previous next

LUKAS 13

Die moord op die Galiléërs. Die toring van Silóam.

1 EN in dieselfde tyd was daar mense teenwoordig wat Hom berig gebring het van die Galiléërs wie se bloed tPilatus met hulle offers gemeng het.

2 En Jesus antwoord en sê vir hulle: tDink julle dat hierdie Galiléërs groter sondaars was as al die Galiléërs, omdat hulle sulke dinge gely het?

3 Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.

4 Of daardie agttien op wie die toring van tSilóam geval en hulle gedood het — dink julle dat hulle meer skuldig was as al die mense wat in Jerusalem woon?

5 Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.

Gelykenis van die onvrugbare vyeboom.


6 EN Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: ’n Man het ’n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en thy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie.

7 Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; tkap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar?

8 Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het.

9 As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap.

Genesing van ’n lam vrou.


10 EN Hy was besig om op die sabbat in een van die sinagoges te leer.

11 En daar was ’n vrou wat ’n tgees van krankheid agttien jaar lank gehad het, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie.

12 En toe Jesus haar sien, roep Hy haar en sê: Vrou, jy is van jou krankheid verlos.

13 En Hy het haar die hande opgelê, en onmiddellik het sy regop gestaan en God verheerlik.

14 Maar die towerste van die sinagoge, wat verontwaardig was tdat Jesus op die sabbat genees het, antwoord en sê vir die skare: tDaar is ses dae waarop ’n mens behoort te werk; kom dan op dié dae en laat julle genees en nie op die sabbatdag nie.

15 Toe antwoord die Here hom en sê: Jou geveinsde, maak elkeen van julle nie op die sabbat tsy os of esel van die krip los en lei hom weg om hom te laat drink nie?

16 Maar hierdie vrou twat ’n dogter van Abraham is, wat die tSatan — dink daaraan! — agttien jaar lank gebind het, moes sy nie van hierdie band op die sabbatdag verlos word nie?

17 En toe Hy dit sê, het al sy teëstanders beskaamd geword; en tdie hele skare was bly oor al die heerlike dinge wat deur Hom gebeur het.

Gelykenisse van die mosterdsaad en die suurdeeg.

(Mt. 13:31-33 en ooreenk. pl.)


18  tEN Hy het gesê: Hoedanig is die koninkryk van God en waarmee sal Ek dit vergelyk?

19 Dit is soos ’n mosterdsaad wat ’n man geneem en in sy tuin gesaai het; en dit het gegroei en ’n groot boom geword, en die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke.

20 En weer het Hy gesê: Waarmee sal Ek die koninkryk van God vergelyk?

21 Dit is soos suurdeeg wat ’n vrou neem en in drie tmate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.

Die nou poort.


22 EN onderwyl Hy geleer het en op reis was na Jerusalem, het Hy stede en dorpe deurgegaan.

23 Toe sê iemand vir Hom: Here, tis die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle:

24  tStry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.

25 Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en tdie deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop — sal Hy antwoord en vir julle sê: tEk ken julle nie waar julle vandaan is nie.

26 Dan sal julle begin sê: tOns het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer.

27 En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid!

28  tDaar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe.

29  tEn hulle sal kom van oos en wes en van noord en suid en aansit in die koninkryk van God.

30 En tdaar is laastes wat eerste sal wees, en daar is eerstes wat laaste sal wees.

Jesus word teen Herodes gewaarsku.


31 EN op dieselfde dag het sommige van die Fariseërs na Hom gekom en vir Hom gesê: Gaan weg en vertrek hiervandaan, want Herodes wil U om die lewe bring.

32 En Hy het vir hulle gesê: Gaan vertel daardie jakkals: Kyk, Ek dryf duiwels uit en maak gesond, vandag en môre, en op die derde dag tis Ek klaar.

33 Maar tEk moet vandag en môre en die volgende dag verder gaan, want dit kan nie gebeur dat ’n profeet buitekant Jerusalem omkom nie.

34  tJerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en die wat na jou gestuur is, stenig, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak, soos ’n hen haar kuikens onder die vlerke, en julle wou nie.
35 Kyk, tjulle huis word vir julle woes gelaat. Voorwaar Ek sê vir julle dat julle My sekerlik nie sal sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal sê: tGeseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!

Luke 13

1 Now there were some present at the same time who told him about the Galileans, whose blood Pilate had mixed with their sacrifices.2 Jesus answered them, “Do you think that these Galileans were worse sinners than all the other Galileans, because they suffered such things?3 I tell you, no, but unless you repent, you will all perish in the same way.4 Or those eighteen, on whom the tower in Siloam fell, and killed them; do you think that they were worse offenders than all the men who dwell in Jerusalem?

5 I tell you, no, but, unless you repent, you will all perish in the same way.”
6 He spoke this parable. “A certain man had a fig tree planted in his vineyard, and he came seeking fruit on it, and found none.7 He said to the vine dresser, ‘Behold, these three years I have come looking for fruit on this fig tree, and found none. Cut it down. Why does it waste the soil?’8 He answered, ‘Lord, leave it alone this year also, until I dig around it, and fertilize it.

9 If it bears fruit, fine; but if not, after that, you can cut it down.’”
10 He was teaching in one of the synagogues on the Sabbath day.11 Behold, there was a woman who had a spirit of infirmity eighteen years, and she was bent over, and could in no way straighten herself up.12 When Jesus saw her, he called her, and said to her, “Woman, you are freed from your infirmity.”

13 He laid his hands on her, and immediately she stood up straight, and glorified God.

14 The ruler of the synagogue, being indignant because Jesus had healed on the Sabbath, said to the multitude, “There are six days in which men ought to work. Therefore come on those days and be healed, and not on the Sabbath day!”
15 Therefore the Lord answered him, “You hypocrites! Doesn’t each one of you free his ox or his donkey from the stall on the Sabbath, and lead him away to water?

16 Ought not this woman, being a daughter of Abraham, whom Satan had bound eighteen long years, be freed from this bondage on the Sabbath day?”

17 As he said these things, all his adversaries were disappointed, and all the multitude rejoiced for all the glorious things that were done by him.
18 He said, “What is the Kingdom of God like? To what shall I compare it?

19 It is like a grain of mustard seed, which a man took, and put in his own garden. It grew, and became a large tree, and the birds of the sky lodged in its branches.”
20 Again he said, “To what shall I compare the Kingdom of God?

21 It is like yeast, which a woman took and hid in three measurest of flour, until it was all leavened.”
22 He went on his way through cities and villages, teaching, and traveling on to Jerusalem.

23 One said to him, “Lord, are they few who are saved?”
He said to them,
24 “Strive to enter in by the narrow door, for many, I tell you, will seek to enter in, and will not be able.25 When once the master of the house has risen up, and has shut the door, and you begin to stand outside, and to knock at the door, saying, ‘Lord, Lord, open to us!’ then he will answer and tell you, ‘I don’t know you or where you comefrom.’26 Then you will begin to say, ‘We ate and drank in your presence, and you taught in our streets.’27 He will say, ‘I tell you, I don’t know where you come from. Depart from me, all you workers of iniquity.’28 There will be weeping and gnashing of teeth, when you see Abraham, Isaac, Jacob, and all the prophets, in the Kingdom of God, and yourselves being thrown outside.29 They will come from the east, west, north, and south, and will sit down in the Kingdom of God.

30 Behold, there are some who are last who will be first, and there are some who are first who will be last.”

31 On that same day, some Pharisees came, saying to him, “Get out of here, and go away, for Herod wants to kill you.”
32 He said to them, “Go and tell that fox, ‘Behold, I cast out demons and perform cures today and tomorrow, and the third day I complete my mission.

33 Nevertheless I must go on my way today and tomorrow and the next day, for it can’t be that a prophet perish outside of Jerusalem.’
34 “Jerusalem, Jerusalem, that kills the prophets, and stones those who are sent to her! How often I wanted to gather your children together, like a hen gathers her own brood under her wings, and you refused!

35 Behold, your house is left to you desolate. I tell you, you will not see me, until you say, ‘Blessed is he who comes in the name of the Lord!’”t