previous next

JOHANNES 8

Die owerspelige vrou.

1 MAAR Jesus het na die Olyfberg gegaan.

2 En tvroeg in die môre het Hy weer in die tempel gegaan, en al die mense het na Hom gekom, en tHy het gaan sit en hulle geleer.

3 En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het ’n vrou wat in egbreuk betrap was, na Hom gebring.

4 En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, hierdie vrou is op ’n daad van egbreuk betrap;

5 en tMoses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?

6 En dit het hulle gesê om Hom te versoek, sodat hulle iets kon hê om Hom te beskuldig; maar Jesus het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe.

7 Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: tLaat dié een van julle wat sonder sonde is, tdie eerste ’n klip op haar gooi.

8 En weer het Hy neergebuk en op die grond geskrywe.

9 En toe hulle dit hoor, het hulle, tdeur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het.

10 En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie?

11 En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en tsondig nie meer nie.

Gesprek van Jesus oor sy goddelike sending.


12 EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: tEk is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

13 Toe sê die Fariseërs vir Hom: U getuig van Uself; u getuienis is nie waar nie.

14 Jesus antwoord en sê vir hulle: tAl getuig Ek ook van Myself, my getuienis is waar, omdat Ek weet tvan waar Ek gekom het en twaarheen Ek gaan. Maar tjulle weet nie van waar Ek kom en waarheen Ek gaan nie.

15 Julle oordeel volgens die vlees. tEk oordeel niemand nie.

16 En al oordeel Ek, my oordeel is waar, omdat tEk nie alleen is nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het.

17 En dit is ook tin julle wet geskrywe dat die getuienis van twee mense waar is.

18 Dit is Ek wat van Myself getuig; en die Vader wat My gestuur het, getuig van My.

19 Hulle sê toe vir Hom: Waar is u Vader? Jesus antwoord: tJulle ken My nie en ook nie my Vader nie; tas julle My geken het, sou julle ook my Vader geken het.

20 Hierdie woorde het Jesus gespreek by tdie skatkis terwyl Hy in die tempel geleer het. En tniemand het Hom gevange geneem nie, omdat sy uur nog nie gekom het nie.

21 En Jesus het weer vir hulle gesê: Ek gaan weg, en tjulle sal My soek en in julle sonde sterwe. Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie.

22 Toe sê die Jode: tHy sal Homself tog nie om die lewe bring nie, omdat Hy sê: Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie?

23 En Hy sê vir hulle: tJulle is van benede, tEk is van bo; julle is uit hierdie wêreld, tEk is nie uit hierdie wêreld nie.

24 Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.

25 Toe sê hulle vir Hom: Wie is U dan? En Jesus antwoord hulle: Net dit wat Ek vir julle sê.

26 Ek het baie dinge om van julle te sê en te oordeel; maar Hy wat My gestuur het, is twaaragtig; en Ek, wat Ek van Hom gehoor het, dit spreek Ek tot die wêreld.

27 Hulle het nie verstaan dat Hy met hulle van die Vader gespreek het nie.

28 En Jesus sê vir hulle: Wanneer julle tdie Seun van die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit Ek is; en tuit Myself doen Ek niks nie; maar tnet wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek.

29 En Hy wat My gestuur het, is met My; tdie Vader het My nie alleen gelaat nie, tomdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is.

30 Terwyl Hy hierdie dinge spreek, thet baie in Hom geglo.

31 En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels.

32 En julle sal tdie waarheid ken, en die waarheid tsal julle vrymaak.

33 Hulle antwoord Hom: tOns is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word?

34 Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat telkeen wat die sonde doen, ’n dienskneg van die sonde is.

35 En tdie dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd.

36 As tdie Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

37 Ek weet dat julle tdie geslag van Abraham is; maar julle probeer om My om die lewe te bring, omdat my woord geen ingang in julle vind nie.

38 Ek spreek van wat Ek tby my Vader gesien het, en julle doen ook wat julle by tjul vader gesien het.

39 Hulle antwoord en sê vir Hom: tOns vader is Abraham. Jesus sê vir hulle: Joh. 1:48; Gal. 3:7,29As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen;

40 maar nou probeer julle om My om die lewe te bring, iemand wat aan julle die waarheid vertel het, wat Ek van God gehoor het. Dit het Abraham nie gedoen nie.

41 Julle doen die werke van jul vader. Toe sê hulle vir Hom: tOns is nie uit ontug gebore nie; ons het teen Vader, naamlik God.

42 En Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want tEk het uit God uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur.

43 Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie.

44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ’n tmensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer thy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ’n leuenaar is en die vader daarvan.

45 Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie.

46  tWie van julle oortuig My van sonde? En as Ek die waarheid spreek, waarom glo julle My nie?

47 Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.

48 Die Jode antwoord toe en sê vir Hom: Sê ons nie met reg dat U ’n Samaritaan is en tvan die duiwel besete is nie?

49 Jesus antwoord: Ek is nie van die duiwel besete nie; maar Ek eer my Vader, en julle doen My oneer aan.

50 En Ek soek nie tmy eer nie; daar is Een wat dit soek en wat oordeel.

51 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as iemand tmy woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie sien nie.

52 Toe sê die Jode vir Hom: Nou weet ons dat U van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete, en U sê: As iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie smaak nie.

53 Is U dan groter as ons vader Abraham wat gesterf het? En die profete het gesterwe. Vir wie gee U Uself uit?

54 Jesus antwoord: As Ek Myself verheerlik, is my heerlikheid niks nie. tDit is my Vader wat My verheerlik, van wie julle sê dat Hy julle God is.

55 En julle ken Hom nie, maar Ek ken Hom; en as Ek sê dat Ek Hom nie ken nie, sal Ek soos julle ’n leuenaar wees. Maar Ek ken Hom en bewaar sy woord.

56 Abraham, julle vader, thet hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly.

57 Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien?

58 Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek.
59  tHulle het toe klippe opgetel om Hom te stenig; maar Jesus thet stilletjies uit die tempel gegaan en tussen hulle deurgeloop; en so het Hy vertrek.

John 8

1 but Jesus went to the Mount of Olives.2 Now very early in the morning, he came again into the temple, and all the people came to him. He sat down, and taught them.3 The scribes and the Pharisees brought a woman taken in adultery. Having set her in the midst,4 they told him, “Teacher, we found this woman in adultery, in the very act.5 Now in our law, Moses commanded us to stone such.t What then do you say about her?”

6 They said this testing him, that they might have something to accuse him of.
But Jesus stooped down, and wrote on the ground with his finger.
7 But when they continued asking him, he looked up and said to them, “He who is without sin among you, let him throw the first stone at her.”

8 Again he stooped down, and with his finger wrote on the ground.
9 They, when they heard it, being convicted by their conscience, went out one by one, beginning from the oldest, even to the last. Jesus was left alone with the woman where she was, in the middle.

10 Jesus, standing up, saw her and said, “Woman, where are your accusers? Did no one condemn you?”

11 She said, “No one, Lord.”
Jesus said, “Neither do I condemn you. Go your way. From now on, sin no more.”

12 Again, therefore, Jesus spoke to them, saying, “I am the light of the world.t He who follows me will not walk in the darkness, but will have the light of life.”

13 The Pharisees therefore said to him, “You testify about yourself. Your testimony is not valid.”
14 Jesus answered them, “Even if I testify about myself, my testimony is true, for I know where I came from, and where I am going; but you don’t know where I came from, or where I am going.15 You judge according to the flesh. I judge no one.16 Even if I do judge, my judgment is true, for I am not alone, but I am with the Father who sent me.17 It’s also written in your law that the testimony of two people is valid.t

18 I am one who testifies about myself, and the Father who sent me testifies about me.”

19 They said therefore to him, “Where is your Father?”
Jesus answered, “You know neither me, nor my Father. If you knew me, you would know my Father also.”
20 Jesus spoke these words in the treasury, as he taught in the temple. Yet no one arrested him, because his hour had not yet come.

21 Jesus said therefore again to them, “I am going away, and you will seek me, and you will die in your sins. Where I go, you can’t come.”

22 The Jews therefore said, “Will he kill himself, that he says, ‘Where I am going, you can’t come?’
23 He said to them, “You are from beneath. I am from above. You are of this world. I am not of this world.

24 I said therefore to you that you will die in your sins; for unless you believe that I amt he, you will die in your sins.”

25 They said therefore to him, “Who are you?”
Jesus said to them, “Just what I have been saying to you from the beginning.

26 I have many things to speak and to judge concerning you. However he who sent me is true; and the things which I heard from him, these I say to the world.”
27 They didn’t understand that he spoke to them about the Father.28 Jesus therefore said to them, “When you have lifted up the Son of Man, then you will know that I am he, and I do nothing of myself, but as my Father taught me, I say these things.

29 He who sent me is with me. The Father hasn’t left me alone, for I always do the things that are pleasing to him.”
30 As he spoke these things, many believed in him.31 Jesus therefore said to those Jews who had believed him, “If you remain in my word, then you are truly my disciples.

32 You will know the truth, and the truth will make you free.”t

33 They answered him, “We are Abraham’s seed, and have never been in bondage to anyone. How do you say, ‘You will be made free?’
34 Jesus answered them, “Most certainly I tell you, everyone who commits sin is the bondservant of sin.35 A bondservant doesn’t live in the house forever. A son remains forever.36 If therefore the Son makes you free, you will be free indeed.37 I know that you are Abraham’s seed, yet you seek to kill me, because my word finds no place in you.

38 I say the things which I have seen with my Father; and you also do the things which you have seen with your father.”

39 They answered him, “Our father is Abraham.”
Jesus said to them, “If you were Abraham’s children, you would do the works of Abraham.
40 But now you seek to kill me, a man who has told you the truth, which I heard from God. Abraham didn’t do this.

41 You do the works of your father.”
They said to him, “We were not born of sexual immorality. We have one Father, God.”
42 Therefore Jesus said to them, “If God were your father, you would love me, for I came out and have come from God. For I haven’t come of myself, but he sent me.43 Why don’t you understand my speech? Because you can’t hear my word.44 You are of your father, the devil, and you want to do the desires of your father. He was a murderer from the beginning, and doesn’t stand in the truth, because there is no truth in him. When he speaks a lie, he speaks on his own; for he is aliar, and its father.45 But because I tell the truth, you don’t believe me.46 Which of you convicts me of sin? If I tell the truth, why do you not believe me?

47 He who is of God hears the words of God. For this cause you don’t hear, because you are not of God.”

48 Then the Jews answered him, “Don’t we say well that you are a Samaritan, and have a demon?”
49 Jesus answered, “I don’t have a demon, but I honor my Father, and you dishonor me.50 But I don’t seek my own glory. There is one who seeks and judges.

51 Most certainly, I tell you, if a person keeps my word, he will never see death.”
52 Then the Jews said to him, “Now we know that you have a demon. Abraham died, and the prophets; and you say, ‘If a man keeps my word, he will never taste of death.’

53 Are you greater than our father, Abraham, who died? The prophets died. Who do you make yourself out to be?”
54 Jesus answered, “If I glorify myself, my glory is nothing. It is my Father who glorifies me, of whom you say that he is our God.55 You have not known him, but I know him. If I said, ‘I don’t know him,’ I would be like you, a liar. But I know him, and keep his word.

56 Your father Abraham rejoiced to see my day. He saw it, and was glad.”

57 The Jews therefore said to him, “You are not yet fifty years old, and have you seen Abraham?”

58 Jesus said to them, “Most certainly, I tell you, before Abraham came into existence, I AM.t

59 Therefore they took up stones to throw at him, but Jesus was hidden, and went out of the temple, having gone through their midst, and so passed by.