LUKAS 13
Kom tot inkeer of dra die gevolge
1 Omtrent hierdie tyd is Jesus meegedeel dat Pilatus 'n aantal mense van Galilea laat doodmaak het terwyl hulle offers gebring het by die tempel in Jerusalem.2 "Dink julle daardie Galileërs was groter sondaars as die ander mense van Galilea?" het Hy gevra. "Is dit waarom hulle geboet het?3 Glad nie! En julle sal ook omkom tensy julle tot inkeer kom.4 En wat van die agtien mans wat gesterf het toe die toring van Siloam op hulle geval het? Was hulle die ergste sondaars in Jerusalem?
5 Nee, en Ek sê weer vir julle, as julle nie tot inkeer kom nie, sal julle almal ook net so omkom."
Die onvrugbare vyeboom kry 'n laaste kans
6 Toe het Jesus hierdie gelykenis vertel: "'n Man het 'n vyeboom in sy tuin geplant en telkens gekom om te kyk of daar al vye aan was, maar hy was altyd teleurgesteld.
7 Uiteindelik het hy vir sy tuinier gesê: 'Kyk, ek kom soek nou al drie jaar lank vrugte aan hierdie boom en kry niks nie. Haal hom uit! Hoekom moet hy die grond nog langer uitput?'
8 "Die tuinier het geantwoord: 'Meneer, gee hom nog een kans. Los hom nog 'n jaar, en ek sal besondere aandag aan hom gee en baie bemesting.
9 As ons volgende jaar vye kry, goed. So nie kan u hom uithaal.'"
'n Kromgetrekte vrou kan weer regop staan
10 Een Sabbatdag, terwyl Jesus in die sinagoge onderrig gegee het,11 het Hy 'n vrou gesien wat deur 'n bose gees inmekaargetrek is. Sy was vir agtien jaar lank kromgetrek en kon nie regop staan nie.12 Toe Jesus haar sien, roep Hy haar nader en sê: "Vrou, jy is van jou kwaal genees!"
13 Toe het Hy haar aangeraak en sy kon dadelik regop staan. Hoe het sy God nie geloof en gedank nie!
14 Maar die hoof van die sinagoge was verontwaardig dat Jesus haar op die Sabbatdag genees het. "Daar is ses dae van die week om te werk," het hy vir die skare gesê. "Kom op daardie dae om genees te word, nie op die Sabbat nie."
15 Maar die Here antwoord hom: "Julle huigelaars! Julle werk op die Sabbatdag! Wie van julle maak nie op die Sabbat julle os of donkie los in die stal en lei hom uit om te drink nie?16 Was dit nie vir My nodig, selfs op die Sabbatdag, om hierdie arme vrou te bevry van die gevangenskap waarin Satan haar vir agtien jaar gehou het nie?"
17 Dit het sy vyande laat skaam kry. En al die mense was verheug oor die wonderlike dinge wat Hy gedoen het.
Die kleinste saadjie is tot groot dinge in staat
18 Toe het Jesus gesê: "Hoe lyk die koningsheerskappy van God? Hoe kan Ek dit illustreer?
19 "Dit is soos 'n klein mosterdsaadjie wat in 'n tuin geplant is; dit groei en word 'n boom, en die voëls kom en vind skuiling in sy takke."
'n Bietjie suurdeeg kan baie meel insuur
20 Hy het ook gevra: "Soos wat is die koningsheerskappy van God nog?
21 Dis soos suurdeeg wat 'n vrou gebruik om brood te bak. Alhoewel sy 'n groot klomp meel gebruik, het die suurdeeg elke deel van die deeg deurtrek."
Die deur na die koninkryk is smal
22 Jesus het deur die dorpe en kleiner plekkies beweeg en terselfdertyd mense geleer terwyl Hy steeds na Jerusalem reis.
23 Iemand het Hom gevra: "Here, sal net 'n paar mense verlos word?"
Hy het geantwoord:24 "Die deur na die koninkryk van God is nou. Werk hard om in te gaan, want baie sal probeer ingaan, maar dit nie regkry nie.25 Wanneer die eienaar die deur gesluit het, sal julle buite staan en aan die deur klop en smeek: 'Here, maak vir ons oop!' Maar Hy sal antwoord: 'Ek weet nie waar julle vandaan kom nie.'26 Julle sal sê: 'Maar ons het dan saam met U geëet en gedrink, en U het in ons strate onderrig.'
27 En Hy sal antwoord: 'Ek sê vir julle, Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Gaan weg, julle almal wat kwaad doen.'
28 "En daar sal groot gehuil en gekners van tande wees, want julle sal vir Abraham, Isak, Jakob en al die profete in die koninkryk van God sien, maar julle sal uitgegooi word.29 Dan sal mense van oral oor die wêreld kom om hulle feesplekke in te neem in die koninkryk van God.
30 En onthou: party wat nou verag word, sal dan grootliks vereer word; en party wat nou grootliks vereer word, sal dan verag word."
Jesus treur oor sy geliefde Jerusalem
31 'n Paar minute later het sommige Fariseërs vir Hom gesê: "Gee pad hier as jy wil lewe, want Herodes Antipas wil jou doodmaak!"
32 Jesus het geantwoord: "Gaan sê vir daardie jakkals dat Ek sal aanhou om vandag en môre duiwels uit te dryf en genesingswonders te doen, en op die derde dag sal Ek my doel bereik.
33 Ja, vandag, môre, en die volgende dag moet Ek voortgaan op my reis. Want dit sal ondenkbaar wees dat 'n profeet van God op 'n ander plek as in Jerusalem doodgemaak word!
34 "O Jerusalem, Jerusalem, stad wat die profete doodmaak en God se boodskappers stenig! Hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos 'n hen wat haar kuikens onder haar vlerke beskerm, maar julle wou My nie toelaat nie.
35 En kyk, nou word julle huis vir julle leeg agtergelaat. En julle sal My nie weer sien nie totdat julle sal sê: 'Geseënd is die een wat kom in die Naam van die Here!'"
LUKE 13
Turn Back to God
1 About this same time Jesus was told that Pilate had given orders for some people from Galilee to be killed while they were offering sacrifices.
2 Jesus replied:
Do you think that these people were worse sinners than everyone else in Galilee just because of what happened to them? 3 Not at all! But you can be sure that if you don't turn back to God, every one of you will also be killed. 4 What about those 18 people who died when the tower in Siloam fell on them? Do you think they were worse than everyone else in Jerusalem?
5 Not at all! But you can be sure that if you don't turn back to God, every one of you will also die.A Story about a Fig Tree
6 Jesus then told them this story:
A man had a fig tree growing in his vineyard. One day he went out to pick some figs, but he didn't find any.
7 So he said to the gardener, “For three years I have come looking for figs on this tree, and I haven't found any yet. Chop it down! Why should it take up space?”
8 The gardener answered, “Master, leave it for another year. I'll dig around it and put some manure on it to make it grow.
9 Maybe it will have figs on it next year. If it doesn't, you can have it cut down.”Healing a Woman //on the Sabbath
10 One Sabbath, Jesus was teaching in a synagogue, 11 and a woman was there who had been crippled by an evil spirit for 18 years. She was completely bent over and could not straighten up. 12 When Jesus saw the woman, he called her over and said, “You are now well.”
13 He placed his hands on her, and at once she stood up straight and praised God.
14 t The man in charge of the synagogue was angry because Jesus had healed someone on the Sabbath. So he said to the people, “Each week has six days when we can work. Come and be healed on one of those days, but not on the Sabbath.”
15 The Lord replied, “Are you trying to fool someone? Won't any one of you untie your ox or donkey and lead it out to drink on a Sabbath? 16 This woman belongs to the family of Abraham, but Satan has kept her bound for 18 years. Isn't it right to set her free on the Sabbath?”
17 Jesus' words made his enemies ashamed. But everyone else in the crowd was happy about the wonderful things he was doing.A Mustard Seed and Yeast
(Matthew 13.31-33; Mark 4.30-32)
18 Jesus said, “What is God's kingdom like? What can I compare it with?
19 It is like what happens when someone plants a mustard seed in a garden. The seed grows as big as a tree, and birds nest in its branches.”
20 Then Jesus said, “What can I compare God's kingdom with?
21 It is like what happens when a woman mixes yeast into three batches of flour. Finally, all the dough rises.”The Narrow Door
(Matthew 7.13,14,21-23)
22 As Jesus was on his way to Jerusalem, he taught the people in the towns and villages.
23 Someone asked him, “Lord, are only a few people going to be saved?”
Jesus answered:
24 Do all you can to go in by the narrow door! A lot of people will try to get in, but will not be able to.
25 Once the owner of the house gets up and locks the door, you will be left standing outside. You will knock on the door and say, “Sir, open the door for us!”
But the owner will answer, “I don't know a thing about you! ”
26 Then you will start saying, “We dined with you, and you taught in our streets.”
27 t But he will say, “I really don't know who you are! Get away from me, you evil people!”
28 t t Then when you have been thrown outside, you will weep and grit your teeth because you will see Abraham, Isaac, Jacob, and all the prophets in God's kingdom. 29 People will come from all directions and sit down to feast in God's kingdom.
30 t There the ones who are now least important will be the most important, and those who are now most important will be least important.Jesus and Herod
31 At that time some Pharisees came to Jesus and said, “You had better get away from here, because Herodt wants to kill you!”
32 Jesus said to them:
Go tell that fox, “I am going to force out demons and heal people today and tomorrow, and three days later I'll be through.”
33 But I am going on my way today and tomorrow and the next day. After all, Jerusalem is the place where prophets are killed.Jesus Loves Jerusalem
(Matthew 23.37-39)
34 t Jerusalem, Jerusalem! Your people have killed the prophets and have stoned the messengers who were sent to you. I have often wanted to gather your people, as a hen gathers her chicks under her wings. But you wouldn't let me.
35 t Now your temple will be deserted. You won't see me again until the time when you say,
“Blessed is the one who comes
in the name of the Lord.”