previous next

Lukas 12

1 Intussen het duisende mense na Jesus toe gestroom. Tussen die gedrang deur sê Hy vir sy dissipels: "Julle moet lig loop vir die Fariseërs. Met hulle skewe leerstellings maak hulle almal heeltemal deurmekaar. Hulle is 'n klomp skynheiliges.
2 "Gelukkig kan mense se leuens nooit die waarheid in 'n bottel toeskroef nie.3 Die een of ander tyd sal die waarheid uitkom. Onthou: wat julle ook al in die geheim sê, sal wel bekend word. Kort voor lank word julle diepste geheime sommer nog van die dakke af uitbasuin. Wees daarom baie versigtig wat julle sê."
4  "Sê My, vir wie dink julle moet 'n mens die bangste wees, vir mense of vir God? Kyk 'n bietjie: Mense kan miskien jou liggaam doodmaak, maar dis al.5 God kan baie meer as dit doen: Hy kan jou in die doderyk gooi. En dit is regtig iets om voor bang te wees!
6 "Wat dink julle sal iemand vir vyf mossies betaal? Hoogstens 'n paar sent. Hulle is nie veel werd nie. Maar tog gee God vir hulle om. Weet julle, God gee nog baie meer vir julle om. Van kop tot tone is julle vir Hom belangrik.7 Ja, Hy gee so baie vir julle om dat Hy elke haar op julle elkeen se kop getel het. Moet daarom nie bang wees nie. Julle is kosbaar vir God.
8 "Hou aan om oor My te praat in die wêreld. Dan sal Ek julle 'n baie groot eer aandoen. Dan sal Ek, die Seun van die mens, ook oor julle praat daar in die hemel waar God se engele is.9 Maar aan die ander kant, as julle tussen ander mense maak of julle My nie ken nie, sal Ek presies dieselfde met julle doen. Dan sal Ek ook daar voor die engele maak of Ek julle nie ken nie.
10 "Weet julle, daar is niks wat mense aan My kan doen of oor My kan sê wat so sleg is dat God hulle dit nie kan vergewe nie. Maar daar is wel een ding wat God glad nie kan verdra nie. Dit is as mense die rug draai vir die Heilige Gees se werk. Wanneer die Gees aan die werk is en mense sê dis die duiwel wat aan die werk is, is hulle in baie groot moeilikheid by God. Hy sal hulle dit nooit vergewe nie.
11 "Wanneer die mense julle baie sleg behandel omdat julle my volgelinge is, moet julle nie moed opgee nie. As hulle julle voor die hof sleep of voor allerhande hooggeplaastes, hoef julle julle nie te bekommer hoe julle julle gaan verdedig nie. Los maar die advokate en die prokureurs uit. Die Heilige Gees sal persoonlik daar by julle wees om julle te verdedig.12 Wanneer julle beurt kom om iets te sê, sal die Gees vir julle al die regte woorde gee wat julle moet sê."
13  Iemand uit die skare sê toe vir Jesus: "Goeie Leermeester, help my asseblief met my groot probleem. My pa is onlangs dood en nou wil my broer nie ons erfgeld met my deel nie. Hy hou alles net vir homself."
14 "Hoor hier, dit is nie my werk om as regter in julle familietwiste op te tree of julle geldsake op te los nie," het Jesus vinnig geantwoord.
15 Toe sê Jesus vir die mense: "Hoekom hardloop julle die hele tyd net agter geld aan? Die lewe gaan tog nie daaroor nie. 'n Mens se geluk hang mos nie af van hoeveel geld jy op jou naam het nie.16 Kom Ek verduidelik wat Ek bedoel: Eendag was daar 'n baie ryk man. Hy was 'n groot boer wat die een goeie oes na die ander op sy lande gehad het.17 Op 'n dag dink hy toe by homself: 'Ek het 'n probleem. My skure is nie meer groot genoeg om al my oeste in te bêre nie.'
18 "Na 'n rukkie sê hy vir homself: 'Nou weet ek. Ek gaan al my skure afbreek. Dan bou ek baie groter skure in hulle plek - groot genoeg om al my oeste in te bêre. En dan kan ek sommer al my kosbare besittings waarvoor ek nie meer plek in my huis het nie daar toesluit. Daarna kan ek agteroor sit en die lewe geniet.19 Ek kan myself op die skouer klop en sê: Mooi so! Jy het nou so baie geld en besittings dat jy dit nooit kan uitleef nie. Gaan geniet nou jou lewe. Hou partytjie. Gee jou oor aan drank en plesier. Doen net wat jy wil. Jy verdien dit mos.'
20 "Maar hierdie ryk man het 'n verskriklike groot fout gemaak. Hy het God buite rekening gelaat. Op daardie selfde dag nog het God vir hom gesê: 'Jou arme dwaas! Vannag nog sal jy doodgaan. En wat word dan van al jou baie besittings? Jy kan dit tog nie saam met jou na die doderyk toe vat nie.'
21 "Weet julle, so gaan dit met almal wat die verkeerde skatte bymekaarmaak. Die doderyk is die enigste beloning vir al hulle harde werk. Gee julle lewens eerder aan God. Maak vir julle skatte by Hom bymekaar. Dan wag daar 'n splinternuwe lewe op julle."
22  Daarna het Jesus vir sy volgelinge gesê: "Hou op om julle van vroeg tot laat te loop en bekommer. Julle wonder gedurig: 'Waar gaan ons geld kry om kos te koop?' of: 'Hoe gaan ons geld vir klere in die hande kry?' Dié dinge is tog nie die belangrikste in die lewe nie.23 Die lewe gaan oor baie meer as dit. Kyk net 'n bietjie om julle, dan sien julle wat Ek bedoel.
24 "Kyk maar net na die voëls. Hulle het nie groot lande waar hulle hul kos aanplant nie. Daar is ook nie groot bêreplek vir kos in hulle neste nie. En tog gaan slaap hulle nooit een aand honger nie. God sorg vir hulle. Besef julle nie dat julle vir God baie meer werd is as al die voëls nie?25 Vir wat bekommer julle julle dan so? Dit help in elk geval niks nie.26 Met julle bekommernis kan julle jul lewens nie eens met 'n enkele sekonde verleng nie. Hou dadelik op daarmee!
27 "Gaan kyk ook 'n slag na al die lelies wat buite in die veld groei. Hulle word nooit natgegooi of versorg nie. En tog groei hulle pragtig. Selfs nie eens koning Salomo met al sy rykdom en blink klere was so indrukwekkend soos een van hulle nie.28 As God dan die veldgras so mooi versorg, wat nog vandag daar is en môre dood is, wat sal Hy nie alles vir julle doen nie, julle spul kleingelowiges?
29 "Ek sê weer: hou op om julle heeltyd te bekommer oor dinge soos kos en klere. En moenie so angstig wees oor alles nie. Dit is goed waaroor al die nasies van die wêreld wat nie in God glo nie hulle bekommer.30 Maar julle het 'n Vader in die hemel. Hy is baie lief vir julle en Hy weet presies wat julle nodig het.31 Al wat julle moet doen, is om heeltyd sy koninkryk eerste te stel. Leef dag en nag soos burgers van sy nuwe wêreld. En los die res vir Hom. Hy sal wel sorg dat julle alles kry wat julle elke dag nodig het.
32 "Hou op om so bang en benoud te wees, my klein ou groepie volgelinge. Julle Vader gee verskriklik baie vir julle om. Weet julle hoe bly dit Hom gemaak het om vir julle elkeen 'n plek in sy nuwe wêreld te gee? Daarom sal Hy elke dag vir julle sorg.
33 "Julle moet op 'n nuwe manier gaan leef. Verkoop julle besittings. Deel wat julle het met dié wat minder as julle het. Maak vir julle 'n bankrekening in die hemel oop. God self sal dit oppas. Geen dief kan daar by Hom inbreek nie. En niks word ooit oud daar nie.
34 "Onthou, die dinge waarmee jy jou van vroeg tot laat besig hou, sê wat die belangrikste in jou lewe is. Jou lewe wys waar jy jou 'rekening' oopgemaak het."
35  "Julle moet reg leef. Laat julle lig helder in hierdie donker wêreld skyn, want die Here kan enige oomblik terugkom.36 Julle moet soos werkers in 'n belangrike man se huis wees wat die hele tyd wag dat hy van 'n bruilof af moet terugkeer. As hy laat in die aand aan die voordeur klop, maak hulle dadelik vir hom oop.37 Daardie werkers is gelukkig dat hulle nie aan die slaap geraak het nie, want die werkgewer sal daar en dan vir hulle iets te ete gee. Hy sal selfs dat hulle in sy eetkamer gaan sit terwyl hy hulle bedien.
38 "Daardie werkgewer sal selfs nog blyer wees as hy eers in die middel van die nag by sy huis aankom en sy werkers staan steeds getrou daar by die voordeur vir hom en wag. Dan wag daar sommer 'n groot present op hulle.
39 "Nog 'n voorbeeld: As iemand hoor dat 'n dief beplan om drie-uur in die nag by hom te kom inbreek, sal hy mos gereed wees, nie waar nie? Hy sal die dief met niks laat wegkom nie.40 Net so moet julle ook sorg dat julle reg is, want julle weet nie wanneer die Seun van die mens kom nie. Al wat Ek vir julle kan sê, is dat dit op 'n tydstip sal wees dat julle dit die minste verwag."
41 Petrus vra toe vir Jesus: "Met wie praat U nou eintlik? Net met ons dissipels, of ook met al die ander mense?"
42 Jesus het Petrus met nog 'n verhaal geantwoord: "Dink 'n bietjie: Watter soort werker sal die eienaar van 'n fabriek die graagste aanstel om elke maand die ander werkers se lone uit te betaal? Definitief die persoon wat betroubaar is en wat altyd hard werk, of die eienaar nou daar is of nie.43 So 'n werker sal goed beloon word as die eienaar op 'n dag kom inspeksie doen.44 Uiteindelik sal hy die bestuurder oor die hele fabriek word.45 Maar as daardie werker vir homself sou sê: 'Kyk, die baas is nie hier nie. Nou maak ek wat ek wil,' wag daar groot probleme op hom. Kort voor lank begin hy dan geld steel en met die ander werkers sukkel. Hy begin ook in werkstyd drink en partytjie hou.46 Vir hierdie werker wag daar 'n groot verrassing. Op 'n goeie dag, as hy nog so dronk daar rondsit en die ander pla, sal die eienaar onverwags by die fabriek instap. Dit sal natuurlik gebeur wanneer hy dit die minste verwag. Maar dan gaan hy bitter swaar gestraf word. Daardie werker gaan net mooi alles verloor wat hy gehad het.
47 "Die werker wat weet wat sy eienaar van hom verwag, maar wat hom nie daaraan steur nie en doen wat hy wil, sal bitter swaarkry op die dag dat sy eienaar terugkom.48 Aan die ander kant, daardie werker wat nie mooi geweet het wat sy eienaar van hom verwag nie, maar wat drooggemaak het, sal nie so swaar soos die eerste werker gestraf word nie.
"So gaan dit ook in God se wêreld. Hoe meer verantwoordelikhede daar aan mense toevertrou word, hoe groter plig rus daar op hulle skouers om te doen wat God vra. Op die laaste dag sal daar van hulle groter rekenskap gevra word as van ander."
49  "My werk is om alles hier op aarde van hoek tot kant te kom verander. En hoe wens Ek nie dat dit al begin nie!50 Net soos 'n reusevuur alles aan die brand steek, kom steek Ek die hele wêreld aan die brand. Daar lê egter eers 'n groot 'vuurdoop' vir My voor. Eers moet Ek baie swaarkry. Dit is nie 'n lekker vooruitsig nie.
51 "Dink julle almal gaan nou skielik in vrede met mekaar leef omdat Ek hier is? Nee, inteendeel. Van nou af gaan mense eers baklei.52 Selfs in dieselfde huisgesin sal mense oor My verdeeld wees.53 'n Ma en haar seun sal byvoorbeeld in My glo, terwyl die pa en sy dogters weier om My te dien. Pa's en seuns sal van nou af mekaar haat oor My. Ma's en hulle dogters sal haaks wees om dieselfde rede; so ook ganse families. Ek gaan nog maak dat baie mense niks met mekaar te doen wil hê nie."
54  Jesus sê toe vir die mense wat na Hom luister: "Julle is sulke goeie weervoorspellers! As julle 'n wolk daar uit die weste sien aankom, sê julle: 'Dit kom reën.' En dan gebeur dit ook.55 En wanneer die suidewind begin waai, sê julle: 'Nou gaan ons uitbraai van die hitte.' En dan gebeur dit ook.
56 "Ek verstaan julle spul skynheiliges glad nie. Julle is sulke goeie weervoorspellers. Julle kan presies sê wanneer dit gaan reën en wanneer dit warm gaan wees, maar julle kan glad nie die tyd reg lees nie.57 Besef julle nie hoe laat dit al op God se groot horlosie is nie?
58 "Julle weet ook nie hoe om reg teenoor ander mense op te tree nie. Kyk net hoe dikwels beland julle in die hof. Dit is omdat julle nie bereid is om die saak voor die tyd te gaan uitpraat met mense wat julle hof toe wil vat nie. Moenie so hardkoppig wees nie. Gaan maak dinge tussen julle en ander mense reg voordat julle in die hof beland.59 Wie weet, later word julle skuldig bevind en dan moet julle 'n lang tyd in die tronk gaan sit."

Luke 12

Fear God, Not People

1 Meanwhile,t when many thousands of the crowd had gathered so that they were trampling on one another, Jesust began to speak first to his disciples, “Be on your guard againstt the yeast of the Pharisees,s which is hypocrisy.s2 Nothing is hiddent that will not be revealed,s and nothing is secret that will not be made known.

3 So thent whatever you have said in the dark will be heard in the light, and what you have whisperedt in private roomss will be proclaimed from the housetops.t
4 “It tell you, my friends, do not be afraid of those who kill the body,s and after that have nothing more they can do.5 But I will warnt you whom you should fear: Fear the one who, after the killing,s has authority to throw yout into hell.s Yes, I tell you, fear him!6 Aren’t five sparrows sold for two pennies?s Yet not one of them is forgotten before God.

7 In fact, even the hairs on your head are all numbered. Do not be afraid;s you are more valuable than many sparrows.
8 “It tell you, whoever acknowledgest me before men,t the Son of Man will also acknowledges before God’s angels.9 But the one who denies me before men will be denied before God’s angels.10 And everyone who speaks a word against the Son of Man will be forgiven, but the person who blasphemes against the Holy Spirits will not be forgiven.t11 But when they bring you before the synagogues,ss thet rulers, and the authorities, do not worry about how you should make your defenset or what you should say,

12 for the Holy Spirit will teach you at that momentt what you must say.”t

The Parable of the Rich Landowner

13 Thent someone from the crowd said to him, “Teacher, tells my brother to divide the inheritance with me.”14 But Jesust said to him, “Man,t who made me a judge or arbitrator between you two?”t15 Thent he said to them, “Watch out and guard yourself fromt all types of greed,t because one’s life does not consist in the abundance of his possessions.”16 He thent told them a parable:t “The land of a certain rich man producedt an abundant crop,17 sot he thought to himself,t ‘What should I do, for I have nowhere to store my crops?’s18 Thent he said, ‘Is will do this: I will tear down my barns and build bigger ones, and there I will store all my grain and my goods.19 And I will say to myself,t “You have plenty of goods stored up for many years; relax, eat, drink, celebrate!”’20 But God said to him, ‘You fool! This very night your lifet will be demanded back fromt you, but who will get what you have prepared for yourself?’t

21 So it is with the one who stores up riches for himself,s but is not rich toward God.”

Exhortation Not to Worry

22 Thent Jesust said to hiss disciples, “Therefore I tell you, do not worryt about yours life, what you will eat, or about yourss body, what you will wear.23 For there is more to life than food, and more to the body than clothing.24 Consider the ravens:t They do not sow or reap, they have no storeroom or barn, yet God feedst them. How much more valuable are you than the birds!25 And which of you by worryingt can add an hour to his life?t26 So ift you cannot do such a very little thing as this, why do you worry aboutt the rest?27 Consider how the flowerst grow; they do not workt or spin. Yet I tell you, not even Solomon in all his glory was clothed like one of these!28 And ift this is how God clothes the wild grass,t which is heret today and tomorrow is tossed into the fire to heat the oven,ts how much mores will he clothe you, you people of little faith!29 Sot do not be overly concerned aboutt what you will eat and what you will drink, and do not worry about such things.t30 For all the nations of the world pursuet these things, and your Father knows that you need them.

31 Instead, pursuet hiss kingdom,s and these things will be given to you as well.
32 “Do not be afraid, little flock, for your Father is well pleasedt to give you the kingdom.33 Sell your possessionss and give to the poor.t Provide yourselves purses that do not wear out – a treasure in heavent that never decreases,t where no thief approaches and no motht destroys.

34 For where your treasures is, there your heart will be also.

Call to Faithful Stewardship

35 “Get dressed for servicet and keep your lamps burning;s36 be like peoplet waiting for their master to come back from the wedding celebration,s so that when he comes and knocks they can immediately open the door for him.37 Blessed are those slavest whom their master finds alertt when he returns! I tell you the truth,t he will dress himself to serve,t have them take their place at the table,t and will comet and wait on them!s38 Even if he comes in the second or third watch of the nights and finds them alert,t blessed are those slaves!t39 But understand this: If the owner of the house had known at what hour the thiefs was coming, he would not have lets his house be broken into.

40 You also must be ready, because the Son of Man will come at an hour when you do not expect him.”s
41 Thent Peter said, “Lord, are you telling this parable for us or for everyone?”s42 The Lord replied,t “Who then is the faithful and wise manager,t whom the master puts in charge of his household servants,t to give them their allowance of food at the proper time?43 Blessed is that slavet whom his master finds at workt when he returns.44 I tell you the truth,t the mastert will put him in charge of all his possessions.45 But ift thatt slave should say to himself,t ‘My master is delayedt in returning,’ and he begins to beats the othert slaves, both men and women,t and to eat, drink, and get drunk,46 then the master of that slave will come on a day when he does not expect him and at an hour he does not foresee, and will cut him in two,t and assign him a place with the unfaithful.t47 Thatt servant who knew his master’s will but did not get ready or do what his master askedt will receive a severe beating.

48 But the one who did not know his master’s willt and did things worthy of punishmentt will receive a light beating.t From everyone who has been given much, much will be required,t and from the one who has been entrusted with much,s even more will be asked.t

Not Peace, but Division

49 “I have comes to bringt fire on the earth – and how I wish it were already kindled!50 I have a baptisms to undergo,t and how distressed I am until it is finished!51 Do you think I have come to bring peace on earth? No, I tell you, but rather division!t52 For from now ons there will be five in one household divided, three against two and two against three.

53 They will be divided,t father against son and son against father, mother against daughter and daughter against mother, mother-in-law against her daughter-in-law and daughter-in-law against mother-in-law.”

Reading the Signs

54 Jesust also said to the crowds, “When you see a cloud rising in the west,s you say at once, ‘A rainstormt is coming,’ and it does.55 And when you see the south winds blowing, you say, ‘There will be scorching heat,’ and there is.

56 You hypocrites!s You know how to interpret the appearance of the earth and the sky, but how can you not know hows to interpret the present time?

Clear the Debts

57 “Andt why don’t you judge for yourselves what is right?58 As you are going with your accuser before the magistrate,s make an effort to settle with him on the way, so that he will not drag you before the judge, and the judge hand you over to the officer,s and the officer throw you into prison.

59 I tell you, you will never get out of there until you have paid the very last cent!”ts

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.