previous next

Lukas 12

Jesus sê ’n mens kan nie die waarheid wegsteek nie

(Ook Matt 16:6; 10:26-27; Mark 8:15)

1 Toe Jesus met die tFariseërs en die tskrifgeleerdes gepraat het, het daar ander mense ook gekom. Daar was so baie mense dat hulle mekaar raakgetrap het. Jesus praat toe eers met sy tdissipels. Hy het gesê: “Julle moet oppas vir die Fariseërs, hulle is vals. Hulle is soos tsuurdeeg, ’n mens sien nie dat dit werk nie. 2 Mense kan probeer om dit weg te steek dat hulle vals is, maar God sal dit vir almal wys. Mense doen nou dinge in die geheim, maar God sal vir almal sê wat dit is.

3 Dieselfde sal gebeur wanneer julle die goeie boodskap oor My vir die mense bring. Alles wat julle nou oor My in die donker sê omdat julle bang is, sal God vir almal laat weet wanneer dit lig is. En alles wat julle nou oor My vir iemand in ’n huis saggies fluister in sy oor, sal God vir almal laat weet. Mense sal dan op die huise se dakke staan en skree en dit vir almal sê.”

Die dissipels moet vir God bang wees, nie vir mense nie

(Ook Matt 10:28-31)


4 “Julle is my vriende. Daarom sê Ek vir julle dat julle nie bang moet wees vir mense nie. Hulle kan net julle liggame doodmaak. Maar daarna kan hulle niks meer aan julle doen nie. 5 Ek sal vir julle wys vir wie julle bang moet wees. Julle moet net vir God bang wees, want wanneer julle dood is, dan kan Hy julle in die hel laat brand. Ja, Ek sê vir julle, julle moet vir Gód bang wees. 6 ’n Mens kan vyf mossies vir net twee sent verkoop. Hulle is baie goedkoop, maar God vergeet nie een van daardie klein voëltjies nie.

7 Julle is vir God baie belangriker as baie mossies. God weet presies hoeveel hare op elke mens se kop is. Daarom moet julle nie bang wees vir mense nie.”

Die dissipels moet vir die mense vertel van Jesus

(Ook Matt 10:32-33,19-20; 12:32; Mark 3:29; 13:11; Luk 21:14-15; Joh 14:26)


8 Jesus het ook gesê: “Ek sê vir julle, as iemand nie bang is om vir mense te sê hy behoort aan My nie, dan sal Ek, die tSeun van die mens, ook vir God se tengele sê daardie persoon behoort aan My. 9 Maar as iemand bang is om vir mense te sê hy behoort aan My, dan sal Ek ook vir God se engele sê daardie persoon behoort nie aan My nie. 10 As iemand iets sê teen My, die Seun van die mens, dan sal God dit vergewe. Maar as iemand iets sleg sê teen die Heilige Gees, dan sal God dit nie vergewe nie. 11 En wanneer die mense julle na die Joodse tregters in die tsinagoges vat of wanneer hulle julle hof toe vat, na theidense regters toe, dan moet julle nie bekommerd wees oor wat julle moet antwoord of wat julle moet sê nie.

12 Die Heilige Gees sal vir julle leer wat julle dan moet sê.”

Jesus waarsku teen mense wat altyd meer wil hê. Die gelykenis van die ryk dwaas


13 Daar was baie mense, en een van hulle het vir Jesus gesê: “Meneer, my broer terf baie goed. Sê vir hom hy moet vir my ook daarvan gee.”

14 Maar Jesus het vir hom gesê: “Man, Ek het nie gekom om tregter oor julle te wees of om te besluit wat elkeen moet erf nie.”

15 Toe sê Jesus vir die mense: “Julle moet oppas, julle moenie meer en meer goed wil hê nie, want dit maak nie saak hoeveel goed ’n mens het nie, dit is nie belangrik vir jou lewe nie.”
16 Toe vertel Jesus vir hulle ’n tgelykenis. Hy het gesê: “Daar was ’n ryk man wat baie koring afgesny het. Toe hulle die koring begin afsny, 17 het hy met homself gepraat en gesê: ‘Wat sal ek doen? Ek het nie genoeg plek waar ek al die koring kan bêre nie.’ 18 Toe sê hy: ‘Ek weet wat ek sal doen: Ek sal my stoorkamers afbreek en nuwe stoorkamers bou wat groter is. Dan sal ek al my koring en ander goed daarin bêre. 19 En dan sal ek vir myself sê ek het nou baie goed wat ek gebêre het vir baie jare wat kom, nou kan ek lekker gaan rus, ek kan eet en drink en die lewe geniet.’ 20 Maar toe het God vir die man gesê: ‘Jy is ’n tdwaas, jy sal vannag sterf. En al daardie goed van jou wat jy so veilig weggebêre het, wat sal nou daarvan word?’

21 So gaan dit met ’n mens wat vir homself geld en mooi goed bymekaarmaak op die aarde, maar nie ryk is by God nie.”

Die dissipels moenie bekommerd wees oor hulle lewe nie

(Ook Matt 6:25-34,19-21)


22 Jesus het toe met sy tdissipels gepraat en gesê: “Daarom sê Ek vir julle: Julle moenie bekommerd wees oor hoe julle sal lewe, oor wat julle sal eet nie. En julle moenie bekommerd wees oor julle liggaam, oor die klere wat julle moet aantrek nie. 23 Die lewe is belangriker as kos en die liggaam is belangriker as klere. 24 Kyk na die kraaie. Hulle saai nie, hulle sny nie koring af nie, en hulle het nie stoorkamers waar hulle kos en ander goed bêre nie. Maar God gee elke dag vir hulle kos. En julle is baie belangriker as die voëls. 25 Dit sal niks help as julle bekommerd is nie. Dit sal julle nie langer laat lewe nie, nie een uur langer nie. 26 As julle nie julle lewe ’n klein bietjie langer kan maak nie, hoekom is julle dan bekommerd oor al die ander dinge? 27 Kyk hoe groei die blomme in die veld. Hulle werk nie hard nie en hulle maak nie klere nie. Maar Ek sê vir julle, koning Salomo was ryk en hy het mooi klere aangetrek, maar sy klere was nie so mooi soos een van hierdie blomme nie. 28 God maak al die plante in die veld mooi, maar hulle lewe nie lank nie. Hulle groei vandag, en môre gooi iemand hulle in die vuur. God sal julle baie mooier aantrek en Hy sal beter vir julle sorg as vir die plante, ook vir julle wat so min glo. 29 Julle moenie aanhou dink oor wat julle sal eet of wat julle sal drink nie. Julle moenie aanhou bekommerd wees oor alles nie, 30 want al hierdie dinge is belangrik vir die mense van die wêreld, die mense wat nie vir God ken nie. Julle Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. 31 Nee, dit moet vir julle die belangrikste wees dat God die Koning is. Dan sal Hy al hierdie ander dinge vir julle gee. 32 Julle is min, maar julle moenie bang wees nie, want julle Vader wil graag julle Koning wees. 33 Dit sal beter wees as julle al julle goed verkoop en vir die arm mense sorg. Julle moet vir julleself beursies maak wat nie oud word nie, julle moet goed hê wat altyd daar sal wees. Dan sal julle ryk wees, julle sal in die hemel by God goed hê wat nie opraak nie. Daar kan diewe dit nie steel nie, en motte kan dit nie opvreet nie.

34 Die dinge wat in die hemel by God is, moet vir julle die belangrikste wees. Dan sal julle net dink aan God wat in die hemel is.”

Die slawe wat altyd wakker en gereed is

(Ook Matt 24:43-51; Mark 13:33-37)


35 “Julle moet altyd gereed wees, julle tlampe moet altyd brand. 36 Julle moet wees soos tslawe wat wag dat hulle eienaar terugkom van die fees by ’n bruilof. Wanneer die eienaar kom en aan die deur klop, dan maak die slawe dadelik die deur vir hom oop. 37 Die slawe wat wakker is wanneer die eienaar kom, sal baie gelukkig wees. Ek sê vir julle, en dit is seker: Die eienaar sal sê hulle moet by die tafel kom sit. Hy sal sy voorskoot aansit en hy sal hulle bedien. 38 Ja, daardie slawe sal waarlik gelukkig wees as hulle gereed is, ook as die eienaar laat in die nag of baie vroeg in die oggend kom en hy sien sy slawe is wakker. 39 Maar ook die eienaar van ’n huis moet wakker en gereed wees, want as hy weet presies hoe laat die dief kom, dan sal hy seker maak dat die dief nie by sy huis kan inbreek nie.

40 Julle moet ook altyd gereed wees, want Ek, die tSeun van die mens, sal kom wanneer julle dit nie verwag nie.”

41 Petrus het gevra: “Here, vir wie vertel U hierdie tgelykenis? Vertel U dit vir óns of vir al die mense?”
42 Toe sê die Here: “Ek wil vir jou vertel hoe is ’n bestuurder wat tverstandig is en doen wat sy eienaar wil hê. Die eienaar kies een van sy slawe en stel hom aan om bestuurder te wees van al die ander slawe. Hy moet ook elke dag vir hulle kos gee. 43 Wanneer die eienaar terugkom en hy sien sy slaaf is besig om alles te doen wat die eienaar vir hom gesê het, dan sal daardie slaaf baie gelukkig wees. 44 Ek sê vir julle, en dit is seker: Die eienaar sal daardie slaaf die hoof maak wat vir al die goed van sy eienaar moet sorg. 45 Maar ’n slaaf sal miskien dink sy eienaar bly baie lank weg en sal miskien nie weer terugkom nie. En dan begin die slaaf die ander slawe slaan en hy begin eet en drink en dronk word. 46 En eendag wanneer die slaaf dit nie verwag nie, kom die eienaar skielik terug. Dan sal die eienaar daardie slaaf baie swaar straf, hy sal hom straf soos God mense straf wat nie doen wat Hy wil hê nie. 47 Daar is slawe wat presies weet wat hulle eienaar wil hê, maar hulle doen dit nie en hulle is nie altyd gereed nie. Die eienaar sal hierdie slawe swaar straf.

48 Maar daar is ook slawe wat nie goed weet wat hulle eienaar wil hê nie. As hulle doen wat verkeerd is, dan sal die eienaar hulle nie swaar straf nie. ’n Eienaar wat vir ’n slaaf baie gegee het, wil baie kry wanneer hy terugkom, en as die eienaar gesê het die slaaf moet iets doen, dan wil hy hê die slaaf moet baie meer doen. Dit wil God ook van julle hê.”

Jesus laat mense twis met mekaar

(Ook Matt 10:34-36)


49 “Ek het gekom om vuur op die aarde te gooi, en Ek wens die vuur het al klaar begin brand. 50 God sal My baie swaar laat kry, en Ek sal bekommerd en bang bly totdat dit gebeur het. 51 Dink julle Ek het gekom om vrede te bring op die aarde? Nee, Ek sê vir julle: Ek het gekom, en nou twis mense met mekaar. 52 Van nou af sal daar vyf mense in een huis wees wat twis, drie mense teen twee, en twee mense teen drie.

53 ’n Pa sal twis met sy seun, en ’n seun sal twis met sy pa. ’n Ma sal twis met haar dogter, en ’n dogter sal twis met haar ma. ’n Skoonma sal twis met haar skoondogter, en ’n skoondogter sal twis met haar skoonma.”

Mense moet verstaan wat gebeur en hulle moet vrede maak met God

(Ook Matt 16:2-3; 5:25-26)


54 Toe sê Jesus ook vir die mense: “Wanneer julle ’n wolk in die weste sien, dan sê julle dadelik: ‘Dit sal reën.’ En julle is reg, dit gebeur. 55 En wanneer julle sien die suidewind waai, dan sê julle: ‘Dit sal vandag baie warm wees.’ En dit gebeur ook so. 56 Julle tskynheiliges, julle verstaan goed wat in die natuur gebeur, maar julle verstaan nie die dinge wat nou gebeur nie. 57 Julle weet goed wat die regte ding is om te doen. Hoekom doen julle dit nie? 58 Wanneer iemand jou hof toe vat, en julle loop hof toe, dan moet jy alles doen wat jy kan om vrede te maak met die een wat jou hof toe vat. As jy dit nie doen nie, dan sal hy jou vat tot by die tregter, en die regter sal sê die polisie moet jou in die tronk toesluit. 59 Ek sê vir jou, jy sal nie uit die tronk uitkom nie. Jy sal eers alles moet betaal wat jy skuld.”

Luke 12

Jesus Gives Words of Warning and Hope

1 During that time a crowd of many thousands had gathered. There were so many people that they were stepping on one another.
Jesus spoke first to his disciples. "Be on your guard against the yeast of the Pharisees," he said. "They just pretend to be godly.
2 Everything that is secret will be brought out into the open. Everything that is hidden will be uncovered.3 What you have said in the dark will be heard in the daylight. What you have whispered to someone behind closed doors will be shouted from the rooftops.
4 "My friends, listen to me. Don't be afraid of those who kill the body but can't do any more than that.5 I will show you whom you should be afraid of. Be afraid of the One who can kill the body and also has the power to throw you into hell. Yes, I tell you, be afraid of him.
6 "Aren't five sparrows sold for two pennies? But God does not forget even one of them.7 In fact, he even counts every hair on your head! So don't be afraid. You are worth more than many sparrows.
8 "What about someone who says in front of others that he knows me? I tell you, the Son of Man will say that he knows that person in front of God's angels.9 But what about someone who says in front of others that he doesn't know me? I, the Son of Man, will say that I don't know him in front of God's angels.
10 "Everyone who speaks a word against the Son of Man will be forgiven. But anyone who speaks evil things against the Holy Spirit will not be forgiven.
11 "You will be brought before synagogues, rulers and authorities. But do not worry about how to stand up for yourselves or what to say.12 The Holy Spirit will teach you at that time what you should say."

The Story of the Rich Man

13 Someone in the crowd spoke to Jesus. "Teacher," he said, "tell my brother to divide the family property with me."
14 Jesus replied, "Friend, who made me a judge or umpire between you?"
15 Then he said to them, "Watch out! Be on your guard against wanting to have more and more things. Life is not made up of how much a person has."
16 Then Jesus told them a story. He said, "A certain rich man's land produced a good crop.17 He thought to himself, 'What should I do? I don't have any place to store my crops.'
18 "Then he said, 'This is what I'll do. I will tear down my storerooms and build bigger ones. I will store all my grain and my other things in them.19 I'll say to myself, "You have plenty of good things stored away for many years. Take life easy. Eat, drink and have a good time." '
20 "But God said to him, 'You foolish man! This very night I will take your life away from you. Then who will get what you have prepared for yourself?'
21 "That is how it will be for anyone who stores things away for himself but is not rich in God's eyes."

Do Not Worry

22 Then Jesus spoke to his disciples. He said, "I tell you, do not worry. Don't worry about your life and what you will eat. And don't worry about your body and what you will wear.23 There is more to life than eating. There are more important things for the body than clothes.
24 "Think about the ravens. They don't plant or gather crops. They don't have any storerooms at all. But God feeds them. You are worth much more than birds!
25 "Can you add even one hour to your life by worrying?26 You can't do that very little thing. So why worry about the rest?
27 "Think about how the lilies grow. They don't work or make clothing. But here is what I tell you. Not even Solomon in all of his glory was dressed like one of those flowers.28 If that is how God dresses the wild grass, how much better will he dress you! After all, the grass is here only today. Tomorrow it is thrown into the fire. Your faith is so small!
29 "Don't spend time thinking about what you will eat or drink. Don't worry about it.30 People who are ungodly run after all of those things. Your Father knows that you need them.
31 "But put God's kingdom first. Then those other things will also be given to you.
32 "Little flock, do not be afraid. Your Father has been pleased to give you the kingdom.33 Sell what you own. Give to those who are poor. Provide purses for yourselves that will not wear out. Put away riches in heaven that will not be used up. There, no thief can come near it. There, no moth can destroy it.34 Your heart will be where your riches are.

Be Ready

35 "Be dressed and ready to serve. Keep your lamps burning.36 Be like servants waiting for their master to return from a wedding dinner. When he comes and knocks, they can open the door for him at once.
37 "It will be good for those servants whose master finds them ready when he comes. What I'm about to tell you is true. The master will then dress himself so he can serve them. He will have them take their places at the table. And he will come and wait on them.38 It will be good for those servants whose master finds them ready. It will even be good if he comes very late at night.
39 "But here is what you must understand. Suppose the owner of the house knew at what hour the robber was coming. He would not have let his house be broken into.40 You also must be ready. The Son of Man will come at an hour when you don't expect him."
41 Peter asked, "Lord, are you telling this story to us, or to everyone?"
42 The Lord answered, "Suppose a master puts one of his servants in charge of his other servants. The servant's job is to give them the food they are to receive at the right time. The master wants a faithful and wise manager for this.43 It will be good for the servant if the master finds him doing his job when the master returns.44 What I'm about to tell you is true. The master will put that servant in charge of everything he owns.
45 "But suppose the servant says to himself, 'My master is taking a long time to come back.' Suppose he begins to beat the other servants. Suppose he feeds himself. And suppose he drinks until he gets drunk.46 The master of that servant will come back on a day the servant doesn't expect him. He will return at an hour the servant doesn't know. Then the master will cut him to pieces. He will send him to the place where unbelievers go.
47 "Suppose a servant knows his master's wishes. But he doesn't get ready. And he doesn't do what his master wants. That servant will be beaten with many blows.
48 "But suppose the servant does not know his master's wishes. And suppose he does things for which he should be punished. He will be beaten with only a few blows.
"Much will be required of everyone who has been given much. Even more will be asked of the person who is supposed to take care of much.

Jesus Will Separate People From One Another

49 "I have come to bring fire on the earth. How I wish the fire had already started!50 But I have a baptism of suffering to go through. And I will be very troubled until it is completed.
51 "Do you think I came to bring peace on earth? No, I tell you. I have come to separate people.52 From now on there will be five members in a family, each one against the other. There will be three against two and two against three.53 They will be separated. Father will turn against son and son against father. Mother will turn against daughter and daughter against mother. Mother-in-law will turn against daughter-in-law and daughter-in-law against mother-in-law."

Understanding What Is Happening

54 Jesus spoke to the crowd. He said, "You see a cloud rising in the west. Right away you say, 'It's going to rain.' And it does.55 The south wind blows. So you say, 'It's going to be hot.' And it is.56 You pretenders! You know how to understand the appearance of the earth and the sky. Why can't you understand the meaning of what is happening right now?
57 "Why don't you judge for yourselves what is right?58 Suppose someone has a claim against you, and you are on your way to court. Try hard to settle the matter on the way. If you don't, that person may drag you off to the judge. The judge may turn you over to the officer. And the officer may throw you into prison.59 I tell you, you will not get out until you have paid the very last penny!"