Johannes 9
1 In die verbygaan sien Jesus 'n man wat blind gebore is.
2 "Wie se skuld is dit dat hierdie man blind gebore is?" vra sy dissipels Hom. "Het hy self vir God ongelukkig gemaak of was dit sy ouers?"
3 "Nee," sê Jesus, "dis nie een van hulle se skuld nie. God wil juis hierdie man se blindheid gebruik om te wys wat Hy vir mense kan doen.4 Ons almal moet saamwerk om te wys wat God vir mense kan doen terwyl ons nog kan. Daarvoor het Hy My mos gestuur. Daar gaan 'n stadium kom wanneer ons dit nie meer sal kan doen nie.5 Terwyl Ek hier by julle is, kan Ek vir die mense wys wat God regtig wil hê en wat nie."
6 Jesus se woorde was nog nie koud nie of Hy meng 'n bietjie spoeg en grond. Hierdie modderigheid smeer Hy toe op die blinde se oë7 en sê: "Toe, jy kan maar loop. Gaan was jou in die bad by die Siloamfontein." ("Siloam" beteken: hy wat gestuur is.) Die blinde het dit gedoen. Na 'n rukkie kom hy weer daar aan, maar hierdie keer kon hy alles sien!8 Baie mense het hom geken, want hy het dikwels daar gesit en bedel. Hierdie mense, asook die mense wat naby hom gebly het, kon hulle oë nie glo toe hulle hom sien nie.9 "Is dit nie sowaar dieselfde man wat altyd hier gesit en bedel het nie?"
"Ja, sowaar," het party gesê. Ander was minder geesdriftig: "Nee, dit lyk maar net soos hy."
"Kan julle nie sien nie, dit ís ek!" roep die man uit.
10 "Maar hoe het dit gebeur dat jy nou kan sien?" vra hulle hom.
11 Die man vertel hulle toe alles: hoe Jesus modder gemaak en dit op sy oë gesmeer het; hoe Jesus hom na die Siloambad toe gestuur het om te was, en nou kan hy sien! Die mense vra toe opgewonde:12 "Waar's daardie man? Ons wil hom sien."
"Ek weet ongelukkig nie," was sy antwoord.
13 Die mense vat die man toe reguit na die Fariseërs toe.14 Die probleem was dat Jesus die man op die sabbat gesond gemaak het.15 Die Fariseërs wou die hele storie van voor af hoor. Die man het weer alles van die modder en die bad vertel. Die Fariseërs het nie mooi geweet wat om van alles te dink nie.16 Party het gesê: "Ons kan nie sien hoe hierdie man enigiets met God te doen kan hê nie. Hy steur hom dan glad nie aan die reëls vir die sabbat nie." Ander het weer sterk van hulle verskil. "Ons stem nie saam nie," het hulle gesê. "Hoe verklaar julle al dié wonderlike dinge wat hy doen? Waar sal iemand wat niks met God te doen wil hê nie die krag vandaan kry vir dié wonders?"
17 Hulle ondervra die man toe weer: "Sê vir ons, wat dink jy van Jesus? Jy behoort mos te weet, want dit is jou oë wat hy gesond gemaak het."
"Hy's 'n man van God, 'n profeet," kom die kort, maar kragtige antwoord.
18 Die Jode was baie skepties oor die storie dat die man regtig blind was. Toe hulle egter sy ouers roep en hulle vra, kon hulle nie meer twyfel nie.19 "Is dié man julle seun wat volgens julle blind gebore is?"
20-21 "Ja, dit is ons seun dié. Julle kan ons maar glo, hy kon nog nooit sien nie," antwoord sy ouers.
"Hoe is dit dan dat hy nou skielik kan sien?" wou die Fariseërs weet.
"Nee, nou vra julle ons vas. Ons weet nie. Ons het geen idee wie sy oë gesond gemaak het nie. Maar daar staan hy. Hoekom vra julle hom nie self nie? Hy's mos al 'n grootmens. Hy kan darem seker vir homself praat."22 Sy ouers was bang vir die Jode; daarom het hulle so ontwykend geantwoord. Hulle het alte goed geweet wat die Joodse leiers besluit het: enigiemand wat iets goeds oor Jesus sê of Jesus in die openbaar verdedig, sou nie meer welkom wees by die Joodse byeenkomste nie. Sulke mense sal nooit weer daar mag kom, of saam met die Jode mag kerk hou nie. Daarvoor het die man se ouers nie kans gesien nie.23 Om uit die moeilike situasie te kom het hulle maar gesê: "Vra hom self; hy's oud genoeg."
24 'n Tweede keer roep die Joodse leiers toe die man nader. Hulle wou hom 'n bietjie toets: "Gaan liewers op jou knieë en sê vir God dankie. Maak Hom groot. Vergeet van hierdie ander man, hierdie Jesus; hy's sommer 'n regte sondaar!"
25 Die man sê toe: "Wel, ek kan nie eintlik sê of hy 'n sondaar is of nie. Dis julle terrein daardie. Julle is mos die godsdienstige spesialiste. Waarin ek egter die spesialis is, is dit: ek was blind, maar nou kan ek sien!"
26 "Verduidelik 'n bietjie weer vir ons alles van voor af. Wat het hy presies gedoen?" vra hulle die man toe weer.
27 "Maar luister julle nie na wat ek sê nie? Ek het mos al vir julle alles vertel. Hoekom wil julle dit weer hoor? Julle wil hom nie dalk begin volg nie, of hoe?"
28 Daarvan het die Joodse leiers niks gehou nie. Hulle het die man begin uitskel: "Jy's deurmekaar, man. Jy is sy volgeling. Ons is getroue volgelinge van Moses.29 En Moses staan ten minste aan God se kant, want God het met hom gepraat. Daarvan is ons seker! Maar hierdie man, Jesus, van hom weet ons niks. Ons weet nie eens waar hy uitgekruip het nie."
30 Die man sê toe: "Dit is darem baie snaaks. Julle sê julle weet kamma nie waar hy uitgekruip het nie. Intussen was dit juis hy wat my weer laat sien het.31 Ons almal weet tog dat God nie na mense luister wat niks met Hom te doen wil hê nie. God verhoor slegs die gebede van iemand wat Hom dien en so optree dat God met hom tevrede voel.32 Boonop het nie een van ons nog ooit gehoor dat iemand 'n man wat blind gebore is, weer kon laat sien nie.33 Jesus sou mos nie een van dié dinge kon doen as hy nie aan God se kant gestaan het nie, nie waar nie?"
34 Die Joodse leiers was woedend. "Jou hele lewe is net een groot stuk sonde. Van God en sy dinge weet jy net mooi niks! Nou wil jy jou lyf staan en godsdiensonderwyser hou by ons. Watter vermetelheid!" Hulle het hom verbied om weer sy voete by enige van hulle byeenkomste te sit. Hy was nie meer by hulle as Jode welkom nie.
35 Die nuus dat die Joodse leiers die man weggejaag het, het by Jesus uitgekom. Jesus het hom toe gaan soek en toe Hy hom kry, vra Jesus hom reguit: "Wil jy graag 'n volgeling en vriend van die Seun van God wees?"
36 Dadelik antwoord die man: "Wys asseblief vir my waar Hy is. Ek wil graag sy volgeling wees."
37 "Hy staan hier reg voor jou. Jy is besig om met Hom te gesels," sê Jesus.
38 "Here, ek wil graag u volgeling wees, asseblief," sê die man. Hy sak toe op sy knieë neer en maak Jesus se Naam groot.
39 Jesus sê toe: "Ek het na hierdie wêreld toe gekom sodat die mense presies kan weet waar hulle met God staan. Dit beteken dat mense wat God skynbaar nog nooit geken het nie, Hom nou leer ken. Aan die ander kant beteken dit egter ook dat mense wat nog altyd gedink het dat hulle God wel ken, gaan hoor dat hulle Hom eintlik glad nie ken nie."
40 Van die Fariseërs wat daar naby rondgestaan het, het Jesus dit hoor sê. Hulle reageer toe dadelik: "Wat? Wil jy nou vir ons sê dat ons God eintlik nie ken nie?"
41 Jesus het Hom nie laat afskrik nie: "As julle God regtig nie geken het nie, sou God nie julle foute teen julle gehou het nie. Maar nou laat julle almal goed verstaan dat júlle eintlik die mense is wat God baie goed ken. Wel, juis daarom sal julle die skuld moet dra vir elke verkeerde ding wat julle doen."
John 9
Healing a Man Born Blind
1 Now as Jesus was passing by,ts he saw a man who had been blind from birth.2 His disciples asked him,t “Rabbi, who committed the sin that caused him to be born blind, this mant or his parents?”ts3 Jesus answered, “Neither this mant nor his parents sinned, but he was born blind so thatt the actst of God may be revealedt through what happens to him.t4 We must perform the deedst of the one who sent met as long ast it is daytime. Night is coming when no one can work.5 As long as I am in the world, I am the light of the world.”s6 Having said this,t he spat on the ground and made some mudt with the saliva. Het smeared the mud on the blind man’st eyes
7 and said to him, “Go wash in the pool of Siloam”t (which is translated “sent”).s So the blind mant went away and washed, and came back seeing.
8 Then the neighbors and the people who had seen him previouslyt as a beggar began saying,t “Is this not the mant who used to sit and beg?”9 Some people said,t “This is the man!”t while others said, “No, but he looks like him.”t The man himselft kept insisting, “I am the one!”t10 So they asked him,t “How then were you made to see?”t11 He replied,t “The man called Jesus made mud,t smeared itt on my eyes and told me,t ‘Go to Siloam and wash.’ So I went and washed, and was able to see.”t
12 They saidt to him, “Where is that man?”t He replied,t “I don’t know.”
The Pharisees’ Reaction to the Healing
13 They brought the man who used to be blindt to the Pharisees.s14 (Now the day on which Jesus made the mudt and caused him to seet was a Sabbath.)s
15 So the Pharisees asked him again how he had gained his sight.ts He replied,t “He put mudt on my eyes and I washed, and nowt I am able to see.”
16 Then some of the Pharisees began to say,t “This man is not from God, because he does not observet the Sabbath.”s But others said, “How can a man who is a sinner performt such miraculous signs?” Thus there was a divisiont among them.
17 So again they asked the man who used to be blind,t “What do you say about him, since he caused you to see?”t “He is a prophet,” the man replied.ts
18 Now the Jewish religious leaderst refused to believet that he had really been blind and had gained his sight until at last they summonedt the parents of the man who had become able to see.t19 They asked the parents,t “Is this your son, whom you sayt was born blind? Then how does he now see?”20 So his parents replied,t “We know that this is our son and that he was born blind.21 But we do not know how he is now able to see, nor do we know who caused him to see.t Ask him, he is a mature adult.t He will speak for himself.”22 (His parents said these things because they were afraid of the Jewish religious leaders.t For the Jewish leaders had already agreed that anyone who confessed Jesust to be the Christts would be put outt of the synagogue.s
23 For this reason his parents said, “He is a mature adult,t ask him.”)s
24 Then they summonedt the man who used to be blindt a second time and said to him, “Promise before God to tell the truth.t We know that this mant is a sinner.”25 He replied,t “I do not know whether he is a sinner. I do know one thing – that although I was blind, now I can see.”26 Then they said to him, “What did he do to you? How did he cause you to see?”t
27 He answered,t “I told you already and you didn’t listen.t Why do you want to hear itt again? You peoplet don’t want to become his disciples too, do you?”
28 Theyt heaped insultst on him, saying,t “You are his disciple!t We are disciples of Moses!29 We know that God has spoken to Moses! We do not know where this mant comes from!”30 The man replied,t “This is a remarkable thing,t that you don’t know where he comes from, and yet he caused me to see!t31 We know that God doesn’t listen tot sinners, but if anyone is devoutt and does his will, Godt listens tot him.t32 Never beforet has anyone heard of someone causing a man born blind to see.t33 If this mant were not from God, he could do nothing.”
34 They replied,t “You were born completely in sinfulness,t and yet you presume to teach us?”t So they threw him out.
The Man’s Response to Jesus
35 Jesus heard that they had thrown him out, so he found the mant and said to him, “Do you believe in the Son of Man?”s36 The mant replied,t “And who is he, sir, thatt I may believe in him?”37 Jesus told him, “You have seen him; het is the one speaking with you.”t [38 He said, “Lord, I believe,” and he worshiped him.ss
39 Jesust said,]s “For judgment I have come into this world, so that those who do not see may gain their sight,t and the ones who see may become blind.”
40 Some of the Phariseess who were with him heard thist and asked him,t “We are not blind too, are we?”t
41 Jesus replied,t “If you were blind, you would not be guilty of sin,t but now because you claim that you can see,t your guiltt remains.”s