JOHANNES 9
Jesus maak 'n man wat blind gebore is, gesond
1 Terwyl Jesus wegstap, het Hy 'n man gesien wat van sy geboorte af blind was.
2 Sy dissipels vra Hom toe: "Rabbi, wie het nou eintlik gesondig, hierdie man self of sy ouers, dat hy blind gebore is?"
3 Jesus het geantwoord: "Nie hierdie man of sy ouers het gesondig nie, maar hy is blind sodat God se werke in hom sigbaar kan word.4 Ons moet aanhou om die werke te doen van Hom wat My gestuur het - terwyl dit nog dag is; die nag is in aantog, wanneer niemand meer kan werk nie.
5 Terwyl Ek nog in die wêreld is, is Ek die lig vir die wêreld."
6 Nadat Jesus dit gesê het, het Hy op die grond gespoeg en klei met die spoeg aangemaak. Hy het die klei op die man se oë geplak
7 en vir hom gesê: "Gaan was jou in die bad van Siloam." (Siloam beteken "gestuurde".) Hy het toe gegaan en hom gaan was, en op pad terug kon hy sien!
8 Sy bure en dié wat hom vroeër as bedelaar geken het, het mekaar afgevra: "Is hy dan nie die man wat sit en bedel het nie?"9 Sommige het bevestig dat dit werklik hy was. Ander het dit ontken en gesê: "Nee, maar hy lyk net soos daardie man."
Die man het toe self reageer: "Dit is ék!"
10 Hulle het toe vir hom gevra: "Hoe is jou oë dan oopgemaak?"
11 Die man het geantwoord: "Die man met die naam Jesus het klei gemeng en dit aan my oë geplak en vir my gesê: 'Gaan na Siloam toe en was jou.' Ek het gegaan en my gewas en ek het begin sien!"
12 "Waar is daardie man nou?" het hulle hom gevra.
"Ek weet nie," het hy geantwoord.
13 Hulle het die man wat eers blind was na die Fariseërs toe geneem.14 Dit was op 'n Sabbatdag dat Jesus die klei gemeng en dit op die man se oë geplak het.
15 Die Fariseërs het hom weer 'n keer gevra hoe hy begin sien het. Hy het hulle geantwoord: "Hy het klei op my oë gesit en ek het my gaan was, en nou sien ek."
16 Sommige Fariseërs het opgemerk: "Hierdie man kom nie van God nie, want hy hou nie die Sabbat nie." Van die ander het egter gesê: "Hoe kan iemand wat 'n sondaar is, sulke wondertekens doen?" Onder hulle het hewige verdeeldheid ontstaan.
17 Weer 'n keer sê hulle toe vir die blinde: "En wat sê jý oor hom? Hierdie man wat kwansuis jou oë oopgemaak het?"
Hy het geantwoord: "Hy is 'n profeet."
18 Die Joodse leiers het steeds nie geglo dat hy blind was en nou kon sien nie, totdat hulle die ouers van die man wat nou kon sien, geroep
19 en vir hulle gevra het: "Is hy julle seun van wie julle gesê het dat hy blind gebore is? Hoe het dit gebeur dat hy nou sien?"
20 "Ons bevestig dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is," het sy ouers geantwoord.21 "Hoe hy egter nou sien, weet ons nie. Wie sy oë oopgemaak het, weet ons ook nie. Vra hom liewer self; hy is oud genoeg; hy kan namens homself praat."22 Sy ouers het hierdie dinge gesê omdat hulle bang was vir die Joodse leiers. Die Joodse leiers het toe reeds onder mekaar beraadslaag en besluit dat iemand wat bely dat Jesus die Messias is, uit die sinagoge geban moes word.
23 Daarom het sy ouers gesê: "Hy is oud genoeg, vra hom self."
24 Die Jode het die man wat blind was, vir 'n tweede keer nadergeroep en vir hom gesê: "Gee erkenning aan God; ons weet dat hierdie man 'n sondaar is."
25 Maar hy het geantwoord: "As hy 'n sondaar is, weet ek dit nie. Een ding weet ek wel: Ek wat blind was, sien nou!"
26 Daarop het hulle vir hom gesê: "Wat het hy vir jou gedoen? Hoe het hy jou oë oopgemaak?"
27 Hy het hulle geantwoord: "Ek het julle reeds vertel, maar julle het nie geluister nie. Om watter rede wil julle dit weer hoor? Julle wil tog sekerlik nie ook dissipels van hom word nie?"
28 Hulle het hom uitgeskel en gesê: "Jý is 'n dissipel van daardie man. Óns is dissipels van Moses.
29 Ons weet definitief dat God met Moses gepraat het, maar hierdie man - ons het geen idee waarvandaan hy kom nie."
30 Die man wat blind was, sê toe vir hulle: "Dis tog merkwaardig. Julle weet nie waarvandaan hy kom nie, maar hy het my oë oopgemaak.31 Ons weet goed dat God nie na sondaars luister nie, maar as iemand godvresend is en sy wil uitvoer, luister God na só 'n persoon.32 Van ewigheid af is nog nooit gehoor dat enigiemand die oë van een wat blind gebore is, oopgemaak het nie.
33 As hierdie man nie van God af was nie, sou hy niks kon doen nie."
34 Hulle het daarop reageer: "Jy is geheel en al in sonde gebore, en wil jý ons nou kom onderrig?" Hulle het hom toe uit die sinagoge geban.
Geestelike blindheid erger as liggaamlike blindheid
35 Jesus het gehoor dat hulle die geneesde blinde uit die sinagoge geban het, en toe Hy hom raakloop, vra Hy vir hom: "Glo jy in die Seun van die Mens?"
36 Die man het geantwoord: "Wie is hy, Meneer, sodat ek in hom kan glo?"
37 Jesus het vir hom gesê: "Jy staan en kyk na Hom; die Een wat met jou praat, dis Hy!"
38 Die man het gesê: "Ek glo, Here!" En hy het in aanbidding voor Jesus neergeval.
39 Toe het Jesus gesê: "Ek het na hierdie wêreld toe gekom om te oordeel, sodat dié mense wat nie sien nie, kan sien, en dié wat sien, hulle blindheid kan ontdek."
40 Van die Fariseërs wat by Jesus was, het vir Hom gesê: "Ons is tog nie blindes nie!"
41 Jesus het hulle geantwoord: "As julle blindes was, sou julle nie sonde gehad het nie; maar nou beweer julle julle kan sien. Daarom bly julle sonde staan."
JOHN 9
Jesus //Heals a Man Born Blind
1 As Jesus walked along, he saw a man who had been blind since birth.
2 Jesus' disciples asked, “Teacher, why was this man born blind? Was it because he or his parents sinned?”
3 “No, it wasn't!” Jesus answered. “But because of his blindness, you will see God work a miracle for him. 4 As long as it is day, we must do what the one who sent me wants me to do. When night comes, no one can work.
5 t While I am in the world, I am the light for the world.”
6 After Jesus said this, he spit on the ground. He made some mud and smeared it on the man's eyes.
7 Then he said, “Go wash off the mud in Siloam Pool.” The man went and washed in Siloam, which means “One Who Is Sent.” When he had washed off the mud, he could see.
8 The man's neighbors and the people who had seen him begging wondered if he really could be the same man.
9 Some of them said he was the same beggar, while others said he only looked like him. But he told them, “I am that man.”
10 “Then how can you see?” they asked.
11 He answered, “Someone named Jesus made some mud and smeared it on my eyes. He told me to go and wash it off in Siloam Pool. When I did, I could see.”
12 “Where is he now?” they asked.
“I don't know,” he answered.The Pharisees Try To Find Out //What Happened
13-14 The day when Jesus made the mud and healed the man was a Sabbath. So the people took the man to the Pharisees.
15 They asked him how he was able to see, and he answered, “Jesus made some mud and smeared it on my eyes. Then after I washed it off, I could see.”
16 Some of the Pharisees said, “This man Jesus doesn't come from God. If he did, he would not break the law of the Sabbath.”
Others asked, “How could someone who is a sinner work such a miracle?”t
Since the Pharisees could not agree among themselves,
17 they asked the man, “What do you say about this one who healed your eyes?”
“He is a prophet!” the man told them.
18 But the Jewish leaders would not believe that the man had once been blind. They sent for his parents
19 and asked them, “Is this the son that you said was born blind? How can he now see?”
20 The man's parents answered, “We are certain that he is our son, and we know that he was born blind.
21 But we don't know how he got his sight or who gave it to him. Ask him! He is old enough to speak for himself.”
22-23 The man's parents said this because they were afraid of their leaders. The leaders had already agreed that no one was to have anything to do with anyone who said Jesus was the Messiah.
24 The leaders called the man back and said, “Swear by God to tell the truth! We know that Jesus is a sinner.”
25 The man replied, “I don't know if he is a sinner or not. All I know is that I used to be blind, but now I can see!”
26 “What did he do to you?” they asked. “How did he heal your eyes?”
27 The man answered, “I have already told you once, and you refused to listen. Why do you want me to tell you again? Do you also want to become his disciples?”
28 The leaders insulted the man and said, “You are his follower! We are followers of Moses.
29 We are sure God spoke to Moses, but we don't even know where Jesus comes from.”
30 “How strange!” the man replied. “He healed my eyes, and yet you don't know where he comes from. 31 We know that God listens only to people who love and obey him. God doesn't listen to sinners. 32 And this is the first time in history anyone has ever given sight to someone born blind.
33 Jesus could not do anything unless he came from God.”
34 The leaders told the man, “You have been a sinner since the day you were born! Do you think you can teach us anything?” Then they said, “You can never come back into any of our synagogues!”
35 When Jesus heard what had happened, he went and found the man. Then Jesus asked, “Do you have faith in the Son of Man?”
36 He replied, “Sir, if you will tell me who he is, I will put my faith in him.”
37 “You have already seen him,” Jesus answered, “and right now he is talking with you.”
38 The man said, “Lord, I put my faith in you!” Then he worshiped Jesus.
39 Jesus told him, “I came to judge the people of this world. I am here to give sight to the blind and to make blind everyone who can see.”
40 When the Pharisees heard Jesus say this, they asked, “Are we blind?”
41 Jesus answered, “If you were blind, you would not be guilty. But now that you claim to see, you will keep on being guilty.”