Lukas 13
Mense moet lewe soos God wil hê
1 Toe Jesus vir die mense gesê het dit is belangrik dat hulle moet lewe soos God wil hê, het party van hulle vir Hom vertel dat Pilatus ’n klomp mense in Galilea laat doodmaak het terwyl hulle toffers gebring het vir God. 2 Jesus het vir hulle gevra: “Hoekom het hierdie mense van Galilea so wreed gesterf? Dink julle hulle het meer sonde gedoen as al die ander mense in Galilea? 3 Nee, Ek sê vir julle: Hulle het nie meer sonde gedoen as die ander mense nie. Maar as julle nie verander en lewe soos God wil hê nie, dan sal julle ook sterf. 4 En onthou julle daardie 18 mense wat almal gesterf het toe die ttoring van Siloam op hulle geval het? Dink julle hulle het meer verkeerd gedoen as al die ander mense wat in Jerusalem woon?
5 Nee, Ek sê vir julle: Hulle het nie meer verkeerd gedoen nie. Maar as julle nie verander en lewe soos God wil hê nie, dan sal julle ook sterf.”Die gelykenis van die vyeboom wat nie vye gedra het nie
6 Toe vertel Jesus vir hulle hierdie tgelykenis. Hy het gesê: “Iemand het ’n vyeboom gehad wat in sy twingerd gegroei het. Hy het gaan kyk of daar vye aan die boom is maar hy het niks vye gekry nie. 7 Die man sê toe vir die man wat in die wingerd werk: ‘Dit is nou die derde jaar dat ek kom kyk of daar vye aan die boom is, maar elke jaar kry ek niks. Jy moet nou hierdie vyeboom uitkap, want dit maak net die grond droog.’ 8 Toe sê die man wat in die wingerd werk: ‘Meneer, laat die vyeboom nog hierdie jaar staan. Ek sal die grond rondom die boom omspit en ek sal dit mis gee.
9 En as die boom volgende jaar vye dra, dan is dit goed. Maar as daar weer niks vye is nie, dan kan jy die boom uitkap.’ ”Jesus maak op die Sabbatdag ’n vrou gesond
10 Jesus was op die tSabbatdag besig om die mense te leer in die tsinagoge. 11 Daar was ’n vrou wat gebreklik was, ’n tonrein gees het haar 18 jaar lank gebreklik gemaak. Sy het krom geloop en sy kon nie regop staan nie.
12 Toe Jesus haar sien, het Hy haar geroep en vir haar gesê: “Mevrou, God maak jou gesond.”
13 Toe sit Jesus sy hande op haar, en sy het dadelik regop geloop en begin om God te prys.
14 Die leier van die sinagoge was baie ontevrede omdat Jesus iemand op die Sabbatdag gesond gemaak het. Die leier het vir die mense gesê: “Daar is ses dae wanneer ’n mens moet werk. Julle kan op daardie dae kom as julle gesond wil word. Julle moenie op die Sabbatdag kom nie.”
15 Maar die Here het vir hom gesê: “Julle is tskynheilig. Elkeen van julle maak op die Sabbatdag sy bees of donkie los waar hy by die tkrip staan en vreet, en julle lei hom weg sodat hy kan water drink.
16 Dit is dieselfde met hierdie vrou. Sy is een van ons, ’n Israeliet. En onthou, die tSatan het haar 18 jaar lank vasgebind. Is dit dan verkeerd om haar op die Sabbatdag los te maak?”
17 Toe Jesus dit sê, het sy vyande nie geweet wat om te antwoord nie. Maar al die ander mense was baie bly oor al die wonderlike dinge wat Jesus gedoen het.Die gelykenis van die mosterd-saad en die suurdeeg
(Ook Matt 13:31-33; Mark 4:30-32)
18 Jesus het ook gesê: “Weet julle hoe dit is wanneer God Koning is? Ek sal dit vir julle so verduidelik.
19 Dit is soos ’n mosterd-saad wat iemand in sy tuin plant. Die saad groei en dit word ’n boom, en die voëls maak hulle neste in sy takke.”
20-21 Toe praat Jesus weer. Hy het gesê: “Ek sal probeer om dit vir julle ook só te verduidelik: Wanneer God Koning is, dan is dit soos ’n vrou wat ’n klein stukkie tsuurdeeg neem en dit meng met drie tsea meel. Die meel word dan deeg, en die suurdeeg laat al die deeg rys en groter word.”Die klein deurtjie
(Ook Matt 7:13-14,22-23; 8:11; 19:30; Mark 10:31)
22 Jesus het deur baie stede en dorpies geloop toe Hy na Jerusalem gegaan het. Oral waar Hy gekom het, het Hy vir die mense geleer.
23 Iemand het vir Hom gevra: “Here, sal God net ’n paar mense red?”
Jesus sê toe: 24 “Julle moet hard probeer om by die klein deurtjie in te gaan, want Ek sê vir julle: Baie mense sal die deur soek om in te gaan, maar hulle sal dit nie kry nie. 25 Die tyd sal kom wanneer die eienaar van die huis sal opstaan en die deur sal toesluit. Dan sal julle buite staan en begin klop aan die deur. Julle sal sê: ‘Meneer, maak oop die deur vir ons.’ Maar die eienaar sal vir julle sê: ‘Ek ken julle nie, ek weet nie van waar julle kom nie.’ 26 En dan sal julle sê: ‘Maar ons het saam met jou by die tafel gesit en geëet en gedrink, en jy het vir die mense in ons strate geleer.’ 27 Maar die eienaar sal vir julle sê: ‘Ek ken julle nie, ek weet nie van waar julle kom nie. Julle almal moet weggaan van my, julle het gedoen wat verkeerd is.’ 28 By die plek waarnatoe julle gaan, sal die mense huil en hard op hulle tande byt van die pyn. Julle sal vir Abraham, Isak en Jakob en al die tprofete sien daar waar God Koning is, maar God sal julle uitgooi buitetoe. 29 Die mense sal van die ooste en die weste kom, en van die noorde en die suide, en hulle sal saam met God eet daar waar Hy Koning is.
30 Julle moet dit goed verstaan: Baie mense wat nou onbelangrik is, sal dan belangrik wees, en mense wat nou belangrik is, sal dan onbelangrik wees.”Jesus kla oor Jerusalem
(Ook Matt 23:37-39)
31 Toe kom party van die tFariseërs by Jesus en hulle sê vir Hom: “Dit sal beter wees as U weggaan van hier, want koning tHerodes wil U doodmaak.”
32 Jesus sê toe vir hulle: “Gaan sê vir daardie man hy is onbelangrik. My werk is nou om tduiwels uit mense te jaag en mense gesond te maak. Ek sal my werk klaarmaak wanneer Ek wil. 33 Ek weet Ek móét later na Jerusalem gaan, want Jerusalem is die plek waar die mense nog altyd God se tprofete doodgemaak het. 34 Mense van Jerusalem, julle maak die profete dood, julle gooi die tboodskappers van God met klippe dood. Ek wou julle baie maal bymekaarmaak soos ’n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar julle wou nie kom nie. 35 Julle moet nou goed luister: Daar sal niemand in Jerusalem oorbly wat lewe nie. Ek sê vir julle: Julle sal My nie weer sien nie tot daardie dag wanneer julle sal sê: ‘tPrys die Man wat kom, die Here het Hom gestuur om sy werk te kom doen.’ ”
Luke 13
Jesus Gives a Warning
1 Some people who were there at that time told Jesus about certain Galileans. Pilate had mixed their blood with their sacrifices.
2 Jesus said, "These people from Galilee suffered greatly. Do you think they were worse sinners than all the other Galileans?3 I tell you, no! But unless you turn away from your sins, you will all die too.4 Or what about the 18 people in Siloam? They died when the tower fell on them. Do you think they were more guilty than all the others living in Jerusalem?5 I tell you, no! But unless you turn away from your sins, you will all die too."
6 Then Jesus told a story. "A man had a fig tree," he said. "It had been planted in his vineyard. When he went to look for fruit on it, he didn't find any.7 So he went to the man who took care of the vineyard. He said, 'For three years now I've been coming to look for fruit on this fig tree. But I haven't found any. Cut it down! Why should it use up the soil?'
8 " 'Sir,' the man replied, 'leave it alone for one more year. I'll dig around it and feed it.9 If it bears fruit next year, fine! If not, then cut it down.' "
Jesus Heals a Disabled Woman on the Sabbath Day
10 Jesus was teaching in one of the synagogues on a Sabbath day.11 A woman there had been disabled by an evil spirit for 18 years. She was bent over and could not stand up straight.
12 Jesus saw her. He asked her to come to him. He said to her, "Woman, you will no longer be disabled. I am about to set you free."13 Then he put his hands on her.
Right away she stood up straight and praised God.
14 Jesus had healed the woman on the Sabbath day. This made the synagogue ruler angry. He told the people, "There are six days for work. So come and be healed on those days. But do not come on the Sabbath."
15 The Lord answered him, "You pretenders! Doesn't each of you go to the barn and untie his ox or donkey on the Sabbath day? Then don't you lead it out to give it water?16 This woman is a member of Abraham's family line. But Satan has kept her disabled for 18 long years. Shouldn't she be set free on the Sabbath day from what was keeping her disabled?"
17 When Jesus said this, all those who opposed him were put to shame. But the people were delighted. They loved all the wonderful things he was doing.
The Stories of the Mustard Seed and the Yeast
18 Then Jesus asked, "What is God's kingdom like? What can I compare it to?19 It is like a mustard seed. Someone took the seed and planted it in a garden. It grew and became a tree. The birds sat in its branches."
20 Again he asked, "What can I compare God's kingdom to?21 It is like yeast that a woman used. She mixed it into a large amount of flour. The yeast worked its way all through the dough."
The Narrow Door
22 Then Jesus went through the towns and villages, teaching the people. He was on his way to Jerusalem.23 Someone asked him, "Lord, are only a few people going to be saved?"
He said to them,24 "Try very hard to enter through the narrow door. I tell you, many will try to enter and will not be able to.25 The owner of the house will get up and close the door. Then you will stand outside knocking and begging. You will say, 'Sir, open the door for us.'
"But he will answer, 'I don't know you. And I don't know where you come from.'
26 "Then you will say, 'We ate and drank with you. You taught in our streets.'
27 "But he will reply, 'I don't know you. And I don't know where you come from. Get away from me, all you who do evil!'
28 "You will sob and grind your teeth when you see those who are in God's kingdom. You will see Abraham, Isaac and Jacob and all the prophets there. But you yourselves will be thrown out.29 People will come from east and west and north and south. They will take their places at the feast in God's kingdom.30 Then the last will be first. And the first will be last."
Jesus' Sadness Over Jerusalem
31 At that time some Pharisees came to Jesus. They said to him, "Leave this place. Go somewhere else. Herod wants to kill you."
32 He replied, "Go and tell that fox, 'I will drive out demons. I will heal people today and tomorrow. And on the third day I will reach my goal.'33 In any case, I must keep going today and tomorrow and the next day. Certainly no prophet can die outside Jerusalem!
34 "Jerusalem! Jerusalem! You kill the prophets and throw stones in order to kill those who are sent to you. Many times I have wanted to gather your people together. I have wanted to be like a hen who gathers her chicks under her wings. But you would not let me!
35 "Look, your house is left empty. I tell you, you will not see me again until you say, 'Blessed is the one who comes in the name of the Lord.' " (Psalm 118:26)