Lukas 11
Hoe die dissipels moet bid
(Ook Matt 6:9-13; 7:7-11)
1 Eendag was Jesus besig om te bid. Toe Hy klaar gebid het, sê een van sy tdissipels vir Hom: “Here, leer vir ons hoe ons moet bid, soos Johannes die Doper ook vir sy dissipels geleer het.”
2 Jesus sê toe vir hulle: “Wanneer julle bid, dan moet julle sê:
“Vader,
ons bid dat al die mense
u theilige Naam sal teer
omdat U God is.
Ons bid dat die tyd moet kom
wanneer almal sal weet
U is Koning.
3 Gee vir ons die kos
wat ons elke dag nodig het.
4 En vergewe ons alles
wat ons verkeerd gedoen het,
want ons vergewe ook ander mense
wat teen ons verkeerd
gedoen het.
Help ons dat niks sal gebeur
wat ons verkeerd
sal laat doen nie.”
5 Jesus het vir hulle nog meer geleer oor gebed. Hy het gesê: “Dink aan ’n goeie vriend van jou, ’n vriend vir wie jy enige iets kan vra. Jy gaan in die middel van die nag na jou vriend toe en jy vra vir hom: ‘My vriend, leen asseblief vir my drie brode,
6 want ’n ander vriend van my het nou skielik by my aangekom. Hy het ver geloop, en ek het niks wat ek vir hom kan gee om te eet nie.’ ”
7 Jesus vra toe vir hulle: “Wat dink jy sal jou goeie vriend wat in sy huis is, antwoord? Sal hy sê: ‘Jy moenie vir my pla nie. Ek het al klaar die deur gesluit, en my kinders is saam met my in die bed. Ek kan nie nou opstaan en vir jou brood gee nie.’ Dink julle hy sal dit sê? 8 Nee, Ek sê vir julle, hy sal dadelik opstaan en vir jou die brood gee. Hy sal opstaan en vir jou alles gee wat jy nodig het, omdat jy sy vriend is. Hy sal dit vir jou doen omdat jy sy vriend is. En as hy dit nie dáárom doen nie, dan sal hy dit doen omdat jy aangehou het om te vra. 9 Daarom sê Ek vir julle: Julle moet aanhou bid, dan sal God vir julle gee. Julle moet aanhou soek, dan sal God vir julle gee wat julle soek. Julle moet aanhou klop, dan sal God die deur vir julle oopmaak. 10 Elke mens wat aanhou bid, sal ontvang. Elke mens wat aanhou soek, sal kry. Elke mens wat aanhou klop, vir hom sal God die deur oopmaak. 11 Wanneer ’n seun vir sy pa ’n vis vra, dan sal sy pa nie vir hom ’n slang gee nie. 12 En wanneer die seun vir sy pa ’n eier vra, dan sal sy pa nie vir hom ’n skerpioen gee nie.
13 Julle is slegte mense, maar julle weet om goeie dinge vir julle kinders te gee. Julle Vader in die hemel wil vir julle iets gee wat nog beter is. Hy wil die Heilige Gees uit die hemel gee vir die mense wat dit vir Hom vra.”Mense sê Beëlsebul help vir Jesus
(Ook Matt 12:22-30; Mark 3:22-27)
14 Jesus was besig om ’n tduiwel uit ’n man te jaag. Die duiwel het die man stom gemaak. Nadat die duiwel uitgegaan het, kon die man weer praat. Al die mense was verbaas.
15 Maar party mense het gesê: “tBeëlsebul, die leier van die duiwels, help vir Jesus om die duiwels uit te jaag.”
16 Ander mense wou vir Jesus toets, hulle wou hê Jesus moet bewys dat Hy van God kom. Hulle wou hê Hy moet vir hulle ’n twonderteken wys. 17 Maar Jesus het geweet wat hulle dink, en daarom het Hy vir hulle gesê: “Vyande sal enige land oorwin waar die mense nie met mekaar kan saamwerk nie. Hulle sal al die huise afbreek, die een huis ná die ander huis. 18 As die tSatan teen homself is, dan kan hy niks meer doen nie en hy kan oor niemand regeer nie. Julle sê Beëlsebul help My om die duiwels uit te jaag. 19 En as Beëlsebul My help om duiwels uit te jaag uit mense, wie help vir julle leerlinge om duiwels uit mense uit te jaag? Julle eie leerlinge bewys dat julle verkeerd is. 20 Dit is die krag van God wat My help om duiwels uit te jaag. Dit bewys dat God die Koning is wat begin het om oor julle te regeer. 21 ’n Sterk man wat baie wapens het en wat sy huis goed oppas, sy goed is veilig. 22 Maar as ’n ander man wat sterker is, hom aanval en wen, dan vat die sterker man al die wapens wat die sterk man gedink het sal hom help en beskerm. Dan gee die sterker man alles wat hy gevat het, vir ander mense.
23 Iemand wat nie vir My is nie, is teen My. Iemand wat My nie help om mense na God toe te bring nie, jaag die mense weg van Hom.”Slegte mense sal nog slegter word
(Ook Matt 12:43-45)
24 “Wanneer ’n tonrein gees uit ’n mens uitgaan, dan gaan hy deur tplekke waar daar nie water is nie en hy soek ’n plek waar hy kan woon. As hy nie ’n plek kry waar hy kan woon nie, dan sê hy: ‘Ek sal teruggaan na my eerste huis, die mens in wie ek gewoon het.’ 25 Dan kom die onrein gees terug na daardie mens toe, en hy sien daardie mens is soos ’n huis wat skoon en netjies is.
26 Dan gaan haal hy sewe ander geeste wat nog slegter is as hy. Hulle gaan almal saam, en hulle gaan woon in daardie mens. Wanneer dit gebeur, dan is daardie mens nog slegter as wat hy was.”Wanneer is ’n mens waarlik gelukkig?
27 Toe Jesus hierdie dinge sê, het ’n vrou wat tussen die mense was, hard vir Hom gesê: “Die vrou wat vir U in haar liggaam gedra het, en wat vir U aan haar bors laat drink het, daardie vrou is baie gelukkig.”
28 Maar Jesus het gesê: “Die mense wat waarlik gelukkig is, is die mense wat die woord van God hoor en doen wat God wil hê.”Die wonderteken van Jona
(Ook Matt 12:38-42; Mark 8:11-12)
29 Meer en meer mense het rondom Jesus kom staan. Jesus het begin praat en Hy het gesê: “Die slegte mense wat nou lewe, wil ’n twonderteken hê, hulle wil ’n bewys sien. Maar God sal nie vir hulle ’n wonderteken wys nie. Hulle sal net een wonderteken sien, dit is die tteken van Jona. 30 Jona was ’n teken vir die mense van die stad tNineve, en so sal Ek, die tSeun van die mens, ook vir julle ’n teken wees. 31 Daardie dag wanneer God die mense sal oordeel, dan sal die tkoningin van die Suide ook weer lewe en sy sal by die mense wees wat nou lewe. Sy sal sê julle doen verkeerd en julle is skuldig, en God moet julle straf. Sy het baie ver uit haar land gekom om te kom luister na die twysheid van koning Salomo. En Ek sê vir julle, hier is Iemand, en dit is Ek, wat baie belangriker is as koning Salomo.
32 Daardie dag wanneer God die mense sal toordeel, sal die mense van die stad Nineve weer lewe en hulle sal by die mense wees wat nou lewe. Toe Jona vir hulle gepreek het, het die mense van Nineve verander en hulle het begin lewe soos God wil hê. Wanneer God die mense sal oordeel, dan sal die mense van Nineve sê dat die mense wat nou lewe, verkeerd doen en tskuldig is, en dat God hulle moet straf. En Ek sê vir julle, hier is Iemand, en dit is Ek, wat baie belangriker is as Jona.”Die lig vir die wêreld
(Ook Matt 5:15; 6:22-23; Mark 4:21)
33 Jesus het ook gesê: “Iemand wat ’n tlamp opsteek, steek nie die lamp weg in die stoorkamer of maak dit toe met ’n emmer nie. Nee, ’n mens sit die lamp op die plek waar die lamp moet staan sodat almal wat inkom, die lig kan sien. 34 Jou oog wys hoe jy is. As jou oog reg kyk en jy sien wanneer mense swaarkry, en jy help hulle, dan is jy vol lig. Maar as jou oog verkeerd kyk en jy sien wanneer mense swaarkry maar jy help hulle nie, dan is daar nie lig in jou nie. 35 Daarom moet jy seker maak dat daar altyd lig in jou is, en nie donker nie.
36 As jou lewe vol lig is, dan sal jy vol lig wees soos wanneer ’n lamp se lig op jou skyn.”Jesus praat kwaai met die Fariseërs en die skrifgeleerdes
(Ook Matt 15:1-2; 23:25-26,23,6-7,27-28,4,29-32,34-36,13; Mark 7:1-2,5; 12:38-39; Luk 20:46)
37 Toe Jesus klaar gepraat het, het ’n tFariseër Hom uitgenooi om by sy huis te kom eet. Toe Jesus daar kom, het Hy dadelik by die tafel gaan sit. 38 Die Fariseër het dit gesien en hy was verbaas omdat Jesus nie eers sy hande gewas het voordat Hy by die tafel gaan sit het nie. 39 Die Here het gesien die Fariseër is verbaas, en Hy sê vir hom: “Julle Fariseërs maak ook die buitekant van bekers en borde skoon, maar julle is heeltemal sleg binne-in julleself en julle wil altyd meer en meer goed hê. 40 Julle is baie dom. God het nie net julle buitekant gemaak nie, Hy het ook julle binnekant gemaak. 41 Daarom moet julle van die kos wat in julle bekers en op julle borde is, vir die arm mense gee. As julle dit doen, dan wys julle dat julle binne-in heeltemal trein is. 42 Fariseërs, dit sal sleg gaan met julle, want julle gee ttiendes, ook van tkruisement en twynruit, ja, van elke soort tkruie. Maar God wil ook hê julle moet reg doen aan mense en julle moet goed wees vir hulle, maar julle doen dit nie. Julle moet dit doen en julle moenie ophou om tiendes te gee nie. 43 Fariseërs, dit sal sleg gaan met julle, want julle wil op die belangrikste plekke in die tsinagoges sit, en julle wil hê die ander mense moet julle groet op die plekke in die stad waar die mense bymekaarkom.
44 Dit sal sleg gaan met julle, want julle is soos grafte wat ’n mens nie kan sien nie. Mense loop bo-oor die grafte, en hulle weet dit nie en hulle word tonrein.”
45 Toe kla een van die tskrifgeleerdes en hy sê vir Jesus: “Meneer, wanneer U hierdie slegte dinge sê oor die Fariseërs, dan praat U ook sleg van ons, die skrifgeleerdes.”
46 En Jesus sê: “Skrifgeleerdes, dit sal met julle ook sleg gaan, want julle wil hê mense moet dinge doen wat vir hulle baie moeilik is. Hulle moet gehoorsaam wees aan die wette wat julle maak, maar julle doen niks om hulle te help nie. 47 Dit sal sleg gaan met julle, want julle maak die grafte van die tprofete mooi, maar dit is julle tvoorouers wat die profete doodgemaak het. 48 Julle voorouers het die profete doodgemaak en julle maak die grafte van die profete mooi. Dit wys julle dink wat julle voorouers gedoen het, is goed en reg. 49 En so word dit waar wat God gesê het: ‘Ek sal profete en tapostels na my mense toe stuur, maar die mense sal party van die profete en apostels laat swaarkry en die mense sal party van hulle doodmaak.’ 50 Vandat die wêreld begin het, het mense profete vermoor, en God sal die mense wat nou lewe, daaroor straf. 51 Hulle het begin by Abel. Hulle het hom vermoor en hulle het aangehou om profete te vermoor totdat hulle ook die profeet Sagaria vermoor het. Hulle het hom vermoor tussen die taltaar en die ttempel. Ja, Ek sê vir julle, die mense wat nou lewe, sal swaarkry omdat hulle voorouers die tboodskappers van God vermoor het.
52 Skrifgeleerdes, dit sal sleg gaan met julle, want julle het die sleutel van die deur weggegooi. Dit is die deur waar julle moet ingaan om God te leer ken. Julle gaan self nie in by daardie deur nie, en julle keer ook die mense wat daar wil ingaan.”
53 Die skrifgeleerdes en die Fariseërs was van toe af Jesus se vyande. Toe Hy uit die huis gaan, het hulle Hom oor baie dinge uitgevra. 54 Hulle het gewag dat Hy iets verkeerd sê.
Luke 11
Jesus Teaches About Prayer
1 One day Jesus was praying in a certain place. When he finished, one of his disciples spoke to him. "Lord," he said, "teach us to pray, just as John taught his disciples."
2 Jesus said to them, "When you pray, this is what you should say.
" 'Father,
may your name be honored.
May your kingdom come.
3 Give us each day our daily bread.
4 Forgive us our sins,
as we also forgive everyone who sins against us.
Keep us from falling into sin when we are tempted.' "
5 Then Jesus said to them, "Suppose someone has a friend. He goes to him at midnight. He says, 'Friend, lend me three loaves of bread.6 A friend of mine on a journey has come to stay with me. I have nothing for him to eat.'
7 "Then the one inside answers, 'Don't bother me. The door is already locked. My children are with me in bed. I can't get up and give you anything.'
8 "I tell you, that person will not get up. And he won't give the man bread just because he is his friend. But because the man keeps on asking, he will get up. He will give him as much as he needs.
9 "So here is what I say to you. Ask, and it will be given to you. Search, and you will find. Knock, and the door will be opened to you.10 Everyone who asks will receive. He who searches will find. And the door will be opened to the one who knocks.
11 "Fathers, suppose your son asks for a fish. Which of you will give him a snake instead?12 Or suppose he asks for an egg. Which of you will give him a scorpion?13 Even though you are evil, you know how to give good gifts to your children. How much more will your Father who is in heaven give the Holy Spirit to those who ask him!"
Jesus and Beelzebub
14 Jesus was driving out a demon. The man who had the demon could not speak. When the demon left, the man began to speak. The crowd was amazed.
15 But some of them said, "Jesus is driving out demons by the power of Beelzebub, the prince of demons."16 Others put Jesus to the test by asking for a miraculous sign from heaven.
17 Jesus knew what they were thinking. So he said to them, "Any kingdom that fights against itself will be destroyed. A family that is divided against itself will fall.18 If Satan fights against himself, how can his kingdom stand?
"I say this because of what you claim. You say I drive out demons by the power of Beelzebub.19 Suppose I do drive out demons with Beelzebub's help. With whose help do your followers drive them out? So then, they will be your judges.20 But suppose I drive out demons with the help of God's powerful finger. Then God's kingdom has come to you.
21 "When a strong man is completely armed and guards his house, what he owns is safe.22 But when someone stronger attacks, he is overpowered. The attacker takes away the armor the man had trusted in. Then he divides up what he has stolen.
23 "Anyone who is not with me is against me. Anyone who does not gather sheep with me scatters them.
24 "What happens when an evil spirit comes out of a man? It goes through dry areas looking for a place to rest. But it doesn't find it. Then it says, 'I will return to the house I left.'25 When it arrives there, it finds the house swept clean and put in order.26 Then the evil spirit goes and takes seven other spirits more evil than itself. They go in and live there. That man is worse off than before."
27 As Jesus was saying these things, a woman in the crowd called out. She shouted, "Blessed is the mother who gave you birth and nursed you."
28 He replied, "Instead, blessed are those who hear God's word and obey it."
The Miraculous Sign of Jonah
29 As the crowds grew larger, Jesus spoke to them. "The people of today are evil," he said. "They ask for a miraculous sign from God. But none will be given except the sign of Jonah.30 He was a sign from God to the people of Nineveh. In the same way, the Son of Man will be a sign from God to the people of today.
31 "The Queen of the South will stand up on judgment day with the men now living. And she will prove that they are guilty. She came from very far away to listen to Solomon's wisdom. And now one who is more important than Solomon is here.
32 "The men of Nineveh will stand up on judgment day with the people now living. And the Ninevites will prove that those people are guilty. The men of Nineveh turned away from their sins when Jonah preached to them. And now one who is more important than Jonah is here.
The Eye Is the Lamp of the Body
33 "No one lights a lamp and hides it. No one puts it under a bowl. Instead, people put a lamp on its stand. Then those who come in can see the light.
34 "Your eye is like a lamp for your body. Suppose your eyes are good. Then your whole body also is full of light. But suppose your eyes are bad. Then your body also is full of darkness.35 So make sure that the light inside you is not darkness.
36 "Suppose your whole body is full of light. And suppose no part of it is dark. Then your body will be completely lit up. It will be as when the light of a lamp shines on you."
Six Warnings
37 Jesus finished speaking. Then a Pharisee invited him to eat with him. So Jesus went in and took his place at the table.38 But the Pharisee noticed that Jesus did not wash before the meal. He was surprised.
39 Then the Lord spoke to him. "You Pharisees clean the outside of the cup and dish," he said. "But inside you are full of greed and evil.40 You foolish people! Didn't the one who made the outside make the inside also?41 Give to poor people what is inside the dish. Then everything will be clean for you.
42 "How terrible it will be for you Pharisees! You give God a tenth of your garden plants, such as mint and rue. But you have forgotten to be fair and to love God. You should have practiced the last things without failing to do the first.
43 "How terrible for you Pharisees! You love the most important seats in the synagogues. You love having people greet you in the market places.
44 "How terrible for you! You are like graves that are not marked. People walk over them without knowing it."
45 An authority on the law spoke to Jesus. He said, "Teacher, when you say things like that, you say bad things about us too."
46 Jesus replied, "How terrible for you authorities on the law! You put such heavy loads on people that they can hardly carry them. But you yourselves will not lift one finger to help them.
47 "How terrible for you! You build tombs for the prophets. It was your people of long ago who killed them.48 So you give witness that you agree with what your people did long ago. They killed the prophets, and now you build the prophets' tombs.
49 "So God in his wisdom said, 'I will send prophets and apostles to them. They will kill some. And they will try to hurt others.'50 So the people of today will be punished. They will pay for all the prophets' blood spilled since the world began.51 I mean from the blood of Abel to the blood of Zechariah, who was killed between the altar and the temple. Yes, I tell you, the people of today will be punished for all these things.
52 "How terrible for you authorities on the law! You have taken away the key to the door of knowledge. You yourselves have not entered. And you have stood in the way of those who were entering."
53 When Jesus left there, the Pharisees and the teachers of the law strongly opposed him. They threw a lot of questions at him.54 They set traps for him. They wanted to catch him in something he might say.