Lukas 14
Jesus maak ’n man gesond van watersiekte
1 Jesus het by een van die leiers van die tFariseërs gaan eet. Dit was op die tSabbatdag. Die Fariseërs het goed gekyk wat Jesus alles doen. 2 Jesus het ’n man gesien wat watersiekte gehad het en opgeswel was.
3 Jesus vra toe vir die tskrifgeleerdes en Fariseërs: “Mag ’n mens op die Sabbatdag iemand gesond maak of nie?”
4 Maar hulle het stilgebly. Toe raak Jesus aan die man, Hy maak hom gesond en stuur hom weg.
5 Jesus sê toe vir die Fariseërs en skrifgeleerdes: “As een van julle se seun of sy bees in ’n gat val, wat sal jy doen? Jy sal hom dadelik uithaal, ook op die Sabbatdag.”
6 En hulle kon nie vir Jesus antwoord nie.Gelykenisse oor etes
7 Jesus het gesien die mense wil graag die belangrikste sitplekke by die tafel hê, die plekke naby die eienaar van die huis. Toe vertel Jesus vir die mense by die ete ’n tgelykenis. Hy het gesê: 8 “As iemand jou uitnooi na ’n ete by ’n troue, dan moet jy nie op een van die belangrike plekke gaan sit nie. Miskien het die bruidegom iemand genooi wat belangriker is as jy. 9 Dan sal die bruidegom kom en vir jou sê: ‘Jy moet asseblief opstaan en jy moet jou plek vir daardie persoon gee.’ Jy sal baie skaam word wanneer jy moet opstaan en op ’n plek moet gaan sit wat ver weg is van die bruidegom. 10 Wanneer iemand jou uitnooi, dan moet jy gaan sit op die plek wat die minste belangrik is. Dan kan die bruidegom vir jou sê: ‘My vriend, kom sit nader by my.’ En dan sal al die mense sien hoe belangrik jy is.
11 God sal elkeen tverneder wat dink hy is belangrik, en Hy sal elkeen wat tnederig is, belangrik maak.”
12 Jesus het ook vir die man wat Hom uitgenooi het, gesê: “Wanneer jy mense uitnooi na ’n middag-ete of ’n aand-ete, dan moet jy nie jou vriende uitnooi nie, ook nie jou broers of jou familie of ryk bure nie, want hulle sal jou miskien ook weer uitnooi om by hulle te kom eet, en so betaal hulle jou terug. 13 Maar wanneer jy mense na ’n ete uitnooi, dan moet jy die arm mense uitnooi, en die kreupeles, die verlamdes en die blindes.
14 Dan sal die Here jou tseën, want hierdie mense het niks, hulle kan jou nie terugbetaal nie. Maar die Hére sal jou eendag terugbetaal wanneer al die mense wat reg gedoen het, weer begin lewe.”Die gelykenis van die groot fees-ete
(Ook Matt 22:1-10)
15 Een van die mense wat saam met Jesus geëet het, het gehoor wat Jesus sê oor die mense wat weer sal lewe. Hy sê toe vir Jesus: “Iemand wat eendag by die tafel sal sit waar God Koning is, sal ’n gelukkige mens wees.”
16 Maar Jesus het vir hom gesê: “Daar was ’n man wat baie mense genooi het na ’n ete. 17 Toe dit tyd word om te begin eet, stuur hy sy tslaaf om vir almal wat hy genooi het, te sê: ‘Julle moet nou kom, alles is klaar, ons kan begin eet.’ 18 Maar die mense wat uitgenooi was, het almal gesê hulle is jammer, hulle kan nie kom nie. Een man het vir die slaaf gesê: ‘Ek het ’n stuk grond gekoop en ek moet daarna gaan kyk. Ek vra vir jou, verskoon my asseblief.’ 19 ’n Ander man het gesê: ‘Ek het vyf paar beeste gekoop en ek gaan nou kyk hoe goed hulle kan werk. Ek vra vir jou, verskoon my asseblief.’ 20 ’n Ander man het gesê: ‘Ek het getrou en daarom kan ek nie kom nie.’ 21 Die slaaf het teruggegaan en hy het vir sy eienaar alles vertel wat die mense gesê het. Die eienaar het kwaad geword en hy het vir sy slaaf gesê: ‘Gaan nou na die strate en smal paadjies van die stad, en bring die arm mense, die kreupeles, die blindes en die verlamdes hiernatoe.’ 22 Die slaaf het dit gedoen en hy het vir die eienaar gesê: ‘Meneer, ek het gedoen wat jy gesê het, en daar is nog plek in die huis.’ 23 Die eienaar sê toe vir die slaaf: ‘Gaan na die hoofpaaie en die klein paadjies en sê vir die mense hulle móét na my fees kom, sodat my huis vol kan wees.
24 Ek sê vir julle, nie één van daardie mense wat ek eerste genooi het, sal van my kos kry nie.’ ”Hoe moet ’n dissipel van Jesus lewe?
(Ook Matt 10:37-38; 5:13; Mark 9:49-50)
25 Daar was baie mense wat saam met Jesus na Jerusalem gegaan het. Jesus draai toe om en Hy sê vir hulle: 26 “As iemand na My toe kom en hy is minder lief vir My as vir sy pa en ma en vrou en kinders en broers en susters en vir homself, dan kan hy nie my tdissipel wees nie. 27 As iemand saam met My wil kom, dan moet hy lewe soos iemand wat weet hy sal aan ’n tkruis hang en sterf. As hy dit nie wil doen nie, dan kan hy nie my dissipel wees nie. 28 ’n Mens moet voor die tyd weet hoeveel iets gaan kos. ’n Man wat ’n twagtoring wil bou, moet eers gaan sit en dink hoeveel dit sal kos, hy moet kyk of hy genoeg geld het om dit klaar te bou. 29 As hy nie genoeg geld het nie, dan sal hy net die tfondament kan bou, hy sal nie die toring kan klaar bou nie. Almal wat dit sien, sal hom spot 30 en sê: ‘Hierdie man het begin om iets te bou, maar hy kon dit nie klaarmaak nie.’ 31 ’n Koning wat teen ’n ander koning wil oorlog maak, moet eers planne maak en vir homself vra: ‘Sal ek met my 10 000 soldate kan veg teen ’n koning wat 20 000 soldate het?’ 32 As die koning besluit hy kan nie, dan stuur hy van sy manne terwyl die ander koning nog ver is, en hy probeer vrede maak. 33 So is dit ook met julle. As iemand vashou aan al sy goed, en hy wil nie sê mense kan alles vat nie, dan kan hy nie my dissipel wees nie. 34 Sout is goed, maar as die sout nie meer soos sout smaak nie, dan kan niemand dit weer soos sout laat smaak nie. 35 ’n Mens kan niks daarmee doen nie. Jy kan dit ook nie op die koringlande of op ’n mishoop gooi nie. Jy kan dit net buite op die straat gooi. As iemand verstaan wat Ek sê, dan moet hy doen wat Ek sê.”
Luke 14
Jesus Eats at a Pharisee's House
1 One Sabbath day, Jesus went to eat in the house of a well-known Pharisee. While he was there, he was being carefully watched.2 In front of him was a man whose body was badly swollen.
3 Jesus turned to the Pharisees and the authorities on the law. He asked them, "Is it breaking the Law to heal on the Sabbath?"
4 But they remained silent.
So Jesus took hold of the man and healed him. Then he sent him away.
5 He asked them another question. He said, "Suppose one of you has a son or an ox that falls into a well on the Sabbath day. Wouldn't you pull him out right away?"6 And they had nothing to say.
7 Jesus noticed how the guests picked the places of honor at the table. So he told them a story.8 He said, "Suppose someone invites you to a wedding feast. Do not take the place of honor. A person more important than you may have been invited.9 If so, the host who invited both of you will come to you. He will say, 'Give this person your seat.' Then you will be filled with shame. You will have to take the least important place.
10 "But when you are invited, take the lowest place. Then your host will come over to you. He will say, 'Friend, move up to a better place.' Then you will be honored in front of all the other guests.11 Anyone who lifts himself up will be brought down. And anyone who is brought down will be lifted up."
12 Then Jesus spoke to his host. "Suppose you give a lunch or a dinner," he said. "Do not invite your friends, your brothers or sisters, or your relatives, or your rich neighbors. If you do, they may invite you to eat with them. So you will be paid back.
13 "But when you give a big dinner, invite those who are poor. Also invite those who can't walk, the disabled and the blind.14 Then you will be blessed. Your guests can't pay you back. But you will be paid back when those who are right with God rise from the dead."
The Story of the Big Dinner
15 One of the people at the table with Jesus heard him say those things. So he said to Jesus, "Blessed is the one who will eat at the feast in God's kingdom."
16 Jesus replied, "A certain man was preparing a big dinner. He invited many guests.17 Then the day of the dinner arrived. He sent his servant to those who had been invited. The servant told them, 'Come. Everything is ready now.'
18 "But they all had the same idea. They began to make excuses. The first one said, 'I have just bought a field. I have to go and see it. Please excuse me.'
19 "Another said, 'I have just bought five pairs of oxen. I'm on my way to try them out. Please excuse me.'
20 "Still another said, 'I just got married, so I can't come.'
21 "The servant came back and reported this to his master.
"Then the owner of the house became angry. He ordered his servant, 'Go out quickly into the streets and lanes of the town. Bring in those who are poor. Also bring those who can't walk, the blind and the disabled.'
22 " 'Sir,' the servant said, 'what you ordered has been done. But there is still room.'
23 "Then the master told his servant, 'Go out to the roads. Go out to the country lanes. Make the people come in. I want my house to be full.24 I tell you, not one of those men who were invited will get a taste of my dinner.' "
It Costs to Be a Disciple
25 Large crowds were traveling with Jesus. He turned and spoke to them. He said,26 "Anyone who comes to me must hate his father and mother. He must hate his wife and children. He must hate his brothers and sisters. And he must hate even his own life. Unless he does, he can't be my disciple.27 Anyone who doesn't carry his cross and follow me can't be my disciple.
28 "Suppose someone wants to build a tower. Won't he sit down first and figure out how much it will cost? Then he will see whether he has enough money to finish it.29 Suppose he starts building and is not able to finish. Then everyone who sees what he has done will laugh at him.30 They will say, 'This fellow started to build. But he wasn't able to finish.'
31 "Or suppose a king is about to go to war against another king. And suppose he has 10,000 men, while the other has 20,000 coming against him. Won't he first sit down and think about whether he can win?
32 "And suppose he decides he can't win. Then he will send some men to ask how peace can be made. He will do this while the other king is still far away.
33 "In the same way, you must give up everything you have. If you don't, you can't be my disciple.
34 "Salt is good. But suppose it loses its saltiness. How can it be made salty again?35 It is not good for the soil. And it is not good for the trash pile. It will be thrown out.
"Those who have ears should listen."