Lukas 11
1 Kort daarna het Jesus verder gereis. By een van die plekke waar hulle oorgebly het, het Hy gaan bid. Toe Jesus klaar gebid het, vra een van sy volgelinge Hom: "Here, leer ons asseblief ook om reg met God te praat. Weet U, Johannes die Doper leer sy volgelinge hoe om te bid."
2 Jesus sê toe vir hom: "Hier is 'n voorbeeld van hoe julle met God moet praat: "Ons Vader, laat almal op aarde groot eerbied vir u heilige Naam hê. Laat u nuwe wêreld tog gou aanbreek.3 Gee ons asseblief elke dag genoeg om van te leef.4 Vergeef ons waar ons nie doen wat U van ons vra nie, net soos ons almal vergewe wat nie reg teenoor ons optree nie. En help ons om nooit te swig voor versoekings nie."
5 Daarna het Jesus vir sy volgelinge 'n verhaal vertel: "Stel julle die volgende toneel voor: 'n vriend kom onverwags in die middel van die nag by 'n man se huis aan. Hy staan toe dadelik op en nooi hom in. Hy wou vir sy vriend iets te ete gee, maar ontdek toe daar is nie 'n krieseltjie kos in sy huis nie. Hy stap toe gou oor na 'n ander goeie vriend van hom en klop hom wakker. 'Ag, ek is verskriklik jammer om jou so laat in die nag lastig te val.6 Maar 'n goeie vriend van my het uit die bloute daar by my aangekom. En my huis is dolleeg. Ek het nie 'n stukkie kos om hom aan te bied nie. Kan jy my nie met drie broodjies uithelp nie?'7 Wel, wat dink julle was die reaksie van hierdie ander vriend toe hy in die middel van die nag wakker geklop is? Dink julle hy het daar uit sy bed geskree: 'Gee pad! Die deur is gesluit. My vrou en kinders slaap lankal. Ek gaan definitief nie nou opstaan om vir jou 'n brood te gee nie'?
8 "Nee, natuurlik nie. Goeie vriende help mekaar. Ek sê vir julle, hierdie man sal dadelik opstaan en vir sy vriend brood gee. Ook al doen hy dit nie omdat hulle vriende is nie, sal hy dit doen omdat hy die man jammer kry wat so laat in die nag kos kom soek.
9 "Weet julle, God is net soos hierdie vriend. Daarom sê Ek vir julle: vra en God sal vir julle gee. Soek en julle sal kry. Klop aan God se hemelse deur en Hy sal vir julle kom oopmaak.10 Want elkeen wat vra, ontvang; elkeen wat soek, kry, en elkeen wat klop, tref uiteindelik 'n oop hemelse deur aan.
11 "Wie van julle wat 'n pa is, sal vir julle kind 'n slang gee as hy julle 'n stukkie vis vra om te eet?12 As hy vir 'n eier vra, gee julle hom mos nie iets boos soos 'n skerpioen nie. Nou ja, God maak ook nie so met sy kinders nie.13 As julle klomp slegte mense net goeie dinge vir julle eie kinders gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader dit dan nie doen nie? Ek verseker julle: Hy sal selfs die Heilige Gees met sy groot krag gee aan almal wat ernstig tot Hom bid."
14 Daarna het die mense 'n man na Jesus toe gebring wat in die mag van die duiwel was. Hy kon nie 'n enkele woord praat nie. Maar Jesus het die duiwel gou uitgedryf. Toe kon hy weer praat. Dit het die omstanders diep geraak.15 Party was egter nie beïndruk nie. "Nee wat, moenie julle so maklik laat kul nie. Hierdie man is goeie vriende met die duiwel self. Daarom luister die bose geeste na hom."
16 'n Groep ander mense sê toe vir Jesus: "Doen gou vir ons 'n teken. Ons wil heeltemal seker maak dat jy aan God se kant staan soos jy sê." Maar Jesus het geweet wat hulle dink.17 Daarom sê Hy toe vir hulle: "Wanneer 'n klomp soldate gedurig onder mekaar aan die baklei is, sal hulle mos nooit 'n oorlog teen 'n ander leër wen nie. Net so sal 'n gesin waarin almal van vroeg tot laat aan die stry is, ook nooit gelukkig bly nie. Die een of ander tyd sal hulle uitmekaarspat. Nou ja, met Satan is dit nie anders nie.18 As Satan teen homself oorlog verklaar en homself oral uitdryf, waar gaan hy eindig? Kort voor lank stort sy hele koninkryk in duie. Dit is presies wat sal gebeur as Ek en die duiwel sulke groot vriende is soos julle spul dink.
19 "Maar wag, party van julle dryf ook mos demone uit. As julle nou sê Ek doen dit omdat Ek die duiwel se groot vriend is, wat dan van julle? Wie se vriende is julle dan? Toe, laat julle mense self vir julle die antwoord gee!20 As julle die regte antwoord gekry het, sal julle moet erken dat Ek die demone in God se groot krag wegjaag. Dan sal julle ook besef: oral waar Ek onder julle aan die werk is, is God aan die werk. Daar raak God se vinger grond. Daar kan julle sien hoe God se nuwe wêreld lyk.
21 "Kom Ek verduidelik dit met 'n beeld. Dink julle 'n mens kan sommer by die huis van 'n groot man wat 'n klomp wapens in sy kluis het, instap en sy goed gaan steel? Natuurlik nie. Hy sal jou mos vinnig op jou plek sit.22 Behalwe natuurlik as jy sterker as hy is. Dan kan jy hom oorrompel en al sy goed vat en dit verdeel.
23 "Wat sê hierdie beeld vir julle? Dít: julle kan mos duidelik sien aan wie se kant Ek staan. Nou moet julle 'n keuse maak: óf julle kom staan aan my kant óf julle gaan staan aan my vyand se kant; óf julle help My om mense na God se nuwe wêreld toe te lei óf julle jaag hulle weg.
24 "Weet julle, wanneer 'n onrein gees uit 'n mens se lewe padgee, gaan soek hy vir hom 'n ander blyplek. As hy na 'n lang soektog nie 'n rusplek kry nie, sê hy vir homself: 'Ek is moeg gesoek. Ek gaan gou kyk wat van die plek geword het waar ek eers gebly het.'25 Daar gekom, vind hy die plek dan dolleeg, mooi skoon en reg.26 Dan gaan haal hy sommer nog sewe ander bose geeste wat blyplek soek. En hulle is nog slegter as hy. Die hele spul van hulle gaan trek dan saam daar in. Sowaar, vir so iemand sou dit baie beter gewees het as hy nie die eerste keer uit die mag van die bose gees bevry is nie. Hy moes God liewer in sy lewe toegelaat het toe hy die keuse gehad het."
27 Toe Jesus dit sê, roep 'n vrou uit die skare skielik opgewonde uit: "O, watter aangrypende dinge sê U nie! Hoe wonderlik moet dit nie wees om 'n kind soos U te hê nie. U ma is die gelukkigste vrou op aarde. Om te dink sy het iemand soos U in die wêreld gebring en U grootgemaak."
28 "Ja, dis seker waar," antwoord Jesus toe. "Maar daar is mense wat selfs nog gelukkiger as my ma is. Dit is hulle wat God se Woord hoor en dit doen."
29 'n Groot skare mense het om Jesus begin saamdrom. Maar Hy was nie baie tevrede daarmee nie. Hy sê toe vir hulle: "Julle loop om die verkeerde redes agter My aan. Julle steur julle lankal nie meer aan God nie. Nou kom soek julle by My allerhande tekens sodat julle weer so 'n klein rukkie op God se pad kan kom stap. Julle wil hê Ek moet julle met 'n paar wonderwerke vermaak. Ek weier om dit te doen.30 Maar Ek sal wel een teken vir julle gee: gaan kyk na die profeet Jona. Iets soortgelyks gaan met My gebeur as wat met hom gebeur het toe hy drie dae in die maag van die vis was.
31 "Maar gaan leer nog iets by Jona. Die mense van Nineve vir wie hy gepreek het, het na sy woorde geluister en hulle bekeer. Net soos Jona vir hulle 'n teken van God af was, net so is Ek, die Seun van die mens, die Teken van God vir hierdie sondige geslag.
"Gaan kyk ook na die koningin van die suide wat op 'n dag na koning Salomo toe gekom het. Sy het baie ver gereis om sy wysheid te kom aanhoor. Weet julle, selfs sy sal op die laaste dag opstaan en as regter optree oor die sondige mense van hierdie geslag. Maar julle besef nie dat hier voor julle Iemand staan wat duisend maal belangriker as Salomo is nie. As die koningin van die suide bereid was om na Salomo te luister, hoeveel te meer moet julle dan nie na my woorde luister nie?
32 "Die mense van Nineve sal op die finale oordeelsdag as regters oor hierdie sondige geslag oordeel. Want hulle het hulle bekeer toe Jona met hulle gaan praat het. Dit is baie meer as wat van julle spul gesê kan word. Hier voor julle staan Iemand wat duisend maal belangriker is as Jona, en wat maak julle? Julle wil nie luister nie!"
33 "'n Mens sit nie in die aand 'n lig in jou huis aan en gaan steek dit dan onder 'n bed weg nie. Natuurlik nie. Nee, 'n mens sit 'n lig op so 'n plek in die huis dat dit vir almal kan lig gee. Dan sien hulle mos wat om hulle aangaan. Julle moet ook so maak. Wees 'n lig vir ander wat nog in die donker leef.
34 "Jou oë is soos 'n lig. As jy op die regte manier daarmee kyk, maak dit alles in jou lewe helder. Maar as jy jou oë nie deur God laat instel om reg te kyk nie, maak jou oë jou hele lewe pikdonker.35 As daar geen goddelike lig in jou lewe skyn nie, is dit regtig nag binne-in jou.36 Maar aan die ander kant: as jou hele lewe vol lig is, is al die donker uit jou lewe verdryf. Dan loop jy nie meer in die een sonde na die ander vas nie. Nee, dan weerkaats al jou woorde en dade God se helder lig."
37 Terwyl Jesus nog besig was om met die mense te praat, het een van die Fariseërs vir Hom gesê: "Kom eet by my." Jesus het saam met hom na sy huis toe gegaan. Daar aangekom, het Jesus dadelik aan tafel gaan sit sonder om sy hande te was.38 Die Fariseër was verstom hieroor.
39 Jesus sê toe vir hom: "Ja, julle spul Fariseërs laat My dink aan mense wat net die buitekant van 'n beker en 'n skottel skoonmaak, maar die binnekant so vuil los. Julle is so verskriklik skoon en netjies op die oog af, maar binne-in julle wemel dit van die kwaad en van slegte dinge.40 Julle dwase! Weet julle nie dat God ons nie net met 'n buitekant gemaak het nie, maar ook met 'n binnekant?41 Hoekom gee julle nie ook julle binnekant vir Hom nie? Dan is julle regtig silwerskoon, binne en buite!
42 "Ek waarsku julle spul Fariseërs: swaar tye wag op julle wanneer julle die dag voor God moet gaan staan. Julle werk die tiendes wat julle aan God gee tot op die laaste sent korrek uit. Maar wanneer dié dinge gedoen moet word wat regtig vir Hom saak maak, skitter julle in julle afwesigheid. Ek praat van dinge soos om te sorg dat reg en geregtigheid geskied en om met julle hele lewe te wys dat julle God liefhet. Ek sê nie die ander dinge wat julle doen, is verkeerd nie. Maar dit is niks werd as julle nie ook daardie dinge doen wat regtig vir God saak maak nie.
43 "Swaar tye wag nog vorentoe op julle spul. In die godsdienstige byeenkomste hoef 'n mens nie eens na julle te soek nie. Julle sit mos daar op die belangrikste plekke waar niemand julle kan miskyk nie. En dis tog te lekker vir julle om in die winkels of op straat so eerbiedig deur almal gegroet te word.
44 "Swaar tye wag nog vorentoe op julle spul. Julle laat My dink aan 'n klompie weggesteekte grafte waarop almal trap sonder dat hulle dit besef. Julle is eintlik morsdood - julle steek dit net baie goed weg."
45 Een van die kenners van die wet wat saam met Jesus aan tafel was, het Hom skielik onderbreek: "Kyk, jy mag miskien 'n soort leermeester wees, maar nou raak jy beledigend. Jy is nou ook besig om my en my kollegas wat wetskenners is hier voor almal aan te vat."
46 Jesus sê toe vir hom: "Daar wag ook groot probleme op julle spul kenners van die Bybel. Ek sal vir julle sê hoekom. Julle skryf dik boeke vol moeilike godsdienstige reëls en stop dit dan in mense se hande en sê: 'Gaan doen dit tot op die letter van die wet.' Maar julle kan self nie eens alles doen wat op bladsy een van julle eie boeke geskryf staan nie.
47 "Ja, swaar tye wag vorentoe op julle, want julle rig groot grafstene op vir al God se boodskappers van weleer.48 En tog is julle die nageslag van die einste mense wat hulle vermoor het. Die appel val nie ver van die boom nie, nè? Julle is elkeen maar net soos julle pa's en oupas. Hulle het God se boodskappers een vir een doodgemaak, en nou bou julle grafte vir hulle almal.
49 "God het al lankal gewaarsku dat so iets sou gebeur. Hy het gesê dat Hy sy boodskappers en sy apostels na julle toe sou stuur, maar dat hulle doodgemaak en vervolg sou word.50 Daarom sal elke druppel bloed van elke boodskapper van die Here van julle spul geëis word.51 Ja, Ek bedoel dit! Daar reg van die begin af, van Abel af tot by Sagaria wat by God se huis dood is, sal elke profeet se bloed van julle geëis word.
52 "Swaar tye wag vorentoe op julle spul kenners van die wet. Want julle het die sleutel van die deur wat na God se wêreld toe lei, weggegooi. Julle weet nie meer hoe om daar uit te kom nie. En dan staan julle boonop nog in die pad van ander wat probeer om by God uit te kom."
53 Hierdie woorde van Jesus was die laaste strooi. Al die godsdienstige leiers het tegelyk begin praat en skree. Hulle was woedend oor wat Hy gesê het.54 Die Fariseërs en die wetskenners het hulle bes probeer om Jesus in 'n hoek te dryf. Hulle wou hê dat Hy iets moes sê wat hulle teen Hom kon gebruik.
Luke 11
Instructions on Prayer
1 Nowt Jesust was praying in a certain place. Whent he stopped, one of his disciples said to him, “Lord, teach us to pray, just as Johns taughts his disciples.”
2 So he said to them, “When you pray,s say:
Father,ss may your name be honored;t
may your kingdom come.ss
3 Give us each day our daily bread,t
4 and forgive us our sins,
for we also forgive everyone who sinst against us.
And do not lead us into temptation.”sts
5 Thent he said to them, “Suppose one of yout has a friend, and you go to himt at midnight and say to him, ‘Friend, lend me three loaves of bread,t6 because a friend of mine has stopped here while on a journey,t and I have nothing to set befores him.’7 Thent he will replyt from inside, ‘Do not bother me. The door is already shut, and my children and I are in bed.t I cannot get up and give you anything.’t
8 I tell you, even though the man insidet will not get up and give him anything because he is his friend, yet because of the first man’st sheer persistencet he will get up and give him whatever he needs.
9 “Sot I tell you: Ask,s and it will be given to you; seek, and you will find; knock, and the doort will be opened for you.10 For everyone who askss receives, and the one who seeks finds, and to the one who knocks, the doort will be opened.11 What father among you, if yourt son asks fors a fish, will give him a snakes instead of a fish?12 Or if he asks for an egg, will give him a scorpion?s
13 If you then, although you aret evil, know how to give good gifts to your children, how much more will the heavenly Father give the Holy Spirits to those who ask him!”
Jesus and Beelzebul
14 Nowt he was casting out a demon that was mute.t Whent the demon had gone out, the man who had been mute began to speak,s and the crowds were amazed.15 But some of them said, “By the power of Beelzebul,ts the rulert of demons, he casts out demons.”16 Others, to testt him,t began asking fort a signs from heaven.17 But Jesus,t realizing their thoughts, said to them,s “Every kingdom divided against itself is destroyed,t and a divided household falls.t18 Sot ift Satan too is divided against himself, how will his kingdom stand? I ask you this becauset you claim that I cast out demons by Beelzebul.19 Now if I cast out demons by Beelzebul, by whom do your sonss cast themt out? Therefore they will be your judges.20 But if I cast out demons by the fingers of God, then the kingdom of Gods has already overtakent you.21 When a strong man,t fully armed, guards his own palace,t his possessions are safe.t22 Butt when a stronger mant attackst and conquers him, he takes away the first man’st armor on which the man reliedt and divides upt his plunder.s
23 Whoever is not with me is against me,s and whoever does not gather with me scatters.s
Response to Jesus’ Work
24 “When an unclean spirits goes out of a person,t it passes through waterless placess looking for rest butt not finding any. Thens it says, ‘I will return to the home I left.’t25 When it returns,t it finds the houset swept clean and put in order.s
26 Then it goes and brings seven other spirits more evil than itself, and they go in and live there, sot the last state of that persont is worse than the first.”s
27 Ast he said these things, a woman in the crowd spoke outt to him, “Blessed is the wombt that bore you and the breasts at which you nursed!”s
28 But he replied,t “Blessed rather are those who hear the word of God and obeys it!”
The Sign of Jonah
29 Ast the crowds were increasing, Jesust began to say, “This generation is a wicked generation; it looks for a sign,s but no sign will be given to it except the sign of Jonah.s30 For just as Jonah became a sign to the people of Nineveh,t so the Son of Man will be a signt to this generation.s31 The queen of the Souths will rise up at the judgments with the peoplet of this generation and condemn them, because she came from the ends of the earth to hear the wisdom of Solomon – and now,t something greaters than Solomon is here!
32 The peoplet of Nineveh will stand up at the judgment with this generation and condemn it, because they repented when Jonah preached to themts – and now,t something greater than Jonah is here!
Internal Light
33 “No one after lighting a lamp puts it in a hidden placet or under a basket,st but on a lampstand, so that those who come in can see the light.34 Your eye is the lamp of your body. When your eye is healthy,t your whole body is full of light, but when it is diseased,ts your body is full of darkness.35 Therefore see to itt that the light in yous is not darkness.
36 Ift thent your whole body is full of light, with no part in the dark,t it will be as full of light as when the light of a lamp shines on you.”t
Rebuking the Pharisees and Experts in the Law
37 As he spoke,t a Pharisees invited Jesust to have a meal with him, so he went in and took his place at the table.t38 Thet Pharisee was astonished when he saw that Jesust did not first wash his handsts before the meal.39 But the Lord said to him, “Now you Pharisees cleans the outside of the cup and the plate, but inside you are full of greed and wickedness.t40 You fools!s Didn’t the one who made the outside make the inside as well?t
41 But give from your heart to those in need,ts andt then everything will be clean for you.s
42 “But woe to you Pharisees!t You give a tentht of your mint,s rue,ts and every herb, yet you neglect justices and love for God! But you should have done these things without neglecting the others.t43 Woe to you Pharisees! You love the best seatst in the synagoguess and elaborate greetingsts in the marketplaces!
44 Woe to you!s You are like unmarked graves, and peoplet walk over them without realizing it!”s
45 One of the experts in religious laws answered him, “Teacher, when you say these things you insultt us too.”46 But Jesust replied,t “Woe to you experts in religious law as well!t You load peoplet down with burdens difficult to bear, yet you yourselves refuse to toucht the burdens with even one of your fingers!47 Woe to you! You builds the tombs of the prophets whom your ancestorst killed.48 So you testify that you approve oft the deeds of your ancestors,t because they killed the prophetst and you build theirt tombs!s49 For this reason also the wisdoms of God said, ‘I will send them prophets and apostles, some of whom they will kill and persecute,’50 so that this generation may be held accountablet for the blood of all the prophets that has been shed since the beginningt of the world,t51 from the blood of Abels to the blood of Zechariah,s who was killedt between the altar and the sanctuary.t Yes, I tell you, it will be charged againstt this generation.
52 Woe to you experts in religious law! You have taken aways the key to knowledge! You did not go in yourselves, and you hinderedt those who were going in.”
53 When he went out from there, the experts in the lawt and the Pharisees began to oppose him bitterly,t and to ask him hostile questionst about many things,
54 plotting againstt him, to catcht him in something he might say.