LUKAS 11
Jesus se riglyne vir gebed
1 Eenmaal was Jesus êrens besig om te bid. Toe Hy klaar was, het een van sy dissipels na Hom gekom en gesê: "Here, leer ons om te bid, net soos Johannes sy dissipels geleer het."2 Hy het geantwoord: "Dit is hoe julle moet bid:
'Vader, laat u Naam geheilig word.
Laat u koningsheerskappy
begin.
3 Gee ons die porsie brood
wat ons vir elke dag nodig het.
4 En vergewe ons ons sondes,
net soos ons dié
wat teen ons gesondig het,
vergewe.
En bring ons nie
in die versoeking nie.'"
5 Toe, om hulle meer van gebed te leer, het Hy hierdie voorbeeld gebruik: "Gestel jy gaan in die middel van die nag na 'n vriend se huis om drie brode te leen en jy sê vir hom:6 ''n Vriend van my het pas aangekom vir 'n besoek, en ek het niks vir hom om te eet nie,'7 en hy sou uit sy slaapkamer antwoord: 'Moet my nie pla nie. Die deur is gesluit vir die nag, en ons is almal in die bed. Ek kan jou nie nou help nie.'
8 Nee, Ek sê vir julle, al sou hy dit nie as vriend doen nie, as jy net lank genoeg aanhou klop, sal hy vanweë jou onbeskaamdheid opstaan en vir jou gee wat jy nodig het.
9 "En so sê Ek vir julle, hou aan vra, en vir julle sal gegee word wat julle vra. Hou aan soek, en julle sal vind. Hou aan klop, en die deur sal oopgemaak word.
10 Want enigeen wat vra, ontvang. Enigeen wat soek, vind. En die deur word oopgemaak vir enigeen wat klop.
11 "Julle vaders - as julle kinders vir 'n vis vra, gee julle dan vir hulle 'n slang?12 Of as hulle 'n eier vra, gee julle dan vir hulle 'n skerpioen? Natuurlik nie!
13 As julle sondige mense dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader die Heilige Gees gee vir hulle wat Hom vra."
Satan teenoor die Een wat sterker is
14 Eendag het Jesus 'n bose gees uit 'n man uitgedryf wat nie kon praat nie, en die man se stem het teruggekeer. Die skare was verstom,15 maar sommige het gesê: "Geen wonder Hy kan bose geeste uitdryf nie. Hy kry sy krag van Satan, die prins van bose geeste!"
16 Om Jesus te toets het ander vir 'n wonderteken uit die hemel gevra om te sien of Hy van God kom.
17 Hy het hulle gedagtes geken; daarom het Hy gesê: "Enige koninkryk wat teen homself stryd voer, is gedoem. En 'n verdeelde huis is ook gedoem.18 Julle sê mos Ek kry my mag deur die prins van bose geeste. Maar as Satan teen homself veg deur My mag te gee om bose geeste uit te dryf, hoe kan sy koninkryk voortbestaan?19 En as Ek deur die prins van bose geeste mag kry, wat van julle eie volgelinge? Hulle dryf ook bose geeste uit; dus sal hulle julle veroordeel vir wat julle gesê het.20 Maar as Ek bose geeste uitdryf deur die krag van God, dan het die koningsheerskappy van God tot by julle gekom.21 Want wanneer Satan, wat ten volle gewapen is, sy paleis bewaak, is dit veilig -
22 totdat iemand wat sterker is, hom aanval en oorweldig en sy wapens afneem en wat hy van ander gesteel het, uitdeel.
23 "Enigiemand wat My nie help nie, weerstaan My; en enigiemand wat nie saam met My die skape bymekaarmaak nie, is besig om hulle uitmekaar te jaag."
'n Onrein gees keer terug
24 "Wanneer 'n onrein gees iemand verlaat, gaan hy die woestyn in op soek na rus. Maar as hy dit nie kry nie, sê hy: 'Ek sal teruggaan na die persoon toe waar ek vandaan kom.'25 Hy gaan dus terug en kry sy vorige tuiste uitgevee en skoon.
26 Dan gaan haal hy sewe ander geeste erger as hyself, en trek in die persoon in en bly in hom. En so is daardie persoon slegter daaraan toe as voorheen."
Wie werklik geseënd is
27 Terwyl Hy praat, het 'n vrou in die skare uitgeroep: "God seën u moeder - die skoot waaruit U gekom het, en die borste wat U gevoed het!"
28 Hy het geantwoord: "Maar nog meer geseënd is almal wat die woord van God hoor en dit uitleef."
Die teken van Jona
29 Terwyl die skare om Jesus saamdrom, het Hy gesê: "Dit is bose tye hierdie, en hierdie bose geslag hou aan om van My 'n wonderteken te vra. Maar die enigste teken wat Ek hulle sal gee, is die teken van die profeet Jona.
30 Wat met hom gebeur het, was 'n teken vir die mense van Nineve dat God hom gestuur het. Wat met My gebeur, sal 'n teken wees dat God My, die Seun van die Mens, na hierdie mense gestuur het.
31 "Die koningin van Skeba sal in die oordeelsdag opstaan en hierdie geslag veroordeel, want sy het van 'n ver land gekom om na die wysheid van Salomo te luister. En nou is Iemand groter as Salomo hier - en hierdie geslag weier om na Hom te luister.
32 Die mense van Nineve sal ook in die oordeelsdag opstaan en hierdie geslag veroordeel, want hulle het tot inkeer gekom deur die prediking van Jona. En nou is Iemand groter as Jona hier - en hierdie geslag weier om tot inkeer te kom."
Jou oog is die lamp vir jou liggaam
33 "Niemand steek 'n lamp op en steek dit dan weg of sit dit onder 'n emmer nie. Inteendeel, dit word op 'n staander geplaas om lig te laat skyn vir almal wat die kamer binnekom.34 Jou oog is die lamp vir jou liggaam. 'n Skoon oog laat lig in jou liggaam inskyn. Maar 'n vuil oog sluit die lig uit en dompel jou in duisternis.35 Maak seker dat die lig wat jy dink jy het, nie dalk duisternis is nie.
36 As jou hele liggaam met lig gevul is, sonder donker hoekies, sal jou hele lewe stralend wees asof 'n helder lig op jou skyn."
Jesus striem die Joodse godsdiensleiers
37 Toe Jesus klaar gepraat het, het een van die Fariseërs Hom na sy huis genooi vir 'n ete. Hy het dus ingegaan en sy plek aan tafel ingeneem.
38 Sy gasheer was verbaas om te sien dat Hy plaasneem sonder om eers die seremoniële reiniging volgens Joodse gebruik na te kom.
39 Toe het die Here vir hom gesê: "Julle, Fariseërs, is so versigtig om die buitekant van die koppie en bord skoon te maak, maar binne-in is julle nog smerig - vol inhaligheid en gemeenheid!40 Dwase! Het God nie die binne- sowel as die buitekant gemaak nie?
41 Gee dus vir die behoeftiges wat binne die koppie en die bord is, en julle sal oral skoon wees.
42 "Maar ellende wag vir julle, Fariseërs! Want julle is nougeset om 'n tiende van selfs die kleinste deel van julle inkomste te gee, maar julle vergeet heeltemal van regverdigheid en die liefde vir God. Julle moet regverdigheid en liefde beoefen, maar sonder om die tiendes na te laat.
43 "Ellende wag vir julle, Fariseërs! Want julle hou van die ereplekke in die sinagoges en om eerbiedig gegroet te word wanneer julle deur die markpleine loop!
44 Ja, ellende wag vir julle! Want julle is soos versteekte grafte in die veld. Mense loop daaroor sonder om te weet van die korrupsie waaroor hulle loop."
45 "Leermeester," sê 'n wetskenner, "U beledig óns ook met wat U nou gesê het."
46 "Ja," het Jesus geantwoord, "ellende wag ook vir julle, wetskenners! Want julle belas mense met onmoontlike godsdienstige eise, en julle lig nooit 'n vinger om die las te verlig nie.
47 "Ellende wag vir julle! Want julle bou grafte vir die profete wat julle voorouers lank gelede vermoor het.
48 So bevestig julle dat julle die dade van julle voorouers goedkeur. Húlle het immers die profete doodgemaak, maar júlle bou hulle grafte op.
49 "Dít is wat God in sy wysheid oor julle gesê het: 'Ek sal profete en apostels na hulle toe stuur, en hulle sal sommige doodmaak en ander vervolg.'
50 "En julle van hierdie geslag sal verantwoordelik gehou word vir al God se profete van die skepping van die wêreld af -
51 van die moord van Abel af tot die moord van Sagaria wat tussen die altaar en die heiligdom vermoor is. Ja, dit sal sekerlik teen julle gehou word.
52 "Ellende wag vir julle, wetskenners! Want julle verberg die sleutel tot kennis vir die mense. Julle gaan self nie die koninkryk binne nie, en julle verhinder ander om in te gaan."
53 Toe Jesus uit die huis uitgaan, het die wetskenners en Fariseërs baie vyandig begin raak en Hom met vrae bestook oor 'n klomp goed
54 in 'n poging om Hom te betrap op iets wat Hy verkeerd sê.
LUKE 11
Prayer
(Matthew 6.9-13; 7.7-11)
1 When Jesus had finished praying, one of his disciples said to him, “Lord, teach us to pray, just as John taught his followers to pray.”
2 So Jesus told them, “Pray in this way:
‘Father, help us
to honor your name.
Come and set up
your kingdom.
3 Give us each day
the food we need.t
4 Forgive our sins,
as we forgive everyone
who has done wrong to us.
And keep us
from being tempted.’ ”
5 Then Jesus went on to say:
Suppose one of you goes to a friend in the middle of the night and says, “Let me borrow three loaves of bread. 6 A friend of mine has dropped in, and I don't have a thing for him to eat.”
7 And suppose your friend answers, “Don't bother me! The door is bolted, and my children and I are in bed. I cannot get up to give you something.”
8 He may not get up and give you the bread, just because you are his friend. But he will get up and give you as much as you need, simply because you are not ashamed to keep on asking.
9 So I tell you to ask and you will receive, search and you will find, knock and the door will be opened for you. 10 Everyone who asks will receive, everyone who searches will find, and the door will be opened for everyone who knocks. 11 Which one of you fathers would give your hungry child a snake if the child asked for a fish? 12 Which one of you would give your child a scorpion if the child asked for an egg?
13 As bad as you are, you still know how to give good gifts to your children. But your heavenly Father is even more ready to give the Holy Spirit to anyone who asks.Jesus and the Ruler //of Demons
(Matthew 12.22-30; Mark 3.20-27)
14 Jesus forced a demon out of a man who could not talk. And after the demon had gone out, the man started speaking, and the crowds were amazed.
15 t But some people said, “He forces out demons by the power of Beelzebul, the ruler of the demons!”
16 t Others wanted to put Jesus to the test. So they asked him to show them a sign from God.
17 Jesus knew what they were thinking, and he said:
A kingdom where people fight each other will end up in ruin. And a family that fights will break up. 18 If Satan fights against himself, how can his kingdom last? Yet you say that I force out demons by the power of Beelzebul. 19 If I use his power to force out demons, whose power do your own followers use to force them out? They are the ones who will judge you.
20 But if I use God's power to force out demons, it proves that God's kingdom has already come to you.
21 When a strong man arms himself and guards his home, everything he owns is safe. 22 But if a stronger man comes and defeats him, he will carry off the weapons in which the strong man trusted. Then he will divide with others what he has taken.
23 t If you are not on my side, you are against me. If you don't gather in the crop with me, you scatter it.Return of an Evil Spirit
(Matthew 12.43-45)
24 When an evil spirit leaves a person, it travels through the desert, looking for a place to rest. But when it doesn't find a place, it says, “I will go back to the home I left.” 25 When it gets there and finds the place clean and fixed up,
26 it goes off and finds seven other evil spirits even worse than itself. They all come and make their home there, and that person ends up in worse shape than before.Being Really Blessed
27 While Jesus was still talking, a woman in the crowd spoke up, “The woman who gave birth to you and nursed you is blessed!”
28 Jesus replied, “That's true, but the people who are really blessed are the ones who hear and obey God's message!”tA Sign from God
(Matthew 12.38-42; Mark 8.12)
29 t As crowds were gathering around Jesus, he said:
You people of today are evil! You keep looking for a sign from God. But what happened to Jonaht is the only sign you will be given. 30 t Just as Jonah was a sign to the people of Nineveh, the Son of Man will be a sign to the people of today. 31 t When the judgment comes, the Queen of the Southt will stand there with you and condemn you. She traveled a long way to hear Solomon's wisdom, and yet here is something far greater than Solomon.
32 t The people of Nineveh will also stand there with you and condemn you. They turned to God when Jonah preached, and yet here is something far greater than Jonah.Light
(Matthew 5.15; 6.22,23)
33 t No one lights a lamp and then hides it or puts it under a clay pot. A lamp is put on a lampstand, so everyone who comes into the house can see the light. 34 Your eyes are the lamp for your body. When your eyes are good, you have all the light you need. But when your eyes are bad, everything is dark. 35 So be sure your light isn't darkness.
36 If you have light, and nothing is dark, then light will be everywhere, as when a lamp shines brightly on you.Jesus Condemns the Pharisees //and Teachers of the Law of Moses
(Matthew 23.1-36; Mark 12.38-40; Luke 20.45-47)
37 When Jesus finished speaking, a Pharisee invited him home for a meal. Jesus went and sat down to eat.t 38 The Pharisee was surprised that he did not wash his handst before eating.
39 So the Lord said to him:
You Pharisees clean the outside of cups and dishes, but on the inside you are greedy and evil. 40 You fools! Didn't God make both the outside and the inside?t
41 If you would only give what you have to the poor, everything you do would please God.
42 t You Pharisees are in for trouble! You give God a tenth of the spices from your gardens, such as mint and rue. But you cheat people, and you don't love God. You should be fair and kind to others and still give a tenth to God.
43 You Pharisees are in for trouble! You love the front seats in the synagogues, and you like to be greeted with honor in the market.
44 But you are in for trouble! You are like unmarked gravest that people walk on without even knowing it.
45 A teacher of the Law of Moses spoke up, “Teacher, you said cruel things about us.”
46 Jesus replied:
You teachers are also in for trouble! You load people down with heavy burdens, but you won't lift a finger to help them carry the loads. 47 Yes, you are really in for trouble. You build monuments to honor the prophets your own people murdered long ago.
48 You must think that was the right thing for your people to do, or else you would not have built monuments for the prophets they murdered.
49 Because of your evil deeds, the Wisdom of God said, “I will send prophets and apostles to you. But you will murder some and mistreat others.” 50 You people living today will be punished for all the prophets who have been murdered since the beginning of the world.
51 t This includes every prophet from the time of Abel to the time of Zechariah, t who was murdered between the altar and the temple. You people will certainly be punished for all of this.
52 You teachers of the Law of Moses are really in for trouble! You carry the keys to the door of knowledge about God. But you never go in, and you keep others from going in.
53 Jesus was about to leave, but the teachers and the Pharisees wanted to get even with him. They tried to make him say what he thought about other things, 54 so they could catch him saying something wrong.