Lukas 10
1 Kort daarna het die Here 72 van sy volgelinge aangewys om twee-twee voor Hom uit te gaan na al die plekke toe waar Hy sou aandoen op pad Jerusalem toe.2 Hy sê toe vir hulle: "Die lande staan ryp met 'n groot oes, maar daar is so min mense om die oes te gaan insamel. Vra die Here, aan wie hierdie oes behoort, om nog ekstra arbeiders te stuur.
3 "Gaan nou na die plekke toe waarheen Ek nog op pad is. Maar wees gewaarsku: daar wag groot gevare op julle. Ek stuur julle soos 'n klompie skape deur 'n bos wat wemel van gevaarlike diere.
4 "Julle moet só te werk gaan: Moenie 'n klomp geld saamvat nie. Dit is ook nie nodig om groot tasse met baie klere te pak nie. Moenie langs die pad met ander mense gesels nie.
5 "As julle in 'n huis inkom, sê dan: 'God sal baie goed wees vir hierdie huis.'6 As die eienaar julle net so vriendelik teruggroet, is alles in orde. Dan sal God se vrede by hom bly. Maar as hy julle nie goed ontvang nie, sal God se vrede nie by hom bly nie.7 Bly oor in die huise waar die mense julle goed ontvang. Eet en drink alles wat hulle vir julle gee. Immers, iemand wat werk, word tog daarvoor betaal. Moenie na 'n ander huis gaan soek as julle te min kos kry nie.8 In al die dorpe waarheen Ek julle stuur, moet julle by mense gaan bly wat julle goed ontvang. En wees tevrede met julle kos en slaapplek.
9 "Maak al die siek mense gesond wat julle raakloop. Sê ook vir hulle: 'God se nuwe wêreld het tot hier by julle gekom.'
10 "Wanneer die mense van 'n dorp julle die rug toekeer, gee dan dadelik daar pad. Maar skud eers voor almal die stof van daardie plek uit julle klere uit.11 Sê ook vir almal in die dorp dat hulle die kans van 'n leeftyd om deel van God se nuwe wêreld te word deur hulle vingers laat glip het. Hulle gaan nog baie spyt wees daaroor.12 Dit gaan vir hulle baie erger wees wanneer hulle eendag voor God moet gaan staan as wat dit sal wees vir Sodom en Gomorra, daardie twee stede wat so berug was vir al hulle sondes."
13 Toe het Jesus 'n skerp uitspraak gemaak oor 'n paar van die dorpe in Galilea waar Hy gepreek het: "Gorasin en Betsaida, vir julle twee dorpe wag daar net probleme. Weet julle, as al daardie slegte mense van Tirus en Sidon die wonderwerke kon sien wat julle gesien het, was hulle almal binne sekondes op hulle knieë voor My. Met harte vol berou sou hulle dan vergifnis kom vra het.14 Maar toemaar, God se finale oordeel is op pad. En dan sal Tirus en Sidon lig daarvan afkom in vergelyking met wat julle gaan tref.
15 "En julle spul daar in Kapernaum, wat dink julle van julleself? Dink julle God gaan vir julle 'n spesiale plek in die hemel gee? Dan wag daar vir julle 'n baie groot ontnugtering. Julle plekke in die doderyk is al klaar bespreek.
16 "Ek sê weer: as mense julle met oop arms ontvang en julle vriende wil wees, is hulle my vriende ook. Maar as hulle nie na julle luister nie en die rug vir julle draai, draai hulle ook die rug vir My. En as hulle My verwerp, doen hulle presies dieselfde met God, want Hy het My na julle toe gestuur."
17 Later het die 72 volgelinge van Jesus teruggekom van die plekke af waarheen Hy hulle gestuur het. Hulle was baie opgewonde. Hulle sê toe vir Jesus: "Weet U, Here, tot die duiwels luister na ons wanneer ons hulle in u Naam uit mense uitdryf."
18 "Maar natuurlik," het Jesus geantwoord. "Ek is mos baie sterker as hulle. Ek het immers self gesien hoe die duiwel uit die hemel gegooi is. So vinnig soos 'n weerligstraal is hy daar uit God se terrein verwyder.
19 "Maar Ek het nog goeie nuus vir julle: Ek gee aan julle mag oor die duiwel en oor sy handlangers se terrein waar daar baie dinge is wat julle skade kan aandoen. Julle het nou mag oor al sy bose magte. Sy slange en skerpioene sal julle geen skade aandoen nie. Omdat julle in My glo, is julle nou sterker as al my vyande.20 Maar wag, julle moenie feesvier omdat daardie bose magte voor julle die knie buig nie. Nee, vier liewer fees omdat daar vir julle plek in my Vader se nuwe wêreld is. Julle name is klaar op die lys van die gaste wat na sy hemelse feesmaal toe genooi is."
21 Toe het Jesus hardop begin bid. Omdat die Heilige Gees se krag in Hom was, was Hy so vol vreugde dat Hy dit eenvoudig met God moes deel: "My Vader, alles in die hemel en op die aarde behoort aan U. Ek wil vir U dankie sê dat u boodskap so duidelik en eenvoudig is. U het al u groot geheime verberg vir die groot en slim mense en dit aan die kleinste ou kindertjies kom bekendmaak. Dit was deel van u plan dat hulle in U moet glo. Ja, Vader, en nou gebeur dit ook.
22 "Vader, U het al u groot krag tot my beskikking gestel. Alles en almal behoort nou aan My. Net U ken My regtig. U weet presies wie Ek is en wat Ek hier op die aarde kom doen het. Net so weet niemand anders wie U regtig is nie, behalwe Ek self. Ek ken U deur en deur. Ander mense kan net in U glo wanneer Ek vir hulle wys wie U regtig is. Dan eers gaan hulle oë oop."
23 Toe draai Jesus om na sy volgelinge toe en sê vir hulle: "Weet julle hoe bevoorreg julle is? Julle sien en hoor dinge wat g'n ander mens nog gesien of gehoor het nie.24 Weet julle hoeveel profete en konings van Israel het begeer om te sien wat julle nou sien? Vir hulle was dit egter nie beskore nie. Maar julle - julle sien nou die Seun van die lewende God met julle eie oë."
25 'n Kenner van die wet van Moses wat na Jesus gesit en luister het, besluit toe om Hom 'n strikvraag te vra. Hy wou Jesus daar voor almal verneder. Hy staan toe op en vra ewe vroom: "Leermeester, wat moet ek doen sodat ek vir altyd in God se nuwe wêreld kan gaan bly?"
26 "Ken jy dan nie die wet nie?" het Jesus vinnig teruggevra. "Sê My 'n bietjie, wat staan daar in die wet geskryf?"
27 Die wetskenner antwoord toe: "Die wet sê jy moet die Here jou God liefhê met alles in jou: met jou wil, jou emosies, jou krag en jou denke. En jy moet jou medemens net so liefhê soos jouself."
28 "Mooi so!" het Jesus gesê. "Jy het reg geantwoord. Gaan doen dit, dan sal daar vir jou 'n plek wees in God se nuwe wêreld. So eenvoudig is dit!"
29 Maar die kenner van die wet was nog lank nie klaar nie. Hy het sy strikvraag vir laaste gebêre: "Wag eers. Sê my, wie is my medemens van wie die wet praat?"
30 Jesus antwoord toe met 'n verhaal: "Weet jy, eendag was daar 'n man wat van Jerusalem na Jerigo toe gestap het. Langs die pad het 'n klomp rowers hom ingewag en hom behoorlik toegetakel. Hulle het hom ernstig aangerand, al sy geld en klere gevat en hom daar vir dood laat lê.
31 "Toevallig stap 'n priester 'n rukkie later daar verby. Maar toe hy die halfdooie man daar sien lê, het hy aan die ander kant van die pad verbygestap en gemaak of hy hom glad nie sien nie.
32 "Die priester was skaars weg of daar stap 'n Leviet verby, iemand wat in die tempel diens gedoen het. Maar hy het ook gemaak of hy nie die gewonde man raaksien nie en het verder gestap.
33 "Toe kom daar 'n Samaritaan verby. En, soos jy weet, is die Samaritane en die Israeliete nie vriende nie. Maar hierdie Samaritaan het gaan stilstaan om te kyk wat die beseerde man makeer. Toe hy sien hoe die arme man lyk, het hy hom baie jammer gekry.34 Hy het dadelik die medisyne uitgehaal wat hy by hom in sy tas gehad het en die man se wonde skoongemaak. Hy het hom toe verbind en versigtig op sy donkie getel. Die Samaritaan is toe na die naaste herberg toe. Daar het hy die man in die bed gaan sit en hom versorg.
35 "Die volgende oggend moes die Samaritaan verder reis. Hy sê toe vir die eienaar van die herberg: 'Hier is geld om vir daardie siek man se verblyf te betaal. Sorg asseblief goed vir hom. As die geld te min is, sal ek later die res kom betaal. Ek kom binnekort weer hier oorslaap wanneer ek van my reis af terugkeer.'
36 "Sê My, wie van hierdie drie mans was 'n medemens vir daardie arme man wat onder die rowers deurgeloop het? Wat dink jy?" het Jesus toe vir die kenner van die wet gevra.
37 Hy antwoord toe: "Ja, wel, seker daardie een wat goedgedoen het aan die man wat aangerand is."
"Mooi so! Gaan doen jy nou presies dieselfde as hy. Word 'n medemens vir elkeen met wie jy elke dag te doen het, maak nie saak wie of wat hulle is nie," het Jesus geantwoord.
38 Daarna het Jesus verder gereis Jerusalem toe. Langs die pad het Hy in 'n dorp oorgebly by 'n vrou met die naam Maria.39 Sy het ook 'n suster gehad; haar naam was Marta. Toe Jesus daar in hulle huis kom, het Hy oudergewoonte met sy volgelinge oor God se nuwe wêreld gepraat. Maria, wat haar suster gehelp het om die kos reg te kry, het dit agtergekom. Sy het toe tussen hulle gaan sit.
40 Marta het intussen agtergekom dat Maria nie meer in die kombuis help nie. Toe sy haar suster daar by Jesus sien sit, was sy op die plek kwaad. Sy het na Jesus toe gestap en vir Hom gesê: "Here, hoe kan U so iets toelaat? Pla dit U nie dat my suster my alleen laat kos maak en die gaste bedien nie?"
41 Maar die Here het Marta geantwoord: "My liewe Marta, jy hardloop aanmekaar rond. Jy bekommer jou of alles gereed is. Laat staan dit! Dis mos nie waaroor die lewe gaan nie. Daar is net een ding wat regtig saak maak: om God te ken. Maria weet dit. Daarom het sy die regte keuse gemaak. Niemand sal dit ooit van haar kan wegvat nie."
Luke 10
The Mission of the Seventy-Two
1 After thist the Lord appointed seventy-twos others and sent them on ahead of him two by two into every townt and place where he himself was about to go.2 Het said to them, “The harvest is plentiful, but the workers are few. Therefore ask the Lord of the harvests to send outt workers into his harvest.3 Go! It am sending you out like lambss surrounded by wolves.s4 Do not carrys a money bag,t a traveler’s bag,t or sandals, and greet no one on the road.t5 Whenevert you enter a house,t first say, ‘May peaces be on this house!’6 And if a peace-loving persont is there, your peace will remain on him, but if not, it will return to you.s7 Stayt in that same house, eating and drinking what they give you,t for the worker deserves his pay.s Do not move around from house to house.8 Whenevert you enter a townt and the peoplet welcome you, eat what is set before you.9 Healts the sick in that townt and say to them, ‘The kingdom of Gods has come upont you!’10 But whenevert you enter a townt and the peoplet do not welcomes you, go into its streetst and say,11 ‘Even the dust of your townt that clings to our feet we wipe offs against you.t Nevertheless know this: The kingdom of God has come.’t
12 I tell you, it will be more bearable on that day for Sodoms than for that town!t
13 “Woe to you, Chorazin!s Woe to you, Bethsaida! For ift the miraclest done in you had been done in Tyres and Sidon,ss they would have repented long ago, sitting in sackcloth and ashes.14 But it will be more bearable for Tyre and Sidon in the judgment than for you!
15 And you, Capernaum,ss will you be exalted to heaven?t No, you will be thrown down to Hades!s
16 “The one who listenst to you listens to me,s and the one who rejects you rejects me, and the one who rejects me rejectst the one who sent me.”s
17 Thent the seventy-twoss returned with joy, saying, “Lord, even the demons submit tot us in your name!”t18 Sot he said to them, “I sawt Satan fallt like lightningt from heaven.19 Look, I have given you authority to treadt on snakes and scorpionss and on the full force of the enemy,ts and nothing willt hurt you.
20 Nevertheless, do not rejoice thatt the spirits submit to you, but rejoicet that your names stand writtent in heaven.”
21 On that same occasiont Jesust rejoiceds in the Holy Spirit and said, “I praiset you, Father, Lords of heaven and earth, becauset you have hidden these things from the wises and intelligent, and revealed them to little children. Yes, Father, for this was your gracious will.t
22 All things have been given to me by my Father.s No one knows who the Son is except the Father, or who the Father is except the Son and anyone to whom the Son decidest to reveal him.”
23 Thent Jesust turnedt to hist disciples and said privately, “Blesseds are the eyes that see what you see!
24 For I tell you that many prophets and kings longed to sees what you see but did not see it, and to hear what you hear but did not hear it.”
The Parable of the Good Samaritan
25 Nowt an expert in religious lawt stood up to test Jesus,t saying, “Teacher, what must I do to inherit eternal life?”s26 He said to him, “What is written in the law? How do you understand it?”t27 The expertt answered, “Lovetthe Lord your God with all your heart, with all your soul, with all your strength, and with all your mind,s and love your neighbor as yourself.”t
28 Jesust said to him, “You have answered correctly;s do this, and you will live.”
29 But the expert,t wanting to justifyts himself, said to Jesus, “And who is my neighbor?”30 Jesus replied,t “A man was going downs from Jerusalems to Jericho,s and fell into the hands of robbers, who stripped him, beatt him up, and went off, leaving him half dead.s31 Now by chances a priest was going down that road, butt when he saw the injured mant he passed bys on the other side.s32 So too a Levite, when he came up tot the place and saw him,t passed by on the other side.33 Butt a Samaritant who was travelingt came to where the injured mant was, and when he saw him, he felt compassion for him.ts34 Het went up to himt and bandaged his wounds, pouring oils and wine on them. Thent he put him ont his own animal,s brought him to an inn, and took care of him.35 Thet next day he took out two silver coinsts and gave them to the innkeeper, saying, ‘Take care of him, and whatever else you spend, I will repay you when I come back this way.’t36 Which of these three do you think became a neighbors to the man who fell into the hands of the robbers?”
37 The expert in religious lawt said, “The one who showed mercys to him.” Sot Jesus said to him, “Go and dot the same.”
Jesus and Martha
38 Now as they went on their way, Jesust entered a certain village where a woman named Martha welcomed him as a guest.st39 Shet had a sister named Mary, who satt at the Lord’s feets and listened to what he said.40 But Martha was distracteds with all the preparations she had to make,t sot she came up to him and said, “Lord, don’t you caret that my sister has left me to do all the workt alone? Tellt her to help me.”41 But the Lords answered her,t “Martha, Martha,s you are worried and troubledt about many things,
42 but one things is needed. Mary has chosen the bestt part; it will not be taken away from her.”