previous next

LUKAS 12

1 TOE duisende van die skare ondertussen saamkom, sodat hulle mekaar vertrap het, begin Hy aan sy dissipels te sê: tPas veral op vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is tgeveinsdheid.

2  tEn daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.

3 Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die lig gehoor word; en wat julle in die oor gepraat het in die binnekamers, sal op die dakke verkondig word.

Wie gevrees moet word.

(Mt. 10:28-33.)


4 EN Ek sê vir julle, tmy vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie;

5 maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!

6 Word tvyf mossies nie vir Mt. 23:13twee stuiwers verkoop nie? En nie een van hulle is voor God vergeet nie.

7 Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.

8 En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor tdie engele van God.

9 Maar hy wat My verloën voor die mense, sal verloën word voor die engele van God.

10 En telkeen wat ’n woord teen die Seun van die mens sal spreek, dit sal hom vergewe word; maar vir hom wat gelaster het teen die Heilige Gees, sal dit nie vergewe word nie.

11  tEn wanneer hulle jul sal bring voor die sinagoges en die owerhede en die gesaghebbers, moet julle jul nie kwel oor hoe of waarmee julle jul sal verdedig, of wat julle sal sê nie;

12 want die Heilige Gees sal julle in dieselfde uur leer wat julle moet sê.

Gelykenis van die ryk dwaas.


13 EN een van die skare sê vir Hom: Meester, sê vir my broer dat hy die erfenis met my moet deel.

14 Maar Hy antwoord hom: Mens, wie het My as ’n regter of deler oor julle aangestel?

15 En Hy sê vir hulle: tPas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.

16 Toe vertel Hy hulle hierdie gelykenis: ’n Ryk man se grond het goed gedra.

17 En hy het by homself geredeneer en gesê: Wat sal ek doen, want ek het geen plek waar ek my oes kan insamel nie?

18 Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goed insamel.

19 En ek sal vir my siel sê: tSiel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik.

20 Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, tin hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en twat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees?

21 So gaan dit met hom twat vir homself skatte vergader en tnie ryk is in God nie.

Die sorge van die lewe.

(Mt. 6:25-34.)


22 EN Hy het aan sy dissipels gesê: tDaarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie.

23 Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere.

24 Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!

25 En wie onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?

26 As julle dan selfs nie die geringste kan doen nie, waarom kwel julle jul oor die ander dinge?

27 Kyk na die lelies, hoe hulle groei: hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy heerlikheid was nie bekleed soos een van hulle nie.

28 As God dan die gras van die veld wat vandag daar is en môre in ’n oond gegooi word, so beklee, hoeveel meer vir julle, kleingelowiges!

29 Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie;

30 want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het.

31 Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

32 Moenie vrees nie, tklein kuddetjie, want julle Vader het ’n welbehae daarin gehad om aan julle tdie koninkryk te gee.

33 Verkoop julle besittings en tgee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, t’n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.

34  tWant waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.

Gelykenis van die waaksame dienskneg.

(Mt. 24:45-51.)


35 LAAT julle heupe omgord wees en tjulle lampe aan die brand.

36 En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.

37  tGelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer twakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, thy sal hom omgord en thulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien.

38 En as hy in die ttweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind — gelukkig is daardie diensknegte.

39  tMaar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie.

40 Julle moet dan ook gereed wees, tomdat die Seun van die mens kom op ’n uur dat julle dit nie verwag nie.

41 Toe sê Petrus vir Hom: Here, vertel U hierdie gelykenis vir ons of ook vir almal?

42 En die Here antwoord: Wie is dan die getroue en verstandige tbestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee?

43 Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, só besig sal vind.

44 Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.

45 Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word,

46 dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ’n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ’n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom t’n deelgenoot maak van die ontroues.

47 En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word;

48 maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. tEn elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.

Jesus bring vuur en verdeeldheid op die aarde.


49 EK het gekom om tvuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!

50 Maar Ek het t’n doop om mee gedoop te word, en thoe benoud word Ek totdat dit volbring is!

51  tDink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid.

52 Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie.

53 Die vader sal verdeeld wees teen die seun en tdie seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder, die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder.

Die tekens van die tye.


54 EN Hy het ook aan die skare gesê: tWanneer julle ’n wolk in die weste sien opkom, sê julle dadelik: Daar kom reën! en dit gebeur ook.

55 En wanneer julle die suidewind sien waai, sê julle: Dit sal gloeiend warm wees! en dit gebeur.

56 Geveinsdes, die voorkoms van die aarde en die lug weet julle te beoordeel, maar hoe is dit dat julle hierdie tyd nie kan beoordeel nie?

57 En waarom oordeel julle ook nie uit julleself wat reg is nie?

58  tWant terwyl jy met jou teëstander na die owerheid gaan, doen moeite op die pad om van hom los te kom; sodat hy jou nie miskien voor die regter sleep en die regter jou oorgee aan die geregsdienaar en die geregsdienaar jou in die gevangenis werp nie.
59 Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy ook die laaste toortjie betaal het nie.

Luke 12

1 Meanwhile, when a multitude of many thousands had gathered together, so much so that they trampled on each other, he began to tell his disciples first of all, “Beware of the yeast of the Pharisees, which is hypocrisy.2 But there is nothing covered up, that will not be revealed, nor hidden, that will not be known.

3 Therefore whatever you have said in the darkness will be heard in the light. What you have spoken in the ear in the inner rooms will be proclaimed on the housetops.
4 “I tell you, my friends, don’t be afraid of those who kill the body, and after that have no more that they can do.

5 But I will warn you whom you should fear. Fear him, who after he has killed, has power to cast into Gehenna.t Yes, I tell you, fear him.
6 “Aren’t five sparrows sold for two assaria coinst? Not one of them is forgotten by God.

7 But the very hairs of your head are all numbered. Therefore don’t be afraid. You are of more value than many sparrows.
8 “I tell you, everyone who confesses me before men, him will the Son of Man also confess before the angels of God;9 but he who denies me in the presence of men will be denied in the presence of the angels of God.10 Everyone who speaks a word against the Son of Man will be forgiven, but those who blaspheme against the Holy Spirit will not be forgiven.11 When they bring you before the synagogues, the rulers, and the authorities, don’t be anxious how or what you will answer, or what you will say;

12 for the Holy Spirit will teach you in that same hour what you must say.”

13 One of the multitude said to him, “Teacher, tell my brother to divide the inheritance with me.”
14 But he said to him, “Man, who made me a judge or an arbitrator over you?”

15 He said to them, “Beware! Keep yourselves from covetousness, for a man’s life doesn’t consist of the abundance of the things which he possesses.”
16 He spoke a parable to them, saying, “The ground of a certain rich man brought forth abundantly.17 He reasoned within himself, saying, ‘What will I do, because I don’t have room to store my crops?’18 He said, ‘This is what I will do. I will pull down my barns, and build bigger ones, and there I will store all my grain and my goods.

19 I will tell my soul, “Soul, you have many goods laid up for many years. Take your ease, eat, drink, be merry.”’
20 “But God said to him, ‘You foolish one, tonight your soul is required of you. The things which you have prepared—whose will they be?’

21 So is he who lays up treasure for himself, and is not rich toward God.”
22 He said to his disciples, “Therefore I tell you, don’t be anxious for your life, what you will eat, nor yet for your body, what you will wear.23 Life is more than food, and the body is more than clothing.24 Consider the ravens: they don’t sow, they don’t reap, they have no warehouse or barn, and God feeds them. How much more valuable are you than birds!25 Which of you by being anxious can add a cubit to his height?26 If then you aren’t able to do even the least things, why are you anxious about the rest?27 Consider the lilies, how they grow. They don’t toil, neither do they spin; yet I tell you, even Solomon in all his glory was not arrayed like one of these.28 But if this is how God clothes the grass in the field, which today exists, and tomorrow is cast into the oven, how much more will he clothe you, O you of little faith?29 Don’t seek what you will eat or what you will drink; neither be anxious.30 For the nations of the world seek after all of these things, but your Father knows that you need these things.31 But seek God’s Kingdom, and all these things will be added to you.32 Don’t be afraid, little flock, for it is your Father’s good pleasure to give you the Kingdom.33 Sell that which you have, and give gifts to the needy. Make for yourselves purses which don’t grow old, a treasure in the heavens that doesn’t fail, where no thief approaches, neither moth destroys.

34 For where your treasure is, there will your heart be also.
35 “Let your waist be dressed and your lamps burning.36 Be like men watching for their lord, when he returns from the marriage feast; that, when he comes and knocks, they may immediately open to him.37 Blessed are those servants, whom the lord will find watching when he comes. Most certainly I tell you, that he will dress himself, and make them recline, and will come and serve them.38 They will be blessed if he comes in the second or third watch, and finds them so.39 But know this, that if the master of the house had known in what hour the thief was coming, he would have watched, and not allowed his house to be broken into.

40 Therefore be ready also, for the Son of Man is coming in an hour that you don’t expect him.”

41 Peter said to him, “Lord, are you telling this parable to us, or to everybody?”
42 The Lord said, “Who then is the faithful and wise steward, whom his lord will set over his household, to give them their portion of food at the right times?43 Blessed is that servant whom his lord will find doing so when he comes.44 Truly I tell you, that he will set him over all that he has.45 But if that servant says in his heart, ‘My lord delays his coming,’ and begins to beat the menservants and the maidservants, and to eat and drink, and to be drunken,46 then the lord of that servant will come in a day when he isn’t expecting him, and in an hour that he doesn’t know, and will cut him in two, and place his portion with the unfaithful.47 That servant, who knew his lord’s will, and didn’t prepare, nor do what he wanted, will be beaten with many stripes,

48 but he who didn’t know, and did things worthy of stripes, will be beaten with few stripes. To whomever much is given, of him will much be required; and to whom much was entrusted, of him more will be asked.
49 “I came to throw fire on the earth. I wish it were already kindled.50 But I have a baptism to be baptized with, and how distressed I am until it is accomplished!51 Do you think that I have come to give peace in the earth? I tell you, no, but rather division.52 For from now on, there will be five in one house divided, three against two, and two against three.

53 They will be divided, father against son, and son against father; mother against daughter, and daughter against her mother; mother-in-law against her daughter-in-law, and daughter-in-law against her mother-in-law.”t
54 He said to the multitudes also, “When you see a cloud rising from the west, immediately you say, ‘A shower is coming,’ and so it happens.55 When a south wind blows, you say, ‘There will be a scorching heat,’ and it happens.56 You hypocrites! You know how to interpret the appearance of the earth and the sky, but how is it that you don’t interpret this time?57 Why don’t you judge for yourselves what is right?58 For when you are going with your adversary before the magistrate, try diligently on the way to be released from him, lest perhaps he drag you to the judge, and the judge deliver you to the officer, and the officer throw you into prison.

59 I tell you, you will by no means get out of there, until you have paid the very last penny.t