previous next

Johannes 8

1 Jesus is intussen Olyfberg toe, maar nie vir lank nie.2 Teen sonop was Hy al weer in die omgewing van die tempel. Daar het die mense om Hom saamgedrom. Oudergewoonte het Hy met hulle oor God gesels.3 Die Joodse geleerdes en die Fariseërs kom toe met 'n vrou daar aan. Sy is gevang toe sy seksueel ontrou was aan haar man. Hulle laat haar toe tussen die mense staan sodat almal haar kon sien.
4 Hulle sê toe vir Jesus: "Jy is mos die hele tyd besig om mense te vertel wat hulle moet doen. Nou ja, ons het hierdie vrou op heterdaad betrap toe sy by 'n man geslaap het wat nie haar eie is nie.5 Moses se wet vertel vir ons presies wat ons met so 'n vrou moet maak: sy moet dood! Met klippe moet ons die laaste asem uit haar uitgooi. Maar sê jy nou 'n bietjie vir ons: Wat dink jy moet ons met die vrou maak?"6 Die Joodse geleerdes wou egter nie regtig hoor wat Jesus dink nie. Hulle het Hom dit maar net gevra om Hom in die moeilikheid te probeer bring. Hulle het gehoop Hy sou sy mond verbypraat en iets sê waaroor hulle Hom voor die hof kon sleep.
Maar Jesus was te uitgeslape vir hulle. Net daar waar Hy gesit het, het Hy vooroor gebuig en met sy vinger iets in die grond geskryf.
7 Die Joodse geleerdes het egter aangehou neul. Uiteindelik kyk Jesus op en sê vir hulle: "Nou goed, gaan maar aan. Julle weet skynbaar wat om te doen. Maar daar is een voorwaarde: die een van julle wat nog nooit aan God ongehoorsaam was nie, moet die leiding neem. Hy moet eerste 'n klip optel en haar daarmee gooi."8 Weer het Jesus vooroor gebuig en iets in die grond geskryf.
9 Daar staan die Joodse geleerdes toe met 'n mond vol tande. Hulle het nie geweet wat om te doen of te sê nie.
Een vir een het hulle toe maar weer tussen die mense in verdwyn. Die belangrikstes het eerste gemaak dat hulle wegkom. Hulle het die vrou net daar by Jesus gelos.
10 Jesus kyk toe weer op en sê vir haar: "En nou? Waar is al daardie mense? Kon niemand so ver kom om 'n klip op jou te gooi nie?"
11 "Nie eens een nie, Here," kom die antwoord.
Jesus sê toe: "Ek gaan ook nie. Gaan gerus, maar ook vir jou is daar 'n voorwaarde: gaan stel nou vir daardie mense 'n voorbeeld hoe om gehoorsaam aan God te leef."
12  Jesus praat toe verder met die mense: "Wat lig beteken vir iemand wat in die pikdonker sit, beteken Ek vir mense op geestelike gebied. Daarom sal iemand wat My volg se lewe nie sinloos wees soos dié van iemand wat in die donker rondstrompel nie. Hy sal sy lewe sinvol kan leef omdat hy sal kan sien wat om te doen om God tevrede te stel."
13 Die Fariseërs val Hom toe dadelik aan: "Jy praat darem baie oor jouself, nè? Dit is net 'ek, ek' die hele tyd. Iewers moet 'n skroef los wees! Al hierdie dinge wat jy sê, kan tog nie waar wees nie, want niemand anders sê dit nie, net jy."
14 "Al praat Ek ook oor Myself, kan julle maar glo wat Ek sê, want dit is die waarheid. Is dit regtig so dat iets 'n leuen is as iemand dit oor homself sê? Is dit nie baie belangriker om liewer te vra of 'n mens die persoon kan glo wat dit sê nie? Nou ja, julle kyk die Persoon mis. Julle besef glad nie wie Ek is nie. Julle het nie 'n idee waar Ek vandaan kom of waarheen Ek gaan nie. Ek weet dit egter.15 Tipies mens kyk julle net deur menslike oë. Ek sien en beoordeel dinge anders.
16 "As Ek egter dinge oor mense sê, kan julle maar weet: alles wat Ek sê, is waar. Selfs 'n regter in 'n hof sal dit moet toegee. Daar is immers twee van ons wat die waarheid daarvan waarborg. Daar is natuurlik Ek en my Vader wat My gestuur het.17 Julle eie wet sê mos dat as twee mense dieselfde sê, die regter dit ernstig moet opneem.18 Nou ja, Ek praat wel oor Myself, maar my Vader wat My gestuur het, bevestig dat alles waar is wat Ek sê."
19 "Nou toe, waar's jou pa? Wys hom vir ons!" sê hulle toe.
"Julle het nie 'n benul wat julle vra nie. Julle weet nie wie Ek is nie en nog minder wie my Vader is. As julle geweet het wie Ek is, sou julle ook dadelik geweet het wie my Vader is," kom dit toe van Jesus.
20 Hierdie gesprek het plaasgevind by die plek waar mense hulle bydraes vir die tempel kom inbetaal het. Ten spyte van hulle wraakplanne het die Jode nie eens probeer om die polisie te roep om Hom te kom vang nie. God het besluit dat die tyd daarvoor nog nie ryp was nie.
21  Jesus het verder op sy stelling uitgebrei. "Soos Ek gesê het, Ek gaan weg. Al probeer julle hoe hard, sal julle nie kan kom waar Ek heen gaan nie. En weet julle hoekom nie? Omdat julle te ongehoorsaam aan God is. Daarom sal julle sonder God doodgaan."
22 Die Jode vra toe onder mekaar: "Hierdie praatjies dat hy kwansuis na 'n plek toe gaan waar ons nie kan kom nie, klink maar verdag. Is hy dan van plan om selfmoord te pleeg?"
23 "Julle is kinders van hierdie ou aarde. In hierdie wêreld is julle wortels ingeslaan. My wortels lê egter nie in hierdie wêreld ingeslaan nie. Nee, Ek kom uit die hemel.24 Daarom kan Ek vir julle sê dat julle besig is om God heeltemal mis te loop. Glo in My. Glo dat Ek is wie Ek sê Ek is. Anders gaan julle sonder God sterf. Elke sonde wat julle gedoen het, sal dan teen julle tel."
25 "Wie ís jy presies?" wou hulle toe weet.
"Ai, moet Ek alles nou weer sê? Ek sê dit nog die hele tyd vir julle," antwoord Jesus hulle toe. "As Ek darem vir julle moes sê wat Ek van julle dink, sou Ek julle nogal 'n rukkie kon besig hou.
26 Maar daar is belangriker dinge. Ek praat liewer met julle oor die dinge wat Ek by my Vader gehoor het. Hy het My gestuur om dit te doen. En omdat Ek dit by Hom gehoor het, kan julle dit maar glo, want Hy is absoluut betroubaar."27 (Dit het nie tot die Jode deurgedring dat Jesus van die hemelse Vader praat nie.)
28 Jesus het aangegaan: "Wanneer Ek aan die kruis opgelig word, sal julle besef dat Ek werklik is wie Ek sê Ek is. Ek doen nie hierdie dinge uit my eie nie. Ek suig dit ook nie uit my duim nie. Ek sê slegs wat my Vader vir My gesê het. Die Vader laat My ook nie alleen nie.29 Hy het My gestuur en daarom bly Hy by My. Van my kant af probeer Ek altyd weer my uiterste bes vir Hom."
30 Hierdie argumente het baie mense oortuig. Hulle het Hom en sy boodskap begin aanvaar.
31  Jesus sê toe vir hierdie Jode wat hulle vertroue in Hom begin stel: "Julle is regtig my volgelinge as julle glo wat Ek sê. Hou vas daaraan en leef daarvolgens. So sal julle ontdek wat vir God belangrik en sinvol is.32 En hoe meer julle dit ontdek, hoe meer sal julle word wat God julle gemaak het, vry mense."
33 Die Jode kap toe vinnig terug: "Ons is die nageslag van Abraham. Niemand kon nog ooit ons vryheid van ons wegneem nie. Waar kom jy daaraan dat ons nou skielik vry moet word?"
34 "Dis eenvoudig: as jy sonde doen, is jy tog 'n slaaf; die sonde se slaaf, nie waar nie?" sê Jesus.35 "'n Slaaf is nie 'n permanente lid van die familie nie. 'n Seun bly egter altyd 'n kind in die gesin. Die seun is dus die een wat vir altyd julle vryheid in die gesin kan waarborg, want hy is altyd daar.36 As die Seun van God dus sê julle is vry, is julle regtig in God se gesin vry.37 Natuurlik weet Ek dat julle biologies die nageslag van Abraham is. Wie weet dit nou nie? Maar tog wil julle My doodmaak. Dit sê iets van julle geestelike vader. Julle wil mos nie aanvaar wat Ek vir julle sê nie.38 Intussen vertel Ek julle net wat Ek by die hemelse Vader gesien het. Julle moordgedagtes bewys egter alte duidelik dat Satan julle vader is. 'n Kind luister mos na wat sy pa vir hom sê."
39 Die Jode sê toe weer: "Abraham is ons pa!"
"Die werklike nageslag van Abraham sal beslis die voorbeeld volg wat Abraham gestel het.
40 Maar julle wil My sommer doodmaak omdat Ek eerlik is en vir julle die waarheid vertel. En dit is nogal die waarheid wat Ek by God self gehoor het. Abraham sou nooit soos julle gemaak het nie.
41 "Maar julle tree presies op soos julle regte pa sou optree," sê Jesus.
Hulle snap toe waarop Jesus eintlik sinspeel: "Ons is g'n buite-egtelike kinders nie! Ons het net een Vader en dit is God self."
42 Daarop antwoord Jesus toe: "As God julle Vader was, sou julle lojaal teenoor My wees en My liefhê. Kyk, hier staan Ek voor julle: Ek kom van daardie selfde God af. En Ek het nie sommer op my eie hier aangestap gekom nie. Nee, God self het My gestuur!43 Laat Ek vir julle sê waarom die dinge wat Ek sê nie vir julle sin maak nie. Julle is soos dowe mense. Nie 'n woord sink by julle in nie, want julle wil nie behoorlik luister na wat Ek sê nie. En daar is 'n goeie rede voor.44 Die duiwel is julle pa! Al wat julle wil doen, is om na julle pa te luister. Wat hy sê, doen julle. Die duiwel stel net daarin belang om mense se lewe te vernietig en hulle dood te maak. Hy was nog altyd so. Hy gee ook niks om vir die waarheid nie. Al waarin hy belangstel, is om te lieg en te bedrieg. Dit is hoe hy is. As hy sy mond oopmaak, lieg hy. 'n Mens kan niks glo wat hy sê nie. Ja-nee, hy is die oorsaak van al die bedrog en leuens in hierdie wêreld.45 Maar kyk nou wat gebeur met My. Ek kom praat die waarheid met julle, maar julle sê Ek lieg. Dit wys julle net!46 Ek daag julle uit! Bewys dat Ek een voet verkeerd gesit het, ja, dat Ek iets gedoen het waarvan God nie sal hou nie. Toe, kan julle? Nou goed, as Ek dan die waarheid praat, waarom wil julle nie aanvaar wat Ek sê nie?47 Ek kan maar net aan een rede dink: 'n kind van God sal mos graag na God luister. Julle wil nie na My luister nie, wat maar net kan beteken dat julle nie kinders van God is nie."
48  Daarvan het die Jode niks gehou nie. "Dit bewys net weer hoe reg ons nog altyd oor jou was. Jy is van jou sinne beroof en nog dom ook!"
49 "Ek is allesbehalwe van my sinne beroof," sê Jesus. "Dit is 'n kwessie van wie vir jou belangrik is. Vir My is my Vader belangrik en Ek steek dit nie weg nie. Maar al wat julle kan doen, is om My te beledig. Dit ontstel My egter nie.50 Dit is nie Ek wat graag in die kalklig wil staan nie. Dit is God wat wil hê dat mense moet dink Ek is belangrik. En Hy is die Een wat besluit wat reg of verkeerd is.51 Nou wil Ek regtig vir julle iets belangriks sê: as iemand dit wat Ek sê so ernstig opneem dat dit die enigste manier word waarop hy dink en optree, sal hy nooit, maar nooit, geestelik doodgaan nie."
52 Die Jode het nie op hulle laat wag nie. "Nou wonder ons nie meer of jy van jou sinne beroof is nie, ons weet dit! Jy raak sommer goed kwyt soos dat die een wat jou woorde ernstig opneem, nooit geestelik sal doodgaan nie. Weet jy dan nie dat Abraham gesterf het nie? En weet jy nie dat God se boodskappers van ouds almal dood is nie? Wil jy nou probeer sê dat hulle nie God se boodskap geken het nie? Wat 'n vermetelheid!53 Dink jy miskien jy is belangriker as ons vader Abraham of as die boodskappers van God? Hulle het gesterf, maar jy sal kamma nie sterf nie! Wie dink jy nou eintlik is jy?"
54 "Kyk, Ek probeer nie voorgee dat Ek belangriker is as wat Ek regtig is nie. Dit sou niks help nie," sê Jesus. "Dit is my Vader wat wil hê dat julle moet sien hoe belangrik Ek regtig is. En weet julle wie is my Vader? Dit is niemand anders as die Een wat julle julle God noem nie.55 Julle herken Hom natuurlik nie in wat Ek sê of doen nie, maar Ek weet dit is Hy. Ek ken Hom en Ek doen wat Hy sê. Ek moet dit vir julle sê. As Ek maak asof dit nie so is nie, is Ek ook net nog 'n leuenaar.56 Dit het julle vader Abraham baie opgewonde gemaak om hom net voor te stel hoe dit sou wees as Ek kom. Hy het nie daaraan getwyfel dat Ek sou kom nie en hy was bly daaroor."
57 Die Jode sê toe vir Hom: "Sjoe, dis darem 'n mond vol! Jy sê jy het Abraham gesien, maar jy's nog nie eens 50 nie."
58 Jesus sê toe: "Luister hierna: Abraham was nog nie eens gebore nie, toe was Ek al daar."
59 Dit was vir die Jode die laaste strooi. Hulle het klippe opgetel om Hom daarmee te gooi. Voor hulle hulle egter kom kry, is Jesus daar weg, die tempel uit.

John 8

A Woman Caught in Adultery

1 But Jesus went to the Mount of Olives.s2 Early in the morning he came to the temple courts again. All the people came to him, and he sat down and began to teacht them.3 The experts in the lawt and the Phariseess brought a woman who had been caught committing adultery. They made her stand in front of them4 and said to Jesus,t “Teacher, this woman was caught in the very act of adultery.5 In the law Moses commanded us to stone to deaths such women.s What then do you say?”6 (Now they were asking this in an attempt to trap him, so that they could bring charges againstt him.)s Jesus bent down and wrote on the ground with his finger.t7 When they persisted in asking him, he stood up straightt and replied,t “Whoever among you is guiltlesst may be the first to throw a stone at her.”

8 Thent he bent over again and wrote on the ground.
9 Now when they heard this, they began to drift away one at a time, starting with the older ones,t until Jesus was left alone with the woman standing before him.10 Jesus stood up straightt and said to her, “Woman,s where are they? Did no one condemn you?”

11 She replied, “No one, Lord.” And Jesus said, “I do not condemn you either. Go, and from now on do not sin any more.”]]ss

Jesus as the Light of the World

12 Then Jesus spoke out again,t “I am the light of the world.s The one who follows me will nevert walk in darkness, but will have the light of life.”13 So the Phariseess objected,t “You testify about yourself; your testimony is not true!”s14 Jesus answered,t “Even if I testify about myself, my testimony is true, because I know where I came from and where I am going. But you peoplet do not know where I came from or where I am going.s15 You peoplet judge by outward appearances;t I do not judge anyone.s16 But if I judge, my evaluation is accurate,t because I am not alone when I judge,t but I and the Father who sent me do so together.t17 It is written in your law that the testimony of two men is true.s

18 I testify about myselft and the Father who sent me testifies about me.”
19 Then they began askingt him, “Who is your father?” Jesus answered, “You do not know either me or my Father. If you knew me you would know my Father too.”s

20 (Jesust spoke these words near the offering boxtss while he was teaching in the temple courts.t No one seized him because his timet had not yet come.)s

Where Jesus Came From and Where He is Going

21 Then Jesust said to them again,t “I am going away, and you will look for met but will die in your sin.t Where I am going you cannot come.”22 So the Jewish leaderst began to say,t “Perhaps he is going to kill himself, because he says, ‘Where I am going you cannot come.’”23 Jesus replied,t “You peoplet are from below; I am from above. You people are from this world; I am not from this world.

24 Thus I told yout that you will die in your sins. For unless you believe that I am he,ts you will die in your sins.”
25 So they said to him, “Who are you?” Jesus replied,t “What I have told you from the beginning.26 I have many things to say and to judget about you, but the Fathert who sent me is truthful,t and the things I have heard from him I speak to the world.”t

27 (They did not understand that he was telling them about his Father.)s
28 Then Jesus said,t “When you lift up the Son of Man, then you will know that I am he,t and I do nothing on my own initiative,t but I speak just what the Father taught me.t29 And the one who sent me is with me. He has not left me alone,t because I always do those things that please him.”

30 While he was saying these things, many peoplet believed in him.

Abraham’s Children and the Devil’s Children

31 Then Jesus said to those Judeanst who had believed him, “If you continue to follow my teaching,t you are reallyt my disciples32 and you will know the truth, and the truth will set you free.”ts33 “We are descendantst of Abraham,” they replied,t “and have never been anyone’s slaves! How can you say,t ‘You will become free’?”34 Jesus answered them, “I tell you the solemn truth,t everyone who practicest sin is a slavet of sin.35 The slave does not remain in the familyt forever, but the son remains forever.s36 So if the sont sets you free, you will be really free.37 I know that you are Abraham’s descendants.t But you wantt to kill me, because my teachingt makes no progress among you.t

38 I am telling you the things I have seen while with thes Father;t as for you,t practice the things you have heard from thes Father!”
39 They answered him,t “Abraham is our father!”t Jesus replied,t “If you ares Abraham’s children, you would be doingst the deeds of Abraham.40 But now you are tryingt to kill me, a man who has told yout the truth I heard from God. Abraham did not do this!t

41 You peoplet are doing the deeds of your father.”
Thens they said to Jesus,t “We were not born as a result of immorality!s We have only one Father, God himself.”
42 Jesus replied,t “If God were your Father, you would love me, for I have come from God and am now here.t It have not come on my own initiative,t but het sent me.43 Why don’t you understand what I am saying? It is because you cannot acceptt my teaching.t44 You peoplet are fromt your father the devil, and you want to do what your father desires.t Het was a murderer from the beginning, and does not uphold the truth,t because there is no truth in him. Whenever he lies,t he speaks according to his own nature,t because he is a liar and the father of lies.t45 But because I am telling yout the truth, you do not believe me.46 Who among you can prove me guiltyt of any sin?t If I am telling yout the truth, why don’t you believe me?

47 The one who belongs tot God listens and respondst to God’s words. You don’t listen and respond,t because you don’t belong to God.”t
48 The Judeanst replied,t “Aren’t we correct in sayingt that you are a Samaritan and are possessed by a demon?”t49 Jesus answered, “I am not possessed by a demon,t but I honor my Father – and yett you dishonor me.50 I am not trying to gett praise for myself.t There is one who demandst it, and he also judges.t

51 I tell you the solemn truth,t if anyone obeyst my teaching,t he will never see death.”ts
52 Thens the Judeanst responded,t “Now we know you’re possessed by a demon!t Both Abraham and the prophets died, and yett you say, ‘If anyone obeyst my teaching,t he will never experiencet death.’t53 You aren’t greater than our father Abraham who died, are you?t And the prophets died too! Who do you claim to be?”54 Jesus replied,t “If I glorify myself, my glory is worthless.t The one who glorifies me is my Father, about whom you peoplet say, ‘He is our God.’55 Yett you do not know him, but I know him. If I were to say that I do not know him,t I would be a liar like you. But I do know him, and I obeyt his teaching.t

56 Your father Abraham was overjoyedt to see my day, and he saw it and was glad.”t
57 Then the Judeanst replied,t “You are not yet fifty years old!t Havet you seen Abraham?”58 Jesus said to them, “I tell you the solemn truth,t before Abraham came into existence,t I am!”s

59 Then they picked upt stones to throw at him,s but Jesus hid himself and went out from the temple area.st

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.