Johannes 9
Jesus laat ’n blinde man sien
1 Toe Jesus verder loop, het Hy ’n man gesien wat blind was vandat hy gebore is.
2 Die tdissipels het vir Jesus gevra: “tRabbi, wie se skuld is dit dat hierdie man blind was toe hy gebore is? Is dit hý wat sonde gedoen het of is dit sy ouers wat sonde gedoen het?”
3 Jesus het gesê: “Nee, dit is nie hierdie man of sy ouers wat sonde gedoen het nie. Hy is blind, want God wil hom gebruik om vir die mense te wys wat God kan doen. 4 God het My na die wêreld gestuur. Hy wil hê ons moet vir die mense wys wat Hy kan doen terwyl dit nog dag is. Die nag kom en in die donker kan niemand werk nie.
5 Terwyl Ek by die mense in die wêreld is, is Ek die lig vir hulle.”
6 Nadat Jesus dit gesê het, het Hy op die grond gespoeg en Hy het klei gemaak met die spoeg. Hy het die klei aan die blinde man se oë gesmeer en
7 vir hom gesê: “Gaan was jou in die Siloam-dam.”
Die woord Siloam beteken “God het Iemand gestuur.” Die blinde man het gegaan en hy het homself gewas. Toe hy terugkom, kon hy sien.
8 Die mense wat langs die blinde man gewoon het en die ander mense wat hom geken het toe hy ’n bedelaar was, het gevra: “Is dit die man wat altyd gesit en bedel het?”
9 Party mense het gesê: “Ja, dit is hy.”
Ander mense het gesê: “Nee, dit is iemand anders wat lyk soos die blinde man.”
Toe sê die blinde man: “Dit is ek!”
10 Die mense het vir hom gevra: “Wat het gebeur dat jy kan sien?”
11 Die man het gesê: “’n Man het klei gemaak en hy het dit aan my oë gesmeer. Die man se naam is Jesus. Toe het hy vir my gesê ek moet my in die Siloam-dam gaan was. Ek het dit gedoen en toe kon ek sien.”
12 Hulle het vir hom gevra: “Waar is daardie man?”
Hy sê toe: “Ek weet nie.”Die Fariseërs vra baie vrae vir die man wat blind was
13 Die mense het die man wat voorheen blind was, na die tFariseërs toe geneem. 14 Dit was ’n tSabbatdag toe Jesus klei gemaak het en die blinde man laat sien het.
15 Die Fariseërs het ook vir hom gevra hoekom hy nou kan sien. Hy het vir hulle gesê: “’n Man het klei op my oë gesit, ek het my gewas en ek kon sien.”
16 Party Fariseërs het gesê: “Die man wat dit gedoen het, kom nie van God nie, want hy werk op die Sabbatdag.”
Ander Fariseërs het gesê: “Iemand wat hierdie twondertekens doen, is nie ’n sondaar nie.”
Die Fariseërs het baie met mekaar gestry.
17 Toe vra die Fariseërs weer vir die man wat blind was: “Wat dink jy van die man wat jou laat sien het?”
Die man wat blind was, het gesê: “Ek dink hy is ’n tprofeet.”
18 Die man was eers blind en hy kon nou sien, maar die Jode wou dit nie glo nie. Toe roep hulle die ouers van die man wat nou kon sien
19 en hulle vra vir sy ouers: “Is hierdie man julle seun? Is dit waar dat hy blind was toe hy gebore is? Hoekom kan hy nou sien?”
20 Sy ouers het gesê: “Ons weet hy is ons seun. Ons weet hy was blind toe hy gebore is.
21 Maar ons weet nie hoekom hy nou kan sien nie. Ons weet ook nie wie hom laat sien het nie. Julle moet vir hom vra. Hy is nie meer ’n kind nie, hy kan self praat. Hy kan self vir julle sê wat gebeur het.”
22 Die man se ouers het dit gesê omdat hulle bang was vir die Jode. Die Jode het klaar besluit: As iemand sê hy glo dat Jesus tdie Christus is, dan mag hy nooit weer in die tsinagoge kom nie.
23 Dit is hoekom die man se ouers gesê het: “Hy is nie meer ’n kind nie, hy kan self praat. Julle moet vir hóm vra.”
24 Die Jode roep toe weer die man wat blind was. Hulle het vir hom gesê: “Jy moet God teer en jy moet die waarheid praat. Ons weet hierdie man Jesus is ’n sondaar.”
25 Die man het gesê: “Ek weet nie of Jesus ’n sondaar is nie, maar ek weet ek was blind, en nou sien ek.”
26 Die Jode het vir hom gesê: “Wat het Jesus vir jou gedoen? Hoe het hy jou laat sien?”
27 Die man het vir hulle gesê: “Ek het dit klaar vir julle vertel, en julle het nie geluister nie. Hoekom wil julle dit weer hoor? Wil julle Jesus se tdissipels word?”
28 Die Jode het kwaad geword en gesê: “Jy is ’n dissipel van daardie man. Ons is nie, ons is dissipels van Moses.
29 Ons weet God het met Moses gepraat, maar ons weet nie van waar hierdie man kom nie.”
30 Die man wat blind was, het vir hulle gesê: “Ek verstaan julle nie. Julle weet nie van waar Jesus kom nie, maar hy het my laat sien. 31 Ons weet God luister nie na sondaars nie. God luister na mense wat Hom dien en wat doen wat Hy wil hê. 32 Ons het nooit voorheen gehoor van iemand wat ’n blinde mens laat sien het nie, ’n mens wat blind was toe hy gebore is.
33 Hierdie man kom van God, daarom kon hy dit doen.”
34 Toe sê die Jode vir die man wat blind was: “Jy is nog altyd ’n sondaar, vandat jy gebore is! Jy kan nie vir ons leer nie.”
Toe het hulle hom uitgeskop uit die sinagoge.Mense wat besef dat hulle blind is, en mense wat dink dat hulle kan sien
35 Jesus het gehoor dat die Jode die man uit die tsinagoge uitgeskop het, die man wat blind was, maar wat Hy laat sien het. Toe Jesus hom sien, vra Hy vir hom: “Glo jy in die tSeun van die mens?”
36 Die man het gesê: “Meneer, sê asseblief vir my wie is die Seun van die mens sodat ek in Hom kan glo.”
37 Jesus het vir die man gesê: “Jy sien Hom. Ek is die Seun van die mens, Ek wat met jou praat.”
38 Die man het gesê: “Ek glo, Here!”
Toe het hy Jesus aanbid.
39 Jesus het gesê: “Ek het na die wêreld gekom om mense te toordeel. Die tmense wat besef dat hulle blind is, sal sien. En die tmense wat dink dat hulle kan sien, sal blind word.”
40 Die tFariseërs wat by Jesus was, het gehoor wat Jesus sê. Toe sê hulle vir Hom: “Ons is nie blind nie.”
41 Jesus het vir hulle gesê: “As julle besef het dat julle blind is, dan het julle nie sonde gedoen nie. Maar nou sê julle dat julle kan sien. Daarom bly julle tskuldig.”
John 9
Jesus Heals a Man Born Blind
1 As Jesus went along, he saw a man who was blind. He had been blind since he was born.2 Jesus' disciples asked him, "Rabbi, who sinned? Was this man born blind because he sinned? Or did his parents sin?"
3 "It isn't because this man sinned," said Jesus. "It isn't because his parents sinned. This happened so that God's work could be shown in his life.4 While it is still day, we must do the work of the One who sent me. Night is coming. Then no one can work.5 While I am in the world, I am the light of the world."
6 After he said this, he spit on the ground. He made some mud with the spit. Then he put the mud on the man's eyes.
7 "Go," he told him. "Wash in the Pool of Siloam." Siloam means Sent.
So the man went and washed. And he came home able to see.
8 His neighbors and those who had earlier seen him begging asked questions. "Isn't this the same man who used to sit and beg?" they asked.
9 Some claimed that he was.
Others said, "No. He only looks like him."
But the man who had been blind kept saying, "I am the man."
10 "Then how were your eyes opened?" they asked.
11 He replied, "The man they call Jesus made some mud and put it on my eyes. He told me to go to Siloam and wash. So I went and washed. Then I could see."
12 "Where is this man?" they asked him.
"I don't know," he said.
The Pharisees Want to Know What Happened
13 They brought to the Pharisees the man who had been blind.14 The day Jesus made the mud and opened the man's eyes was a Sabbath.15 So the Pharisees also asked him how he was able to see.
"He put mud on my eyes," the man replied. "Then I washed. And now I can see."
16 Some of the Pharisees said, "Jesus has not come from God. He does not keep the Sabbath day."
But others asked, "How can a sinner do such miraculous signs?"
So the Pharisees did not agree with each other.
17 Finally they turned again to the blind man. "What do you have to say about him?" they asked. "It was your eyes he opened."
The man replied, "He is a prophet."
18 The Jews still did not believe that the man had been blind and now could see. So they sent for his parents.19 "Is this your son?" they asked. "Is this the one you say was born blind? How is it that now he can see?"
20 "We know he is our son," the parents answered. "And we know he was born blind.21 But we don't know how he can now see. And we don't know who opened his eyes. Ask him. He is an adult. He can speak for himself."
22 His parents said this because they were afraid of the Jews. The Jews had already decided that anyone who said Jesus was the Christ would be put out of the synagogue.23 That was why the man's parents said, "He is an adult. Ask him."
24 Again they called the man who had been blind to come to them. "Give glory to God by telling the truth!" they said. "We know that the man who healed you is a sinner."
25 He replied, "I don't know if he is a sinner or not. I do know one thing. I was blind, but now I can see!"
26 Then they asked him, "What did he do to you? How did he open your eyes?"
27 He answered, "I have already told you. But you didn't listen. Why do you want to hear it again? Do you want to become his disciples too?"
28 Then they began to attack him with their words. "You are this fellow's disciple!" they said. "We are disciples of Moses!29 We know that God spoke to Moses. But we don't even know where this fellow comes from."
30 The man answered, "That is really surprising! You don't know where he comes from, and yet he opened my eyes.31 We know that God does not listen to sinners. He listens to godly people who do what he wants them to do.32 Nobody has ever heard of anyone opening the eyes of a person born blind.33 If this man had not come from God, he could do nothing."
34 Then the Pharisees replied, "When you were born, you were already deep in sin. How dare you talk like that to us!" And they threw him out of the synagogue.
The Blind Will See
35 Jesus heard that the Pharisees had thrown the man out. When he found him, he said, "Do you believe in the Son of Man?"
36 "Who is he, sir?" the man asked. "Tell me, so I can believe in him."
37 Jesus said, "You have now seen him. In fact, he is the one speaking with you."
38 Then the man said, "Lord, I believe." And he worshiped him.
39 Jesus said, "I have come into this world to judge it. I have come so that the blind will see and those who see will become blind."
40 Some Pharisees who were with him heard him say this. They asked, "What? Are we blind too?"
41 Jesus said, "If you were blind, you would not be guilty of sin. But since you claim you can see, you remain guilty.