleerdes en die tFariseërs vertel. Hulle het die vrou na Jesus toe gebring en hulle het haar laat staan waar almal haar kon sien. 4 Hulle het vir Jesus gesê: “Meneer, iemand het gesien hierdie vrou pleeg egbreuk.
5 Die tWette van Moses sê ons moet vroue wat dit doen, doodgooi met klippe. Wat sê jy, wat moet ons doen?”
6 Hulle het dit vir Jesus gevra, want hulle wou hê Hy moes iets sê wat verkeerd is, dan kon hulle Hom daaroor beskuldig by die tJoodse Raad. Maar Jesus het gebuk en Hy het met sy vinger op die grond geskryf.
7 Hulle het aangehou om vir Jesus te vra wat Hy dink hulle moet doen. Toe het Jesus opgestaan en Hy het vir hulle gesê: “As daar een van julle is wat nog nooit sonde gedoen het nie, dan moet hy haar eerste met ’n klip gooi!”
8 Jesus het weer gebuk en Hy het op die grond geskryf. 9 Toe die mense hoor wat Jesus sê, het hulle almal weggegaan. Die leiers het eerste weggegaan, en toe het die ander mense begin weggaan. Net Jesus het daar gebly en die vrou het nog voor Hom gestaan.
10 Jesus het regop gestaan en Hy het vir die vrou gevra: “Mevrou, waar is die mense wat jou beskuldig het? Het iemand gesê die mense moet jou doodgooi met klippe?”
11 Sy het gesê: “Nee, niemand nie, Here.”
Jesus het vir haar gesê: “Ek doen dit ook nie. Jy mag gaan, maar jy moenie weer die sonde doen nie.”]Jesus is die lig vir die wêreld
12 Jesus het weer met die mense gepraat. Hy het gesê: “Ek is die lig vir die mense van die wêreld. Elkeen wat My volg, sal nie in die donker loop nie. Hy sal die lig hê wat lewe gee.”
13 Die tFariseërs het vir Jesus gesê: “Jy praat oor jouself. Ons kan nie glo wat jy oor jouself sê nie.”
14 Jesus het vir hulle gesê: “Ja, Ek praat oor Myself, maar wat Ek oor Myself sê, is waar, want Ek weet van waar Ek kom en waarnatoe Ek gaan. Julle weet nie van waar Ek kom of waarnatoe Ek gaan nie. 15 Julle kyk na mense se buitekant en dan toordeel julle die mense. Ek oordeel niemand nie. 16 Wanneer Ek mense oordeel, dan oordeel Ek reg, want dit is nie Ek alleen wat oordeel nie. Dit is Ek en die Vader wat oordeel, die Vader wat My na die wêreld gestuur het. 17 In julle wette is daar geskryf dat wanneer twee mense dieselfde sê oor iemand, dan is dit waar.
18 En daar is twee wat dieselfde dinge sê oor My: Dit is Ek en die Vader wat My na die wêreld gestuur het.”
19 Die mense vra toe vir Jesus: “Waar is jou vader?”
Jesus het gesê: “Julle ken My nie. Julle ken ook nie my Vader nie. Omdat julle My nie ken nie, ken julle ook nie my Vader nie.”
20 Jesus het dit alles gesê toe Hy vir die mense by die tdankoffer-kis in die ttempel geleer het. Niemand het Hom gevang nie, want dit was nog nie sy ttyd nie.Die Jode kan nie kom waar Jesus gaan nie
21 Jesus het weer met die Jode gepraat. Hy het gesê: “Ek gaan weg. Julle sal My soek, maar julle sal My nie kry nie. Julle is sondaars, en wanneer julle sterf, sal julle nog sondaars wees. Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie.”
22 Die Jode het gesê: “Hy sê ons kan nie kom waar hy gaan nie. Wil hy homself doodmaak? Ons dink nie hy sal dit doen nie.”
23 Jesus het vir hulle gesê: “Julle kom van die aarde, maar Ek kom van die hemel. Ja, julle is mense van hierdie wêreld, maar Ek is nie van hierdie wêreld nie.
24 Ek het vir julle gesê julle is sondaars en wanneer julle sterf, sal julle nog sondaars wees. As julle nie glo dat Ek God is nie, dan sal julle nog sondaars wees wanneer julle sterf.”
25 Die Jode vra toe vir Hom: “Wie is jy?”
Jesus het vir hulle gesê: “Ek kan met julle praat, maar dit sal nie help nie.
26 Ek kan nog baie ander dinge oor julle sê en Ek kan julle toordeel. Hy wat My na die wêreld gestuur het, doen reg. Ek vertel vir die mense van die wêreld alles wat Ek by Hom gehoor het.”
27 Die Jode het nie verstaan dat Hy met hulle van die Vader in die hemel praat nie. 28 Jesus het vir hulle gesê: “Wanneer julle My, die tSeun van die mens, aan die tkruis opgehang het, dan sal julle besef dat Ek ook God is. Dan sal julle weet Ek, die Seun, doen nie self dinge nie. Nee, Ek sê net wat die Vader vir My geleer het.
29 Die Vader wat My na die wêreld gestuur het, is by My. Hy het My nie alleen gelos nie, want Ek doen altyd die dinge waarvan Hy hou.”
30 Terwyl Jesus hierdie dinge gesê het, het baie Jode in Hom begin glo.Die waarheid maak mense vry
31 Jesus het vir die Jode wat in Hom glo, gesê: “As julle glo en doen wat Ek sê, dan sal julle regtig my tdissipels wees.
32 Dan sal julle weet wat die waarheid is, en die waarheid sal julle vrymaak.”
33 Hulle sê toe vir Jesus: “Ons is die tnageslag van Abraham. Ons was nog nooit iemand se tslawe nie. Hoekom sê jy ons sal vry word?”
34 Jesus het vir hulle gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: As ’n mens sonde doen, dan is hy ’n slaaf van die sonde. 35 ’n Slaaf bly nie altyd by die familie nie, maar ’n seun bly altyd een van die familie. 36 As Ek, die Seun, julle vrymaak, dan sal julle regtig vry wees. 37 Ek weet julle is die nageslag van Abraham. Maar julle wil My doodmaak omdat julle nie wil glo wat Ek sê nie.
38 Ek sê vir julle wat Ek by mý Vader gesien het. Julle doen wat julle by júlle vader gehoor het.”
39 Die Jode het vir Jesus gesê: “Abraham is ons vader.”
Jesus sê vir hulle: “As julle kinders van Abraham is, dan sal julle doen wat Abraham gedoen het. 40 Maar nou wil julle My doodmaak, en dit is Ek wat vir julle die waarheid vertel het wat Ek by God gehoor het. Abraham het nie dit gedoen nie.
41 Nee, julle doen dinge wat julle vader doen.”
Die Jode het vir Jesus gesê: “Ons is nie tbuite-egtelike kinders nie. Ons het net een Vader. Dit is God!”
42 Jesus het vir hulle gesê: “God is nie julle Vader nie, want julle is nie lief vir My nie. Ek het van God gekom en Ek is nou hier by julle. Ek het nie self besluit om te kom nie. Nee, God het My na die wêreld gestuur. 43 Hoekom verstaan julle nie wat Ek vir julle sê nie? Dit is omdat julle nie regtig wil luister na wat Ek sê nie. 44 tDie duiwel is julle vader en julle wil doen wat hy wil hê julle moet doen. Van die begin van die wêreld maak die duiwel mense dood. Hy praat nie die waarheid nie, want hy weet niks van die waarheid nie. Die duiwel lieg altyd, hy kan niks anders doen nie. Hy lieg en hy laat mense lieg. 45 Julle glo My nie, want Ek praat die waarheid. 46 Kan een van julle bewys dat Ek ’n sondaar is? Nee, julle kan nie. Hoekom glo julle My nie wanneer Ek die waarheid praat nie?
47 Iemand wat aan God behoort, luister na wat God sê. Julle luister nie na wat Hy sê nie, want julle behoort nie aan God nie.”Jesus is ouer as Abraham
48 Die Jode het vir Jesus gesê: “Ons is reg wanneer ons sê jy is ’n tSamaritaan en dit is ’n tduiwel wat jou so laat praat.”
49 Jesus het gesê: “Nee, dit is nie ’n duiwel wat My so laat praat nie. Ek teer my Vader, maar julle eer My nie. 50 Dit is nie Ek wat wil hê julle moet sê Ek is belangrik nie. Dit is my Vader wat wil hê julle moet sê Ek is belangrik. Dit is Hý wat mense toordeel.
51 Ek sê vir julle, en dit is seker: As iemand doen wat Ek sê, dan sal hy nooit sterf nie.”
52 Toe sê die Jode vir Jesus: “Nou weet ons dit is ’n duiwel wat jou so laat praat. Abraham het gesterf en die tprofete het gesterf. Maar nou sê jy as iemand doen wat jy sê, dan sal hy nooit sterf nie.
53 Jy is nie belangriker as Abraham nie, en hy het gesterf. Jy is ook nie belangriker as die profete nie, en hulle het gesterf. Moenie dink jy is so belangrik nie!”
54 Jesus het gesê: “Ek sê nie self Ek is belangrik nie, want as Ek dit sê, dan beteken my woorde niks. Die Vader sê Ek is belangrik, dié Vader vir wie julle sê: ‘Ons God.’ 55 Maar julle ken nie die Vader nie. Ek ken Hom. Ek kan nie sê dat Ek Hom nie ken nie. As Ek sê Ek ken Hom nie, dan praat Ek nie die waarheid nie, soos julle. Nee, Ek ken die Vader en Ek doen wat Hy sê.
56 Julle vader Abraham was baie bly toe hy gesien het dat Ek sal kom. Hy het dit gesien en hy was baie bly.”
57 Die Jode het vir Jesus gesê: “Dit is nie waar nie. Jy het nie vir Abraham gesien nie. Jy is nog jonk, jy is nog nie 50 jaar oud nie.”
58 Jesus het vir hulle gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Ek is God, ook voordat Abraham gelewe het.”
59 Toe het die Jode klippe opgetel om Jesus dood te gooi, maar Hy het stilletjies weggegaan uit die ttempel.
John 8
1 But Jesus went to the Mount of Olives.2 At sunrise he arrived in the temple courtyard again. All the people gathered around him there. He sat down to teach them.
3 The teachers of the law and the Pharisees brought in a woman. She had been caught in adultery. They made her stand in front of the group.4 They said to Jesus, "Teacher, this woman was caught having sex with a man who was not her husband.5 In the Law, Moses commanded us to kill such women by throwing stones at them. Now what do you say?"6 They were trying to trap Jesus with that question. They wanted to have a reason to bring charges against him.
But Jesus bent down and started to write on the ground with his finger.
7 They kept asking him questions. So he stood up and said to them, "Has any one of you not sinned? Then you be the first to throw a stone at her."
8 He bent down again and wrote on the ground.
9 Those who heard what he had said began to go away. They left one at a time, the older ones first. Soon only Jesus was left. The woman was still standing there.
10 Jesus stood up and asked her, "Woman, where are they? Hasn't anyone found you guilty?"
11 "No one, sir," she said.
"Then I don't find you guilty either," Jesus said. "Go now and leave your life of sin."
Jesus' Witness Is True
12 Jesus spoke to the people again. He said, "I am the light of the world. Those who follow me will never walk in darkness. They will have the light that leads to life."
13 The Pharisees argued with him. "Here you are," they said, "appearing as your own witness. But your witness does not count."
14 Jesus answered, "Even if I give witness about myself, my witness does count. I know where I came from. And I know where I am going. But you have no idea where I come from or where I am going.15 You judge by human standards. I don't judge anyone.
16 "But if I do judge, what I decide is right. This is because I am not alone. I stand with the Father, who sent me.17 Your own Law says that the witness of two is what counts.18 I give witness about myself. My other witness is the Father, who sent me."
19 Then they asked him, "Where is your father?"
"You do not know me or my Father," Jesus replied. "If you knew me, you would know my Father also."
20 He spoke these words while he was teaching in the temple area. He was near the place where the offerings were put. But no one arrested him. His time had not yet come.
21 Once more Jesus spoke to them. "I am going away," he said. "You will look for me, and you will die in your sin. You can't come where I am going."
22 This made the Jews ask, "Will he kill himself? Is that why he says, 'You can't come where I am going'?"
23 But Jesus said, "You are from below. I am from heaven. You are from this world. I am not from this world.24 I told you that you would die in your sins. Do you believe that I am the one I claim to be? If you don't, you will certainly die in your sins."
25 "Who are you?" they asked.
"Just what I have been claiming all along," Jesus replied.26 "I have a lot to say that will judge you. But the One who sent me can be trusted. And I tell the world what I have heard from him."
27 They did not understand that Jesus was telling them about his Father.28 So Jesus said, "You will lift up the Son of Man. Then you will know that I am the one I claim to be. You will also know that I do nothing on my own. I speak just what the Father has taught me.29 The One who sent me is with me. He has not left me alone, because I always do what pleases him."
30 Even while Jesus was speaking, many people put their faith in him.
The Children of Abraham
31 Jesus spoke to the Jews who had believed him. "If you obey my teaching," he said, "you are really my disciples.32 Then you will know the truth. And the truth will set you free."
33 They answered him, "We are Abraham's children. We have never been slaves of anyone. So how can you say that we will be set free?"
34 Jesus replied, "What I'm about to tell you is true. Everyone who sins is a slave of sin.35 A slave has no lasting place in the family. But a son belongs to the family forever.36 So if the Son of Man sets you free, you will really be free.
37 "I know you are Abraham's children. But you are ready to kill me. You have no room for my word.38 I am telling you what I saw when I was with my Father. You do what you have heard from your father. "
39 "Abraham is our father," they answered.
Jesus said, "Are you really Abraham's children? If you are, you will do the things Abraham did.40 But you have decided to kill me. I am a man who has told you the truth I heard from God. Abraham didn't do the things you want to do.41 You are doing the things your own father does."
"We are not children of people who weren't married to each other," they objected. "The only Father we have is God himself."
The Children of the Devil
42 Jesus said to them, "If God were your Father, you would love me. I came from God, and now I am here. I have not come on my own. He sent me.
43 "Why aren't my words clear to you? Because you can't really hear what I say.44 You belong to your father, the devil. You want to obey your father's wishes.
"From the beginning, the devil was a murderer. He has never obeyed the truth. There is no truth in him. When he lies, he speaks his natural language. He does this because he is a liar. He is the father of lies.
45 "But because I tell the truth, you don't believe me!46 Can any of you prove I am guilty of sinning? Am I not telling the truth? Then why don't you believe me?
47 "Everyone who belongs to God hears what God says. The reason you don't hear is that you don't belong to God."
Jesus Makes Claims About Himself
48 The Jews answered Jesus, "Aren't we right when we say you are a Samaritan? Aren't you controlled by a demon?"
49 "I am not controlled by a demon," said Jesus. "I honor my Father. You do not honor me.50 I am not seeking glory for myself. But there is One who brings glory to me. He is the judge.51 What I'm about to tell you is true. Anyone who obeys my word will never die."
52 Then the Jews cried out, "Now we know you are controlled by a demon! Abraham died. So did the prophets. But you say that anyone who obeys your word will never die.53 Are you greater than our father Abraham? He died. So did the prophets. Who do you think you are?"
54 Jesus replied, "If I bring glory to myself, my glory means nothing. You claim that my Father is your God. He is the one who brings glory to me.55 You do not know him. But I know him. If I said I did not, I would be a liar like you. But I do know him. And I obey his word.
56 "Your father Abraham was filled with joy at the thought of seeing my day. He saw it and was glad."
57 "You are not even 50 years old," the Jews said to Jesus. "And you have seen Abraham?"
58 "What I'm about to tell you is true," Jesus answered. "Before Abraham was born, I am!"
59 When he said this, they picked up stones to kill him. But Jesus hid himself. He slipped away from the temple area.