LUKAS 12
Waarskuwing teen die invloed van die Fariseërs
1 Intussen het die skares aangegroei tot duisende wat rondgemaal en mekaar vertrap het. Jesus het Hom eerstens tot sy dissipels gerig en hulle gewaarsku: "Pas op vir die suurdeeg van die Fariseërs, naamlik hulle skynheiligheid.2 Die tyd kom dat alles openbaar sal word; alles wat geheim gehou word, sal onthul word.
3 Wat julle ook al in die donker gesê het, sal in die lig gehoor word, en wat julle agter geslote deure gefluister het, sal van die dakke af geskree word vir almal om te hoor!"
Wie eintlik gevrees moet word
4 "Ek sê vir julle, my vriende, moenie bang wees vir dié wat julle wil doodmaak nie. Hulle kan net die liggaam doodmaak; hulle kan niks meer aan julle doen nie.
5 Maar Ek sal julle sê wie om te vrees: Julle moet ontsag hê vir God wat die mag het om mense dood te maak en hulle daarna in die hel te gooi. Ja, Ek sê vir julle, Hóm moet julle vrees.
6 "Wat kos vyf mossies? 'n Paar sent? Tog vergeet God nie één van hulle nie.
7 Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moet dus nie bang wees nie; julle is vir Hom meer werd as 'n hele swerm mossies."
Erken die Seun van die Mens openlik
8 "En Ek verseker julle hiervan: As enigiemand My openlik hier op aarde erken, sal Ek, die Seun van die Mens, daardie persoon openlik voor God se engele erken.9 Maar as enigiemand My hier op aarde verloën, sal Ek dié persoon voor God se engele verloën.
10 Nietemin sal dié wat iets teen My, die Seun van die Mens, sê, vergewe word, maar enigeen wat teen die Heilige Gees laster, sal nooit vergewe word nie.
11 "En wanneer julle in die sinagoges en voor heersers en owerhede verhoor word, moenie julle bekommer oor wat julle ter verdediging sal sê nie,
12 want die Heilige Gees sal julle leer wat nodig is om te sê terwyl julle daar staan."
Ware lewe word nie gemeet aan besittings nie
13 Toe het iemand uit die skare geroep: "Leermeester, sê asseblief vir my broer om ons pa se boedel met my te deel."
14 Jesus het geantwoord: "Vriend, wie het My as regter oor julle aangestel om oor sulke dinge te besluit?"
15 Toe het Hy gesê: "Pas op! Moenie gierig wees nie. Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie."
16 Toe vertel Hy 'n gelykenis: "'n Ryk man het 'n vrugbare plaas besit wat goeie oeste opgelewer het.17 Hy het toe by homself gewonder: 'Wat moet ek doen? Ek het nie meer stoorplek vir die oes oor nie.'18 Hy het toe gesê: 'Ek weet! Ek sal my skure afbreek en groter skure bou. Dan sal ek genoeg plek hê om alles te berg.
19 En ek sal terugsit en vir myself sê: Jou gelukkige kêrel! Jy het genoeg gebêre vir die jare wat voorlê. Ontspan nou! Eet, drink en wees vrolik!'
20 "Maar God het vir hom gesê: 'Jou dwaas! Vannag nog sal jy sterf. En alles wat jy bymekaargemaak het, wie sal dit kry?'
21 "Ja, 'n mens is 'n dwaas as jy net aardse rykdom versamel, maar nie 'n ryk verhouding met God het nie."
Orden jou lewe volgens God se prioriteite
22 Jesus sê toe vir sy dissipels: "Daarom sê Ek vir julle, moenie julle oor die alledaagse lewe bekommer - of julle genoeg kos het om te eet of klere om te dra nie.23 Want die lewe bestaan uit veel meer as kos en die liggaam is veel meer as klere.24 Kyk na die kraaie. Hulle saai en oes nie, hulle het geen spens of skuur waarin hulle voorrade bêre nie, en tog sorg God vir hulle. En julle is baie waardevoller vir Hom as enige voëls!25 Kan al julle bekommernisse 'n enkele sekonde tot julle lewe toevoeg? Natuurlik nie!
26 En as kommer nie eers sulke klein dingetjies kan regkry nie, wat is die nut van kommer oor groter dinge?
27 "Kyk na die lelies en hoe hulle groei. Hulle werk nie en maak nie klere nie, en selfs Salomo in al sy prag was nie so mooi geklee soos hulle nie.
28 As God só wonderlik sorg vir die blomme wat vandag hier is en môre weg is, hoeveel te meer sal Hy nie vir julle sorg nie? Julle het so min geloof!
29 "En moenie oor kos bekommerd wees nie - oor wat om te eet en wat om te drink nie. Moenie bekommerd wees nie.30 Hierdie dinge domineer die gedagtes van die nasies van hierdie wêreld. Maar julle Vader ken alreeds julle behoeftes.
31 Beywer julle allereers vir sy koningsheerskappy en Hy sal vir julle hierdie dinge nog daarby gee.
32 "Moet dus nie bang wees nie, klein kuddetjie. Want dit maak julle Vader baie gelukkig om die koninkryk aan julle te gee.
33 "Verkoop wat julle het, en gee vir dié wat behoeftig is. Dit sal vir julle 'n skat in die hemel opberg! En die beursies van die hemel kry nie gate in nie. Julle skat sal veilig wees - geen dief kan dit steel en geen mot dit vernietig nie.
34 "Waar jou skat is, dáár sal jou hart en gedagtes ook wees."
Die Seun van die Mens kan enige tyd kom
35 "Wees geklee vir diens en goed voorberei,36 asof julle wag vir julle meester om terug te kom van die bruilofsfees af. Dan sal julle gereed wees om die deur oop te maak sodra hy kom en klop.37 Hy sal hulle wat gereed is en vir sy terugkoms sit en wag baie spesiaal behandel. Ek verseker julle, hy self sal hulle laat aansit, 'n voorskoot aantrek en hulle bedien terwyl hulle sit en eet!
38 Hy kan in die middel van die nag kom of net voor dagbreek. Maar wanneer hy ook al kom, hy sal sy dienaars wat gereed is baie spesiaal behandel.
39 "Weet dit: 'n Huiseienaar wat geweet het presies hoe laat 'n inbreker sou kom, sou nie toelaat dat by die huis ingebreek word nie.
40 Julle moet altyd gereed wees, want Ek, die Seun van die Mens, sal kom wanneer dit die minste verwag word."
41 Petrus vra toe: "Here, is hierdie gelykenis net vir ons of vir almal?"
42 En Jesus het geantwoord: "Ek praat met enige getroue, verstandige slaaf aan wie die meester die verantwoordelikheid opgedra het om sy huishouding te bestuur en sy gesin te voed.43 As die meester terugkom en sien dat die slaaf 'n goeie werk gedoen het, sal daar 'n beloning wees.44 Ek verseker jou, die meester sal die slaaf aanstel oor alles wat hy besit.45 Maar as die slaaf dink: 'My meester sal nie binnekort terug wees nie,' en hy begin die ander slawe verdruk en gaan hom te buite met kos en drank -46 wel, die meester sal onaangekondig en onverwags terugkom. Hy sal die slaaf folter en hom laat deel in die lot van die ontroues.
47 Die slaaf sal swaar gestraf word, want alhoewel hy sy plig geken het, het hy dit nie gedoen nie.
48 "Maar hulle wat nie bewus was dat hulle verkeerd doen nie - hulle sal net lig gestraf word. Baie word verwag van hulle aan wie baie gegee is, en nog veel meer word vereis van hulle aan wie soveel meer gegee is."
Jesus se koms bring ook stryd en verdeeldheid
49 "Ek het gekom om vuur op die aarde te bring en Ek wens dat my taak al afgehandel was!50 Daar lê 'n vreeslike doop vir My voor, en Ek is onder 'n swaar las totdat dit volvoer is.51 Dink julle Ek het gekom om vrede op aarde te bring? Nee, Ek het gekom om stryd en verdeeldheid te bring!
52 Van nou af sal gesinne oor My verdeeld wees, drie teen twee, en twee teen drie.
53 Daar sal verdeeldheid wees
tussen pa en seun,
en seun en pa;
tussen ma en dogter,
en dogter en ma;
tussen skoonma en skoondogter,
en skoondogter en skoonma."
54 Toe het Jesus na die skare gedraai en gesê: "Wanneer julle wolke sien saampak in die weste, sê julle: 'Hier kom 'n reënbui.' En julle is reg.55 Wanneer die suidewind waai, sê julle: 'Vandag sal skroeiwarm wees.' En dit is so.
56 Julle skynheiliges! Julle weet hoe om die voorkoms van die aarde en die lug te vertolk, maar julle kan nie die huidige tyd vertolk nie.
57 "Hoekom kan julle nie self besluit wat is reg nie?58 As julle saam met julle teenparty op pad hof toe is, doen moeite om 'n ooreenkoms te bereik voordat julle saak voor die regter kom, of julle kan gevonnis word en aan die polisie oorhandig word en in die tronk gestop word.
59 En as dit gebeur, sal julle nie vrykom voordat julle die laaste sent betaal het nie."
LUKE 12
Warnings
1 t As thousands of people crowded around Jesus and were stepping on each other, he told his disciples:
Be sure to guard against the dishonest teachingt of the Pharisees! It is their way of fooling people. 2 t Everything that is hidden will be found out, and every secret will be known.
3 Whatever you say in the dark will be heard when it is day. Whatever you whisper in a closed room will be shouted from the housetops.The One To Fear
(Matthew 10.28-31)
4 t My friends, don't be afraid of people. They can kill you, but after that, there is nothing else they can do.
5 God is the one you must fear. Not only can he take your life, but he can throw you into hell. God is certainly the one you should fear!
6 Five sparrows are sold for only a few cents, but God doesn't forget a single one of them.
7 Even the hairs on your head are counted. So don't be afraid! You are worth much more than many sparrows.Telling Others about Christ
(Matthew 10.32,33; 12.32; 10.19,20)
8 If you tell others that you belong to me, the Son of Man will tell God's angels that you are my followers. 9 But if you reject me, you will be rejected in front of them.
10 t If you speak against the Son of Man, you can be forgiven, but if you speak against the Holy Spirit, you cannot be forgiven.
11 t When you are brought to trial in the synagogues or before rulers or officials, don't worry about how you will defend yourselves or what you will say.
12 At that time the Holy Spirit will tell you what to say.A Rich Fool
13 A man in a crowd said to Jesus, “Teacher, tell my brother to give me my share of what our father left us when he died.”
14 Jesus answered, “Who gave me the right to settle arguments between you and your brother?”
15 Then he said to the crowd, “Don't be greedy! Owning a lot of things won't make your life safe.”
16 So Jesus told them this story:
A rich man's farm produced a big crop,
17 and he said to himself, “What can I do? I don't have a place large enough to store everything.”
18 Later, he said, “Now I know what I'll do. I'll tear down my barns and build bigger ones, where I can store all my grain and other goods.
19 t Then I'll say to myself, ‘You have stored up enough good things to last for years to come. Live it up! Eat, drink, and enjoy yourself.’ ”
20 But God said to him, “You fool! Tonight you will die. Then who will get what you have stored up?”
21 “This is what happens to people who store up everything for themselves, but are poor in the sight of God.”Worry
(Matthew 6.25-34)
22 Jesus said to his disciples:
I tell you not to worry about your life! Don't worry about having something to eat or wear. 23 Life is more than food or clothing. 24 Look at the crows! They don't plant or harvest, and they don't have storehouses or barns. But God takes care of them. You are much more important than any birds. 25 Can worry make you live longer?t
26 If you don't have power over small things, why worry about everything else?
27 t Look how the wild flowers grow! They don't work hard to make their clothes. But I tell you Solomon with all his wealtht wasn't as well clothed as one of these flowers.
28 God gives such beauty to everything that grows in the fields, even though it is here today and thrown into a fire tomorrow. Won't he do even more for you? You have such little faith!
29 Don't keep worrying about having something to eat or drink. 30 Only people who don't know God are always worrying about such things. Your Father knows what you need.
31 But put God's work first, and these things will be yours as well.Treasures in Heaven
(Matthew 6.19-21)
32 My little group of disciples, don't be afraid! Your Father wants to give you the kingdom. 33 Sell what you have and give the money to the poor. Make yourselves moneybags that never wear out. Make sure your treasure is safe in heaven, where thieves cannot steal it and moths cannot destroy it.
34 Your heart will always be where your treasure is.Faithful and Unfaithful Servants
(Matthew 24.45-51)
35 t Be ready and keep your lamps burning 36 t just like those servants who wait up for their master to return from a wedding feast. As soon as he comes and knocks, they open the door for him. 37 Servants are fortunate if their master finds them awake and ready when he comes! I promise you he will get ready and let his servants sit down so he can serve them. 38 Those servants are really fortunate if their master finds them ready, even though he comes late at night or early in the morning. 39 t You would surely not let a thief break into your home, if you knew when the thief was coming.
40 So always be ready! You don't know when the Son of Man will come.
41 Peter asked Jesus, “Did you say this just for us or for everyone?”
42 The Lord answered:
Who are faithful and wise servants? Who are the ones the master will put in charge of giving the other servants their food supplies at the proper time? 43 Servants are fortunate if their master comes and finds them doing their job.
44 A servant who is always faithful will surely be put in charge of everything the master owns.
45 But suppose one of the servants thinks that the master won't return until late. Suppose that servant starts beating all the other servants and eats and drinks and gets drunk.
46 If that happens, the master will come on a day and at a time when the servant least expects him. That servant will then be punished and thrown out with the servants who cannot be trusted.
47 If servants are not ready or willing to do what their master wants them to do, they will be beaten hard.
48 But servants who don't know what their master wants them to do will not be beaten so hard for doing wrong. If God has been generous with you, he will expect you to serve him well. But if he has been more than generous, he will expect you to serve him even better.Not Peace, but Trouble
(Matthew 10.34-36)
49 I came to set fire to the earth, and I wish it were already on fire! 50 t I am going to be put to a hard test. And I will have to suffer a lot of pain until it is over. 51 Do you think that I came to bring peace to earth? No indeed! I came to make people choose sides. 52 A family of five will be divided, with two of them against the other three.
53 t Fathers and sons will turn against one another, and mothers and daughters will do the same. Mothers-in-law and daughters-in-law will also turn against each other.Knowing What To Do
(Matthew 16.2,3; 5.25,26)
54 Jesus said to all the people:
As soon as you see a cloud coming up in the west, you say, “It's going to rain,” and it does. 55 When the south wind blows, you say, “It's going to get hot,” and it does. 56 Are you trying to fool someone? You can predict the weather by looking at the earth and sky, but you don't really know what's going on right now. 57 Why don't you understand the right thing to do? 58 When someone accuses you of something, try to settle things before you are taken to court. If you don't, you will be dragged before the judge. Then the judge will hand you over to the jailer, and you will be locked up. 59 You won't get out until you have paid the last cent you owe.