previous next

Lukas 10

Jesus stuur 72 dissipels om te gaan preek

(Ook Matt 9:37-38; 10:7-16; 11:21-23; Joh 13:20)

1 Jesus het nog 72 ander tdissipels gekies. Hy het hulle twee-twee voor Hom gestuur na al die stede en plekke waarnatoe Hy self later wou gaan. 2 Jesus sê toe vir die 72 dissipels: “Daar is baie ryp koring om af te sny, maar daar is baie min werkers wat kan help om dit te doen. Die ryp koring is die mense wat aan die Here behoort. Julle moet bid tot Hom, en julle moet vra dat Hy werkers sal stuur om sy ryp koring af te sny. 3 Gaan nou, maar onthou, Ek stuur julle na die mense in die wêreld, en julle sal wees soos skape wat tussen gevaarlike wolwe is. 4 Moenie beursies saamneem nie. Julle moet ook nie rugsakke en sandale saamneem nie. En julle moenie tyd mors en vir almal op die pad vra hoe dit gaan nie.

5 Wanneer julle in ’n huis kom, dan moet julle eers sê: ‘God gee vir hierdie huis vrede.’
6 “As daar iemand in die huis woon wat vrede wil hê, dan sal die vrede by hom bly. Maar as daar niemand in die huis is wat die vrede wil hê nie, dan sal God nie vir daardie huis vrede gee nie.

7 Julle moet bly by die mense wat God se vrede wil hê, en julle moet eet en drink wat hulle vir julle gee. Julle moet onthou:
tWanneer iemand werk,
dan moet jy hom tbeloon.
“Moenie tskuldig voel wanneer die mense goed is vir julle nie, want onthou, julle werk vir die Here. Julle moenie elke maal in ’n ander huis gaan bly nie.
8 As julle in ’n stad kom en die mense sê julle is welkom, dan moet julle eet wat die mense vir julle gee. 9 Julle moet die siek mense in daardie stad gesond maak. Julle moet vir hulle sê: ‘Die tyd is naby wanneer julle sal weet God is Koning.’ 10 Maar as julle in ’n stad kom en die mense sê julle mag nie daar bly nie, dan moet julle in die strate uitgaan en sê: 11 ‘Ons gaan nou weg en ons vee nou ook julle stad se tstof van ons voete af. Dit is vir julle die tteken dat God ook nou weggaan van julle. Maar julle moet weet: Die tyd is naby wanneer julle sal weet God is Koning.’ 12 Ek sê vir julle, wanneer God die mense sal toordeel, dan sal dit beter gaan met die stad tSodom as met daardie stad. 13 Dit sal sleg gaan met die mense van die stad Gorasin! Dit sal sleg gaan met julle wat in Betsaida woon! Ek het baie twonderwerke by julle gedoen. As Ek dieselfde wonderwerke gedoen het in die stede Tirus en Sidon, dan sou al daardie mense hulle lewe verander het. Hulle sou trouklere gedra het en tas op hulle koppe gegooi het. So sou hulle gewys het hulle het verander en hulle wil begin lewe soos God wil hê. 14 Die dag wanneer God sal oordeel, sal God die mense van Tirus en Sidon minder straf as vir julle.

15 En julle wat in Kapernaum woon, julle dink God sal vir julle teer gee en julle optel tot in die hemel. Nee! Hy sal julle tverneder en Hy sal julle laat val tot in die hel.”

16 Jesus het ook vir die dissipels gesê: “Wanneer die mense na julle luister, dan luister hulle na My. Die mense wat hulle rug draai na julle toe, draai hulle rug na My toe. En die mense wat hulle rug draai na My toe, draai hulle rug na God toe wat My gestuur het.”

Die 72 dissipels kom terug


17 Die 72 tdissipels het teruggekom en hulle was bly en opgewonde oor alles wat gebeur het. Hulle het vir Jesus gesê: “Here, ook die tduiwels luister na ons wanneer ons u Naam gebruik om hulle uit mense te jaag.”
18 Toe sê Jesus vir hulle: “Ek het gesien hoe die tSatan skielik uit die hemel val, soos wanneer weerlig uit die hemel kom. 19 Onthou, Ek het vir julle gesê julle kan op slange en skerpioene trap, en hulle sal niks aan julle kan doen nie. Ook as my vyand, die Satan, probeer om julle aan te val, sal hy niks kan doen aan julle nie.

20 Julle moet bly wees, maar moenie net bly wees omdat die tbose geeste na julle luister nie. Julle moet meer bly wees omdat God julle name opgeskryf het in die hemel.”

Die Seun prys die Vader

(Ook Matt 11:25-27; 13:16-17)


21 In daardie tyd het die Heilige Gees in Jesus gekom. Jesus het gejuig en gesê: “Vader, Here van die hemel en die aarde, Ek sê vir U dankie, want U het kinders en gewone mense gehelp om u woorde en ttekens te verstaan. Maar slim en geleerde mense het dit nie verstaan nie, want U het hulle nie gehelp om dit te verstaan nie. Ja, Vader, U het dit so gedoen omdat U dit so wou doen.”

22 Jesus het ook gesê: “My Vader het alles vir My gegee. Niemand ken regtig die Seun van God nie, net die Vader ken Hom. En niemand ken regtig die Vader nie, net die Seun van God ken die Vader. En net as die Seun vir mense help om te weet wie die Vader is, dan ken hulle ook die Vader.”
23 Toe draai Jesus om na sy tdissipels en Hy praat net met hulle en sê: “Julle is gelukkig, julle wat al hierdie dinge sien.

24 Want Ek sê vir julle: Baie tprofete en konings wou graag sien wat julle nou sien, maar hulle het dit nie gesien nie. Hulle wou ook graag hoor wat julle nou hoor, maar hulle het dit nie gehoor nie.”

Die barmhartige Samaritaan

(Ook Matt 22:34-40; Mark 12:28-31,34)


25 Daar het ’n tskrifgeleerde na Jesus toe gekom. Hy wou hê Jesus moet iets sê wat vir Hom probleme sal gee en hy het vir Hom gevra: “Meneer, wat moet ek doen om die tewige lewe te kry?”

26 Jesus het vir hom gevra: “Wat het God in sy wette geskryf? Wat lees jy in die wette?”
27 Die skrifgeleerde antwoord toe: “tJy moet vir jou God die Here lief wees met jou hele hart, met jou hele lewe, met al jou krag, en met jou hele verstand. tJy moet ook vir jou tnaaste lief wees soos jy lief is vir jouself.”

28 Toe sê Jesus vir hom: “Jy het reg geantwoord. Gaan doen dit, en jy sal die ewige lewe kry.”

29 Maar die skrifgeleerde wou wys dat hy slimmer is as Jesus. Daarom vra hy toe vir Jesus: “Maar wie is my naaste?”
30 Jesus het vir hom gesê: “’n Man het van Jerusalem na Jerigo geloop. Op daardie pad het manne hom aangeval. Hulle het sy klere uitgetrek en hom geslaan en sy goed gesteel. Toe hardloop hulle weg en los hom daar. Hy was amper dood. 31 Daar het toe ’n tpriester op dieselfde pad geloop. Toe hy die man sien, het hy verbygeloop, op die ander kant van die pad. 32 ’n tLeviet het ook daar verbygeloop en hy het dieselfde gedoen. Toe hy die man sien, het hy verbygeloop, op die ander kant van die pad. 33 ’n tSamaritaan het daar aangekom op dieselfde pad. Toe hy by die man kom en hom sien, was hy baie jammer vir hom. 34 Hy het nader gegaan, hy het die man se seerplekke toegedraai, en olyf-olie en wyn daarop gegooi. Die Samaritaan het sy donkie nader gebring. Hy het die man op die donkie laat ry en hy het hom na ’n therberg geneem. Daar het hy goed vir hom gesorg.

35 Die volgende dag het hy twee tsilwer geldstukke uitgehaal, en hy het dit vir die eienaar van die herberg gegee. Hy het vir hom gesê: ‘Jy moet goed sorg vir die man, en as hierdie geld nie genoeg is nie, dan sal ek vir jou nog gee wanneer ek weer hier verbykom.’ ”

36 Jesus vra toe vir die skrifgeleerde: “Wat dink jy? Wie van hierdie drie mense het ’n naaste geword van die man vir wie daardie manne aangeval het?”

37 Die skrifgeleerde het gesê: “Daardie man wat jammer was vir hom en wat hom gehelp het.”
Toe sê Jesus vir die skrifgeleerde: “Gaan, en doen wat die Samaritaan gedoen het.”

Jesus kuier by Marta en Maria


38 Jesus en sy tdissipels het verder gegaan. Hulle kom toe by ’n dorpie. ’n Vrou het Hom genooi om in haar huis te kom. Die vrou se naam was Marta. 39 Haar suster se naam was Maria. Maria het by die voete van die Here gaan sit en sy het geluister na alles wat Hy sê.

40 Maar Marta was baie besig om vir al die mense in die huis kos te gee. Sy kom toe na Jesus toe en sê: “Here, my suster los my alleen om al die mense te bedien. Dink U dit is reg? Sê vir haar sy moet my kom help.”
41 Maar die Here het vir haar gesê: “Marta, Marta, jy is bekommerd oor so baie dinge en jy maak jou moeg daaroor. 42 Maar daar is een ding wat belangriker is as alles, en Maria het hierdie een ding gekies, en niemand sal dit wegneem van haar nie.”

Luke 10

Jesus Sends Out the Seventy-two

1 After this the Lord appointed 72 others. He sent them out two by two ahead of him. They went to every town and place where he was about to go.
2 He told them, "The harvest is huge, but the workers are few. So ask the Lord of the harvest to send out workers into his harvest field.
3 "Go! I am sending you out like lambs among wolves.4 Do not take a purse or bag or sandals. And don't greet anyone on the road.
5 "When you enter a house, first say, 'May this house be blessed with peace.'6 If someone there loves peace, your blessing of peace will rest on him. If not, it will return to you.7 Stay in that house. Eat and drink anything they give you. Workers are worthy of their pay. Do not move around from house to house.
8 "When you enter a town and are welcomed, eat what is set down in front of you.9 Heal the sick people who are there. Tell them, 'God's kingdom is near you.'
10 "But what if you enter a town and are not welcomed? Then go into its streets and say,11 'We wipe off even the dust of your town that sticks to our feet. We do it to show that God isn't pleased with you. But here is what you can be sure of. God's kingdom is near.'
12 "I tell you this. On judgment day it will be easier for Sodom than for that town.
13 "How terrible it will be for you, Korazin! How terrible for you, Bethsaida! Suppose the miracles done in you had been done in Tyre and Sidon. They would have turned away from their sins long ago. They would have put on black clothes. They would have sat down in ashes.14 On judgment day it will be easier for Tyre and Sidon than for you.
15 "And what about you, Capernaum? Will you be lifted up to heaven? No! You will go down to the place of the dead.
16 "Anyone who listens to you listens to me. Anyone who does not accept you does not accept me. And anyone who does not accept me does not accept the One who sent me."
17 The 72 returned with joy. They said, "Lord, even the demons obey us when we speak in your name."
18 Jesus replied, "I saw Satan fall like lightning from heaven.19 I have given you authority to walk all over snakes and scorpions. You will be able to destroy all the power of the enemy. Nothing will harm you.20 But do not be glad when the evil spirits obey you. Instead, be glad that your names are written in heaven."
21 At that time Jesus was full of joy through the Holy Spirit. He said, "I praise you, Father. You are Lord of heaven and earth. You have hidden these things from the wise and educated. But you have shown them to little children. Yes, Father. This is what you wanted.
22 "My Father has given all things to me. The Father is the only one who knows who the Son is. And the only ones who know the Father are the Son and those to whom the Son chooses to make the Father known."
23 Then Jesus turned to his disciples. He said to them in private, "Blessed are the eyes that see what you see.24 I tell you, many prophets and kings wanted to see what you see. But they didn't see it. They wanted to hear what you hear. But they didn't hear it."

The Story of the Good Samaritan

25 One day an authority on the law stood up to put Jesus to the test. "Teacher," he asked, "what must I do to receive eternal life?"
26 "What is written in the Law?" Jesus replied. "How do you understand it?"
27 He answered, " 'Love the Lord your God with all your heart and with all your soul. Love him with all your strength and with all your mind.' (Deuteronomy 6:5) And, 'Love your neighbor as you love yourself.' " (Leviticus 19:18)
28 "You have answered correctly," Jesus replied. "Do that, and you will live."
29 But the man wanted to make himself look good. So he asked Jesus, "And who is my neighbor?"
30 Jesus replied, "A man was going down from Jerusalem to Jericho. Robbers attacked him. They stripped off his clothes and beat him. Then they went away, leaving him almost dead.31 A priest happened to be going down that same road. When he saw the man, he passed by on the other side.32 A Levite also came by. When he saw the man, he passed by on the other side too.
33 But a Samaritan came to the place where the man was. When he saw the man, he felt sorry for him.34 He went to him, poured olive oil and wine on his wounds and bandaged them. Then he put the man on his own donkey. He took him to an inn and took care of him.35 The next day he took out two silver coins. He gave them to the owner of the inn. 'Take care of him,' he said. 'When I return, I will pay you back for any extra expense you may have.'
36 "Which of the three do you think was a neighbor to the man who was attacked by robbers?"
37 The authority on the law replied, "The one who felt sorry for him."
Jesus told him, "Go and do as he did."

Jesus at the Home of Martha and Mary

38 Jesus and his disciples went on their way. Jesus came to a village where a woman named Martha lived. She welcomed him into her home.39 She had a sister named Mary.
Mary sat at the Lord's feet listening to what he said.
40 But Martha was busy with all the things that had to be done. She came to Jesus and said, "Lord, my sister has left me to do the work by myself. Don't you care? Tell her to help me!"
41 "Martha, Martha," the Lord answered. "You are worried and upset about many things.42 But only one thing is needed. Mary has chosen what is better. And it will not be taken away from her."