JOHANNES 8
Die vrou wat op heterdaad betrap is
1 Jesus het egter na die Olyfberg toe gegaan.
2 Teen dagbreek die volgende oggend het Jesus weer na die tempel toe gekom en die hele volk het na Hom toe gestroom. Hy het toe gaan sit en hulle onderrig.
3 Die skrifkenners en die Fariseërs bring toe 'n vrou wat op die daad van owerspel betrap is, en laat haar tussen hulle staan.4 Hulle sê vir Hom: "Leermeester, hierdie vrou is betrap terwyl sy besig was met 'n daad van owerspel.5 Moses het in die wet aan ons die opdrag gegee om sulke vroue te stenig, maar wat sê u daaroor?"6 Dit het hulle net gesê om Hom te toets sodat hulle iets kon kry om Hom oor aan te kla. Jesus het egter afgebuk en met sy vinger op die grond geskryf.7 Toe hulle aanhou om vrae te vra, het Jesus regop gestaan en vir hulle gesê: "Laat die een onder julle wat sondeloos is, die eerste een wees wat 'n klip na haar gooi."
8 Daarna het Jesus weer gehurk en op die grond geskryf.
9 Nadat hulle dit gehoor het, het hulle een vir een begin weggaan, eerste die familiehoofde. Jesus is alleen agtergelaat terwyl die vrou nog in hulle midde staan.
10 Toe Jesus weer orent kom, het Hy vir haar gesê: "Vrou, waar is hulle heen? Het niemand jou veroordeel nie?"
11 Sy het geantwoord: "Niemand nie, Meneer." Jesus sê toe vir haar: "Ook Ek veroordeel jou nie. Gaan maar, en moet van nou af nie meer sonde doen nie."
Jesus is die lig vir 'n mensdom in duisternis
12 Verder, by 'n ander geleentheid, het Jesus vir die mense gesê: "Ek is die lig vir die mensdom. Wie My aanhou volg, sal nooit in die duisternis leef nie, maar sal die lig hê wat lewe gee."
13 Die Fariseërs het toe vir Hom gesê: "Jy getuig oor jouself; daarom is jou getuienis nie geldig nie."
14 Jesus het reageer: "As Ek oor Myself getuig, is my getuienis geldig omdat Ek weet waarvandaan Ek gekom het en waarheen Ek teruggaan. Julle weet egter nie waarvandaan Ek kom of waarheen Ek gaan nie.15 Julle oordeel volgens die uiterlike; Ek oordeel oor niemand nie.16 As Ek egter oordeel, is my oordeel geldig omdat dit nie Ek alleen is nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het.17 In julle wet is dit opgeskryf dat die getuienis van twee persone geldig is.
18 Dit is Ek wat oor Myself getuig, asook die Vader wat My gestuur het, wat oor My getuig."
19 Hulle het toe vir Hom gesê: "Waar is jou Vader?"
Jesus het geantwoord: "Julle ken My nie en ook nie my Vader nie. As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het."
20 Jesus het hierdie stellings gemaak in die skatkamer van die tempel terwyl Hy besig was om in die tempel te onderrig. Niemand het Hom egter gearresteer nie omdat sy tyd nog nie aangebreek het nie.
Ongelowiges sterf in hulle sonde
21 Verder het Jesus vir hulle gesê: "Ek gaan weg en julle sal My soek, maar julle sal in julle sonde doodgaan. Waarheen Ek gaan, kan julle nie nou kom nie."
22 Die Jode het reageer: "Hy gaan tog nie Homself om die lewe bring nie - omdat Hy sê: 'Waarheen Ek gaan, kan julle nie kom nie'?"
23 Toe het Hy vir hulle gesê: "Julle is van hieronder. Ek is van daarbo. Julle het julle oorsprong uit hierdie wêreld; Ek het my oorsprong nie uit hierdie wêreld nie.
24 Daarom het Ek vir julle gesê dat julle sal sterf in julle sondes, want as julle nie glo dat Ek is wat Ek is nie, sal julle in julle sondes doodgaan."
25 Hulle vra Hom: "Wie is jy nou eintlik?"
Jesus se antwoord was: "Wat het Ek vir julle gesê van die heel begin af?26 Ek het baie oor julle te sê, en 'n oordeel oor julle uit te spreek, maar Hy wat My gestuur het, is eg en wat Ek by Hom gehoor het, dit deel Ek aan die wêreld mee."
27 Hulle het nie verstaan dat Hy besig was om die Vader met hulle te bespreek nie.
28 Jesus het daarop vir hulle gesê: "Eers as julle My, die Seun van die Mens, verhoog het, sal julle begryp dat Ek is wat Ek is; en dat Ek uit my eie niks doen nie, maar net praat soos die Vader My onderrig het.
29 Hy wat My gestuur het, is by My. Hy het My nie verlaat nie omdat Ek altyd die dinge doen waarvan Hy hou."
30 Terwyl Jesus hierdie dinge gesê het, het daar baie mense in Hom begin glo.
Ware afstamming van Abraham
31 Toe het Jesus vir die Jode wat tot geloof in Hom gekom het, gesê: "As julle in 'n noue verbintenis aan my boodskap leef, is julle my egte navolgers;
32 en julle sal begryp wat die waarheid beteken, en die waarheid sal julle vrymaak."
33 Hulle het Hom geantwoord: "Ons is die afstammelinge van Abraham en was nog nooit iemand se slawe nie. Hoe sê jy dan: 'Julle sal bevry word'?"
34 Jesus het hulle geantwoord: "Ek verseker julle, elkeen wat aanhou sonde doen, is 'n slaaf van die sonde.35 Die slaaf bly tog nie vir altyd in die huis nie; die seun bly wel vir altyd.36 As die Seun julle dus bevry, sal julle regtig vry wees.37 Ek is daarvan bewus dat julle die afstammelinge van Abraham is. En tog beywer julle julle om My dood te maak omdat julle nie my boodskap wil aanvaar nie.
38 Ek praat oor wat Ek by mý Vader gesien het; en julle doen wat julle by júlle pa gehoor het."
39 Hulle het daarop reageer: "Abraham is ons pa."
Jesus antwoord hulle: "As julle ware kinders van Abraham was, sou julle doen wat Abraham gedoen het.40 En nou wil julle My doodmaak - die Een wat die waarheid wat Ek by God gehoor het, aan julle kom meedeel. Dít is nie wat Abraham gedoen het nie.41 Julle doen net wat júlle pa gedoen het."
Hulle sê toe vir Hom: "Ons is nie uit owerspel gebore nie. Ons het net een Vader, en dit is God."
42 Jesus het geantwoord: "As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het van God af gekom en is nou hier. Ek het beslis ook nie uit my eie hierheen gekom nie, maar Hy het My gestuur.43 Waarom verstaan julle nie my boodskap nie? Omdat julle nie kan luister na my boodskap nie.44 Julle is uit die duiwel as julle pa gebore, en julle wil net doen wat hy as pa van julle verwag. Hy was van die heel begin af 'n mensemoordenaar. En hy is nie in die waarheid nie omdat die waarheid nie in hom is nie. Wanneer hy ook al leuens verkoop, praat hy volgens sy innerlike oortuiging omdat hy 'n leuenaar en ook die vader daarvan is.45 Omdat Ek die waarheid praat, glo julle My nie.46 Wie onder julle kan My aankla van sonde? As Ek dan die waarheid praat, waarom glo julle My nie?
47 Wie van God afkomstig is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie omdat julle nie van God afkomstig is nie."
48 Die Jode het teruggekap: "Het ons nie tereg gesê dat jy 'n Samaritaan en in die mag van 'n bose gees is nie?"
49 Jesus het geantwoord: "Ek het nie 'n bose gees nie, en Ek eer my Vader, maar julle onteer My.50 Ek soek nie my eie eer nie; daar is Iemand wat my eer soek. Laat Hý hieroor beslis.
51 Ek verseker julle, as iemand my boodskap gehoorsaam, sal hy so nimmer as te nooit sterf nie."
52 Die Jode se reaksie was: "Nou weet ons verseker dat jy in die mag van 'n bose gees is. Abraham en die profete het reeds gesterf; nietemin sê jy: 'As iemand my boodskap gehoorsaam, sal hy so nimmer as te nooit sterf nie.'
53 Jy is tog nie groter as ons vader Abraham wat reeds gesterf het nie? En die profete is ook reeds dood. As wie bied jy jouself aan?"
54 Jesus het geantwoord: "As Ek Myself verheerlik, is my heerlikheid niks werd nie. Dit is my Vader wat My verheerlik, oor Wie julle sê: 'Hy is ons God,'55 maar julle ken Hom nie. Ek ken Hom. As Ek sê: 'Ek ken Hom nie,' sal Ek net soos julle 'n leuenaar wees. Maar Ek ken Hom en Ek gehoorsaam sy woorde.
56 Abraham, julle voorvader, het met uitbundige blydskap uitgesien na my dag; en hy het dit gesien en was verheug."
57 Die Jode het toe reageer: "Jy is nog nie eers 50 jaar oud nie en jy het Abraham gesien?"
58 Jesus het vir hulle gesê: "Ek verseker julle, nog voordat Abraham bestaan het, was Ek al wat Ek is."
59 Hulle het toe klippe opgetel om Hom daarmee dood te gooi. Jesus het hulle egter ontwyk en uit die tempelgebied padgegee.
JOHN 8
1 but Jesus walked out to the Mount of Olives.
2 Then early the next morning he went to the temple. The people came to him, and he sat downt and started teaching them.
3 The Pharisees and the teachers of the Law of Moses brought in a woman who had been caught in bed with a man who wasn't her husband. They made her stand in the middle of the crowd. 4 Then they said, “Teacher, this woman was caught sleeping with a man who isn't her husband.
5 t The Law of Moses teaches that a woman like this should be stoned to death! What do you say?”
6 They asked Jesus this question, because they wanted to test him and bring some charge against him. But Jesus simply bent over and started writing on the ground with his finger.
7 t They kept on asking Jesus about the woman. Finally, he stood up and said, “If any of you have never sinned, then go ahead and throw the first stone at her!” 8 Once again he bent over and began writing on the ground.
9 The people left one by one, beginning with the oldest. Finally, Jesus and the woman were there alone.
10 Jesus stood up and asked her, “Where is everyone? Isn't there anyone left to accuse you?”
11 “No sir,” the woman answered.
Then Jesus told her, “I am not going to accuse you either. You may go now, but don't sin anymore.”tJesus Is //the Light for the World
12 t Once again Jesus spoke to the people. This time he said, “I am the light for the world! Follow me, and you won't be walking in the dark. You will have the light that gives life.”
13 t The Pharisees objected, “You are the only one speaking for yourself, and what you say isn't true!”
14 Jesus replied:
Even if I do speak for myself, what I say is true! I know where I came from and where I am going. But you don't know where I am from or where I am going. 15 You judge in the same way that everyone else does, but I don't judge anyone. 16 If I did judge, I would judge fairly, because I would not be doing it alone. The Father who sent me is here with me. 17 t Your Law requires two witnesses to prove that something is true.
18 I am one of my witnesses, and the Father who sent me is the other one.
19 “Where is your Father?” they asked.
“You don't know me or my Father!” Jesus answered. “If you knew me, you would know my Father.”
20 Jesus said this while he was still teaching in the place where the temple treasures were stored. But no one arrested him, because his time had not yet come.tYou Cannot Go Where //I Am Going
21 Jesus also told them, “I am going away, and you will look for me. But you cannot go where I am going, and you will die with your sins unforgiven.”
22 The people asked, “Does he intend to kill himself? Is that what he means by saying we cannot go where he is going?”
23 Jesus answered, “You are from below, but I am from above. You belong to this world, but I don't.
24 This is why I said you will die with your sins unforgiven. If you don't have faith in me for who I am, t you will die, and your sins will not be forgiven.”
25 “Who are you?” they asked Jesus.
Jesus answered, “I am exactly who I told you at the beginning.
26 There is a lot more I could say to condemn you. But the one who sent me is truthful, and I tell the people of this world only what I have heard from him.”
27 No one understood that Jesus was talking to them about the Father.
28 Jesus went on to say, “When you have lifted up the Son of Man, t you will know who I am. You will also know that I don't do anything on my own. I say only what my Father taught me.
29 The one who sent me is with me. I always do what pleases him, and he will never leave me.”
30 After Jesus said this, many of the people put their faith in him.The Truth Will Set You Free
31 Jesus told the people who had faith in him, “If you keep on obeying what I have said, you truly are my disciples.
32 t You will know the truth, and the truth will set you free.”
33 t They answered, “We are Abraham's children! We have never been anyone's slaves. How can you say we will be set free?”
34 Jesus replied:
I tell you for certain that anyone who sins is a slave of sin! 35 And slaves don't stay in the family forever, though the Son will always remain in the family. 36 If the Son gives you freedom, you are free! 37 I know that you are from Abraham's family. Yet you want to kill me, because my message isn't really in your hearts.
38 I am telling you what my Father has shown me, just as you are doing what your father has taught you.Your Father Is the Devil
39 The people said to Jesus, “Abraham is our father!”
Jesus replied, “If you were Abraham's children, you would do what Abraham did. 40 Instead, you want to kill me for telling you the truth that God gave me. Abraham never did anything like that.
41 But you are doing exactly what your father does.”
“Don't accuse us of having someone else as our father!” they said. “We just have one father, and he is God.”
42 Jesus answered:
If God were your Father, you would love me, because I came from God and now I am here. He sent me. I did not come on my own. 43 Why can't you understand what I am talking about? Can't you stand to hear what I am saying?
44 t Your father is the devil, and you do exactly what he wants. He has always been a murderer and a liar. There is nothing truthful about him. He speaks on his own, and everything he says is a lie. Not only is he a liar himself, but he is also the father of all lies.
45 Everything I have told you is true, and you still refuse to have faith in me. 46 Can any of you accuse me of sin? If you cannot, why won't you have faith in me? After all, I am telling you the truth.
47 Anyone who belongs to God will listen to his message. But you refuse to listen, because you don't belong to God.Jesus and Abraham
48 The people told Jesus, “We were right to say that you are a Samaritant and that you have a demon in you!”
49 Jesus answered, “I don't have a demon in me. I honor my Father, and you refuse to honor me. 50 I don't want honor for myself. But there is one who wants me to be honored, and he is also the one who judges.
51 I tell you for certain that if you obey my words, you will never die.”
52 Then the people said, “Now we are sure that you have a demon. Abraham is dead, and so are the prophets. How can you say that no one who obeys your words will ever die?
53 Are you greater than our father Abraham? He died, and so did the prophets. Who do you think you are?”
54 Jesus replied, “If I honored myself, it would mean nothing. My Father is the one who honors me. You claim that he is your God, 55 even though you don't really know him. If I said I didn't know him, I would be a liar, just like all of you. But I know him, and I do what he says.
56 Your father Abraham was really glad to see me.”
57 “You are not even 50 years old!” they said. “How could you have seen Abraham?”
58 Jesus answered, “I tell you for certain that even before Abraham was, I was, and I am.”t 59 The people picked up stones to kill Jesus, but he hid and left the temple.